Announcement

Collapse
No announcement yet.

Verdraagsaamheid

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Verdraagsaamheid

    Ek loop al n geruime tyd met iets op die hart. Ek sien n tendens onder christene, wat my al meer ontstel. Nie net op hierdie forum nie, ook in my gemeente en ander christelike kringe. Maar veral op hierdie forum, miskien juis omdat die forum so n wye spektrum van verskillende menings en interpretasies verteenwoordig. En ek weet regtig nie mooi hoe om dit aan te spreek nie, maar ek sal ongehoorsaam wees as ek langer stilbly. Verdra my dus asseblief maar.

    Ek wil begin deur n gedeelte van die opskrif by die Alles en nog wat subforum aan te haal: Hou jou plasings net in lyn met Kol 4:16 --> Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord. Hierdie is n riglyn wat nie net op Alles en nog wat toegepas kan word nie, maar op elke subforum hier. Dit is hoe die Here wil he dat ons met mekaar moet kommunikeer. Maar ongelukkig werk dit nie altyd in die praktyk so nie. Party dae klink Galasiers 5 : 14 & 15 meer van toepassing : Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. (Die NAV stel dit mooi : .maar julle byt en verskeur mekaar.) Is dit nie wat dikwels op hierdie forum gebeur nie?

    Hierdie gedeelte in Galasiers 5 gaan primer oor geestelikheid teenoor vleeslikheid Paulus doen n beroep op die Galasiers om weg te kom van hul eie vleeslike maniere, en om geestelik te begin optree. n Klein entjie verder, in vers 22 noem hy dan ook die vrug van die Gees n bekende gedeelte wat die meeste van ons al uit ons koppe ken. Maar lees dit weer n bietjie aandagtig deur, veral die woorde in bold en vra jouself af, is dit waar van my? (Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.)

    Galasiers 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. 3L julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

    Galasiers 5:13 se: Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde

    Is dit regtig die manier hoe ons teenoor mekaar optree op hierdie forum? Wat dink die Here oor die manier waarop daar soms op hierdie forum teenoor mekaar opgetree word? Ons moet onthou, hierdie forum is n byeenkoms van wedergebore kinders van die Here. Ons kom uit verskillende agtergronde, en verteenwoordig n groot verskeidenheid denominasies. Uiteraard gaan ons op baie punte erg van mekaar verskil. Maar uiteindelik is ons broers en susters van dieselfde familie en ons mag dit nie vergeet nie. Ek se geensins dat ons kompromiee moet tref wat ons geloof betref nie. As iemand hier iets verkondig wat indruis teen wat ek glo, hoef ek nie stil te bly en dit te aanvaar nie. Maar daar is maniere om te kommunikeer.

    Ek dink dat hierdie forum van onskatbare waarde kan wees, en dat ons oneindig baie by mekaar kan leer. Maar dan moet ons leer om met n oop gemoed na mekaar se standpunte te luister, en dit werklik te oorweeg voordat ons daarop reageer. Probeer insien waarop die ander persoon sy standpunt basseer, en as dit van joune verskil, wys hom in liefde waar en hoekom jy verskil. Wie weet, dalk, net dalk, het n ander persoon iets beet.... dalk, net dalk het ek al die jare verkeerd gedink oor n bepaalde onderwerp. Net dalk het ek nie al die kennis nie, en is ek nie alleen reg nie... En as ek dalk tog reg is en die ander persoon wil of kan dit nie insien nie, wat maak dit uiteindelik saak? Ek dink ons moet leer om onderskeid te tref tussen wat wesentlike verskille is en wat nie. Natuurlik is dit my plig om iemand aan te vat wat duidelik op n dwaalspoor is wat hom in die hel kan laat beland. Maar die meeste van die verskille hier op die forum is minder wesentlike verskille. Wat daarvan as iemand anders van my verskil oor die manier van doop, oor praat in tale, oor die nagmaalviering, oor die wegraping, of (helaas) oor die Jode....? Wat daarvan as iemand anders sekere gedeeltes in die Bybel anders interpreteer as ek? 1 Korintiers 13:12 stel dit baie duidelik dat nie een van ons al die waarheid in pag het nie. Ek glo (met respek) ons sal eendag in die hemel lekker lag oor ons onkunde en ons verskille hier op aarde. Kan ons nie intussen probeer om mekaar se menings meer te respekteer nie?

    Terloops, ek sien die woordjie mekaar kom altesaam 139 keer voor in die Nuwe Testament. Gaan soek dit maar op, die meeste daarvan is tekste met n strekking van verdra mekaar, dien mekaar, help mekaar, was mekaar se voete, bid vir mekaar......... Ons is die kerk van Christus (met al ons verskille) en ons het n verpligting teenoor mekaar om mekaar te dra en te dien in liefde. Natuurlik moet ons mekaar ook vermaan en teregwys wanneer iemand die pad byster geraak het, maar altyd in LIEFDE, met die ander een se belange vooropgestel, en nie my eie ego nie.

