Baie mense vra my wat doen ek vir 'n lewe. My antwoord het soos ek al meer hier betrokke geraak het, begin vorm na, "besigheidsman en 'n voltydse bediening". Baie van die gesprekke en debatte waarin mens gevorm kon word, om met die regte gesindheid die waarheid te verdedig en ook te erken waar mens in jouself ontbreek aan die volheid van die waarheid, kon ekself hoofsaaklik wat mens kon leer op Bibleforums en dan ook ander internet forums, myself leer verwoord. Inderwaarheid het Jesus my leermeester geraak en Bibleforums was een van die plekke waar Hy dit die meeste kon bewerk. Mens leer met die tyd om detail te negeer en op die groter prentjie te fokus. Jesus plus iets laat mens in detail verval en die eenvoud van wat Christus se kruis self beteken, is werklik die krag van die Evangelie.
Reeds sedert 2002 is ekself betrokke by Bibleforums (Bibledatabase) en dan ook sedert verlede jaar by Afrikaanse Lighuis (ook op Bibledatabase)... en so onlangs soos 17 Julie hierdie jaar, was ek bevoorreg om op 'n sending-uitreik in Zambië vir 3 weke te kon wees. Alhoewel die Here dit telkemale bevestig het dat ek spesifiek Zambië toe moes gaan, het ek nie vooraf geweet presies wat ek daar sou doen nie, behalwe dat dit oor siele sou handel, wat vir die Here kosbaar is.
Die deel waar ons gewerk het in Zambië, is 'n sterk SDA (7de Dag Adventiste) vesting. Vir ongeveer 2 jaar was ek die moderator in die "World Religions" forum en dit het handiger tepas gekom as wat ek ooit sou kon besef het. Net die week voor die uitreik, dit het ek eers na die tyd besef, was ek vir 'n week in die Kaap saam met 'n besigheidskontak en ons het 'n groot deel van daardie week oor die werking van die wet gesels. Min sou ek besef dat dit presies hierdie gesprekke sou wees, wat spontaan mens net laat weet het wat om te sê, t.o.v. mense wat werklik gebind is aan persoonlike nakoming van die wet. Veral toe mens meer in detail kon ingaan oor die SDA's se wetsonderhouding en hoe die mens dit nie kan doen nie, maar deur aan Jesus Christus vas te hou en Hy dit dan namens jou doen, het elke liewe lidmaat van die SDA wat ons mee gesels het, besef wat Jesus werklik vir ons kom doen het. Elke een wat verlos was van die binding van wetsonderhouding, wou Jesus onmiddelik persoonlik ontmoet en mens kan net bid dat God nou daar sal werk, om hierdie mense vir Sy koninkryk te behou. Die ideaal sal natuurlik wees om so gou moontlik weer daar te kan kom, want mens moet dissipels maak en om te leer in die lering (Rom 12), is iets wat enige verantwoordelike gelowige met 'n sielelas, behoort na te kom. Jong gelowiges se grond moet voorberei word, sodat hulle kan vrug dra...
Dit sal aangenaam wees om meer detail later te kan gee, maar selfs die tyd wat ek moderator kon wees in die "Dreams, Visions and Prophecy" forum, het met tye handig te pas gekom. Veral hierdie forum het vir myself met tye totaal onnodig gevoel toe ek self daar was, maar in die praktiese sendingveld blyk dit dat niks wat mens vir die Here doen, onnodig is nie. Dit is maar net so kort getuienis oor wat Bibleforums vir my kon beteken... en mens leer uit eie ondervinding dat hierdie in die ware sin van die woord, 'n lewende kampus is waar mens feitlik alles kan leer wat nodig is om vir die Here te werk!

Comment