Announcement

Collapse
No announcement yet.

Demoon Uitdrywing

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Demoon Uitdrywing

    Hi

    My probleem is blykbaar demone. Ek is 'n paar jaar gelede deur 'n demoon aangeval, maar toe ek vir hulp na my predikant gegaan het, het hy my gese dit was my verbeelding agv die stresvolle situasie waarin ek was.

    Ek weet wanneer ek droom en wanneer nie - ek het NIE gedroom nie. Die demoon het my eers gelos toe ek God se hulp vra.

    Daar gaan besonder baie dinge in my lewe verkeerd - heeltemal te veel om toevallig te wees. Blybaar was 'n nabye familie lid van my betrokke by 'n okkult. Op 'n stadium was hierdie familielid baie kwaad vir my. Ek kan nie self bevestig dat die persoon aan 'n okkult behoort het nie, maar het dit tweedehands verneem.

    'n Hele paar Christene het my al gese dit lyk of ek deur demone aangeval word, of dat daar 'n vloek op my rus.

    Ek is dringend op soek na 'n persoon wat my kan help met bevryding in die Gauteng Provinsie.

    Ek het baie talente by God gekry, soos bv 'n uitstekende sesde sintuig en ek het telepatiese vermoeens van kleintyd af.

    Ek is op soek na iemand wat nie net alles onbekends (soos telepatie) as komende van die duiwel sien nie, maar as 'n gawe van God.

    Is daar enige iemand wat my kan help?

    Baie dankie!
    Believe

  • #2
    Hallo Believe en baie welkom by ons!

    Ekself het al met uitdrywing van demone te doen gehad, maar hier is iemand op ons forum wat werklik baie van dit weet, wat self beset was deur demone en volkome bevry is. Ek sal haar vra om hier te kom deelneem. Kan jy dalk bietjie meer inligting verskaf? Dink jy, dat jy beset word deur 'n demoon of word jy net van tyd tot tyd deur 'n demoon of demone aangeval. Dit is belangrik om dit te weet, want daar is 'n verskil tussen, 'demon possession' en 'demon oppression'.

    As 'n demoon jou beset (demon possession) sal jy in jou gebeente aangeval word en daar sal sekere vaste of primÍre patrone wees en skielike onbeheersde woedebuie en ook selfmoord kan iets wees wat in jou manifesteer. Hierdie demoon/-ne kan jou op die grond neerwerp en rukkings laat kry. Jy sal bepaald iewers jouself moes oopstel, waar die demoon in jou kom woon het en 'n demoon wat in jou woon wil jou hele lewe omvÍr-werp. Met 'demon oppression' sal die patrone nie so vas wees nie en gaan dit meer oor demone wat 'n woning in jou soek en nog nie dit kon kry nie. Sulke demone sal jou byvoorbeeld net vasdruk in jou bed en vlug weer na 'n tyd. Iewers sal daar tog 'n sekondÍre patroon wees, soos 'n sekere program op televisie waarna jy kyk en dan daarna val hulle jou aan of 'n plek wat jy van tyd tot tyd besoek of 'n persoon wat jy besoek of 'n ritueel wat jy iewers beoefen.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Hi Believe,

      Net iets wat belangrik is en wat mens eerste sal moet uitklaar, is jy wedergebore? Was daar m.a.w. 'n oomblik in jou lewe waar jy werklik verlore was en hartstogtelik 'n Verlosser begeer het? Hierdie oomblik is wanneer mens Jesus persoonlik ontmoet. In alle waarskynlikheid het jy so oomblik in jou lewe, maar mens moet dit in ag neem, sou mens met demone wil reken.
      The Rapture

      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
      but I must confess, donít worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      itís before Godís wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      itís for all the people in the zoo
      think about it and refreshÖ
      you will see thereís no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhereÖ


      Comment


      • #4
        Niks kan jou aanval as die bloed van Jesus jou beskerm nie...
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Onthou die laaste tyd is 'n sataniese hoog tyd gewees. Ek is die 26 ste aangeval deur 'n demoon, en 'n persoon het astraal na my kamer toe ook. Onthou om die wapenrusting aan te trek elke dag. Daar was ook baie heksery in PTA die laaste paar dae gewees. Vra die Vader om die wortel te wys waar die dinge begin of oorsprong vind en bid vir die persoon.
          Onthou moet nie die duister self aanvat nie. Met Vader aan jou kant sal niks teen jou kan staan nie!
          'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
          Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
          [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
          Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
          [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

          Bemidbar 6:24-26
          [Numbers 6:24-26]

          Comment


          • #6
            Originally posted by Ta-An View Post
            Niks kan jou aanval as die bloed van Jesus jou beskerm nie...
            Ta-an

            Ek het al situasies beleef waar wedergebore predikante deur demone aangeval en siektes veroorsaak is. Ek gee dan ook 'n getuienis

            Believe

            Ek het die gawe van onderskeiding van geeste ontvang en sal jou graag wil help

            Ek dink die maklikste is as jy jou e-pos adres aan my kan "Private Message", anders plaas dit onder "Chat to the moderators", en vra dat CFJ dit na my "Private Message"

            Moenie gekommerd wees nie, ek sal bid dat die Here jou situasie aan my bekend maak, waarna mens kan kyk hoe jy gehelp kan word


            Satan probeer gebedsweek kelder

            Die Heilige Gees lei ds R om as deel van die gebedsweek in Januarie 2010, met ‘n nuwe bediening van gebedsgenesing te begin. Op Sondag 22 Nov. 2009 begin ds R met die beplanning. Later die dag ontwikkel hy skielik erge hoofpyne en besoek Maandag die dokter. Sy bloeddruk is ‘n lewensgevaarlike 170 / 140 en ds R word in die hospitaal opgeneem. Die medisyne slaag nie daarin om die bloeddruk af te bring nie.

            Woensdag om 5:20 nm ontvang ek ‘n sms van ds R wat die nood van sy mediese probleem uitspel. Ek ry hospital toe waar hy vir my verduidelik wat gebeur het. Ek lệ ds R die hande op en bid vir hom. Die Here wys my dat drie demone ds R se gesondheid aanval. Ek bind die demone in Jesus se kragtige Naam. Om 8nm neem hulle ds R se bloeddruk en dit is terug na normaal !!! Die mediese dokter beleef dit ook as ‘n besondere geestelike ervaring.

            Donderdag oggend word ds R se bloeddruk bevestig as normaal en word hy ontslaan. Ek besef dat Satan en sy travante probeer het on van ds R ontslae te raak. Die Here bevestig dit.

            Nou kan ds R rustig aangaan met die beplanning van die gebedsweek en nuwe bediening van gebedsgenesing.

            Die Here doen vandag nog wonderwerke!

            Ek loof die Here vir Sy krag en dat Hy vir Satan vir ewig aan die kruis oorwin het!! Roelof.

            -----------------------------------------------------------
            Last edited by Roelof; Jan 3rd 2010, 02:27 PM.

            my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

            If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

            Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

            Comment


            • #7
              Believe

              Ek het gebid vir jou en oor jou en jy kan maklik gehelp word

              Kontak my asb soos ek voorgestel het, ek het 'n aantal vrae om vir jou te vra

              Groete

              my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

              If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

              Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

              Comment


              • #8
                Hallo Believe,

                Ongelukkig verskil mense oor demone in gelowiges, maar ek is 100% oortuig dat geen gelowige beset kan word deur 'n demoon nie en ondersoek gerus hierdie saak, voor jy vÍrder gaan en doen dan soos die Gees van God jou lei. Ek wil net meld dat as jy wedergebore is, geen demoon in jou kan bly nie (demon possession), maar demone kan jou bepaald aanval (demon oppression). Hier is 'n beginsel wat ekself glo, baie verwarring onder gelowiges teweeg bring, deur sogenaamd demone uit ware wedergebore mense uit te dryf. Ek is van mening dat die werke van die vlees verwar word met demone.

