Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bid vir kinders

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bid vir kinders

    Mar 10:13 En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
    Mar 10:14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle ges: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
    Mar 10:15 Voorwaar Ek s vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
    Mar 10:16 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gel en hulle gesen.

    Ons klompie en al die besoekers wat net kom kuier, kom ons bring die kinders na Hom toe in gebed.
    Plaas details ( hoef nie alles te wees nie, Hy weet reeds van alles ) van kinders wat siek is, aangerand is, verkrag is, mishandel is, wees gelaat is..... al die goed wat hulle wereld laat ineenstort. Dan tree ons vir hulle in.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  • #2
    A six-month old girl was raped in Mthatha on Saturday, Eastern Cape police said on Sunday.
    Her mother was not at home at the time, Colonel Mzukisi Fatyela said.
    "The baby girl was alone when she was raped. Her sister later found her bleeding and crying, and took her to the hospital."
    No arrests had been made yet
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      n Driejarige meisie van Edenburg is na bewering s erg deur haar tante se vriend aangerand en verkrag dat sy in die pediatriese waakeenheid van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein om haar lewe veg.
      Dis alles net genade -Ma Grace
      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

      Comment


      • #4
        Mag die Here my vergewe vir die gedagtes wat ek rondom hierdie "mense" koester.....




        S klein en weerloos
        2010-05-01 23:19
        evanwyk@rapport.co.za

        Hier is sy, die eenjarige Marzanne Kruger, wat onlangs wreed in haar ouerhuis in Johannesburg deur rowers aangerand is.
        Rapport publiseer vandag die eerste foto van di pragtige kleinding wie se brose lyfie in skrille kontras staan met die gespierdheid van haar vermeende aanvallers.



        n Familievriend van haar ouers, mnr. Kobus Grobler, het in n openhartige onderhoud met Rapport vertel van die hel waardeur mnr. Bertus en mev. Madelein Kruger die afgelope paar dae is.

        Marzanne kan nog nie eens praat nie. Sy kruip nou eers. Hoe kon s haar aanvallers keer? vra Grobler.

        Marzanne is verlede Donderdag saam met haar oppasser, me. Francina Sekhu, in haar ouerhuis in Robindale aangeval.

        Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en word steeds in die Sandton Medi-Clinic se waakeenheid behandel. Sekhu het ook kopbeserings opgedoen en sterk aan in die Helen Joseph-hospitaal.

        Hoe kan jy s iets aan n weerlose kind doen? vra Grobler.

        Ons wil bitter graag reg en geregtigheid laat geskied. Uit al die oproepe wat ons gekry het van weerskante van die politieke spektrum is een ding duidelik: Suid-Afrikaners oor die algemeen is regtig moedeloos oor misdaad. Dit is nie n rasse-ding nie. n Swart vrou en n wit kind is hier aangeval. Dit is misdaad net sinlose misdaad, een voorval van baie.

        Dit laat n mens jou afvra: waar is ons dan veilig? Vir Bertus, waar is s gesin dan veilig? het Grobler gister namens die Kruger-egpaar aan Rapport ges.

        Die aanval was net twee dae n die Krugers se baie spesiale kind se eerste verjaardag. Grobler s die Krugers het lank gesukkel om n baba te verwek en Madelein (40) se ouderdom het swangerskap later amper medies gevaarlik laat raak. Haar man is 42.

        Marzanne is n groot geskenk n hul enigste kind. Die hele familie was so opgewonde oor haar koms.

        Teen Woensdag het Marzanne se toestand n positiewe wending geneem en sy is Vrydag van die asemhalingstoestel afgehaal.

        Dit gaan ook fisiek beter met Bertus en Madelein. Hulle word emo*sioneel sterker.

        Tog is dit so n dilemma: As ouer wil jy sien dat jou kind vinnig genees. Maar n klein baba het baie tyd nodig daarvoor. Hulle is baie positief en optimisties dat sy gaan herstel, maar dit bly n frustrerende tyd, s Grobler.

