Announcement

Collapse
No announcement yet.

Dankie Here!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Dankie Here!!

    Ek sit en wik en weeg of ek 'n kans moet neem en 'vinnig' draai, daar is aankomende verkeer, dit is spitstyd en 'n kans kom nie sommer maklik in Jhb se verkeer nie.... vat ek die kans of nie??
    Ek besluit, wel as ek vinnig kan wegtrek, dan kan ek dit maak, en toe...... toe vrek die ou dieseltjie in die middel van die pad !!

    .... en toe ek weer tot my sinne kom...... toe staan ek veilige geparkeer in die parkeer zone waarvoor ek gemik het..... daardie gevoel van flou word en wakker word en jy is veilig!!

    Dankie Here!!


    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Sjoe, Ta-An. Dit is juis sulke noue ontkominge wat my vas laat glo dat Hy sy engele opdrag gee aangaande ons.

    Ek wil ook graag vandag 'n getuienis gee oor iets. Nee, nie nog 'n noue ontkoming nie, net iets prakties hoe die Here (al weer!) voorsien het. Toe ek self probeer het, het ek my net in doodloopstrate vasgeloop. Eers toe ek dit in gebed na die Vader toe neem, toe los Hy die probleem op. Handelaars het vir my gesÍ hulle het nie op die oomblik die spesifieke bande wat ek nodig het in voorraad nie en dat daar eers in volgende maand nuwe vorraad beskikbaar sal wees van die vervaardiger. Ek het gister nuwe bande op my bakkie laat sit. Spesiaal vir my laat kom van Kimberley af. En dit teen meer as R200 per band laer as die laaste prys wat ek gekwoteer was.

    Comment


    • #3
      SoS.... Hy is die Here wat Voorsien!!
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        elke dag so baie wat Hy doen... kom ons begin oplet en getuig en dankie se...

        Ta -An ek dink jy goeie ding begin...


        vandag wakker gehou in kar o pad guis toe, veilig oor slaggate gery ( het definitief bo-oor hom gegaan te, laat gesien en niks gevoel nie! pad soos biljart tafel .. dankie Vader! )
        Dis alles net genade -Ma Grace
        "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

        Comment


        • #5
          Dankie dat ons iets vir iemand kan beteken Here. !
          Dis alles net genade -Ma Grace
          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

          Comment


          • #6
            Woensdag-middag.....
            Dankie Here vir die "Driveway-robbery" wat ek vrygespring het
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by Ta-An View Post
              Woensdag-middag.....
              Dankie Here vir die "Driveway-robbery" wat ek vrygespring het
              Haai Ta-An, wat vertel jy ons! Prys die Here, want lyk my sy engele is permanent op diens daar by jou.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Son of the South View Post
                Haai Ta-An, wat vertel jy ons! Prys die Here, want lyk my sy engele is permanent op diens daar by jou.
                Ja-nee, die Here is getrou SotS... die Here is getrou... daardie stil klein stemmetjie.... mens moet net luister..
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  My pa se boeke-vat-gebede is so op my hardeskyf ingebrand. Hy het baiekeer gebid: Dankie Here dat U ons by gevare verbygelei het WAARVAN ONS NIE EERS BEWUS WAS NIE.... En hoe baie gebeur DIT nie ne?

                  Comment


                  • #10
                    Eendag sal ons weet en dan dink ek gaan ons op ons rug val oor hoe baie die Here ons beskerm en oppas...

                    Dankie Here vir Ta-Ann se beskerm
                    Dis alles net genade -Ma Grace
                    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                    Comment


                    • #11
                      Daardie stil klein stemmetjie...Here ek wil meer gehoorsaam wees om te reageer hierop....

                      Vanoggend hoor ek "Neem jou Shofar saam kerk toe, 3 keer!! en ek los dit nog steeds.....
                      Toe gebruik die Ds 'n vuvuzella vir 'n Call to Worship.......
                      Ek het lelik op my neus gekyk....Jammer Heer...
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      Working...
                      X