Announcement

Collapse
No announcement yet.

Voorbidding asb

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Voorbidding asb

    HI Julle,

    gaan weer Greytown toe die naweek en wil graag vir voorbidding vra . Een opegte gebed kan berge versit.

    Ek weet Hy sal ook daar wees omdat ons in Sy naam bymekaar sal wees.

    Wat ek voor vra,dat julle asb vir ons in gebed dra dat dit alles slegs tot Sy eer sal wees ( die hele naweek en alle gevolge en uitvloeisels daarvan ) en dat ons slegs Sy wil en Sy Gees se leiding sal kry.


    Groete
    Willem
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  • #2
    Willem, wat is die aangeleentheid as ek mag vra?

    Comment


    • #3
      Willem, ek weet dat daar nie net een opregte gebed gaan wees nie, maar honderde duisende.
      Die lelike dinge in die land het die fokus vir so baie mense geskuif dat ons weer terug geruk moet word , ek glo MMC2010 gaan dit doen vir baie, baie mense.
      Geniet dit, ek bid dat die naweek die Here se sen weg sal dra, en dat wonde genees word wat net God kan gesond maak.

      Comment


      • #4
        Dankie Fila, jy het sommer my vraag beantwoord. Ek moes geweet het toe ek "Greytown" sien.

        Comment


        • #5
          Jong sommer vandag opgewonde geraak, my oom en neef gaan en dan is die hele familie geraak en as wat met my en pa en en gebeur het is die gebed van 3 jaar terug verhoor!

          Vriendin by werk my hart ook laat juig, want haar man en die drie wat vir hom werk maak winkel toe om te gaan..

          Dankie Fila, Hy genees nie net wonde nie maar maak vry , drank , dwelms , pornografie , haat ... ek weet persoonlik van al die wat Hy verlossing van gebring het vir mans en nuwe mense wat huis toe gegaan het.

          P.S sien draad oor ware Jesus wat ek moet pos, dis van Reinhardt Bonke af... facebook en toe se die man iets wat ek oor wonder
          Dis alles net genade -Ma Grace
          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

          Comment


          • #6
            "Raised From The Dead" by Reinhard Bonnke
            Oh Really?
            by Sandy Simpson



            http://www.deceptioninthechurch.com/bonnke.html
            http://www.deceptioninthechurch.com/bonnke2.html

            Comment


            • #7
              Hi Johnny,

              Interessante skakels en om die minste daaroor te s: "Ek ruik 'n rot."

              Is jy egter seker jy het dit onder die regte draad geplaas? Ek sien nie dadelik die verband tussen jou plasing en 'n versoek vir voorbidding nie?

              Comment


              • #8
                Originally posted by Son of the South View Post
                Hi Johnny,

                Interessante skakels en om die minste daaroor te s: "Ek ruik 'n rot."

                Is jy egter seker jy het dit onder die regte draad geplaas? Ek sien nie dadelik die verband tussen jou plasing en 'n versoek vir voorbidding nie?
                Het dit net geplaas omdat Willem na hom verwys in sy vorige pos.

                Comment


                • #9
                  Ah, so jy s Willem ontspoor sy eie draad. In daai geval ontspoor ek dit sommer ook:

                  Ernstig: Sal julle asb. voorbidding doen vir almal wat ni hierdie komende naweek Greytown toe kan gaan nie. Vra vir veiligheid en rustigheid in ons landjie en dat almal 'n nabyheid van God sal beleef en die grootheid van Sy genade sal sien.

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Son of the South View Post
                    Ah, so jy s Willem ontspoor sy eie draad. In daai geval ontspoor ek dit sommer ook:

                    Ernstig: Sal julle asb. voorbidding doen vir almal wat ni hierdie komende naweek Greytown toe kan gaan nie. Vra vir veiligheid en rustigheid in ons landjie en dat almal 'n nabyheid van God sal beleef en die grootheid van Sy genade sal sien.
                    Het vir jou ietsie ge e-pos. Lekker lees.

