Announcement

Collapse
No announcement yet.

Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Ek sal graag julle menings wil hoor hieroor. Ek plaas dit hier waar almal toegang het om dit te lees, want ek dink dit is van kardinale belang.

    Wat is ons as Christenne se rol in hierdie land? Hoe is ons veronderstel om op te tree teenoor geweld, moord, verkragting, diefstal en die ander honderde onmenslikhede wat daagliks in hierdie land plaasvind?

    Dit is asof die kerk aan stilswye lei. Ons is 'n geslote gemeenskap wat ons in kerkgeboue opsluit. Selfs die ACDP, wat sogenaamd 'n Christelike party hier is, is taamlik baie stil.

    En terwyl ons aan stilswye lei en net onder mekaar kla oor die toestand, raak dit net al erger. Hoe erger dit raak, hoe moeiliker gaan dit word later om dit stop te sit.

    Baie mense maak staat daarop dat die wederkoms nie meer ver is, dat Jesus binnekort al die goed sal stop. Die probleem wat ek hiermee het is ons as kerk het nog heeltemal teveel werk om te doen, glo ek, voordat Jesus kom. Die oes is nog te klein...

    Ek sal graag julle menings ook wil hoor.

  • #2
    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Hi RR,

    Ek dink juis hierdie omstandighede skep 'n ideale platvorm, om in die duidelike stukkende wreld, die goeie nuus van die evangelie te kan uitdra. Ek glo persoonlik dat die Here dit vir Sy 'gestuurdes' eintlik makliker maak om Hom te verheerlik, in toestande wat vir die mens onhoudbaar is...

    Ons plig is om heel eerste die evanglie te verkondig (ewige heil), tydig en ontydig en terwyl ons dit doen, sal ander dinge (menslike heil) ook ter sprake kom, soos en waar van toepassing...
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere

    Comment

    • #3
      Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

      Liewe RR ...

      ..... 'n beginpunt sou seker wees om op te hou vinger wys en eerder hande saam te vat teen die regte vyand .......

      ..... om die wat 'n poging aanwend om versoening en geestelike verantwoordelikheid te preek, en wat bid vir en uitsien na herlewing in ons geloofsgemeenskap, nie te kritiseer nie, maar saam werk deur in jou eie hart en jou eie huis te begin ........

      ..... om die fokus van ons wederkomsverwagting weg te draai van 'n hends-op houding van "dis nou maar die eindtyd" ...... en aan te vuur met die werklikheid van 'n rype oes op ons voorstoep .....

      ...... ?!? ..........
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment

      • #4
        Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

        Baie goeie draad RR, die kerke se "laer trek" is 'n ding wat my al lankal pla. Duidelik is daar iets groots fout, maar die kerke, en seker meer belangrik die individue wat die verskillende gemeentes opmaak, kry dit nie aangespreek of opgelos nie.

        Ek het wel 'n voorstel, en dit gaan ook oor iets wat my 'n geruime tyd pla : Hierdie fancy, super duur sendinguitreike na o.a. eerste-wreld lande en derglike dinge. Is dit nie duidelik genoeg dat ons in ons eie land eerder ingryping nodig het nie ? My voorstel is dus dit : Vat die derduisende rande wat 'n sending-trippie na Japan sou gekos het, en bou eerder 'n gemeenskapsdiensentrum daarmee. Kry die jongmense van die straat af. Leer hulle 'n nuwe vaardigheid wat hulle kan gebruik. Leer hulle bou en bou met eie arbeid die volgende sentrum ! Plant 'n groentetuin en leer die mense om dit self te bewerk. ( Vol mage is baie meer ontvanklik vir die Evangelie). 'n Groot gros van ons bevolking kort net weer menslikheid in hulle wesens. As hulle dit terug gekry het, of selfs vir die eerste keer ervaar het, gaan hulle self die hopelose dier-agtige elemente uit hulle midde werk. Hoekom hou ons die staat grootliks hiervoor verantwoordelik as maatskaplike dienste eintlik 'n kerk aangeleentheid veronderstel is om te wees ?

        Daar is soveel dinge wat mense daadwerklik kan doen, as ons net kan reg prioritiseer en die wiel aan die rol kry.

        Comment

        • #5
          Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

          Dankie vir julle antwoorde. Ek dink ek gaan baie beslis baie meer aandag daaraan skenk om veral my eie prioriteite reg te kry.

