Announcement

Collapse
No announcement yet.

Katolieke begrafnis

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Katolieke begrafnis

    Vandag moes ek vir die tweede keer in my lewe oor die drumpel van 'n Rooms-katolieke kerk gaan - en dit om die begrafnisdiens van my oorlede tante by te woon. (Die eerste keer is sowat twee jaar gelede toe haar man oorlede is).

    Ek was so hartseer om al die beeltjies en sinnelose simbole, rosary, kerse, knie-bankies, mense wie se knieŽ knak vir 'n sement-beeld van Jesus aan die kruis, 'n "mass" waar die priesters brood en wyn verheilig, ens. te sien, en te sien hoedat mense as totale ritueel deelneem aan die diens - in my oŽ totaal ritueel, en geen lewende gees nie. Toe hulle eers die watertjies en wierook aanwend, en bid namens die oorledene vir haar sonde, voel dit of iemand my hart sonder epiduraal uit my ribbekas ruk!

    Ek dank die Here dat ek vry is van rituele en simbole en tekens, en dat ek weet ek is gered, en dat ek my hande in die lug kan gooi (in lofprysing en gebed) wanneer ek wil, en nie wanneer andere dit van my verwag nie!

    My hart bloei vir mense wat in hierdie binding is, en ek dank die Here dat AL die tante se kinders vry is daarvan.

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

  • #2
    Anton, ek was gevra om in 'n Anglikaanse kerk te gaan dans,,,, eers wou ek niks weet nie, toe sÍ die Here, Vat my Lig in..... en nou gaan ek dit doen,,,

    Ek dans op hoofsaaklik Hebreeuse/Engelse (Messiaanse) musiek,,,,, so...

    Hier gaan ek.....
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Sterkte - ten minste kan jy dalk vir iemand daar seŽn met jou danse. Waar ek was kon ek net kyk...

      Anton
      השייך לאלוהים דרך ישו

      Comment


      • #4
        Nee man Anton, jy kan kyk EN bid boet ! Bid omdat die Here daar sal wees as 2 of meer van ons daar was , was Hy ook teenwoordig en dinge gebeur as ons Here teenwoordig is.
        Dis alles net genade -Ma Grace
        "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

        Comment


        • #5
          Anton, ek het die ander middag net so op die end van n inbelprogram oor Harry Potter by die radio gekom toe een vrou inbel om te reageer op n aantyging teen die Rooms Katolieke Kerk. Die RKK probeer mos deesdae so bietjie erkenning gee aan Jesus as profeet maar nie as Verlosser van die wereld nie. Maar sy se toe duidelik waarvoor die RKK staan: 'Ons bid deur Moeder Maria om vir ons in te tree by God'. Hulle maak dus van Moeder Maria hulle middelaar. Ons weet dis waarvoor die RKK staan ,maar ek het die erkenning net lanklaas so duidelik uitgespel gehoor.

          Comment

          Working...
          X