Announcement

Collapse
No announcement yet.

Luister na aanlyn preke en video-preke

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Luister na aanlyn preke en video-preke

    Een van die moderators van die 'Christian Answers' forum het hierdie skakel beskikbaar gestel en ek het daarna geluister en gevind dat dit uitstekend is. Die predikant wat die preek aanbied is een van die min 'old school' manne wat nog die evangelie aanbied gebasseer op die sieninge van mense soos Spurgeon en Wesley ens.

    Dit is 'n kragtige vertelling van die verlossings boodskap en bevat baie handige informasie om veral ateitste se vrae rondom ons doel op aarde en die doel van Jesus se kruisoffer te beantwoord.

    http://www.sermonaudio.com/sermoninf...SID=2200715514
    Last edited by chisel; Feb 19 2008, 08:01 AM.

  • #2
    Originally posted by Vim View Post
    Een van die moderators van die 'Christian Answers' forum het hierdie skakel beskikbaar gestel en ek het daarna geluister en gevind dat dit uitstekend is. Die predikant wat die preek aanbied is een van die min 'old school' manne wat nog die evangelie aanbied gebasseer op die sieninge van mense soos Spurgeon en Wesley ens.

    Dit is 'n kragtige vertelling van die verlossings boodskap en bevat baie handige informasie om veral ateitste se vrae rondom ons doel op aarde en die doel van Jesus se kruisoffer te beantwoord.

    http://www.sermonaudio.com/sermoninf...SID=2200715514
    Ek het die MP3 afgelaai maar die klank is vreeslik onduidelik en swak. Was dit met jou ook die geval?

    Comment


    • #3
      Ongelukkig, ja

      Sit maar die rekenaar se klank op sy hardste. As mens 'dubbel-click' op die luispreker 'icon' aan die regter onderkant van die skerm(waar Windows die tyd wys), en mens stel die Play Control asook die Wave/Mp3 op maksimum is die klank redellik hard...

      Comment


      • #4
        Hier is dieselfde boodskap in video
        http://www.youtube.com/watch?v=uuabITeO4l8
        Anton VS

        Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

        -- Abraham Kuyper --


        www.collegia.blogspot.com

        Comment


        • #5
          Hi Anton,

          Ek is nie seker of ek die verkeerde link beet het nie, maar dis nie dieselfde boodskap as die 'audio file' nie. Maar die Video is ook goed.

          Comment


          • #6
            Het iemand al na die preek geluister? Enige kommentaar?

            Comment


            • #7
              Vim,

              Ek het nog net 'n deel geluister en kan elkeen, veral diegene wat Kletskerk nou en dan besoek, sterk aanbeveel om na hierdie preek te luister. Mens kan verstaan hoekom jy dit hier geplaas het...
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ


              Comment


              • #8
                Kom ouens kry hierdie man (Paul Washer) in Suid Afrika -- die jeug en sluimerende kerkgangers het so iemand nodig.
                Anton VS

                Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                -- Abraham Kuyper --


                www.collegia.blogspot.com

                Comment


                • #9
                  Hierdie is ook 'n baie goeie preek...en hierdie keer is die klank mooi duidelik.

                  Dit handel oor redding en hoe mens seker kan wees dat mens gered is.

                  http://www.sermonaudio.com/sermoninf...SID=5220621750

                  Comment


                  • #10
                    Hierdie is 'n Congregational gemeente in Port Elizabeth (onafhanklik, fundamenteel en sterk Bybels gesentreerd). Al hulle preke word op die web geplaas en hulle preek in albei tale.
                    http://www.stmarks.org.za/

                    Comment


                    • #11
                      As iemand graag preke in Afrikaans wil luister, besoek gerus hierdie interkerklike skakel...

                      http://www.idea-bank.info/G-aksie/
                      The Rapture

                      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                      but I must confess, donít worry
                      the rapture is not before the Great Tribulation
                      itís before Godís wrath!!!

                      Because His wrath is not meant for you
                      itís for all the people in the zoo
                      think about it and refreshÖ
                      you will see thereís no way out of here, in the flesh

                      If you really believe, you will see
                      the rapture is for you and me
                      when we decide to leave from here
                      that very day, oh! God adhereÖ


                      Comment


                      • #12
                        Re: Luister na aanlyn preke en video-preke

                        Ons is vier ouens wat saamwerk aan 'n blad op Facebook. Dit gaan redelik goed en die blad het nou al 2000 kontakte. Hierdie is nou maar soos facebook werk. As ons iets nuuts plaas op die blad, dan verskyn dit by al ons kontakte (behalwe die wat dit gekanseleer het). Ons het op die blad nou al 18 video-prekies wat die fundamentele benadering tot die Bybel uitlÍ en ook baie klem lÍ op die kruis. Ons is besig om te beplan vir daaglikse oordenkings wat van binnekort af ook sal verskyn en deur meeste van ons kontakte gesien sal word. Die temas wat ons hiervoor beplan het is vir die eerste 5 maande:
                        1. Die kruis.
                        2. Verlossing, regerdigmaking en heiligmaking.
                        3. Verlossing uit genade alleen.
                        4. Christus gesentreerde lewenswandel.
                        5. Gesante om Christus wil.

