Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die moets en moenies van trauma berading.

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #61
    Die 'afvorsering' van berading en terapie.

    As ek vir my man sou se: "Hubby , ek het nou net geDINK ne,...." dan gryp Hubby sy kop vas en sy 'antennatjies' staan almal penorent want dan weet hy hier kom nou n ding...

    Ek is nou hier besig om wel hardop te dink en ek wil he julle moet my korrigeer as julle voel ek is verkeerd. Kom ons neem die scenario van ouers wat hulle kinders aan die dood moes afstaan of n ander geliefde : Nadat die rouproses al n hele paar mde of n jaar gevorder het , dink julle dat dat n beradingsessie enige waarde het sonder die medewerking van die traumalyer? En hoe weet ons wanneer dit die regte tyd is om wel met terapie te begin? Baiekeer kry ons die persone SO jammer dat mens nie hulle lyding vir n oomblik langer kan aanskou nie, hoeveel te meer nie hulle wat die lydende partye self is nie.. Baiekeer is die getraumatiseerdes so verby die punt om enige besluite vir hulleself te neem en hulle sluit hulleself letterlik geestelik en emosioneel toe van almal en alles om hulle.

    Nou my vraag: Kan n baie goeie vriend of familielid of grootouers hulp en berading/terapie 'afvorseer' as die getraumatiseerdes nog nie reg is daarvoor nie? Die hulpgewendes in hierdie gevalle het die grootste begrip en empatie vir die traumalyers en wil hulle help om net basies weer te begin lewe...Daardie magtelose gevoel van 'weetie-waar-om-te-begin-helpie' is voorwaar n 'swaar' gevoel. Anders gestel: Kan mens iemand help wat (nog) nie gehelp wil wees nie? Ek wonder maar net...

    Saterdaggroete
    Protea

    Comment


    • #62
      Protea

      In baie gevalle weet die traumalyer nie dat hy/sy hulp nodig het nie, en is besig met 'n proses om die pyn op sy/haar manier te probeer verwerk, wat uiteraard nie regtig suksesvol is nie. Dis die rede waarom hulle dikwels weier om hul samewerking te gee = omdat hulle nie besef dat hulle hulp nodig het nie, en dikwels ook omdat hulle nie besef dat daar enigsins hulp beskikbaar is nie. In so geval kan 'n berader wat sy sout werd is, wel met die hulp van die Here 'n deurbraak maak. Ek sou dus sÍ dat dit wel die moeite werd is om iemand by 'n berader te kry, selfs al wil so persoon nie gehelp word nie. Ek het bv onlangs in 'n praatjie gehoor van 'n soldaat uit die grensoorlog wat nou, na bykans 40 jaar, by 'n berader uitgekom het agv huweliksprobleme, en toe is daar vasgestel dat die probleem destyds nooit aangespreek was nie. Al daardie onverwerkte trauma wat in die oorlog beleef is, is nog nooit verwerk nie, en vir 40 jaar lank het hierdie man geloop en 'n "normale" lewe gelei, onbewus daarvan dat hy berading nodig gehad het. Deur die jare het hy die een psigologiese probleem na die ander ondervind, totdat sy huwelik uiteindelik ook begin wankel het. Toe die probleem eers aangespreek was, kon sy huwelik ook gered word.

      Maar ek wil byvoeg dat ons hier spesifiek praat van christelike berading. Myns insiens kan slegs die Here 'n mens se gees volkome genees. Die moderne sielkunde wil met allerlei tegnieke en medikasie probeer genees. Maar dit verlig dikwels ongelukkig net die simptoom, terwyl die onderliggende probleem soos 'n drukkoker besig is om stadig maar seker stoom op te bou. In so geval sal ek sÍ dat dit nie die moeite werd is om iemand vir berading te stuur voordat hy/sy nie gereed is daarvoor nie. Maar christelike berading werk op 'n ander vlak, en die Here is die Een wat gewoonlik die werk doen en die sweer laat oopbars, sodat dit genees kan word.

      Dis maar my opinie, gegrond op die bietjie kennis en ondervinding waaroor ek beskik.