    Kan ek vra, sal jy nie opnuut gaan dink oor wat ek hierbo gese het nie? Kom ons bid vir onderskeid, en vir meer verdraagsaamheid... Kom ons probeer om mekaar meer te waardeer en om mekaar op te bou, ten spyte van ons verskille, in plaas daarvan om mekaar af te breek en te veroordeel. Kom ons probeer om mekaar te sien as broers en susters, en nie as vyande nie. Dis my gebed vir Lighuis!

  • #2
    Dankie Eugene.

    Ek waardeer jou skrywe
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Die Ds het nou een Sondag gepreek oor :"Mekaar, mekaar"

      Roep my asb. tot verantwoording wanneer my tong deur my vingers los raak
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Dankie Gene, partykeer is dit nodig dat een persoon ons almal tot verantwoording ruk.

        Ek wil graag die volgende bepleit :
        Hierdie is 'n GESPREKSforum. Ons neem hier deel om in gesprek te tree met mekaar binne die bepaalde rels van die forum, hetsy om mekaar te bemoedig, vir mekaar te bid, om net bietjie af te pak, en selfs om in debat met mense te tre. Lighuis is werklik uniek in die sin dat jy al hierdie dinge binne 'n beskermde omgeweing kan doen, en dit nog boonop in Afrikaans !
        Ons gaan natuurlik verskillende sieninge oor baie onderwerpe h, maar kom ons praat daaroor, nie noodwendig om jou standpunt af te dwing of om iemand te oorreed nie, maar om andere die kans te gee om iets oor jou standpunt te leer. As iemand nie met jou saamstem nie, is dit nie sumier 'n dwaling nie.

        Verder kan ek nie iets s wat Gene nie klaar ges het nie, hy s in elk geval 'n ding baie beter as wat ek dit self sou kon doen. Ek is in wese maar net 'n boerseuntjie uit die Wes Transvaal, ook hier om te leer, en te luister, en om nuwe maaitjies te maak : boeties en sussies waarmee ek saam die Here kan dien.

        Comment


        • #5
          Goeie gepaste draad Gene, ek is juis 'n sondaar wat hierdie onderwerp betref en ek gaan hard werk daaraan om dit te verander. Die laaste ding wat ek wil h is om my mede gelowiges te ontstel, ek moet leer om 'n wag voor my mond te sit...

          Comment


          • #6
            Dankie Gene ....

            I Kor 13 : 2 En al sou ek die gawe van profesie h en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof h, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

            ...meestal probeel ek maar by die riglyn hou ..... as jy nie in liefde kan saamgesels nie ..... moenie ...... ( maar ekke val ok maar so dan en wan in die strik ...... )

            guilty as charged...
            m
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment


            • #7
              Soms l daar iets swaar op jou hart en jy weet net nie hoe om dit te verwoord nie, maar hoe ongelooflik toe ek nou hierdie draad lees en sien Gene het iets geskryf wat op my hart was en dit ook nog by vrre oortref. Ek glo dit is hoe die Here werk as Hy mens verras en dit het my regtig net goed gedoen om iets te kom lees, wat mens vermaan, aanmoedig en opbou! Dankie Gene en ek weet nie eintlik wat om by te voeg nie, behalwe hierdie gedeelte wat spontaan net opkom...

              En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek; en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
              (2Tim 2:23-26 AOV)

              Persoonlik glo ek dat mense wat dwaal of wat soms baie eensydig ook kan wees, net bereik kan word met 'n vriendelike, sagmoedige en lankmoedige gesindheid. Mens moet maar leer (iets wat ek nog besig is mee) om jou gesonde oordeel te gebruik wanneer mens hard op iemand moet neerkom, want daar is blatante mense wat geen ander taal verstaan nie, maar meeste mense het nodig om bedien te word en dit is iets wat ek nie dink enige een van ons moet vergeet nie.
              The Rapture

              My dearest friends, Im so sorry so sorry
              but I must confess, dont worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              its before Gods wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              its for all the people in the zoo
              think about it and refresh
              you will see theres no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere


              Comment


              • #8
                Hallo julle. Ek kom nou eers op hierdie draad af. Dankie Gene. Dit is baie gepas en tydig. Ek dink die belangrike punt is die hoe, en nie so seer die wat nie. Ons gaan altyd verskille h. As ons nie verskille gehad het nie, sou daar nie sulke gesprekke gewees het nie. Maar dit gaan oor hoe ons verskille hanteer. Dit is ook soos in enige verhouding. Daar sal konflik wees, maar dit gaan oor hoe mens dit hanteer. Ongelukkig is dit so dat sekere lerings baie persoonlik is en ook verweef is met mens se eie geloofsbelewenis, maar nog meer, baie mense vind soms hulle hele identiteit in 'n bepaalde lering, soveel so dat as daardie lering gekonfronteer word, voel jy jou hele identiteit, jou persoon, of alles waarvoor jy jou beywer is op die spel.