                        Of jy nou op facebook is of nie, jy kan na ons bladsy gaan kyk by www.facebook.com/wapenrusting
                        As jy een van ons kontakte wil word, moet jy natuurlik eers op facebook ingeteken wees en dan daarna op die "like" knoppie op ons blad kliek.
                        Hoop ek sien jou daar! (al weet ek nie daarvan nie!)
                        Last edited by David2; Mar 30 2011, 03:48 PM.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Luister na aanlyn preke en video-preke

                          Ek het so bietjie gaan loer, dankie vir die skakel David ! Iet wat nogals vir my uitgestaan het :

                          Is dit nie tyd dat die mensdom meer begrip begin toon vir die rede waarom hulle hier is en waarheen hulle op pad is nie? Sekerlik ja, maar waar kry ons die inligting vandaan? Gaan lees die Maker se handleiding. En as ek die Bybel nie so lekker verstaan nie? Dan het jy 'n paar sleutels nodig. Dit is ons doel om mense opgewonde te maak oor die werklikheid en waarheid van die Bybel as jy die bedoeling eers verstaan.

                          Comment


                          • #14
                            Re: Luister na aanlyn preke en video-preke

                            Daar is nou 15000 kontakte op ons facebook bladsy. Natuurlik nie almal aktief nie. Ons beplan 'n konferensie in Pretoria, dispensasioneel georienteerd, met preke oor die eindtyd, herstel van Istael, gebeure in die Moslem-wÍreld, ens. Dan sal daar ook die preke oor die huidige bedeling van die genade van God wees en ons boodskap vir vandag. Konferensie is Vrydag 9-11 Sept. in Belvederestraat, Pretoria. www.bybelglo.com/konferensie.html

                            Comment


                            • #15
                              Re: Luister na aanlyn preke en video-preke

                              Het nou 19000 kontakte op ons fcebook blad en 8 admins wat aan die blad saamwerk. Ons is nou een jaar lank aan die gang en om die eerste jaar te vier het ons die volgende plasing daar gemaak:

                              DIE VOLLE WAPENRUSTING IS EEN JAAR OUD!

                              Kom ons kyk net gou waarvan ons praat as ons sÍ: "Die volle Wapenrusting"

                              1. Dit is 'n bediening waar ons uit die Bybel leer dat God die mens uit genade alleen red op grond van die soenverdienste van Jesus aan die kruis.

                              2. Dat God in die OT met die volk Israel alleen 'n verbond aangegaan het en dat die tekens van die verbond die wet en die besnydenis was. Die wet en die besnydenis is nooit op enige van die nie-Joodse nasies oorgedra nie.

                              3. Maar God het in die OT reeds aan Israel verduidelik dat die wet nie kan werk nie en dat Hy 'n nuwe verbond aan hulle gaan gee, sonder 'n wet wat op hulle afgedwing word, maar dat Hy die wet in hulle harte sal skryf. Hulle sal dus uit liefde begeer om God te dien.

                              4. Jesus het toe tydens sy bediening op aarde die volk Israel voorberei om die nuwe verbond te aanvaar en die koninkryk op aarde wat aan Israel beloof is, te ontvang. Maar Israel wou hulle nie bekeer nie.

                              5. Toe red God vir Paulus op die pad na Damaskus en stuur hom uit om die boodskap van genade sonder enige onderskeid tussen mense na al die nasies uit te dra. Israel is tersyde gestel en sal eers as volk by die wederkoms gered word en die belofte van 'n koninkryk op aarde sal dan waar gemaak word (die duisendjarige vrederyk)

                              6. Nou is daar geen onderskeid tussen Jood en heiden nie. Die kruis word alleen gepreek as versoening vir elke mens op aarde. Elke Joodse seremonie en wet is tot niet gemaak en is nie na die ander nasies oorgedra nie.

                              7. Die Nuwe Verbond wat in die OT aan Israel beloof is, is nie ingestel nie omdat die koninkryk op aarde nog nie gekom het nie, maar die evangelie wat vandag verkondig word, die evangelie van die kruis, is in wese gebou op die geestelike beginsels van die nuwe verbond. Jesus het aan die kruis die prys betaal vir Jood en heiden sodat sy hart verander kan word en hy deur die liefde van Jesus Christus kan lewe!

                              Hierdie is 'n kort opsomming van wat ons glo en verkondig. Ons leer mense nie om mensgemaakte tradisies na te kom nie, maar om die Bybel te lees en te verstaan soos hy daar geskryf is. Die essensie van ons geloof is om Jesus Christus alleen vir mense aan te bied en Hom as gekruisigde (1 Kor. 2:2). Alles wat ons het en alles wat ons is, ons verlossing, regverdigmaking en ons heiligmaking, is afkomstig van Jesus se offer aan die kruis (1 Kor. 1:30). Ons roem alleen in die Here Jesus Christus (1 Kor. 1:31).

                              Dit is waarmee ons vandag een jaar gelede hier op facebook begin het. Mense wat hier betrokke is, kom uit verskillende agtergronde, maar het almal by hierdie een vaste waarheid uitgekom en verkondig dit as eenheid en is net soos Paulus van ouds baie sterk onder die besef dat God vir ons 'n bediening gegee het en 'n boodskap wat vir ons belangriker is as ons eie lewe (Hand. 20:24).

                              Mense het in hierdie een jaar reeds by ons aangesluit en absoluut oortuig geraak van die evangelie van God se genade wat ons een en enigste boodskap is. Ons sal van mŰre af - een per dag - 'n paar getuienisse plaas van mense wat by hierdie bediening betrokke is. Lees dit! Raak verder geÔnspireerd! Raak meer betrokke en word deel van die bediening van God se genade!

                              Comment

                              Working...
                              X