        Die Kruger-egpaar is net n paar maande voor di aanval deur n erg traumatiese tyd. Bertus, n kranige fietsryer, het vroeg in Desember van sy fiets geval. Sy pedaal het gebreek en hy het op sy kop geval.

        Nes sy dogtertjie is hy ook weke lank in die waakeenheid behandel vir ernstige kopbeserings.

        Grobler s Bertus moes omvattende rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig kry en sy spraak moes ook weer herstel. Hy is laat Desember uit die hospitaal ontslaan en kon eers in Februarie weer begin werk.

        Madelein is deur erge trauma die laaste paar maande, s Grobler.

        Die Kruger-egpaar sien nog nie kans om met die media te praat nie, want hulle fokus ten volle op hul dogtertjie se herstel. Hulle het wel by monde van Grobler ges wat die motief vir die aanval was, is vir die polisie om op te los: Dit wat gevat is, is nie goed wat n lewe werd is nie. Volgens berigte is slegs n rekenaar en modem gesteel.

        * Toe Madelein die Donderdag omstreeks 13:00 by die huis gekom het, het sy op n bebloede Sekhu afgekom wat teen die muur in die sitkamer gesit het.

        Francina het probeer praat, maar kon nie. Madelein het Marzanne op die kombuisvloer aangetref. Haar lyfie was slap en haar koppie blou.

        Die rol wat die beamptes van die Piranha-veiligheidsmaatskappy gespeel het, was ongelooflik. Bertus-hulle behoort aan n ander, baie bekende veiligheidsmaatskappy.

        Maar di het nie daardie dag ge*reageer op Madelein se noodoproep nie. Tot vandag toe was hulle nog nie eens in kontak met die Krugers nie.

        n Buurvrou het Piranha gebel, wat blitsvinnig daar was en met Madelein en Marzanne hospitaal toe gejaag het.

        Hulle was bekommerd oor haar asemhaling en het haar op haar sy gedraai om dit ordentlik te kon monitor.

        Piranha het ook ander nooddienste gekontak om Francina te gaan help.

        Madelein was baie bekommerd oor Francina. Ek het Francina se ma gekontak om vir haar te s haar kind het baie seergekry en ook deurentyd met die dokter by die hospitaal gepraat om op hoogte te bly van haar toestand.

        Madelein het Francina reeds die volgende dag in die hospitaal besoek en sedertdien weer. Dit is ook n ma met n kind wat deur dieselfde trauma gaan.

        Grobler s daar is nog baie onbeantwoorde vrae, soos hoekom Francina die vermeende aanvallers in die huis ingelaat het.

        Dit is vrae wat die polisie-ondersoek sal beantwoord.

        Mnre. Geraldt Nyantumbo en Nelson Maphosa, albei Mosambiekers, is verlede Sondag gearresteer en het reeds in die hof verskyn.

        Die polisie soek nog na die hoofverdagte, mnr. Chakhoma Machaba, ook van Mosambiek.



        Die polisie soek ook nog na mnr. Chakhoma Machaba (28), wat vermoedelik na sy tuisland, Mosambiek, gevlug het. Hy is die hoofverdagte in die aanval op Marzanne Kruger en haar oppasser, me. Francina Sekhu. Hy was glo deel van n konstruksiespan wat bouwerk by die Krugers se huis gedoen het.

        Comment


        • #5
          Matteus 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek s vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

          God weet van elke kindtjie wat gemolesteer/mishandel word. Dit behoort ons as ouers te laat sidder met die wete dat hulle engele elke dag aan God verslag doen hoe ons ons kinders hanteer.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Johnny View Post
            Matteus 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek s vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

            God weet van elke kindtjie wat gemolesteer/mishandel word. Dit behoort ons as ouers te laat sidder met die wete dat hulle engele elke dag aan God verslag doen hoe ons ons kinders hanteer.
            Daai versie kom baie by my op as ek kwaad geword het of nie doen wat ek seg nie, maar juis dit help dat ek verander en beter pa word , dan ook boek wat ek lees oor pa wees wat die ding van hy doen wat hy sien en nie wat jy se nie so direk met voorbeelde uitlig uit ervaring en simpel en eenvoudg maak om te verstaan.

