Announcement

Collapse
No announcement yet.

My gebed is verhoor!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • My gebed is verhoor!

    Ek is al 4 jaar by my huidige maatskappy, en alles het nog altyd reg hier verloop, en ek dink die ouens was gelukkig met wat ek hier doen.

    Ek self het so Augustus/September se kant onrustig begin raak, weet nie waaroor nie, maar toe gebid dat as die Here my op 'n ander pad in my lewe wil plaas, as Hy wil he dat ek iets anders moet doen, dat Hy sal ingryp in my lewe en my lewe in daardie rigting wat Hy wil he sal dwing.

    Toe op 16 September roep my bestuurder my in, tyd vir my jaarlikse verhoging, en hy se toe ek kry nie hierdie jaar verhoging nie. Ek het soort van dadelik gesnap dat dit my gebed is wat verhoor word/in die proses is om verhoor te word, en toe sommer dadelik vir hom gese dat ek in daardie geval dan maar ander werk sal soek.

    Ek was vir 'n paar onderhoude by agentskappe en maatskappye, maar het ook gebid dat die een wat die Here wil he ek moet doen/kry, die een sonder struikelblokke sal wees, nou ja, ek is toe vandag 'n aanbod gemaak by 'n nuwe maatskappy, vir so 11% meer as wat ek nou kry, en ek glo vas dat die Here hierdie werk en skuif vir my bedoel het.

    Al wat ek kan se is dat jy ook vandag jou lewe in die hande van die Here kan plaas, vertrou Hom om die regte ding in jou lewe te doen, jy sal nooit teleurgesteld wees nie.

    Dankie Here dat U my gebed verhoor het en my lewe in 'n nuwe rigting stuur!

  • #2
    Dankie boet,

    jy het sopas my gebed verhoor/ rigting gewys!
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      Dwing ons Here jou lewe ook in 'n ander rigting?

      Comment


      • #4
        Dis altyd lekker om sulke getuienisse te lees en ek het al verstom getsaan dat mens net nooit genoeg van die liewe Here se alwerksaamheid kan kry nie.
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #5
          Om in die MIRREL van die Here se wil vir my lewe te wees , is AL plek waar ek begeer om te wees!

          Comment


          • #6
            Die Here is wonderlik!

            Originally posted by lukeskywalker View Post
            Ek is al 4 jaar by my huidige maatskappy, en alles het nog altyd reg hier verloop, en ek dink die ouens was gelukkig met wat ek hier doen.

            Ek self het so Augustus/September se kant onrustig begin raak, weet nie waaroor nie, maar toe gebid dat as die Here my op 'n ander pad in my lewe wil plaas, as Hy wil he dat ek iets anders moet doen, dat Hy sal ingryp in my lewe en my lewe in daardie rigting wat Hy wil he sal dwing.

            Toe op 16 September roep my bestuurder my in, tyd vir my jaarlikse verhoging, en hy se toe ek kry nie hierdie jaar verhoging nie. Ek het soort van dadelik gesnap dat dit my gebed is wat verhoor word/in die proses is om verhoor te word, en toe sommer dadelik vir hom gese dat ek in daardie geval dan maar ander werk sal soek.

            Ek was vir 'n paar onderhoude by agentskappe en maatskappye, maar het ook gebid dat die een wat die Here wil he ek moet doen/kry, die een sonder struikelblokke sal wees, nou ja, ek is toe vandag 'n aanbod gemaak by 'n nuwe maatskappy, vir so 11% meer as wat ek nou kry, en ek glo vas dat die Here hierdie werk en skuif vir my bedoel het.

            Al wat ek kan se is dat jy ook vandag jou lewe in die hande van die Here kan plaas, vertrou Hom om die regte ding in jou lewe te doen, jy sal nooit teleurgesteld wees nie.

            Dankie Here dat U my gebed verhoor het en my lewe in 'n nuwe rigting stuur!

            Comment


            • #7
              Hy doen so baie in my lewe. Ek het so 16 maande gelede sonder werk gesit, en Hom gevra om te help. Ek het gevra om met Sy kinders te werk - maak nie saak hoe of waar nie. Daar was meer as een aanbod, toe vra ek Hom om al die verkeerde deure toe te maak. Toe bly net een geleentheid oor, en nou versorg ek 'n selgroep hier by die werk. Dit is wonderlik hoe Hy my gebed verhoor het - ek werk nou inderdaad saam met Sy kinders - op meer as een manier.

              Originally posted by lukeskywalker View Post
              Dwing ons Here jou lewe ook in 'n ander rigting?

              Comment


              • #8
                Originally posted by lukeskywalker View Post
                Dwing ons Here jou lewe ook in 'n ander rigting?
                Hmmm... ek sukkel om uit te figure... groot verandering by die werk en party dae is dit rof en dan ander dae kan ek weer mense help en vir hulle omgee terwyl ek my werk doen en dan is dit weer vuur doodslaan op vuur doodslaan en alles

                Vra ek of ek daar moet bly of moet ry ( soos wat ek nogal gevoel het op tydstip ) dan is dit net stilte.... so al wat ek kan doen op oomblik is maar aanhou aanhou ( soos Angus se; doen dit wat jou hand vind tot God se eer tot Hy vir jou iets anders se )

                Dis nou dat ek wonder of die Here besig is om my lewe te verander en dan besef jy ma dis nie soos jy dink dit moes verander nie ! WANNEER sal ek leer om nie self te try nie , maar te vertrou ?! Dis al die uitfigure wat my so opstretch en moeg maak... ok ma lekker mens ne'

                miskien soos broer Maans vandag gese het; besig wees met die dinge van die Here of die Here van die dinge ?
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Ons kan maar net vra dat die Here ook in jou lewe sal ingryp as Hy 'n ander paadjie vir jou in gedagte het. Laat ons almal se ore oopgaan om Sy stem te hoor sodat ons Sy wil vir ons lewens kan bepaal.

                  Ek het ook julle voorbidding nodig. Ek en my gesin het in Mei verlede jaar binne kerkverband na 'n ander gemeente geskuif. Ons is dus nou net bietjie meer as 9 maande daar. Ek is Sondag gekies as ouderling in die nuwe gemeente. Bid asseblief vir my dat ek die regte besluit sal neem.

                  Comment

                  Working...
                  X