Announcement

Collapse
No announcement yet.

En nou, wat nou??

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • En nou, wat nou??

    Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
    Gaan ons De La Rey nodig h?
    Gaan dit nag word in SA??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Hierdie storie het die vermo om dinge vir ons baie moeiliker te maak vorentoe. Emosies hardloop hoog die hele land vol. Ek hoop net mense kan probeer om hul emosies te tem voordat onverantwoordelike dinge gedoen word.

    Gaan dit die AWB laat opstaan? Heel moontlik, maar ek hoop eintlik nie so nie. Ek het myself nog alteid morsdood geskaam vir die AWB. En daardie verspotte Nazi-agtige vlag... Dit was regtig net 'n bespotting van die Afrikaner, iets waarmee ek myself nie wou vereenselwig mee nie.
    Het ons De La Rey nodig? Nee, dit kan rassekwesies net erger maak.

    Gaan dit nag word in SA? Ek hoop werklikwaar nie so nie. Wel eintlik is dit allankal nag in Suid Afrika. Mense word gevoelloos doodgemaak, en die algemene houding van die regering en nie-blankes is: "maar dit is nie net blankes wat vermoor word nie, maar ander mense ook,so wat is hulle probleem?"
    Die probleem is, mensies, mense word koelbloedig vermoor, punt. Wanneer gaan mense daadwerklik iets daaromtrent doen? Waar is die weermag en polisie? Gee die mense beter opleiding en selarisse en maak interne sekeriteit in hierdie land prioriteid.

    Comment


    • #3
      Hallo julle,
      Eugene T het my baiekeer laat giggel van ongemaklikheid oor sy manier van praat wanneer hy n skare toespreek. Iemand het eenkeer die stelling gemaak dat Eugene as een van die 5 beste sprekers ter wereld beskou word . Nie oor wat hy se nie ,maar HOE hy dit se. Aan sy liefde vir sy land en Boerevolk het ek nooit getwyfel nie. Ook my gebed is verhoor: Ek het so gebid dat die AWB nie geweld met geweld beantwoord nie. Maar dat die prop een of ander tyd van die drukkoker gaan afskiet is n feit. Die provokasie raak net te veel.
      Ek het ook gedink wat n Christen se reaksie moet wees : Moet ons die ander wang draai en vergewe en ons vyand seen soos die Bybel ons beveel (die Here se : My kom die wraak toe) of moet ons soos koning Dawid geweld gebruik en die volke wat hulle aangeval het, verdelg ? Ek dink die plaasmoorde se getal staan nou al op 3500 van 1994 af. Sal graag julle opinies wil hoor.

      Comment


      • #4
        Originally posted by Ta-An View Post
        Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
        Gaan ons De La Rey nodig h?
        Gaan dit nag word in SA??
        Ta-An, ek glo dit gaan nag word - ek glo dinge gaan net erger en erger in SA word. Ek voel dit al 'n geruime tyd, en raak soms so frustreerd as ek met vriende en famielie in SA gesels en al wat hulle kan se is "Ag, daar is kriminele bedrywighede oral in die wereld', of 'Ag, mens raak dit maar gewoond', of so iets. Raai wat - dis nie waar nie. Dis BAIE erger in SA as in meeste ander lande. Die mense in SA lewe amper in oorlogstoestande. Die stres is vreeslik hoog; daar is onsekerheid oor kinders se toekoms ens. Dis regtig erger as wat meese Suid-Afrikaners besef, en dis abnormaal om onder sulke stres te lewe. Regtig.

        Ek wil hier oor 'n baie teer sakie gesels, en baie mense sal nou seker nie met my saamstem nie, maar dis ook maar goed so. Ek glo daar is mense wat dit al lankal oorweeg om uit SA pad te gee, maar nog net nooit tot by daardie punt gekom het nie. Ek voel om vir hulle te se dat die tyd vir loop min word. Dit raak al hoe moeiliker om na ander lande te gaan - immigrasie wette is strenger; die rand is swakker; daar is te veel mense wat 'n heenkome in ander lande soek ens. ens. Tog is dit nie onmoontlik nie.

        As jy dalk voel dat die Here met jou praat om in SA te bly, dan moet jy dit natuurlik doen. As jy dalk voel dat die Here se pak jou tassies en loop, dan moet jy dit ook doen - hoe gouer hoe beter.

        As jy iets het wat jou vashou - raak daarvan ontslae. Sit jou huis in die mark - verkoop jou besigheid ens. ens. As jy nie in 'n Engelssprekende land kan inkom nie, leer dan 'n ander taal. Gaan hoor by die Here wat Hy wil he jy moet doen, en doen dit.

