Announcement

Collapse
No announcement yet.

Deur die Bybel in 'n jaar- wie is in?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Deur die Bybel in 'n jaar- wie is in?

    Hallo. Ek het eens op 'n tyd hier deelgeneem as Retha, maar dit was lank gelede en voor my rekenaar gesteel was. Ek kon nie weer daardie rekening maak werk nie, en het gou weer aangesluit.
    Is daar dalk iemand wat saam met my deur die Bybel wil lees in 'n jaar?

    Die slim mense reken dat enige doelwit wat jy vir jouself stel, SMART moet wees: Spesifiek, Meetbaar, Bereikbaar (Attainable), Realisties, en Tydsgebonde. Die Bybel-leesplan wat ons sal gebruik voldoen aan al daardie vereistes -Volgens die druk in my Bybel kan jy dit bv. doen in net oor drie bladsye per dag. En hierdie leesplan is so uitgewerk dat jy op sewe plekke lees- een vir elke dag van die week. As jy dus verveeld raak met een Bybelboek hoef jy net een keer 'n week daardeur te swoeg. Die res van die week lees jy dalk elders dinge wat jou motiveer om aan te hou.

    As daar 4 of meer mense is wat sal belang stel, sal ek week op my blog 'n onderwerp pos waar ons ons week se Bybel lees bespreek. Dan praat ons oor wat ons getref het; en watter vrae ons het (of ons nou onder onsself die antwoorde kan kry of nie). Ons sal selfs die vrae wat pla- afdeling hier vir ons vrae gebruik. Dis nou, vier mense wat belang stel om op die Internet te bespreek wat hulle lees en leer, nie 4 mense wat wil lees en leer nie. Antwoord op my blog as jy sou belangstel.
    (My blog se aankondiging hieroor by http://gelowigenondersoekend.wordpre...jaar-wie-is-in )
    (Leesplan by http://www.bible-reading.com/bible-plan.pdf)

    'n Ander goeie idee is om te kyk of jy, as jy in 'n omgeegroep/ selgroep is, hulle kan oortuig om vanjaar die Bybel i.p.v. 'n Bybelstudieboek te gebruik, en saam te gesels oor wat julle leer. Hierdie is in die bediening- afdeling oor ons mekaar kan bedien met so 'n groep.

  • #2
    Welkom terug by ons Retha, ek onthou jou goed en het gewonder waar jy was. Op die voorblad van Lighuis het ons jou blog gelys vir almal wat belangstel. Klik gerus op die skakel, Goeie, Christelike, Afrikaanse Webwerwe... en neem kennis dat ons nie toelaat dat mense deurentyd hul eie webbladsye hier promoveer nie, bloot om te voorkom dat dwalings en afwykende inligting die oorhand kry hier, maar elkeen kan werklik aanbeveel word om jou skakels te besoek en juis daaroor het ons ook vrymoedigheid geneem om dit op ons voorblad te plaas.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Retha, welkom terug.

      Ek het reeds begin met Matteus, ek wil die NT en Psalms die jaar deurwerk, en het reeds begin
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Retha,

        Ek dink jou skakels gaan ons net so los in hierdie draad, oor die meriete van die saak en ek hoop regtig daar is 'n hele paar mense wat belangstel. Ek stel ook belang, maar daar gaan 'n redelike tyd wees wat ek nie hier gaan wees nie en sal nog kyk hoe ek kan maak...
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #5
          Dankie. En toemaar, CFJ, ek sal nie aanhoudend my blog hier promoveer nie.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Retha F View Post
            Dankie. En toemaar, CFJ, ek sal nie aanhoudend my blog hier promoveer nie.
            Dankie dat jy verstaan Retha. In 'n sekere sin behoort mens vrylik sulke blogs soos joune hier te promoveer, maar mens hou maar by 'n sekere beginsel om webbladsye wat mens nie graag wil promoveer nie, nie geleentheid te gee deur onnodig presedente te skep nie. Hierdie draad is gelukkig selfverduidelikend oor jou skakels...
            The Rapture

            My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
            but I must confess, don’t worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            it’s before God’s wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            it’s for all the people in the zoo
            think about it and refresh…
            you will see there’s no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere…


            Comment


            • #7
              Hi Retha, welkom terug. Ek het bietjie gaan loer op jou blog en hou baie daarvan. Ek sal defnitief gereeld daar 'n draai maak. Ek sou graag die leesprogram saam met jou gedoen het maar ek is reeds besig met Grant Horner se leesprogram wat baie goed vir my werk en nie regtig tyd oorlaat om nog 'n leesprogram deur te werk as ek tyd wil oorhê om intensiewe bybelstudie te doen nie.

              Groete
              Lanie
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment


              • #8
                Ek, my vrou en dogter van 13 het besluit om hierdie jaar met ons aandbybelstudie iets soortgelyks te doen. Ons het elkeen 'n boek gekies. Ons kan natuurlik uit 'n ander gedeelte ook lees sou ons voel die Here plaas iets ander op ons harte. My boek is Job. Die rede daarvoor is dat ons so baie terugslae in 2009 gehad het en ek voel dat Job se lewe my net kan inspireer. My moto vir 2010 kom ook uit JOb om soos hy "Godsvresend te lewe en af te wyk van die kwaad", ongeag wat met ons gebeur in 2010....goed op sleg. My vrou het Spreuke gekies en my dogter Openbaring. Sy het 'n groot liefde vir Openbaring op haar jong ouderdom. Elkeen kry 'n beurt in die aand om 'n gedeelte te lees en dan skryf ons ook punte neer. Die punte is soos volg:

                1.) Wat is die hoofgedagte van die gedeelte?

                2.) Watter beloftes is daar vir my?

                3.) Watter voorwaardes is daar?

                4.) Hoe kan ek dit toepas?

                Bybelstudie behoort deel te vorm van elke christen, maar baie keer maak ons nie tyd vir die Here nie. Des te meer vir elke huisgesin vir die ernstige tyd waarin ons lewe met die verval van die kerk en leraars (Van hulle vooraanstaande) wat nie meer die WARE boodskap verkondig nie. Landswette en leiers wat God nie vrees nie. Sterkte aan almal wat 'n behoefte het om God se Ewig en Onveranderlike Woord te bestudeer in 2010.

                Romeine 16:17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
                Galasiers 1:12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
                Openbaring 3:11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

                Comment


                • #9
                  Dankie Retha! Ek het nounet vir my man en myself ook die Bybellees program uitgedruk. Lekker lees aan julle geestelike 'steaks'!

                  Comment

                  Working...
                  X