                Ek dink verdraagsaamheid het ten diepste te doen met liefde in kombinasie met selfbeheersing. Dit vra soms baie van ons om ander mense se sienings te respekteer, veral as dit sienings is wat ons na aan die hart l. Maar ek glo dat dit die weg is waarlangs ons as gelowiges met mekaar moet omgaan. Die ironie is, dat as almal verdraagsaam is teenoor mekaar, gaan ons sien dat ons verskille dalk glad nie so groot is nie.

                Ek dink dit is belangrik om ook in gedagte te hou dat die waarheid homself verdedig. As mens op en af moet spring, heftig moet reageer, drastiese stappe moet doen om gehoor te word of om ernstig geneem te word, dink ek moet mens jouself afvra of die eie ek nie te veel op die voorgrond tree nie. Ek glo dat as ons van die waarheid getuig moet dit by getuienis bly, ons hoef nie te probeer oortuig nie. Die oortuiging word deur die Gees self gedoen. Die karakter van getuienis is altyd met krag, liefde en selfbeheersing.

                2 Tim 1:7-8 "Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (8) Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God..."

                Ironies is dit so dat die eie ek ook harder na vore kom as ons voel ons eie eer is op die spel. Die Engelse noem dit "fear of man." Dit is wanneer ons aanvaarding voor mense belanriker raak as die waarheid self. Die waarheid is groter as ons, dis groter as die eie ek, dis groter as my eie eer, daarom hoef ek dit nie met hand en tand te beveg of te verdedig nie, maar kan bloot daarvan getuig en iedereen antwoord wat daaroor vra.
                Last edited by Philip dT; Mar 16 2010, 12:10 PM. Reason: spelfout reggemaak
                Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                Comment


                • #9
                  Hallo,

                  Tit 1:9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die tesprekers te weerl.


                  Ek dink bogeplaaste teks is die antwoord oor hoe ons mekaar moet vermaan
                  en ook ondersteun. Dit is waarna ons moet poog, maar ons is maar almal
                  mense met emosies, n.

                  Comment


                  • #10
                    Ek is sekerlik die ergste van almal hier wat dit aanbetref en dit is iets wat my al vir baie lank pla. Net gisteraand gesels ek met 'n forum vriend hieroor omdat ek (alweer) te vr gegaan het in 'n gesprek.

                    Dankie Gene. Wat jy geskryf het is baie waar.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Philip dT View Post
                      Ek dink dit is belangrik om ook in gedagte te hou dat die waarheid homself verdedig. As mens op en af moet spring, heftig moet reageer, drastiese stappe moet doen om gehoor te word of om ernstig geneem te word, dink ek moet mens jouself afvra of die eie ek nie te veel op die voorgrond tree nie. Ek glo dat as ons van die waarheid getuig moet dit by getuienis bly, ons hoef nie te probeer oortuig nie. Die oortuiging word deur die Gees self gedoen. Die karakter van getuienis is altyd met krag, liefde en selfbeheersing.
                      'n slim prof het eentyd gese dat die verskil tussen oortuiging en opsessie le in die emosie wat daarmee gepaard gaan .......

                      ..... as wat jou wil oordra 'n werklike openbaring van Waarheid is, sal jy rustig wees in die vertoue dat jou siening wel korrek is en jou gesprek teenstander dit tog sal insien as hy ook werklik die waarheid soek ...... daardie "vrede wat alle verstand te bowe gaan " wat jou emosies op hok hou .......

                      ... as iets jou hare laat rys en jy moet pesoonlik en sommer beledigent raak om jou "punt" te bewys, is iets nie pluis nie - jy is heel waarskynlik self nie oortuig van jou oortuiging nie ! .........

                      ;-) ...... m
                      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                      Comment


                      • #12
                        So waar.... my ma het altyd ges, mens skree net as jy jouself moet oortuig
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Ta-An View Post
                          So waar.... my ma het altyd ges, mens skree net as jy jouself moet oortuig
                          Ons ma's is/was darem maar slim mense gewees n ! Soms mis ek "die ou mense" se wysheid in hierdie wreldjie van ons.

                          Comment


                          • #14
                            Ek het my les geleer, maar sukkel nog om verdraagsaam te wees met die "Taxi's"!

                            Comment

                            Working...
                            X