Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gebed ASB !

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gebed ASB !

    Hi,

    Marlene, by werk se dogter het vandag gynie gesien en haar baba het 400g verloor in laaste week. Die dokter het haar husitoe gestuur en gese maar wag op bloedtoetse... ek verstaan nie

    Ons probeer 2nd opinie so vinnig moontlik reel , want vir so klein dingetjie is 400g astronomies. Sy is due einde Julie. So op oomblik sal dit nood keiser en prem wees as dit moet , maar as die dr verkeerd is mag sy baba verloor.

    Bid asb vir haar vir duidelikheid oor God se wil, vir Sy vrede vir hulle , vir herstel van die baba en dat sy vol termyn sal dra en wat ook al anders op julle harte mag wees.

    Dankie dat ons op mekaar en Sy knoppie kan druk
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  • #2
    O hemel tog dit is baie ernstig Willem.
    Ek bid dat die ouers sterk staan deur hierdie tyd.....

    Comment


    • #3
      Jesus het ook vir daardie ongebore babatjie aan die kruis gesterf en daarom bid ons dat die Here haar/hom sal aanraak en sal heel wat ook al die probleem is.Jesus is ons Redder , ons groot Geneesheer, ons Anker en Vredefors. Alleen by Hom is vrede wetende dat Hy in beheer is ook van hierdie ongebore klein mensie.
      Ps 139 vs 13: U het my gevorm , my aan mekaar geweef in die skoot van my moeder.
      vs 15 : Dit weet ek seker: Geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot.
      Here ons dank U dat U die Skepper van lewe is en ook hierdie ou klein mensie sal aanraak sodat haar/sy ouers vir U die die lof en eer sal toebring. In Jesus se naam. Amen

      Comment


      • #4
        Gebed ASB !

        Willem,
        Laat ons tog weet hoe dit gaan. Ek bid vir haar. Vir die gesin. Kan jy vir haar laat weet dat ons sal aanhou bid.

        Hemelse Vader,
        Hoe wonderlik is dit om te weet dat ons maar net na U toe kan kom, U sal luister!! Daarom bid ek nou inniglik vir hierdie kosbare kosbare klein mensie. Vou die moeder toe in U beskermende arms en gee aan haar vrede. Die vrede wat alle verstand te bowe gaan.

        Heer wie ken tog die hart van 'n moeder beter as U. Ons weet U wil is altyd volmaak, maar ek pleit vandag dat U asb. hierdie baba se lewe sal spaar, sodat U naam daardeur verheerlik kan word. Ons loof en prys U, want U is ons Vader. Ons Alfa en Omga.

        In Jesus Naam
        Amen

        Comment


        • #5
          Dankie vir jou versoek Willem, ek bid graag vir Marlene se dogter en die baba...
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            .
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Alle eer aan God, dink ek, die bloedtoetse het almal skoon teruggekom, sal more verder hoor wat aangaan.
              Dis alles net genade -Ma Grace
              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

              Comment


              • #8
                Weer dr vanoggend gesien , alles nou weer ok en vir ma gese sy en baba wil mekaar ontmoet en sy gaan vandag nog baba he.

                Raai wat , so twee uur later het kontraksies begin en Marlene se sy kan nie verstaan dat haar dogter so kalm en rustig is nie

                Dankie Here!
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Hy bly die GROOT Geneesheer. Sterkte.

                  Comment


                  • #10
                    Willem ek stem met jou saam alle eer behoort aan God en ek is dankbaar vir wat die Here in my lewe doen.

                    Comment


                    • #11
                      Hi,

                      Die Here is GOED , Hy is nie 'n goeie god nie , Hy is die enigste waaragtige God !

                      Marlene se dogter het Saterdag toe uiteindelik in vol kraam gegaan en die dr's het dit vertraag en haar kortisoon gegee vir die baba se longe en gister is 'n pragtige baba dogter vir die ouma gebore wat 3,iets ( ek is 'n man dames , vergewe my ek het vergeet ) geweeg het, gebore.

                      Sy het al haar tone en vingers en alles en is gesond en net soos wat ons Vader in die hemel bedoel het om haar te maak.

                      Ek weet God verhoor gebede en ek weet dat Hy altyd die beste weet en vir ons gee. Dis nie beste soos ons dink , nie maar beste soos wat Hy in Sy almag en alwetendheid weet !
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        Amen!! !
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment

                        Working...
                        X