Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gene en George en Calitzdorp

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gene en George en Calitzdorp

    Vanoggend reageer Gene op 'n ander draad en begin sy plasing aan my met die volgende,

    Originally posted by Gene
    "By George! I think he's got it!"
    Sonder dat hy dit weet, is ek oppad George toe en daar vind ek toe iets uit wat met die van, NEL te doen het. Net die naweek nooi Mari my om te kom koffie drink by hulle besigheid in George en oppad terug stop ek gou daar. Daar aangekom maak sy koffie en vertel my van hul vorige 'buurman', wat 'n hartaanval gehad het en toe sy besigheid verloor het. Hy staan hoeka met haar en haar man en gesels en sy is besig om 'n CV vir hom uit te druk, aangesien hy nou werkloos is en wil kyk of hy nie iewers 'n werkie kan kry nie, 'enige werk sal reg wees', sê hy. So met die koffie-drinkery vertel hy dat hy op 'n stadium in Calitzdorp gebly het en hy het juis daar ge-eindig, omdat hy afstam van die Nel'le van Calitzdorp.

    Ek weet nie of enige een van julle bekend is met wat in Calitzdorp aangaan nie, maar as julle iets weet, sou julle ook wonder hoekom dit nie eerder Nelsdorp moes heet nie. Sien, die Nel'le in Calitzdorp krioel letterlik daar en mens sal nie verbaas wees as hulle 51% van die dorp se inwoners is nie.

    So vertel Mari toe dat sy ook afstam van die Nel'le van Calitzdorp en dat hulle dan op 'n manier familie kan wees. Ek het maar so gesit en luister, want ek was nogal verbaas dat dit so kan uitwerk, veral omdat my ouma ook 'n Nel van Calitzdorp is en so vind ek en Mari en haar vorige buurman uit (Mari ek het nou sy naam vergeet en weet darem dit is jou buurman gewees), ons is op 'n manier familie. Almal van ons het iets met Calitzdorp se Nel'le te doen. Ek het nie 'n idee wat hierdie alles mag beteken nie, maar ek weet dit was nie toevallig nie en Gene het iets geweet van George, maar min het hy geweet alles het eintlik met Calitzdorp te doen en dat drie mense in George mekaar sou ontmoet en net so min geweet het van hoe hulle almal eintlik van Calitzdorp af kom, al is dit net 'n kwart van elk!

    Iets in hierdie getuienis, sê net dat God op 'n baie spesiale manier betrokke was vandag, in 'n paar mense se lewens!
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  • #2
    Re: Gene en George en Calitzdorp

    Hallo !

    As n jong onnie het ek en n groep stappers van Montagu n hele paar jaar gelede langs die Gamkarivier opgestap tot in Gamkaskloof. Daar waar die pad die rivier kruis. Ons voertuie het ons toe aan Calitzdorp se kant by Nel boere gelos wat in die poort van die Gamkarivier boer. So ek ken ok Nel'le van Calitzdorp!

    Comment


    • #3
      Re: Gene en George en Calitzdorp

      Ja Ferdi .... gister was nogal annerste ...

      gewoonlik sit ek vir ure alleen in ons shop ( dis waar my kuberklets tyd vandaan kom ) .... maar skielik gister oorval die kuiermense so almal op 'n bondel ! ...... ek sien mos die George storie van jou en Gene en maak toe sommer seker die koffie is reg ........ ons x-buurman, Johan ( bynaam : Russian - hy maak die lekkerste take-aways ) bel toe ook en vra vir 'n paar eksta afdrukke van sy CV ..... daar daag jy ook op met die fensie volstruiseiers en dit word 'n karoo kuiery ........ die wereld is klein.......

      nog 'n stertjie aan die storie is dat hier die oggend iemand was wat belangstel in die kafee wat langsaan leegstaan ...... lang storie kort : dit lyk nou of Johan dalk sy eie kafee vir iemand anders kan bestuur ......... ons bid al 'n rukkie saam met hom dat die regte deure sal oopgaan .... hy is nog jonk in geloof, maar leer daagliks en dit is exciting om te sien hoe Onse Vader die pad saamstap ......

      ... en dis deksels koud hier vandag ..... hoop julle oorieberg koel darem ook af .......

      annerkant die berg groete..
      m
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment


      • #4
        Re: Gene en George en Calitzdorp

        Hi Mari,

        Dankie vir die koffie en gesels gister en dit sal seker nie 'n beter uitkoms aan Johan bied, om sommer in sy ou 'eie' kafee te kan werk nie! Dit is hier net so koud vandag, maar ek dink George was gister kouer as jy my vra...
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #5
          Re: Gene en George en Calitzdorp

          CAW staan nie verniet vir 'cold and wet ' nie.....

          Comment


          • #6
            Re: Gene en George en Calitzdorp

            hu uuuh ......

            CAW staan vir :

            Christ
            At
            Work

            ..... maar ons het darem oorie 50 mm reen gehad oor 2 dae ....... uiteindelik .....
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment


            • #7
              Re: Gene en George en Calitzdorp

              dit het green ..... en gereen .... en gereen .......

              George se damme is vol .... die lagoons druk teen hul duin dyke .......

              die weivelde is weer groen en die beeste rondvet ............


              en volgende Dinsdag hou ons lofprysing en danksegging in dieselfde stadion waar laas jaar vir reen gebid is .......

              saam met oom Angus .........

              CAW !!!!! ........ m
              Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

              Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

              Comment


              • #8
                Re: Gene en George en Calitzdorp

                Mari,

                Ek was Saterdag in George en dit het aanmekaar gereen terwyl ons daar was. Wat net interessant is, is dat ons so onlangs soos 'n week of twee terug, werklik eers meer ernstige waterbeperkings in Oudsthoorn gesien het. Net mooi toe julle damme vol word, toe word dit hierdie kant leeg. Toe dit daar by julle leeg was, toe gaan dit redelik hier. Snaakse en interessante patroon..., maar mens kan dit nie mis nie...
                The Rapture

                My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                but I must confess, don’t worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                it’s before God’s wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                it’s for all the people in the zoo
                think about it and refresh…
                you will see there’s no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhere…


                Comment


                • #9
                  Re: Gene en George en Calitzdorp

                  Hier by ons is dit nog erg droog, bykans geen rëen na die winter gesien nie. Was Maandag by buurman, hy moes al sy springbok-lammers uit die veld verwyder die naweek, want die ooie verwerp hulle omrede daar niks kos vir hulle is nie. Sal kyk of ek 'n foto kan plak van die bokkies wat nou in 'n skuur bly....oulik verby. Al hoe meer diere, ondere andere jakkalse, meerkatte en tarentale, beweeg al hoe nader aan ons erwe soos hulle kos in die veld op raak, ons kyk maar mooi uit vir hondsdolheid.

                  Comment

                  Working...
                  X