        Daar is natuurlik mense wat nie kan loop nie. Dalk het hulle ouers wat op hulle sorg staatmaak, of so iet. Wel, het jy geweet dat jy jou ouers mag oorbring na ander lande as jy kan bewys dat jy die enigste een is wat hulle kan versorg? Wie gaan jou versorg as jy eendag oud is en dinge erger is as nou? Wil jy regtig he jou kinders moet in SA bly om na jou te kyk as hulle dalk iewers anders in vrede kan gaan lewe?

        Dis vreeslike harde vrae wat mens jouself moet afvra. Dis nie maklik nie. Die beste is om vir God te vra om vir jou die pad aan te wys en gelyk te maak.

        Vir die wat regtig geen ander heenkome kan vind nie, asook die wat voel die Here wil hulle in SA hou om ander te bedien - mag die Here julle genadig wees.

        (Daar sal seker mense wees wat dink dat die wat na ander lande trek weghardloop - miskien is dit so, miskien nie. Wat sal mens dan se het ons voorvaders gedoen toe hulle Europa en Engeland verlaat het om 'n nuwe heenkome en lewe in SA, Amerika ens. te soek? Was hulle lafaarde wat weggehardloop het? Laat God hulle oordeel. God self het Israel aangeraai om na die berge te vlug wanneer hulle die 'Abomination that causes desolation' sien. Hy het nie gese wees braaf en word vermink, gemartel of vermoor nie. Lees maar Matt 24:16, Markus 13:14, Lukas 21:21 )

        Mag die Here SA genadig wees; mag Hy al Sy kinders gedurigdeur beskerm. Dit is my gebed.
        Jeremiah 29:11
        "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

        Comment


        • #5
          Originally posted by Ta-An View Post
          Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
          Gaan ons De La Rey nodig h?
          Gaan dit nag word in SA??
          Ja
          Ja
          Ja

          Ek was nog nooit 'n AWB aanhanger nie .... inteendeel dink ek ons sou dalk 'n ander SA vandag gehad het as dit nie vir sekere handelinge van die AWB destyds was nie , maar die gemoedere loop hoog, die manne se houding is anders as wat ek al ooit gesien het : dit is 'n smeulende stil woede wat op niks goeds gaan uitloop nie.

          Die indruk wat ek kry is dat wit-swart verhoudinge so beskadig is met al die dinge wat veral hierdie jaar gebeur het dat dit onherstelbaar geraak het.

          Comment


          • #6
            Baie sal natuurlik nou se :"Die nag van die lang messe het begin", want ET is met 'n panga vermoor. Die Suidlanders se dvd se dat wanneer Mandela sterf dit die teken van die "messe" is. Ons glo natuurlik dat so dag nie sal aanbreek nie. Ek verneem dat ET in die tronk 'n ontmoeting met die Here gehad het. Ek verneem ook van een van sy plaaswerkers op die nuus dat hy 'n "ander" mens is na sy tronkstraf. Die Here KAN enige iemand se hart draai. As ET waarlik berou gehad het en sy hart vir die Here gegee het, dan is hy vandag in die hemel. Wraak is nie die antwoord nie. Die antwoord is dat jy jou saak met die Here moet reg maak as jy dit nognie gedoen het nie. Waar jy die ewigheid spandeer is BAIE belangriker as om nou te vlug na 'n ander land. Die gras IS NIE groener aan die ander kant nie. Jy kan daar ook sterf......en waarheen gaan jy as jy sterf.....dit is die vraag.

            Verseker gaan SA al hoe donkerder word.....die HELE wereld gaan donkerder word. Dit is wat die HERE beplan het vir die laaste dae. Verdrukking, vervolging, moord, doodslag, geen liefde vir die naaste, ens, ens. Elke mens het 2 definitiewe punte op sy lewenslyn. 'n Geboorte dag en 'n dag om te sterf. Jy kan NIKS daaraan doen nie, maar jy kan wel iets daaraan doen waar jy die ewigheid gaan spandeer. Bekeer jou self en neem Jesus aan as jou Verlosser.

            Kyk na dit wat in die HELE wereld aan die gang is, veral die Midde Ooste. Dit is God se horlosie!

            Lukas 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

            Comment


            • #7
              Ek stem saam met jou Johnny, dinge raak erger wreldwyd, dit is nie net iets unieks aan SA nie. Dalk is geweld erger hier as in ander lande, maar hierdie is Afrika. Die plek werk maar nou net anders as westerse en europese lande. Ons behoort dit nou al te weet, ons bly mos nou al lank genoeg hier.

