As mens artikels soos hierdie lees besef ek net weereens dat ek niks het om oor te kla nie, en soveel het om oor dankbaar te wees. So 'n pragtige meisie, met 'n lewe vol uitdagings vir haar en haar familie. Ek bid dat die Here hulle sal bystaan in die jare wat volg.
Kom ons dans!
2010-11-30 23:56
Mathys en Susan deel ’n grappie.
Leané du Plessis
Die sanger Mathys Roets het ’n skaam vierjarige meisie gister laat dans – albei in hul rolstoele.
Susan van Niekerk het Roets in die spinale eenheid van die Riverfield Lodge naby Muldersdrift aan die Wes-Rand ontmoet waar sy behandel word sedert ’n ernstige motorongeluk sowat ’n maand gelede.
Roets is ook sowat twee maande lank daar behandel ná sy motorfietsongeluk in April verlede jaar.
’n Skaam Susan het Roets in die eenheid se gimnasium met pieringoë dopgehou terwyl hy toertjies met sy rolstoel gedoen het.
“Kyk, ek kan dans met my rolstoel, só. Kan jy ook so draai op jou agterwiele?” het Roets haar gevra terwyl hy in die rondte getol het.
Susan se oupa, ds. Gerhard van der Merwe, ’n afgetrede NG predikant, het gesterf in die ongeluk tussen Fouriesburg en Clarens in Oktober.
Haar ma, Ilsa (39), en boetie, Le Roux (2), is ook beseer toe hulle trompop teen ’n Isuzu-bakkie gebots het.
Mev. Van Niekerk dra nog ’n nekstut omdat haar C2- en C3-werwel in die ongeluk gebreek is. Sy het gister vertel hoe Susan kort ná die ongeluk gesukkel het om aan te pas.
“Sy was so depressief in die waakeenheid.
“Sy’t elke dag net by die venster uitgestaar. Sy het geweet daar is iets anders in haar liggaam, maar kon nie verstaan dat sy nie haar bene kan beweeg nie.”
Haar man, Johann, het kort ná die ongeluk van Indië teruggekeer waar hy vir Sasol werk.
Die gesin het drie en ’n half jaar daar gewoon terwyl hy kontrakwerk gedoen het.
“Sjoe, kyk net daar, ‘batcha’ (kind in Tamil)! Doen jy dit ook!” het mev. Van Niekerk gepor toe Roets vir Susan wys hoe om met haar rolstoel agteroor te leun.
Haar waaksame oë het later effens ontspan toe sy en Roets skielik begin resies jaag. Kort daarna was alle skaamheid vergete toe Susan uitbundig jil terwyl Roets haar agternasit.
“Dis ’n ‘amazing’ gevoel – om net jy te wees en te weet jy beteken iets vir iemand,” het ’n aangedane Roets later gesê.
“Dis die mooiste meisietjie. Ek kan nie ophou kyk vir haar nie.”

Mathys Roets en Susan van Niekerk (4) jaag resies in die gimnasium van die spinale eenheid van die Life Riverfield Lodge naby Muldersdrift. Susan is verlam ná ’n motorongeluk sowat ’n maand gelede.

Susan van Niekerk (4) in haar rolstoel in die gimnasium van die spinale eenheid van die Life Riverfield Lodge naby Muldersdrift. Sy is verlam ná ’n motorongeluk sowat ’n maand gelede. Die sanger Mathys Roets het haar kom besoek om haar en haar gesin moed in te praat.
Foto’s: Lauren Mulligan

Comment