Announcement

Collapse
No announcement yet.

Aan 'n Getroue God al die eer.!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Aan 'n Getroue God al die eer.!!

    Kan ek net gou vir julle vertel hoe wonderlike en getroue God en Vader ons het.

    Vanoggend vroeg bel my dogter my en vra dat ek asb. moet bid want sy probeer hulle besigheid red, maar haar helper wat mayonaise moet maak het nie opgedaag nie en sy het tonne bestellings. Haar kontantvloei is nog nie so goed nie, so sy het nie geld vir bestanddele. Ek het dadelik en dringend met trane gebid vir help.

    Sy het my nounet terug geskakel en gese haar helper is terug. Hy was siek in die hospitaal, maar het homself uitgeboek omdat hy weet sy het hom nodig. Bid vir hom asb. Ek gaan hom more help mayonaise maak.

    Sy neem vanoggend haar man Headway (waar persone met breinskade as gevolg van beroerte of ongeluk terapie kry) toe en toe sy instap kom daar 'n man haar tegemoet en se hy weet sy het probleme, kan hy help. Nadat sy aan hom verduidelik het, was hy bereid om haar geld te leen, genoeg vir die bestanddele wat sy nodig het vir haar bestellings.

    Watter woorde het mens om die Goedheid en Voorsienigheid van ons Here en Vader te besing. Ek bid dat ek sal ophou twyfel wanneer alles bietjie donker lyk.
    Se asb. saammet my dankie aan ons Skepper!!!

    Vir vandag het hy voorsien.

    Seen aan almal van julle!!

  • #2
    God is in beheer as ons Hom net wil toelaat.

    Niks gebeur sonder Sy wete nie



    Vandag praat die Here met my oor: Put on the garment of praise for the spirit of heaviness!! The oil of joy for mourning ... beauty for ashes

    Loof Hom in die midde van jou swaarkry, en sien wat Hy vir jou doen
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Aan 'n Getroue God al die eer.!!

      Dankie Ta-An,

      As ons Hom net wil toelaat.!!

      As sondige mens dink ek mos ek kan beter en vinniger plannetjies maak en oplossings uitdink, totdat ek moet terugsit (eintlik op my kniee val) en se: Ek kan nie! Red my. Ek sink.

      Comment


      • #4
        Mia,

        Dit is fantasties en beteken vir my baie om jou gemoed so positief te sien en dan besef mens ek dien dieselfde lewende God en veral oor jou laaste sin wat my onmiddelik hieraan laat dink het...

        Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
        (Mat 6:34 AOV)

        As ons maar net dankbaar kan wees vir vandag, dan sal ons ondankbaarheid van môre nie opkom nie!
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment

        Working...
        X