                    Comment


                    • #11
                      Hi Johnny,

                      dankie vir link, het gelees en sal later bietjie research, het al die website gerbruik as ek reg onthou en sal regtig jammer wees.

                      Vraag oor die word faith ouens, hulle glo God genees nog, doen ons? ( se nie noodwendig ons is reg nie, miskien eerder dat hulle sukses behaal omdat die kerk nie lsuiter na Woord nie => Jas 5:13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
                      Jas 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
                      Jas 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
                      Jas 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van n regverdige het groot krag.
                      Jas 5:17 Ela was n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes ren nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie geren nie;
                      Jas 5:18 en hy het weer gebid, en die hemel het ren gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        Dis min dat ek SO vroeg op die forum is...... My man is nou net saam met 24 van ons omgewing weg MMC toe. EK bid dat die Here hulle almal spesiaal sal aanraak .Die rede hoekom hulle gaan is om as manne van SA te gaan verklaar: Ons hoop is op Jesus die enigste Verlosser van die wereld! My bede is dat hulle ook sal verklaar soos n Josua van ouds : Ek en my huis, ek en my volk, ONS SAL DIE HERE DIEN!

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by protea View Post
                          Dis min dat ek SO vroeg op die forum is...... My man is nou net saam met 24 van ons omgewing weg MMC toe. EK bid dat die Here hulle almal spesiaal sal aanraak .Die rede hoekom hulle gaan is om as manne van SA te gaan verklaar: Ons hoop is op Jesus die enigste Verlosser van die wereld! My bede is dat hulle ook sal verklaar soos n Josua van ouds : Ek en my huis, ek en my volk, ONS SAL DIE HERE DIEN!
                          Amen Protea. Hoe kan hierdie gebede NIE verhoor word nie ? Soos ek vror geskryf het, het so baie dinge gebeur in die laaste paar weke wat die mense se fokus weg geskuif het van dit wat rerig belangrik is, soveel so dat ek nie meer vir 'n oomblik wonder oor die satan se hand daarin nie.

                          SA se mense het nou 'n MMC nodig soos nog nooit tevore nie. Sa se mense het nou vir Jesus nodig soos nog nooit tevore nie.
                          Sa se mans het nou nodig om die juk van vrees en spanning wat ons almal vasgevang het finaal af te gooi en die toekoms, en wat dit ookal vir ons inhou, vol in die o te kyk, en uit volle bors te erken : Met my God loop ek 'n bende storm, met My God spring ek oor 'n muur !
                          Daar is niks meer om voor bang te wees nie. God hou ons styf vas in Sy hand.

                          Comment


                          • #14
                            Hallo Fila,
                            Jou woorde is voorwaar pleisters vir die gees OMDAT dit woorde is wat Jesus sou gebruik het in hierdie tydsgreep in ons land se geskiedenis. Daar kom so n vrede oor my wat werklik alle verstand te bowe gaan. Ek WEET en GLO my God is in beheer al lyk die wereld erg onderstebo. Ek VERTROU dat Hy alles ten goede sal laat meewerk.

                            Ons tuis DRA letterlik ons mans op pad in die gebed op aan die Here God. Vandag het ons motor se outmatiese ratkas 2 keer in 1e en 2e rat vasgehaak . Dan moes hulle in daardie genoemde ratte ry tot by n Merc garage wat op die rekenaar kyk waar die probleem le. Toe was daar n 'virus' op die ratkas se rekenaar en in n japtrap is hulle toe weer weg om net weer te gebeur. En daardie voertuig is in n PUIK kondisie hier weg. Die bo-natuurlike aanslag is ontsettend sterk om daardie manne se planne om MMC toe te gaan te fnuik, MAAR hulle hou nie rekening met my God nie wat ALLES ten goede laat meewerk!!!Ons glo die Here beplan n wonderlike ontmoeting met hulle by die MMC!

                            Comment


                            • #15
                              Mag die Here die gebede van Sy kinders hoor en hulle antwoord soos Hy dit gedoen het met 16 Des. Bloed Rivier se tyd.....
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X