                Hoe meer ekself kyk na die dogma van demone in Christene en veral dat die demone verdryf en gebind moet word, hoe meer lyk dit vir my dat hierdie uitkyk die werke van die vlees deur demone vervang en dat 'n baie eenvoudige beginsel geweldig gekompliseer word. Wat myself betref en ook ander wat ek ken, was dit bloot 'n gesindheidsverandering wat my/hulle vleeslike werke oorwin het en nie om demone spesifiek te verdryf nie. Nou en dan ja, maar nie as 'n reŽl nie en dan het ek satan self bestraf en nie spesifieke demone nie. Soos wat ons bid tot ons Vader in die hemel en dat hy Sy engele sal stuur om ons te beskerm, so glo ek bestraf mens net die vader van die demone en almal vlug! Tog is dit so dat demone agter die werke van die vlees sit, maar 'n gelowige het al die mag oor die vader van demone ontvang, bloot oor wat in Joh 1:12 staan. Hoekom moet mens dan nou weer die demoon oorwin en spesifiek by die naam noem, naamlik die demoon van wellus, as mens net 'n voorbeeld kan noem en as mens se mag oor die satan (die vader van alle demone) self is en ook totaal oor die bose is (Luk 10:19). As mens die eerste keer hierdie totale mag oor die bose ontvang, wanneer verloor 'n gelowige dit en moet daar weer so identiese oorwinning wees? Hieronder word weereens net bevestig, dat die werke van die vlees doodgemaak moet word en ook hoe mens dit doen...

                Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, diť is kinders van God. Want julle het nie ontvang Ďn gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
                (Rom 8:12-16 AOV)

                Dit lyk vir myself dat mens slegs jou gesindheid moet verander, om die werke van die vlees dood te maak. VÍrder moet mens net in die Gees wandel en die werke van die vlees sal verdwyn. Dit is wat ek hierbo lees en as jy die Skrif anders verstaan Believe, laat weet gerus dat bespreek mens dit as jy dit nodig vind.
                The Rapture

                My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                but I must confess, donít worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                itís before Godís wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                itís for all the people in the zoo
                think about it and refreshÖ
                you will see thereís no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhereÖ


                Comment


                • #9
                  Ek is jammer dat my afrikaans is nie goed. Ek dink dat dit mag wees 'n demon. hulle partykeer kry aangeheg(te) tot 'n familie. u moet hou deur te bid, en vas. doen u praat engels? Ek kan help u meer in engels. Ek was 'n heks.
                  Please could everyone pray for Mieke and Charles.

                  My testimony http://bibleforums.org/forum/showthr...ight=testimony

                  Comment


                  • #10
                    Haai Believe:

                    Ek kan jou die naam en inligting gee van die persoon wat my na die Here gelei het en ook bevryding op my gedoen het (sy het geweier om bevryding op my te doen tensy ek Jesus as my Redder en Saligmaker aanneem asook om te onderneem om omniddelik al my okkultiese bedrywighede te stop). Sy is woonagtig in Pretoria.

                    Omdat jy 'n nuwe lid is kan ek nie vir jou die inligting privaat verskaf nie, maar indien jy belangstel kan ek vir CFJ die inligting PM en hy kan dit by jou uitkry. Laat weet asb. eers net of dit vir jou goed klink.
                    Last edited by paidforinfull; Jan 4th 2010, 05:33 PM. Reason: grammar
                    Jeremiah 29:11
                    "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by CFJ View Post
                      Hallo Believe,

                      Ongelukkig verskil mense oor demone in gelowiges, maar ek is 100% oortuig dat geen gelowige beset kan word deur 'n demoon nie en ondersoek gerus hierdie saak,
                      Ek stem 100% met CFJ saam
                      Uit my eie ervaring het ek nog nooit 'n wedergebore Christen teegekom wat duiwelbesete is nie. Satan en sy demone het wel vele aangeval of geteister

                      Believe

                      Ek het oor jou gebid en die Here het aan my getoon dat jy BESLIS nie duiwelbesete is NIE, maar wel deur demone aangeval word. Daar is wel ook vloeke oor jou uitgespreek.