      Comment


      • #63
        Dankie Gene!
        NATUURLIK praat ons hier van Christelike berading, want by Jesus alleen is die heling van al jou seerkry en emosionele en geestelike lyding op watter vlakke ook al. Dit laat my nou verder dink: Wanneer iemand vir behandeling vir depressie gaan, help die pille en ander medikasie nie maar net die simptome onder beheer kry nie? Want die eintlike heling is tog op die ou end by Jesus en Jesus alleen.

        Die 'manne op die grens' van die 70's en 80's se gebrek aan berading na die oorlog is n baie hartseer saak. Ek ken self 3 sulke x-bosoorlog-soldate en om te se dat hulle moeilik weer by die 'sivvie' lewe aangepas het is die 'under statement' van die eeu. Een van hulle se huwelik het ook gevou en ek is oortuig dat die probleem ver-ver terug nagevors kan word na ervarings wat die manne moes deur en aanhoor en sien wat ons normale mense nie eers in jou wildste drome sou wou ervaar nie. Neem maar net n vb van jou beste vriend wat hier langs jou doodgeskiet word.. om maar een te noem....

        Gene , jou drukkoker beeld is SO waar, want dit is presies wat gebeur. Die spanning raak SO hoog dat iets moet padgee of oopbars...en wat dan? Wat as so n persoon nie die groot Heler ken nie? Of weet dat Sy hulp beskikbaar is nie? Is dit nie die punt wanneer selfmoord n opsie raak nie....?

        Kom ons eindig op n positiewe noot: Jesus is die antwoord op AL jou vrae, probleme, vrese, verwagtinge, want Hy is die groot Heler en Hy wag vir jou om jou nood by Hom te gaan bekla. WEET dat hulp by ons Redder en Verlosser beskikbaar is . Hy is werklik net n knie-buig ver.

        Baie liefde,
        Protea

        Comment


        • #64
          Protea

          Dis gewis so dat medikasie net die simptome onderdruk, terwyl die werklike probleem nie aangespreek word nie. En die probleem is dat so persoon baie gou afhanklik word van die medikasie, wat weer oneindige probleme skep... Persoonlik is ek redelik erg gekant teen die gebruik van medikasie. Daarmee sÍ ek nie dat medikasie nie effektief kan aangewend word in sekere gevalle nie, met die klem op "sekere gevalle" En dan net as 'n tydelike oplossing om so persoon op 'n vlak te kry waar daar met hom/haar gewerk kan word en die werklike probleem aangespreek kan word. Ek het onlangs 'n pragtige boek gelees wat o.a. juis hierdie aspek breedvoerig bespreek ( "How to help People Change" deur JE Adams.) As jy belang stel in christelike berading, is dit beslis 'n boek wat ek kan aanbeveel. Maar dit net so terloops....

          Ja weet jy, Prof Wentzel Coetzer van Potchefstroom Universiteit vertel dat manne wat die grensoorlog beleef het, in hierdie tyd een na die ander "ontplof". Daar was nie in daardie tyd aandag gegee aan goed soos trauma berading nie en hulle het nooit besef wat werklik gebeur het nie. En deur al hierdie jare het die "drukkoker" stadig maar seker stoom opgebou.... Dieselfde met Amerika se soldate wat in Vietnam diens gedoen het. Dis geweldig belangrik dat mense trauma moet verwerk, sodat hulle kan voortgaan met hul lewens en genoeg krag het om volgende trauma te hanteer. Almal van ons beleef van tyd tot tyd trauma (dood van geliefdes, finansiele terugslae, ongelukke, siekte ens) en as daar onverwerkte trauma erens onder die oppervlakte verskuil is, kan sulke traumas ook nie behoorlik verwerk word nie. Jy kan jou voorstel hoe alles opbou en opbou totdat dit later soos 'n groot seer oopbars. Dis wanneer mense heeltemal uithaak, en dinge soos selfmoord, gesinsmoord of selfs moord pleeg.

          En soos jy sÍ, NET die Here kan sulke pyn en trauma werklik genees, en werklik vrede gee....

          Comment


          • #65
            Liewe Protea en Gene,
            Hierdie is 'n groot saak wat julle aanspreek en ek hoop ek word vergewe dat ek weereens myself as voorbeeld neem.