              Vir die wat die land wil verlaat, dit is reg so, ek sal julle net alle sukses en welfaart toewens. Vir die wat bly...hierdie bly steeds die beste land om in te bly ondanks al die donker goed wat uitkryp.

              Ons moet net onthou dat geweld van die bose afkom. Dit is nie mens teen mens nie maar die bose teen die mens. Daar is iets agter die skerms aan die gang wat ons nie moet miskyk nie. Die laaste goed wat gebeur het val te netjies in plek, is te goed vir blote toeval. Die vraag wat ons moet vra: Gaan ons in Satan se strik val? Dit is presies wat hy wil h, moord en doodslag.

              Ons staan op 'n landmyn, die geringste beweginkie en hy ontplof. Ons moet bid dat ons as land die regte besluite sal neem.
              En as oorlog dan die laaste onvermydelike uitweg is, dan moet ons bid dat dit ook die laaste sal wees. Dat dinge behoorlik uitgesorteer word eens en veralteid.

              Comment


              • #8
                RR....dinge gaan vir eens en altyd uitgesorteer word....die 1000 jarige vrederyk gaan dit vir die wereld bring. Slegs DAN sal daar vrede wees. As ons deel is van die wegraping glo ek met my hele hart dat ons die verdrukking van ALLE verdrukkings vryspring, maar wee die een wat agter bly. Vir hulle SAL dit NAG wees. Daar is beslis ander "magte" ageter die skerms aan die werk, nes daar 'n Illuminati agter die wereld regering is.....die pous ingesluit! Malema het 'n "goeie" alibi om in Zimbabwe te sit. Hoe dit ook al sy, ons moet gereed wees om ons Skepper enige oomlblik van die dag/nag te ontmoet, want nie ek of jy weet of ons more die son sien opkom nie.

                Comment


                • #9
                  Help een arme Nederlander...wie is De la Rey?
                  Who have I in heaven but You oh God? Besides You, I desire nothing here on earth. My heart and my flesh may fail me, but God will be the strength of my heart and my portion forever...as for me, the nearness of God is my good - Psalm 73:25-26, 28a

                  Check out my new blog at pilgrimtozion.blogspot.com

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Pilgrimtozion View Post
                    Help een arme Nederlander...wie is De la Rey?
                    Pilgrim, dit is 'n liedjie in Afrikaans wat gaan oor De la Rey wat 'n Boere Leier was in 'n oorlog wat verligting vir die Boere gebring het...

                    De la Rey Lyrics

                    De La Rey

                    Op 'n berg in die nag
                    l ons in die donker en wag
                    in die modder en bloed l ek koud,
                    streepsak en ren kleef teen my

                    en my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
                    maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.

                    De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
                    De La Rey, De La Rey
                    Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
                    Generaal De La Rey.

                    Oor die k@kies wat lag,
                    'n handjie van ons teen 'n hele groot mag
                    en die kranse l hier teen ons rug,
                    hulle dink dis verby.

                    Maar die hart van 'n Boer l dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
                    Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.

                    De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
                    De La Rey, De La Rey
                    Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
                    Generaal De La Rey.

                    Want my vrou en my kind l in 'n kamp en vergaan,
                    en die k@kies se murg loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.

                    De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
                    De La Rey, De La Rey
                    Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
                    Generaal De La Rey

                    http://www.youtube.com/watch?v=429AU...related&search


                    De la Rey Translated

                    On a mountain in the night
                    we lie in the darkness and wait
                    In the mud and blood
                    I lie cold,
                    grain bag and rain cling to me.

                    And my house and my farm,
                    burned to ashes
                    so that they could catch us
                    But those flames and that fire
                    burn now deep, deep within me.



                    De la Rey, De la Rey,
                    will you come to lead the Boers?
                    De la Rey, De la Rey
                    General, General, as one man
                    we'll fall in around you
                    General De la Rey



                    And the Khakis (Brits) that laugh
                    -- [just] a handfull of us
                    against their whole great might --
                    With the cliffs to our backs,
                    they think it's all over [with us]

                    But the heart of the Boer lies deeper and wider,
                    that they'll still find [out]
                    At a gallop he comes,
                    the Lion of the West Transvaal



                    De la Rey, De la Rey,
                    will you come to lead the Boers?
                    De la Rey, De la Rey
                    General, General, as one man
                    we'll fall in around you
                    General De la Rey
                    De la Rey, De la Rey,
                    will you come to lead the Boers?

