Announcement

Collapse
No announcement yet.

Eenvoudige gebed

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Eenvoudige gebed

    Gisternag vlieg ek terug van Durban na 'n laaaaaang dag van besigheid. Ek is vroeg-offend soontoe, en het uitgesien daarna om in die vliegtuig te rus.

    Ek raak lekker gou aan die slaap, maar gou hoor ek 'n baba Írens in die vliegtuig huil. Later word ek wakker met die besef dat ma en kind intussen na die leŽ sitplek direk agter my geskuif het, en dit voel of die kind reguit in my ore gil. Ek het afgelei dat dit die ou kleuterprobleem is van die ore wat pyn omdat sy nie nie lekker die lugdruk kan normaliseer nie - dit gebeur baie met babas en kleuters, omdat daardie funksie van die buis van estacheus glo nog nie lekker werk nie. Die arme kind huil toe al al die pad van Durban af, en die ma se "bande is al pap" van worstel om die kind te probeer sus.

    Eers is ek gefrustreerd omdat ek wakker gemaak is, maar gou besef ek die stres van die ma en die feit dat hierdie kind werklik pyn het - en ek worry oor 'n bietjie slaap! En ek dog dat daar nog 'n rede is hoekom hulle hier after my kom intrek het...

    Toe die huilery nie ophou nie, vra ek die Here om die kind te help, om enige verkoue of siekte wat sy onderlede mag hÍ weg te neem, om die pyn te verwyder, en die ma rus te gee, en ek besweer (rebuke) die duiwel in die naam van Jesus. Die kind het gou tot rus gekom, en enkele minute later sit sy en "gesels" met haar ma - skoon vergeet dat sy seer gehad het!

    En ma weet van niks. Sy was sekerlik net dankbaar dat sy tot rus kon kom.

    Dit was net vir my wonderlik hoe die Here in andere se lewe kan ingryp in reaksie op die gebed van 'n gelowige. Dit het my oor herinner daaraan dat andere in my lewe ingespreek het in gebed, en dat ek nie eers daarvan bewus was nie. En dat gelowiges 'n verantwoordelikheid het om te bid sonder ophou. Elke gebed bles 'n ander en sny terug na jou eie hart.

    Ek dog ek deel maar die ervaringtjie met julle...

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

  • #2
    Anton, want Hy is Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors!!
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Mooi so Anton!

      Dis mos hoe mens moet maak. Iemand op die forum het eenkeer vir my gese daar is net 2 tye ...tydig en ontydig.

      Wens ek kan ook soos jy luister om te weet waar om te bid. Maar ons vertrou op Hom wat die werk begin het en dit sal klaarmaak ne' ?
      Dis alles net genade -Ma Grace
      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

      Comment


      • #4
        Anton,
        Ek glo dis wat Jesus sou gedoen het! n Bediende van n vriendin vra vir haar die ander dag: Mevrou , wat maak julle as julle n hoofpyn het? En my vriendin antwoord: Ons drink n hoofpynpil. En julle? Nee Mevrou , ek bid dat die Here die pyn wegneem.
        Is dit nie n aanklag teen die wereld om eerste die 2e beste raad te probeer nie?Is dit nie n bewys van ongeloof van ons kant af nie?

        Comment


        • #5
          Originally posted by protea View Post
          Anton,
          Ek glo dis wat Jesus sou gedoen het! n Bediende van n vriendin vra vir haar die ander dag: Mevrou , wat maak julle as julle n hoofpyn het? En my vriendin antwoord: Ons drink n hoofpynpil. En julle? Nee Mevrou , ek bid dat die Here die pyn wegneem.
          Is dit nie n aanklag teen die wereld om eerste die 2e beste raad te probeer nie?Is dit nie n bewys van ongeloof van ons kant af nie?
          Dis in ons swakheid en as ons nie meer uitkoms het nie wat Sy krag dan tot sterkte kom
          Dis alles net genade -Ma Grace
          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

          Comment


          • #6
            My swakheid ..

            Ek kry somtyds so skaam vir myself dat wanneer ek bid, daar somtyds soveel twyfel in my hart is. Dit is dan dat ek maar net kan smeek dat my Heer asb. my ongeloof te hulp sal kom.

            Daarom wil ek vra dat die van julle wat hier lees asb. vir my sal help bid. My dogter het 'n mayonaisefabriek en dit is werklik nodig dat sy hierdie maand haar 'target' kan bereik. Haar skuld hoop op en ek is bekommerd. Help my bid asb.

            Dankie
            Mia Ashton

            Comment


            • #7
              Ek bid saam met jou. God het maniere om te voorsien. Ek bid dat Sy wil sal geskied en dat Hy 'n weg sal baan
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment


              • #8
                My jongste meisiekind (17) lÍ met varkgriep in die bed, en sy het gisteraand aaneen gehoes. Ek was radeloos.

                Ek het met die kind se worsteling eindelik self aan die slaap geraak.

                Vanoggend getuig my vrou opgewonde hoe sy (nadat ek aan die slaap geraak het) na die kind se bed gegaan het en gebid het dat sy moet ophou hoes, en tot rus kom - die hoesery het onmiddellik gestop, en sy was tot opstaantyd nog tjoepstil.

                Vader is getrou, en voorsien in ons gebede - al slaap die huis se priester!

                Anton
                השייך לאלוהים דרך ישו

                Comment


                • #9
                  'n Getroue Vader

                  Ek wonder dikwels hoedat mense wat nie glo in ons Heer, deur die lewe gaan. Veral as mens kinders het. Hulle hou jou op jou kniee. Hoe wonderlik is ons Hemelse Vader dat al slaap ons, Hy waak. (Ek dink Hy weet die priester van die huis het sy rus nodig).

                  Ek bid saam met julle vir 'n ten volle herstel van julle kind en dank Hom vir wat Hy vir julle gedoen het.

                  Baie sterkte en liefde
                  Mia

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Mia Ashton View Post
                    Ek wonder dikwels hoedat mense wat nie glo in ons Heer, deur die lewe gaan. Veral as mens kinders het. Hulle hou jou op jou kniee.
                    Ja, ek en my vrou was die enigste in die familie wat nie paniekbevange was oor die siekte nie. Ons verstaan hoedat die Here sorg. Selfs wanneer die dood dreig. En ons weet ons kinders is wedergebore. Wat 'n seŽn vir 'n ouer om dit te weet.

                    Die kind is nou al byna gesond. Haar ousus het dit ook gehad - die is al 'n week terug by haar boeke.

                    Die Here sorg.

                    Anton
                    השייך לאלוהים דרך ישו

                    Comment


                    • #11
                      Dankie vir die terugvoer Anton, die Here sorg inderdaad !

                      Comment

                      Working...
                      X