            In retrospek weet ek verseker, dat as ons as gesin berading kon gekry het, sou dinge dalk anders verloop het in ons huwelik na die dood van ons kinders. My man het sy verdriet probeer verdrink, ek het dit gesien as gevoelloosheid. Ek was in my eie selfsugtige kokon, ek het net aan my eie smart gedink en nie na hom uitgereik nie.

            Ons het 'n predikant broer gehad, hy het hom nieveel aan ons gesteur nie. Ons was nounie heeltemal op die hoe vlak wat hy en sy gesin funksioneer nie. Ander familie het net vir my gese om sterk te wees. Na ons eerste kind se dood, het ek tog gegaan vir berading, maar hy was nie 'n christen nie. Daar stem ek met julle altwee honderd persent saam. Hierdie berader moet 'n christen wees en weet dat die eintlike genesing net by Jesus te vinde is. As iemand tog net met ons as gesin kon kom sit en praat, sodat ons kon vertel hoe bitter seer dit is dat die huis al stiller en stiller word, tog aan die ander kant kan ek verstaan dat mense ons vermy het. Niemand hou daarvan om gedurig te moet hoor hoe ons praat oor ons kinders nie en ek konnie ophou praat nie. Vir my was dit 'n manier om te verseker dat niemand hulle vergeet nie.

            Gene is volkome reg as hy se dat 'n mens nie self die trauma suksesvol kan verwerk nie. Jy is nie net 'n slagoffer van die trauma nie, maar ook van jou onvermoe om helder te kan dink en handel. Ek dink egter dat dit vir 'n man moeiliker is om hulp te soek, as vir 'n vrou. Ek wil ook nie weer teruggaan na my put van verbittering nie, tog huil my hart oor verspeelde kanse om my man te help.

            Uiteindelik het Jesus vir my Sy Vrede gegee, of die pyn werklik genees het .....? Ek dink tot vandag toe werk ek daaraan.

            'n Laaste woord....... moenie iemand net los nie, karring liewers bietjie en probeer so 'n persoon by 'n goeie berader kry en hou maar aan om partykeer bietjie tee daar te gaan drink.

            Liefde
            Mia

            Comment


            • #66
              Mia, jy is vir die hierdie trauma draad van onskatbare waarde omdat jy van eerstehandse ervaring praat.

              Mag ek jou vra: As n vriend of familielid julle as gesin redelik 'ferm oorreed' het om vir berading te gaan , sou jy ingestem het? Of was die fase van ontkenning nog te sterk teenwoordig? Dat jy gevoel het ek MOET kan 'cope' al gebeur wat ook al? Omdat die samelewing en die kerkgemeenskap dit van jou sou verwag het om te MOET 'cope'? Onthou jy : ' n Christen MOET sterk wees'.... Wat sou jou reaksie op n hulpaanbod toe gewees het?

              Comment


              • #67
                Liewe Vriendin,
                Ek sou beslis gegaan het want ek was radeloos. My man sou meer oorreding nodig gehad het om te gaan. Tog as iemand soos ons predikant of sy broer net bietjie meer moeite en simpatieke belangstelling getoon het, glo ek hy sou ook gegaan het.

                Ek glo dat party mense beslis nodig het dat iemand vir hulle moet besluit en op 'n liefdevolle wyse nooi vir berading. Die swart draaikolk van smartvolle emosies is so oorweldigend dat jy regtig nie self 'n besluit kan neem wat is die beste vir jou nie. Dan is daar nog die elke dag se lewe wat voortgaan. Ek byvoorbeeld het gewerk en my baas was nie 'n christen nie. Hy was na twee weke redelik vies vir my omdat ek nogsteeds tranerig en nie heeltemal myself was nie. Ruk jou reg. Die lewe gaan aan. As vriende en familie tog net saggies kan loop en meer gewillig sal wees om te luister en net daar te wees, dan kan dit werklik 'n groot verskil maak.

                Ek is nie trots daarop nie, maar ek het self eendag tot my verstand gekom waar ek met my klein pistool op my skoot gesit het. Net die liefdevolle ingryping en bewaring van my Hemelse Vader het my bewaar van 'n afgryslike daad. Al erken mens dit nie, jy HET HULP NODIG.

