Announcement

Collapse
No announcement yet.

Radio Kansel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Inligting Radio Kansel

    Wie van julle luister Radio Kansel. Ek luister graag Radio Kansel. As jy buite hulle opvang gebied bly en jy wil hulle opvang gaan na www. radiokansel .co.za Jy kan daar aanlyn luister.

  • #2
    Ettienne, ek het hulle elke dag geluister toe hulle nog op Radio 2000 uitgesaai het ,maar kan hulle nie meer opvang nie. Self toe ek my laptop op hulle sender ingestel het en in die huis rondgedra het waar ek werk, gooi hulle my af na n tydjie. Hulle het blykbaar net n sekere kapasiteit om n sekere getal luisteraars op die net te he en dan moet jy weer vir n ander n beurt gee. So ek luister hulle glad nie meer nie en my harkie pyn daaroor

    Comment


    • #3
      Weet jy Protia ek het al baie gewonder hoekom hulle nie 'n ding wat soort gelyk aan Dstv is kan uitvind naamlik 'n radio sateliet dekodeerder wat jy aan jou radio kan koppel nie. As daar so ding is sal ek baie graag Radio Kansel en al die ander Christen stasies in Suid-Afrika so wil opvang. Ander stasies wat ek ook graag deur middel hiervan so sou wou landwyd opvang is Overvaal stereo 96.1 FM, Radio Laeveld 100.5 FM, Bosveld Stereo 107,5 FM, Rainbow FM 90.7 FM, Radio Pretoria, Radio Rosestad 100.6 FM, Kanaal 7 Media vir Christus die Namibiese Christen Radio Stasie en al die ander Christen Radio stasies.

      Comment


      • #4
        Ek sal graag RSG ook so wil opvang deur middel van 'n radio sateliet dekodeerder. Ek luister nie net Radio Kansel nie maar geniet ook elke Sondag middag van 5 tot 6 Dis Gospel op RSG. As jy Radio Kansel soek hulle frikwensie is 657 AM.

        Comment


        • #5
          EK het al 657 AM snuif getrap met al die radios in die huis, maar niks wil hom opvang nie..... hier ommieberg, oppiebult, teenieberg.....

          Comment


          • #6
            Hulle het dekodeerders..... dit is die lisensie om in ander provinsies uit te saai .... ek dink..... wat die probleem kan wees...??? het so iets gehoor.... maar nety die stert gevang,,,, weet nie so mooi nie
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Protia dalk moet Radio Kansel in jou area ook op 657 AM begin uitsaai. Ek wil net vir mense wat die radio stasies wat ek genoem het landwyd wil hoor die volgende webtuistes gee. www. radiolaeveld.co.za www. bosveldstereo.co.za www .rosestad.net www. rsg.co.za www. k7.com.na www. overvaalstereo.co.za www .rainbowfm.co.za www .radiopretoria.co.za en www .rippel.co.za

              Comment


              • #8
                Originally posted by Etienne Marais View Post
                Ek wil net vir mense wat die radio stasies wat ek genoem het landwyd wil hoor die volgende webtuistes gee.
                Hoekom Ettienne?? .
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Dit is vir mense wat dit landwyd wil hoor. Daar is so veel Christen radio stasies wat ek graag landwyd sou wou opvang en 'n radio sateliet dekodeerder sal dit moontlik maak. Ek luister tans aan lyn na Radio Laeveld. Kan jy jou indink as daar so ding soos 'n radio sateliet dekodeerder is sal dit nie nodig wees om aan lyn te luister nie.

                  Comment


                  • #10
                    Wie van julle luister Radio Tygerberg. Ek was so doenig met die ander radio stasies dat ek skoon vergeet het om te vra wie van julle Radio Tygerberg deur middel van 'n radio sateliet dekodeerder sou wou opvang. Radio Tygerberg is 'n Christen radio stasie wat van die Wes-Kaap af uitsaai. Ek bly in Gauteng maar ek het Radio Tygerberg al aanlyn deur die internet geluister by www. radiotygerberg.co.za Ek dink Radio Tygerberg is ook 'n wonderlike Radio stasie en hulle kan ook gerus landwyd uitsaai. Nie net Radio Kansel, Radio Laeveld, Overvaal Stereo, Radio Rosestad, Radio Laeveld, RSG en Kanaal 7 nie maar ek sou Radio Tygerberg ook wou opvang deur middel van 'n Radio sateliet dekodeerder.

                    Comment


                    • #11
                      "Christen radio stasies" is soos "christen boekwinkels"....anything goes, solank "Jesus" se naam net iewers genoem word.

                      Comment


                      • #12
                        Johnny baie dankie vir hierdie insetsel

                        Comment


                        • #13
                          Ja dankie Johnny. Vir jou insetsel.

                          Comment


                          • #14
                            Dit sal baie lekker wees as RSG in die week ook meer Christelike programme kan uitsaai. Ek geniet elke Sondag middag tussen 5 en 6 PM Dis Gospel op RSG. Na die nuus om 6 op RSG geniet ek dit elke sondag aand om na Oom Karoolus en Lente te luister. Ek weet nie wie van julle al van die radio stasie Radio Namakwaland gehoor het nie. Hulle kan ook aanlyn geluister word as jy gaan na www.radionamakwaland.rsa.nu. Ander radio stasies wat ook kan doen met meer Christelike programme is 94.7 Highveld Stereo, Jakaranda 94.2 FM, East Coast Radio en 5 FM. Daar word so veel lelike goed gespeel op 5 FM. Hoekom speel hulle nie eerder Gospel musiek nie.

                            Comment


                            • #15
                              Ek weet nie wie van julle al van die Radio stasie Radio Kragbron gehoor het nie. Hulle het ook Christelike programme wat ek al geniet het om na te luister. Ek bly buite hulle opvang gebied maar het hulle aanlyn geluister die kere wat ek hulle al geluister het. Om aan lyn te luister kan julle gaan na www.radiokragbron.co.za.

                              Comment

                              Working...
                              X