Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gedig: As jy net weet

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gedig: As jy net weet

    'n Mond wat lag,
    oë wat ween,
    'n hand wat gee,
    'n hart wat kwyn
    'n Liggaam wat swoeg,
    'n siel wat wroeg.

    Uit eie boesem het jy jou siel bevlek
    'n geroeste minora blade,
    oop are, vel met rooi bevlek
    so het ek jou ondek

    Het jy in die donker dieptes saligheid gevind?
    Dalk die rigting na vrede ondek?

    Om hand in eie boesem te slaan,
    sal jy nou voor God moet staan.

  • #2
    'n Pragtige gedig

    Haai - dis 'n pragtige gedig. Ek weet nie of baie mense hier van SA af is wat dit kan verstaan nie (ek is nuut op die Forum). God bless.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

    Comment


    • #3
      Thanks, Ek is bly jy hou daarvan en welkom, ek is self ook nie lank hier nie. Ek kry soveel blessing hier, baie van die gedigte wat ek lees maak vir my soveel sin. As ek soms bedruk voel, kom lees ek en ervaar net weer God se nabyheid in ons lewens. Daar is soveel waarvoor ons dankbaar kan wees. So baie mense word aangeraak deur gedigte wat geskryf word. Anyway, thanks weereens. Mag God jou lewe aanraak en vervul met liefde.

      Comment


      • #4
        Trudie het jy self geskryf??

        Ek is in trane......
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Welkom by ons Trudie. ACCM het die draad vir ons hiernatoe geskuif. Hierdie forum word gekombineer met 'n paar ander, maar almal is welkom om hulle gedigte in hierdie forum te plaas.

          Dit is 'n mooier as mooi gedig. Ek het nooit van gedigte gehou nie, totdat ek agtergekom het ek verstaan dit nie, maar toe ek dit eers verstaan, toe ontdek ek een van die mooiste dinge aan die mens bekend!
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            Baie dankie julle almal vir julle verwelkoming en mooi woorde. Ek was baie lank laas op die net, dinge was bietjie rof die laaste tyd, maar ek is bly om terug te wees.

            ja, ek het die gedig self geskryf, was 'n tyd wat ek self daaraan gedink het om my lewe te neem, maar dank die Vader ek was nie suksesvol nie. Sy genade dra ons deur.

            Gedigte was maar altyd my manier om deur moeilike tye te kom.

            Ek hoop ek hoor meer van julle ouens,

            Geseende dag.
            Trudie

            Comment


            • #7
              Ongelowiges se gebrek aan n Anker.

              Baie welkom Trudie! Wat sal ons in krisistye in ons lewens maak as ons nie ons Anker het nie, ne?! Dank die Here vir Sy beskermende Hand!
              Ek het lank gelede van n ongelowige baie groot melkboer gehoor wat in een week sy vrou verloor het na n operasie, sy massiewe dam wat drie spilpunte moes voed het gebreek en toe asof dit nog nie genoeg was nie kom daar n verwoestende veldbrand en brand baie van sy weidings tot niet. My vraag is nou : Wat maak mense wat NIE vir Jesus as n Anker het nie? Hoe kom hulle hulle krisisse te bowe? Ek wil my nie eens in so n scenario INDINK sonder Jesus nie!

              Comment


              • #8
                WOW!!!! dit het my "goosebumps" gegee!!!

                Comment


                • #9
                  Originally posted by ACCM View Post
                  Trudie het jy self geskryf??

                  Ek is in trane......

                  Hi ACCM - Ja ek het self geskryf. Julle ouens moet maar verskoon as dit lyk of ek besig is om rond te trap hier, maar ek sukkel nog om mooi te verstaan hoe alles werk.

                  Christus liefde
                  Trudie

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by protea View Post
                    Baie welkom Trudie! Wat sal ons in krisistye in ons lewens maak as ons nie ons Anker het nie, ne?! Dank die Here vir Sy beskermende Hand!
                    Ek het lank gelede van n ongelowige baie groot melkboer gehoor wat in een week sy vrou verloor het na n operasie, sy massiewe dam wat drie spilpunte moes voed het gebreek en toe asof dit nog nie genoeg was nie kom daar n verwoestende veldbrand en brand baie van sy weidings tot niet. My vraag is nou : Wat maak mense wat NIE vir Jesus as n Anker het nie? Hoe kom hulle hulle krisisse te bowe? Ek wil my nie eens in so n scenario INDINK sonder Jesus nie!
                    Protea - God is so wonderbaarlik goed. As ek terug kyk na my lewe tot by 95, WEET EK dat daar 'n lewende God is wat oor ons besorg is. Ek kon nooit verstaan waar God is en hoekom Hy nie hoor as ek roep nie, maar Hy was altyd daar. As mens so terugkyk na jou lewe (nie met begeerte om terug te gaan nie) om te sien waar jy vandaan kom en hoe jy gekom het waar jy is, wel ek het verbaas gestaan.

                    Alle eer aan Hom wat alomteenwoordig is en in beheer is van my lewe!

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Cornelia Russell View Post
                      WOW!!!! dit het my "goosebumps" gegee!!!
                      Cornelia,

                      Ja, net so het ek trane in my oë gekry toe ek jou Sondag op die verhoog sien en met hoeveel passie jy die rol van Maria vertolk het, ek is seker daarvan God het jou gebruik om 'n paar harte aan te raak. Gebruik jou talent sus, en God bless!!

                      Comment


                      • #12
                        Hierdie is werklik baie goed geskryf en baie diep en seer...besonder mooi Trudie.

                        Comment

                        Working...
                        X