                Comment


                • #68
                  Liewe, Mia,

                  Met jou sinnetjie: Die swart draaikolk van smartlike emosies is so oorweldigend dat jy regtig nie self n besluit kan neem wat die beste is vir jou nie beantwoord jy my vraag. So as deel van so n traumalyer se ondersteuningsgroep word dit eintlik verwelkom dat jy die persoon by terapie en berading uitbring hetsy dit dan met meer 'oorreding' as normaalweg gepaardgaan. As die traumalyer dus nie vir homself kan dink nie , moet iemand naby hom dit asseblief VIR hom doen.

                  Hoekom is dit vir n vrou makliker om raad en hulp te vra en te aanvaar as n man? Voel die man hy is die hoof van die huis en as sulks moet hy 'sterk wees'? Selfs as mens verdwaal, sal n vrou nie 2 keer dink om die pad te vra nie, maar die mans sal gewoonlik eers 7 keer verkeerd ry en op einde laas knorrig jou toelaat om die pad te vra...

                  Mia, moenie jou bly kruisig omdat jy voel jy het jou man nie genoeg ondersteuning gegee in daardie moeilike tyd nie. Julle albei was SO diep-diep getraumatiseer dat beide van julle met moeite net julle eie liggaam en siele bymekaar kon hou. Die vrae van : Wat as ek net....? Hoekom het ek nie seker gemaak....? Hoekom....? Se nou maar net ek het nie ....? Waarom het ons...? Wat was ons Vader se bedoeling gewees....? Stuur al hierdie vrae op jou kniee in 'briefvorm' na ons Vader se 'hemelse posbus'. En onthou nou: n Brief wat jy gestuur het , kan jy nie weer gaan haal nie. Jy kry wel weer n antwoord terug . Hoe en waar? In gebed, deur die bestudering van God se Woord, deur die 'Stem in die aandwind' en op vele maniere nog. Op jou kniee in God se teenwoordigheid sal jy moontlik nie al jou vrae beantwoord kry nie, maar jy sal God se VREDE ondervind! n Vrede wat werklik alle verstand te bowe gaan. n Vrede wat uitloop op HOOP sodat jy weer kan opstaan uit jou situasie met jou hand in die Vader se hand! Hy en Hy alleen is jou eerste en laaste TOEVLUG

                  In my volgende pos vertel ek julle van my 'Wit-sakdoek-preek' aangesien dit baie ter sake is met wat ons nou bespreek.

                  Toedeloe vir eers.
                  Protea

                  Comment


                  • #69
                    Die wit-sakdoek-preek!

                    Ek dink ek het al die preek erens op die forum gesit , maar ek plaas dit weer aangesien dit so ter sake is met wat ons hier bespreek.

                    n Goeie vriendin het n BAIE , UITERS, GEWELDIGE moeilike skoonma . Annie kon die gedurige emosionele terrorisme nie langer hanteer nie en sy besluit toe om na n sielkundige toe te gaan. Sy beland toe gelukkig by n Christen berader en hy gee haar toe die volgende raad: Neem n wit sakdoek of n wit servet en plaas jou skoonma se foto daarin. Vou dan die foto toe deur die vier punte na mekaar te bring sodat die foto soos n ooievaar-baba hang. Lig die foto met die sakdoek op en bid : Here, hierdie probleem kan ek nie langer hanteer nie . Daarom gee ek dit nou vir U want U het belowe dat U ons laste op U sal neem en VIR ons sal dra. Here, ek wil hierdie probleem NOOIT weer terughe nie want die las om die probleem te dra is te swaar. Dankie dat U die probleem sal oplos .Deur U Seun Jesus se kruisdood op Golgota het Hy ook vir ons heling in gebroke verhoudings bewerkstellig. In die Naam van Jesus ons Verlosser, Amen.