                    De la Rey, De la Rey
                    General, General, as one man
                    we'll fall in around you
                    General De la Rey


                    Because my wife and my child,
                    lie in a concentration camp and perish
                    And the Khakis' vengence
                    is poured over
                    a nation that will rise up again



                    De la Rey, De la Rey,
                    will you come to lead the Boers?
                    De la Rey, De la Rey
                    General, General, as one man
                    we'll fall in around you

                    General De la Rey
                    De la Rey, De la Rey,
                    will you come for the Boers?

                    http://www.youtube.com/watch?v=429AU...related&search
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Nog 'n bladsy oor die song
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Geloof oorkom Vrees
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Die hele spul se intensies is ontbloot. Wat die oorsaak is wat gelei het tot die insedent van ET se dood, of dit nou 'n selaris geskil was of pleinweg 'n rassekwessie, dit het daartoe gelei dat ons vroegtydig gewaarsku word van dinge wat kom.. Die vraag is net wat ons nou van hier af vorentoe maak...

                          http://www.thezimbabwemail.com/zimbabwe/4955.html

                          http://www.thezimbabwemail.com/zimbabwe/4978.html

                          Nou weet ons wat Maleme beplan. As dit nie vir ET se dood was nie sou dit seker nie op die lappe gekom het nie. Maar juis hieroor fokus almal hulle o op Malema.

                          Lyk my die kerk is uit. Ons begin al meer 'n punt bereik waar ons teen 'n muur vasgedruk word en daar nie meer plek vir omdraai is nie. Hierdie mense verstaan nie, hierdie is nie Zim nie, om dieselfde hier te probeer doen teken hulle hul eie doodsvonnis. Die Afrikaner is nog van die begin af 'n vredeliewwende sageaarde geduldige volkie, maar ons kan ook net so ver. Die geskieddenis is verdraai om hulle intensies te pas.

                          As die wreldbeker sokker gekanseleer gaan word en 'n ander land bied dit aan, gaan dit seker ook die witmense se skuld wees?

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Ta-An View Post
                            Geloof oorkom Vrees
                            Ek loop hierdie laaste paar dae met die einste gedagte in my kop rond Ta-An.
                            Ek glo dat baie van die dinge wat ges en gedoen is die laaste paar dae is in vrees gedoen. Woede ook ja, maar mense is bang vir die toekoms. Kan Suid Afrikaners kwalik geneem word vir hulle vrese ? Nee, ek dink nie so nie, nie na alles wat met die land aan te gebeure is nie, maar ek glo ook dat daar wel sekere uitkomste is, en dat wanneer enige iets in opregte geloof in God Drie-Enig aangepak gaan word dit sal slaag.
                            Ek verstaan dat daar redelik negatiewieteit rondom die gedagte van "die volk" en as 'n voorbeeld die bloedrivier-gelofte is, maar ek twyfel nie daaraan dat 'n volk wat hom voor God verootmoedig groot dinge kan bereik nie.
                            Een ding is verseker : so' kan dit nie aangaan nie. Ek lees vanoggend weer van 'n kind wat deur sy kamervenster geskiet is en beswyk het aan sy wonde. In die laaste paar weke is daar tientalle boere op hulle plase vermoor. Hierdie dinge sal moet stop, op welke manier ook al.

                            Comment


                            • #15
                              Hierdie artikel verwoord die algemene gevoel van die boere in my omgewing perfek. Ben Marais , voorsiter van TLU-SA s die volgende :

                              Ons vrees hierdie is nie die einde nie tensy die regering of burgers ingryp. Polarisering van die rasse is n werklikheid en die sneller vir verdere konflik l in die hande van die die ANC-jeugliga en hul radikale leier (Julius Malema), wat glo nie deur die ANC tot orde, verantwoordelikheid en dissipline gebring kan word nie,
                              Niks hiervan is goeie nuus nie !

                              Ons kan hierdie nie langer duld nie. Die feit is dat die ANC beheer oor homself en die land verloor het. Wat tans in ons land voorkom is niks minder as gewapende propoganda vir n vryheid wat ons gedink het ons 16 jaar gelede gehad het,
                              Ons glo dat ons net die begin van groter probleme in die gesig staar.

                              Wat die afrikaanse nuus om een of ander verbysterende rede uit die berig gelos het, maar wel in die engelse berig verskyn :

                              "Perhaps the time has now come to make a serious appeal to farmers to reduce their workforce and to mechanise for the sake of security and peace of mind.
                              Ek hoop julle lees mooi wat hierdie man s , die TLU is groot, en Ben Marais is nie 'n grapmakertjie nie. Hierdie raak al hoe meer 'n oorlogsverklaring.

                              Comment

                              Working...
                              X