            My popolops word drie die jaar as ek so na haar kyk en dink oor die pa wat ek van gehoor het , dink ek net die Satan gaan verantwoording moet doen vir hoe hy mense laat siek word en VERKEERDE goed doen

            Hy het sy 3 en 4 jarige dogters verkrag en hulle het ma gese en die is polisie toe en hy is toegesluit, die ma kort medalje dat sy guts gehad het om kinders te glo en te beskerm en ek dink die hele familie kort gebed van ons af.
            Dis alles net genade -Ma Grace
            "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

            Comment


            • #7
              Originally posted by Die Filadelfieer View Post


              S klein en weerloos
              2010-05-01 23:19

              Hier is sy, die eenjarige Marzanne Kruger, wat onlangs wreed in haar ouerhuis in Johannesburg deur rowers aangerand is.
              vermeende aanvallers.


              .
              ALMAL Dra asb PIENK Woensdag 12 Mei vir Baba Marzaan wat aangerand is! Die saak is tot 12 Mei uitgestel op aansoek vir borgtog!
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Pas asseblief julle kinders op.
                'n Kinderoppasser is Vrydag geld aangebied om die kleintjie wat sy in 'n stootkarretjie by die skool kom haal het te 'koop'!!!


                'n Vriend was in Korea by tye van Marzaan se aanval. Die TV omroeper het gese: "Al het julle sokker kaartjies gekoop, bly asseblief by die huis"
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Vanoggend update gekry oor Marzanne, besig om uit medikasie te kom, het vir pappa gelag , maar huil nog en deurmekaar , dokters dit verwag want medikasie vat tydjie om uit te werk... MAAR kan nie wag om te hoor hoe goed dit gaan en hoe Here vir mamma Madelein en pa Bertus en hulle klein wonderwerkie in Sy hande hou en oppas en troos nie!
                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment


                  • #10
                    Sjoe, dit IS goeie nuus, baie dankie Willem. Het jy kontak met die Krugers ?

                    Comment


                    • #11
                      Fila, dit het gebeur hier wAar ek bly.... Willem se kerk is loopafstand van my huis af.
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Sjoe ... wat se goeie nuus? Wanneer het sy dan uit koma uitgekom? Ek dra haar so in my hart en bid gedurig vir haar ... kon nie glo toe ek vanoggend lees wat jy skryf oor dat sy wakker is nie. Dit is wonderlik!!

                        Comment


                        • #13
                          Marzaan is nog steeds in ICU ...
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • #14
                            Ek besef sy is nog in ICU ja ... :-( ... maar dit was vir my sulke goeie nuus om te hoor dat sy nie meer in 'n koma is nie. Ek is so nuuskierig om te hoor hoe dit met daai klein lyfie gaan ... sy bly gedurig in my gedagtes en dan wonder ek hoe dit met haar gaan ... orals in die media, lees mens net dat sy nog in ICU is ... maar nie veel meer nie. Ek was heeltyd onder die indruk dat haar toetstand nog dieselfde is en dat sy nog steeds in 'n koma is ... weet julle dalk hoe dit met haar gaan? Al is sy nog in ICU ... wat se die dokters? Ek glo en vertrou in my hart dat sy volmaak gaan genees ... dat God daai pragtige klein gesinnetjie in die holte van Sy hand sal hou en sal maak dat hierdie aaklige situasie waarin hulle hulleself bevind het, sal omdraai na iets wonderliks en dat Jesus se naam verheerlik sal word daardeur ...

                            Comment


                            • #15
                              Haai julle....sug....ek het nie woorde nie. Bid maar net:

                              http://www.volksblad.com/Suid-Afrika...itiek-20100513

                              Comment

                              Working...
                              X