Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bybel op selfoon - dankie bybelgenootskap!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bybel op selfoon - dankie bybelgenootskap!

    Hi,

    die bybelgenootskap gaan eersdaags update op website he vir bybel op selfone, dan sal ook op blackberries werk.

    Intussen , as jou foon java enabled is kan jy gaan na m.bible.co.za van die foon af en dload en installeer of hier onder lees:

    Kan my selfoon 'n Selfoonbybel vertoon?
    Alle selfone met Java behoort die Selfoonbybel te kan vertoon.
    Watter Selfoonbybel moet ek aflaai?
    Elke Selfoonbybel het drie opsies om van te kies. Daar is
    1) 'n volledige Bybel
    2) 'n Bybel wat opgedeel is in vier dele (Genesis tot Rut, 2 Samuel tot Job,
    Psalms tot Maleagi en die Nuwe Testament)
    3) 'n Bybel wat opgedeel is in agt dele (Genesis tot Numeri, Deuteronomium tot
    2 Samuel, 1 Konings tot Ester, Job tot Hooglied, Jesaja tot Esegiël, Daniël tot
    Maleagi, Matteus tot Handelinge en Romeine tot Openbaring).
    Die meeste selfone kan nie die volledige Bybel vertoon nie, gevolglik moet jy die Bybel
    in vier dele aflaai. Meeste Samsung selfone kan egter net die Bybel in agt dele
    vertoon.
    Jy kan begin deur die volledige Bybel af te laai. Indien dit nie werk nie, probeer dan
    die volgende een op die lys.
    Die Selfoonbybel is gratis beskikbaar, maar let asseblief daarop dat jou
    diensverskaffer se aflaaitariewe geld.
    Watter lêers moet ek aflaai?
    Laai die .jar lêer(s) af. Sommige fone benodig ook die .jad lêer.
    Elke lêernaam bestaan uit vier of vyf dele. 'n Tipiese lêer van die Afrikaans 1933/53-
    vertaling wat in vier dele opgedeel is, lyk soos volg:
    AFR-53-4-GEN-RUT.jar
    AFR dui op die taal

    53 dui op die vertaling

    4 dui aan dat daar vier dele is

    GEN-RUT dui aan watter boeke in die lêer beskikbaar is.
    Sommige Bybels het ook 'n OO, NO of SO aanduiding na die vertaling. Dit dui aan of
    dit die ou ortografie, nuwe ortografie of standaardortografie Bybel is.

    Hoe laai ek 'n Selfoonbybel af?
    Die Selbybel kan op twee maniere afgelaai word.
    WAP
    Sien Hoe aktiveer ek GPRS op my selfoon hier onder.
    Via rekenaar
    Laai die nodige lêers af na jou rekenaar en stuur dit met Bluetooth of 'n datakabel
    na jou selfoon.
    Hoe aktiveer ek 'n Selfoonbybel?
    Gaan na die .jar lêer wat afgelaai is. Kies dan “Open”. Die Bybel sal dan geïnstalleer
    word. Sommige selfone sal 'n waarskuwingsboodskap gee, maar jy kan dit ignoreer.
    Kan ek die Selfoonbybel na ander selfone oordra?
    Ja, daar is geen beperkings wat keer dat die Bybel nie verder versprei kan word nie.
    Jy kan dit via Bluetooth van een foon na ’n ander oordra. Let wel: nie alle selfone laat
    toe dat ’n program (soos die Selfoonbybel) van een foon na ’n ander oorgedra word
    nie.
    Die Bybelgenootskap sal dit opreg waardeer indien jy ons in kennis sal stel
    (
    biblia@biblesociety.co.za) wanneer jy die Selfoonbybel versprei. Ons wil graag rekord
    hou van hoeveel Selfoonbybels versprei word.

    Waar kan ek tekskorreksies aanmeld?
    Alhoewel ons alles in ons vermoë gedoen het om die teks so akkuraat as moontlik na
    die Selfoonbybel oor te dra, mag daar dalk foute ingesluip het. Meld asseblief hierdie
    foute by die Bybelgenootskap aan. Dit sal aangebring word in ’n volgende weergawe
    van die Selfoonbybel.
    Let asseblief daarop dat die Bybelgenootskap nie tegniese ondersteuning ten opsigte
    van die aflaai en installasie van Selfoonbybels gee nie. Kontak jou diensverskaffer of
    selfoonvervaardiger.
    Hoe aktiveer ek GPRS op my selfoon
    Vodacom
    1) Druk *111# op jou handstuk en druk die skakelknoppie
    2) Kies opsie 5 – Phone settings
    3) Kies opsie 2 – Vodacom sal jou selfoon identifiseer
    4) Vodacom sal die opstelling vir jou stuur
    5) Vir navrae, skakel 111 vanaf jou selfoon
    MTN
    1) Druk *123# op jou handstuk en druk die skakelknoppie
    2) Kies opsie 1 – Phone settings
    3) Kies opsie 1 – MTN sal jou selfoon identifiseer
    4) MTN sal die opstelling vir jou stuur
    5) Vir navrae, skakel 173 vanaf jou selfoon
    Cell C
    1) Druk *147# op jou handstuk en druk die skakelknoppie
    2) Kies opsie 1 vir GPRS/MMS Settings
    3) Die volgende boodskap sal verskyn:
    Thanks for your request. The MMS and
    GPRS settings for your phone will be sent to you shortly. Please save them
    when received and if you are prompted for a PIN enter 12345

    4) Vir navrae, skakel 140 vanaf jou selfoon
    Virgin Mobile
    1) Gaan na die “Virgin Mobile” keuselys
    2) Kies “Virgin Mobile”
    3) Kies “Virgin Settings”
    4) Kies “Yes” om af te laai
    5) Vir navrae, skakel 123 vanaf jou selfoon
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Working...
X