                    Ek plaas bg definitief nie NET vir mense met skoonouer-probleme nie ,maar om n heel ander rede ook. Daardie visuele OORGEE van hartseer , rou, bekommernis ens voor die Troon is SO n helende aksie omdat jy weet voor WIE se Troon jy dit gaan le het. DAAR is heling, vrede en aanvaarding. Natuurlik is dit nie menslik moontlik om nooit weer aan die betrokke ongelukkige situasie te dink nie , maar HULP is beskikbaar in die dra van jou las. Ek dink nou spesifiek aan mense wie van hulle kinders aan die dood afgestaan het op watter manier ook al. My hart bloei vir julle. Wat maak jy met jou hartseer? Raak dit nie vir jou te veel nie? Voel jy nie soos n warm enjin wat uitgesny het nie? My pa het na my mammie se dood gese: Sus, ek lewe nie meer nie, ek bestaan nog net.... Voel jy ook so? Ek was so MAGTELOOS om hom te help want hy wou nie gehelp wees nie... Hy sou WAT wou gee om saam met haar te kon gaan.

                    Gaan haal jou wit sakdoek en gee jou hartseer/bekommernis/trauma vir ons Hemelse Vader. Is jy nog te rou om dit te doen? Mag ek dit namens jou doen?

                    Hemelse Vader, ek kan nie meer nie. Daarom gee ek hierdie alles oorheersende hartseer en rou en ek kom le dit voor U Troon van genade. U bring heling en vrede. Op U vertrou ek . Stuur U Trooster om my las van rou en hartseer namens my te dra. Dankie dat ek kan weet dat my kind alreeds by U is. Dankie dat ek kan weet dat my kind nerens in die heelal beter versorg is as by U nie, in U beskermende arms! In Jesus se Naam, Amen.

                    Comment


                    • #70
                      Wit sakdoek preek

                      Baie dankie vir hierdie preek Protea. Ek het sommer weer(net om seker te maak) alles vir die Here gegee. Somtyds kan 'n mens (veral ek) weer bietjie vir bietjie van jou laste terugneem nadat jy dit aan Jesus se voete gelos het. Voordat jy dit besef, dra jy aan 'n kruis wat te swaar is om te dra en swoeg jy deur die lewe in plaas van lewe met oorvloed van vreugde en vrede. Dit is wonderlik om dit op so 'n praktiese manier te doen met die wit sakdoek.

                      Ek was die laaste paar weke byna mal van bekommernis oor my enigste kind se finansiele laste en haar stryd om te oorleef met al haar omstandighede. Ek is egter magteloos om iets daaraan te doen, dankie tog nou kan ek dit met jou wit sakdoek 'aangee boontoe'. Ek weet hierdie dinge, en tog doen ek dit nie. Nogmaals dankie dat jy by hernuwing hierdie feit weer vir ons benadruk het.

                      Dankie vir jou bebed.

                      Lekker naweek!!

                      Comment


                      • #71
                        Die trauma van egskeiding.

                        Hierdie naweek is n hele paar vriende van ons 'aangegee boontoe' soos jy dit so mooi stel , Mia.

                        Ons is hierdie naweek 'vloer toe gegooi' met nuus van baie goeie vriende van ons wat gaan skei .a.g.v. n derde persoon se betrokkenheid by die vrou. Ek het nou a.g.v. skok vir 2 dae soos n see-siek weeluis gevat en gelos en by op die aarde niks uitgekom nie...

                        EK weet daar is n aparte draad vir egskeiding ,maar ek wil sommer hier op die trauma draad by julle raad he hoe om hierdie vriende van ons te bemoedig. Eerstens wil ek weet: Gaan persone wat deur n egskeiding gaan ook deur verskillende stadiums van trauma hantering bv : ongeloof dat so -iets met hulle kan gebeur, woede , verwerping, ontkenning, bitterheid, depressie ens om BAIE later by vergifnis teenoor die oortreder uit te kom?

                        En dan die vergifnis versus vertroue debat. Die Bybel leer ons om te vergewe ,maar kan die vertrouensverhouding wat tussen egliede bestaan ooit weer geheel word as een van die partye ontrou was?

                        Die kinders.....wat ALTYD die slegste daarvan afkom... Hoe hou jy die kroon op die skuldige ouer se kop sodat die kinders hom of haar nog steeds sal respekteer en liefhe? Kinders het ook al die selfopgelegde skuldgevoelens gehad dat hulle moontlik n aandeel kon gehad het in die egskeiding. Hoe verduidelik jy dit vir 3 tieners? Hulle is juis nou op so n kwesbare ouderdom.