                      Ek kan die demone en vloeke baie maklik uit jou lewe verwyder, en jy hoef my nie persoonlik te besoek nie, maar wil eers met jou in gesprek tree, e-pos is vir my baie maklik

                      Kontak my asb soos ek reeds vroeer versoek het.

                      Aangeheg nog een van my getuienisse:

                      Satan probeer ‘n vriend doodmaak

                      Op die oggend van Saterdag 12 Sept vra my vrou my hoekom ek haar op my selfoon bel en dan nie praat nie. Ek haal my selfoon uit en sien dat die “keypad lock” aan is. Satan probeer my selfoon misbruik en my toets.

                      Later dieselfde dag laat weet ds R my dat ‘n vriend A opgeneem is in die Garden Court Clinic met ‘n infeksie. Hy het 10 jaar tevore ‘n nieroorplanting gehad en het net een nier. Net na 4nm verneem ek dat A oorgeplaas is na die hoŽ-sorg afdeling.

                      Op Sondag 13 Sept om 1:30nm verneem ek dat dit nie goed met A gaan nie, hy kry stuiptrekkings van koors en sy een long het platgeval. Ek bid vir A en die Here wys my dat Satan probeer om vir A dood te maak. Ek bestraf die Bose en teen Sondagaand gaan dit baie beter met A.

                      Op 14 Sept om 3:34nm verneem ons dat A nog swak is, maar met besoekers gesels

                      Op 20 Sept noem ds. R “dat A by die poorte van die dood was”.

                      Op 22 Sep word A na ‘n private saal geskuif.

                      Weens die gebede van vele gaan dit baie beter met A.

                      Ek loof die Here dat Hy aan die kruis vir Satan vir ewig oorwin het. Roelof


                      -----------------------------------------------------------

                      my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                      If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                      Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by daughter View Post
                        Ek is jammer dat my afrikaans is nie goed. Ek dink dat dit mag wees 'n demon. hulle partykeer kry aangeheg(te) tot 'n familie. u moet hou deur te bid, en vas. doen u praat engels? Ek kan help u meer in engels. Ek was 'n heks.
                        Daughter haal 'n baie relevante aksie aan. Vas en bid! Dit is goed as mense vir en saam met jou bid, maar kyk wat lees ons in Jakobus:

                        Jakobus 5:13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.

                        Vas en bid self ook. Dit is wat hier staan....."Laat hom (jy) bid." Sterkte.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Demoon Uitdrywing

                          Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

                          Blessings

                          Comment


                          • #14
                            Re: Demoon Uitdrywing

                            Originally posted by Knight Rider View Post
                            Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

                            Blessings
                            Die persoon wat die draad begin het , pos nie meer hier nie....
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor


                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment


                            • #15
                              Re: Demoon Uitdrywing

                              Originally posted by Knight Rider View Post
                              Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

                              Blessings
                              Hallo Knight Rider en baie welkom by ons. Wil jy graag met een van ons gesels, privaat? Jy kan in hierdie privaat forum, Chat to the moderators, 'n draad oopmaak vir een van ons se aandag, as jy privaat wil gesels of as jy in die oop forum wil gesels, kan jy bloot 'n draad oopmaak en enige iemand kan reageer daarop...
                              The Rapture

                              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                              but I must confess, donít worry
                              the rapture is not before the Great Tribulation
                              itís before Godís wrath!!!

                              Because His wrath is not meant for you
                              itís for all the people in the zoo
                              think about it and refreshÖ
                              you will see thereís no way out of here, in the flesh

                              If you really believe, you will see
                              the rapture is for you and me
                              when we decide to leave from here
                              that very day, oh! God adhereÖ


                              Comment

                              Working...
                              X