Announcement

Collapse
No announcement yet.

Egskeiding

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Egskeiding

    Ek wil vanoggend vir almal vra om my in julle gebede te dra,my vrou het Saterdag oggend besluit om ons huwelik na sewe jaar te beeindig.Dit is die derde keer dat sy uittrek en ek wil haar ook nie weer terug he nie.Daar is reeds n ander vriend van haar wat soos n "boetie" vir haar is wat by haar kuier en meer as wat my boetie of sussie by my sou kom kuier het.Ek voel goed in my gees maar daar sal seker tye kom wat dit moeilik sal gaan.Byvoorbaat dankie.

  • #2
    Originally posted by janoosthuizen View Post
    Ek wil vanoggend vir almal vra om my in julle gebede te dra,my vrou het Saterdag oggend besluit om ons huwelik na sewe jaar te beeindig.Dit is die derde keer dat sy uittrek en ek wil haar ook nie weer terug he nie.Daar is reeds n ander vriend van haar wat soos n "boetie" vir haar is wat by haar kuier en meer as wat my boetie of sussie by my sou kom kuier het.Ek voel goed in my gees maar daar sal seker tye kom wat dit moeilik sal gaan.Byvoorbaat dankie.
    Maar natuurlik sal ons jou ook met liefde aan ons liefdevolle Vader opdra Jan! Ek wonder of egskeiding nie baie keer erger voel as die dood nie ,want by die dood is daar nie die gevoel van verwerping wat jy nou ervaar nie. Ons bid dat die Here jou in Sy arms sal toevou en vir jou sal vertel van Sy liefde vir jou . Dat Hy jou sal troos soos net n Vader vir Sy lieflingseun sal troos en dat Hy jou Sy vrede sal gee.

    Comment


    • #3
      Sterkte vir jou Jan!
      The Rapture

      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
      but I must confess, donít worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      itís before Godís wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      itís for all the people in the zoo
      think about it and refreshÖ
      you will see thereís no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhereÖ


      Comment


      • #4
        .
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Sterkte, Jan.

          Ek stem saam dat egskeiding erger as die dood is, omdat daarin die ergste vorm van verwerping lÍ, en omdat die huwelik deur God gebind word.

          Hierdie gaan 'n "trying" tyd wees, en jy moet jou vertroue op die Here hou om jou daardeur te kry. Hy belowe hy sal met elke versoeking die uitkoms gee (1 Kor 10:13).

          Bly by die Woord!

          Anton
          השייך לאלוהים דרך ישו

          Comment


          • #6
            ja mense dis verseker erger as om iemand aan die dood af te staan ,veral as jy nog weet jy moet heeltyd kontak he terwille van jou kind.Ek dank die Here dat hy my bystaan en deur hierdie donker dae help,was dit nie vir Hom nie het ek lankal gevou.Dankie vir julle bemoedigende woorde en gebede.

            Comment


            • #7
              Jan, is jy seker dis verby? Is jou vrou 'n kind van die Here?

              Comment


              • #8
                Originally posted by Henry View Post
                Jan, is jy seker dis verby? Is jou vrou 'n kind van die Here?
                Hallo Jan

                Ek wil by Henry aansluit...

                Indien jou vrou wel 'n kind van die Here is kan ons bid dat sy haar idee aangaande jul huwelik verander.
                Indien sy nie is nie kan ons bid dat die Here haar hart aanraak en dat alles dan vir jul sal uitwerk.
                Ek glo dat 'n kind beide ouers nodig het en sal bid vir jou vir uitkoms. Onthou by God is alle dinge moontlik

                Sterkte

                Comment


                • #9
                  Ek is ook daardeur, en dt is nie maklik nie, Soms kan mens ook niks doen om die huwelik te red nie, veral as beide partye nie saamwerk nie, Baie sterkte, my gebede is met julle.

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by janoosthuizen View Post
                    ja mense dis verseker erger as om iemand aan die dood af te staan ,veral as jy nog weet jy moet heeltyd kontak he terwille van jou kind.Ek dank die Here dat hy my bystaan en deur hierdie donker dae help,was dit nie vir Hom nie het ek lankal gevou.Dankie vir julle bemoedigende woorde en gebede.

                    Hi Jan.......sewe jaar kan soms soos 'n ewigheid voel. Net om gou te deel ek sit in dieselfde bootjie ook sewe jaar, ook egskeiding.

                    Ek dink die moeilikste om mee te deel is soms die alleenheid, die vrae en die gedagtes wat bly pla.

                    Ek en my man is nou al 'n rukkie uitmekaar, en ek moet myself soms herhinner dat dit nie God se wil is dat ons moet skei nie, maar dat dit die vyand is wat ons beroof!

                    Wat ek wel ervaar is afgesien van hoe die storms woed in my binneste, trek God my elke dag nader, en ek beleef 'n wonderlike verhouding met Hom. Al skei mens beteken dit nie dat ons die ander party nie kan vergewe nie. Vergifnis maak dit net soveel makliker om die saak te hanteer.

                    Ek sit self in hierdie boot en weet nie altyd wat vorentoe wag nie, maar dinge verloop soveel makliker vandat ek die hele pakket in God se hande gelaat het.

                    Moet asb nie ophou om vir haar te bid nie, of sy nou Christen is of nie. God het 'n besonderse manier om ons te bereik. Alles werk nie altyd uit soos wat ons beplan nie, maar as God in beheer gelaat word van sake, werk dit soms beter as my eie beplanning.

                    Ja, ek weet die Bybel is teen egskeidings, maar as die volgende party nie belangstel om aan die huwelik te werk nie, wat meer as mens kan ons doen. Al wat ek oor het is om op God te vertrou, en vergifnis te vra van waar ek verkeerd gegaan het, afgesien van wat al die ander redes vir die skei mag wees.

                    Ek bid vir jou in hierdie tyd, en my gebed is dat God jou sal nader trek, en elke traan van hartseer en bitterheid sal afvee. Mag Hy jou hart verbind en sy plan in jou en haar lewe geskied! Bly vastaan in die geloof!
                    Saved by Grace!

                    Praying for Mieke and Charles
                    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                    My testimony
                    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                    Comment


                    • #11
                      Mercy Child, net iemand wat self in die situasie is ,kan die beste raad gee. Maar jy het Jan die allerbeste raad gegee deur hom na die Trooster, Raadsman en ons Hemelse Vader te verwys. Nerens sal jy meer geborge , veilig en vertroos voel as NET by Jesus nie. Hy droog jou trane af, Hy lig jou uit jou gat van depressie en Hy gee jou weer hoop om met jou lewe voort te gaan met jou hand veilig in Syne!

                      Jan en Mercy Child, julle is nie alleen nie. Ons bid vir julle die krag en sterkte en wysheid van ons Hemelse Vader toe! Skuil by Hom , ons Ewige Sterkte!

                      Comment

                      Working...
                      X