                        Omdat egskeiding op n emosionele vlak le, kan mens redeneer dat die trauma amper erger kan wees as fisiese trauma .(Vir my sou dit wees) Ek persoonlik is baie sensitief om onderstrominge of 'vibes' in verhoudings gou op te tel, maar in hierdie geval kon ek dit nie optel nie . En nou wil ek myself blameer dat as ek meer sensitief was ek dalk kon help om dit te verhoed....(Ek weet ek klink onrealisties maar dis hoe ek voel...) Hierdie vriende is die hele dag in my gebede want as ek aan hulle dink, bid ek vir hulle. Verder voel ons as naby vriende so MAGTELOOS!

                        Ek kan dink dat die 'gou-oordraf-en-gaan-teedrink' ook in hierdie geval deel van die beradingsaksie sal wees. Of Hubby EN ek gaan Of net hy maar nie anner-man-se-vrou by anner-vrou-se-man nie...... Maak ek sin?

                        Gee asb raad uit julle eie ervaring. Liefde,
                        Plaassuswattiemeersoosnweeluisvoelnie. (Woordelys en spelreels se: Een begrip , een woord...)

                        Comment


                        • #72
                          Ag Protea, ek is so jammer om van jou vriende se probleme te verneem. Ek kan net dink hoe magteloos jy moet voel en dit is mos soos 'n verlies van iets so kosbaar soos dierbare vriende.

                          Ek wens so ek kon vir jou vriendin se: "Hardloop weg, ver weg, van hierdie ander man af, want oor 'n paar jaar gaan al hierdie wonderlike gevoelens wat 'n nuwe liefde en verhouding in jou lewe bring, NIKS maar niks beteken nie."

                          Daar was nie met ons egskeiding 'n derde persoon betrokke nie, maar ek het ook maar baie kort nadat ek uit die hof gestap het, met ander mans uitgegaan. Ek het mos gedink 'n mens kan pyn in jou hart uitdoof met 'n nuwe liefde. O glo vir my, ek het myself 100 persent oortuig dat ek alle reg het op 'n egskeiding, maar soos jy tereg gese het daar is kinders wat vreeslik ly.!!! My dogtertjie het gese ons moet haar liewers middeldeur sny, want sy is so lief vir ons albei. Die skoenlapper gevoel wat jy op jou maag kry wanneer jy in 'n nuwe verhouding betrokke raak, weeg nie op teen die verwyte en hartseer van jare later nie. Jy kannie geluk bou op die murasie en hartseer van 'n vorige huwelik nie.

                          Dit is altyd asof die skadu van die liefde van jou jeug oor jou skouer loer. Deur my Here se groot genade was my kinders se pa reeds veilig in sy Hemelse Woning toe ek met Pat getrou het, eers daarna het ek werklik gevoel ek kon weer trou.

                          Weereens praat ek uit my eie ondervinding. Maar my hart breek vir daardie gesin, want almal ly. Self die skuldige persoon is maar net voorwaardelik gelukkig en dit verdwyn ongelukkig na 'n ruk soos mis voor die son. Hierdie is 'n trauma wat die krag het om jou meer te vernietig as die dood van 'n kind, en die Vader alleen weet ek se dit nie maklik nie, want dit is verdriet wat jyself veroorsaak het. (In my geval was ek mos die een wat net wou 'n einde maak aan 'n eenheid wat deur God gesluit en goedgekeur was)

                          Protea, ek bid vir jou vriende!! Mag ons Heer haar oe betyds oopmaak en in haar man se hart die genade van vergifnis plaas en die kinders bewaar vir onherstelbare verdriet.

                          Ek bid vir jou en jou man dat julle met wysheid geseen sal word om hierdie twee mense te help Mag julle krag kry om met hulle te praat.

                          Al my liefde
                          Mia.

                          Comment


                          • #73
                            Gebedsverhoring!!!

                            Hallo vrinne!
                            Ek skryf gou hier op Hubby se rekenaar want na my laptop se 'breinoperasie' verlede week , kan ek nie op die forum kom met hom nie. Ek dink hy het weer n besoek aan die 'ICU' nodig....

                            Nietemin, dankie vir jou roerende getuienis, Mia. Ek persoonlik kan myself ook nie voorstel wat erger moet wees as n egskeiding nie. Ons vriend Koos het in 9 dae se tyd amper 9 kg gewig afgeval a.g.v. die trauma. Ek het nie gedink dat emosionele trauma so n invloed op jou liggaam ook het nie.

                            Verlede naweek het die Here egter persoonlik vir Koos beetgekry (volgens hom ) en beveel om sy vrou te vergewe en haar terug te neem en weer te begin herstel en herbou aan hulle huwelik MET JESUS AS DIE STUURMAN van hulle lewensbootjie. BAIE trane het geloop en nou PRAAT die 2tjies immers weer met mekaar. Albei partye het skuld gehad. Koos met sy harde werkery wat sy gesin afgeskeep het en met die baie geld wat hy verdien het , het dit sy vrou en gesin in staat gestel om 'belangstellings' buite die familie aan te knoop . Die motors het blinker geraak en al waaroor hulle kon gesels was materiele onderwerpe: Watter winskopie hy nou weer gekry het , of nuwe wiele wat hy aangeskaf het ens. ens....

                            Natuurlik is daar n baie lang pad om te loop, maar met Jesus as die Groot Geneesheer KAN daardie huwelik weer herstel! Alle eer aan ons Getroue God en Hemelse Vader wat antwoord nog voordat ons die woord gespreek het.

                            Comment


                            • #74
                              Medikasie se rol in die pastorale beradingsproses.

                              Hallo almal!

                              Ek hoop daar is iemand op die forum (sluit gou aan , as jy nie is nie!) met mediese kennis van medisyne (apteker of dokter) wat almal van ons kan raad gee oor die uitwerking van medikasie op die menslike liggaam in die tyd wat daar n pastorale beradingspad met n pasient (wat bv aan depressie ly of n geliefde aan die dood moes afstaan) geloop word.

                              Is alle medikasie net susmiddels? Of help dit jou net tydelik 'cope'? Slaapterapie gaan verseker ook gepaard met die toediening van sekere medikasie. Hoe kom die pasient weer AF van die medikasie waaraan hy so gewoond geraak het? Is dit vir hom moeilik om so n 'kruk' weer weg te gooi?

                              Ek hou die draad dop vir inligting van 'die wat weet'

                              Comment


                              • #75
                                Waar val die klem?

                                Ek en Hubby het vanoggend gaan tee saad oes omdat die werkers nie gister klaargekry het nie en daar in die berg dink ek toe my dinke oor hierdie onderwerp. Waar val die klem: Op die pastorale berading of op die medikasie?

                                n Vriendin van my was vir 3 weke by n kliniek waar senuweelyers en o.a. depressielyers behandel word. Die dokter het haar soos baie van die ander pasiente ook op slaap terapie gesit met ander medikasie ook by. Selfs nadat sy al 2mde op die medikasie was, het sy nog steeds onsamehangend gepraat en 'afwesig' voorgekom. Later vind ons toe uit dat sy maar 10 minute per week berading gehad het in die tyd wat sy in die kliniek was. Vir my persoonlik was dit nou die kar voor die perde span. Soos Gene ook opgemerk het : Die medikasie wat aan net 'sommige gevalle' behoort gegee te word is lyk my standaard prosedure vir almal by sulke klinieke. En die beradingsgedeelte van die behandeling is volgens my by die spesifieke kliniek hopeloos te kort van duur. Volgens my moet die hoof klem daarop val en nie die muti nie.

                                Kom ons praat oor die 'spesiale gevalle' voordat julle dink dat ek heeltemal teen medikasie is. Ek het met n berader gaan praat oor die onderwerp en hy se dat jy baiekeer n pasient medikasie gee sodat die chemiese wanbelans aangespreek kan word. Die pasient is partykeer in SO n diep gat van depressie dat die medikasie net die berader in staat stel om 'af te reik' in die 'gat' en die pasient te kan 'bereik down under'.

                                Ek wens daar was meer skakeling tussen psigiaters en pastorale beraders en dat hulle as n span saamwerk wat ek glo so moet wees.

                                Moeilike vrae het nie maklike antwoorde nie ne?

                                Groete van huis tot huis.
                                Protea

                                Comment

                                Working...
                                X