          Ons is lief daarvoor om te s ons streef daarna om Jesus se voorbeeld te volg. Jesus het ges dat Hy sy skape agterlaat terwyl Hy 'n enkele verlore skaap gaan soek. As ons dan Sy voorbeeld volg, waarom is ons net betrokke in die kerk self tussen al die skape wat nie verlore is nie? Daar is dan juis duisende verlore skape daar buite.

          Comment

          • #6
            Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

            Daar is eintlik miljoene verlore siele in die kerke. Maar weereens moet ons eers vir Jesus vra vir lyding. Op ons eie kan ons niks doen oor die verlore siele. Net God se wil sal die pad oop maak vir ons.

            Comment

            • #7
              Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

              En terwyl ons aan stilswye lei en net onder mekaar kla oor die toestand, raak dit net al erger. Hoe erger dit raak, hoe moeiliker gaan dit word later om dit stop te sit.
              Hoe kyk ons na hierdie toestand? Sien ons dit as iets wat ons moet stopsit? Moet ons werk aan die simptome of die oorsaak of albei? Goed, kom ons werk aan albei, maar dan moet die fokus steeds op die oorsaak, naamlik ongeloof in Jesus Christus gerig wees.

              Wat is die oplossing? Het ons 'n sterker polisiemag nodig? Moet daar sterker in wetgewing en regspleging teen die euwels opgetree word? Daar is lande waar mense se hande afgekap word of waar hulle doodgemaak word as hulle steel, moor of verkrag. Gaan dit werklik daar beter? Moet die kerk betrokke raak by regspleging en teregstelling van kriminele? Is dit Christene se verantwoordelikheid om die gemeenskap te beheer deur wetstoepassing af te dwing?

              Is daar enige ander oplossing as die liefde van Christus wat 'n mens se lewe moet oorneem? En selfs dit is geen oplossing nie, want almal gaan Hom nooit aanneem nie.

              Waar laat dit ons? Die vuur waarmee die aarde verbrand gaan word is onafwendbaar. Laat ons maar net ons pogings verskerp om teen die vuur te waarsku en oor die wederkoms te preek en sodoende mense, enkelinge soos brandhout uit die vuur te ruk. Wederkomsprediking is vir my nie 'n ontvlugtingsroete of 'n stokperdjie om my besig te hou met interessanthede van voorspellings en vervullings nie, maar dit is die Godgegewe boodskap vir ons dag om mense van die erns van die saak te oortuig en hulle by Jesus Christus uit te kry.

              Kom ons kry duidelikheid daaroor: Christene gaan nie van die wreld 'n beter plek maak nie. Hulle kon dit vir 2000 jaar al nie regkry nie en gaan dit nou ook nie doen nie. Dit is ook nie ons taak of opdrag nie en dit is ook nie die kriterium waaraan die sukses van ons bediening gemeet gaan word nie. Jy gaan nie die naderende vlamme van die hel stop nie, nie met die beste brandweer op aarde nie. Moet dus nie op die hel konsentreer asof jy iets daaraan kan doen nie. Gaan lees jou opdrag in 2 Kor. 5:18-21 en voer dit met nougesette pligsbesef uit.

              En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,

              naamlik dat God in Christus die wreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

              Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

              Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

              Let ook op die sinsnede "Ons tree dan op as gesante om Christus wil" 'n Gesant is 'n ambassadeur in 'n vreemde land. Hoeveel Christene is daar wat besef dat hulle hier op aarde ambassadeurs in 'n vreemde land is? Wat doen 'n ambassadeur? Probeer hy die wette van die land verander en die maatskaplike probleme oplos? Nee, hy verteenwoordig sy land van herkoms (in hierdie geval die hemel) in 'n vreemde land waar hy geen burgerregte het nie en nie eers kan stem nie (in hierdie geval die wrerld)! Jou taak is om die mense te wys hoe jou land lyk en hulle jaloers te maak op jou land. Ek is 'n onderwyser en ek kry in Pretoria by die ambassades gratis groot posters van Duitsland, Japan en ander lande wat ek in my klas opsit! Kom mense! julle gaan nie hierdie aarde regkry nie! Vergeet daarvan! Bestee julle tyd aan die dinge wat saakmaak! Doen die werk van 'n gesant! Sit posters op van die hemel en maak die mense jaloers om saam met jou hemel toe te gaan!

              Fil. 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus

              Comment

              • #8
                Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Hoekom hou ons die staat grootliks hiervoor verantwoordelik as maatskaplike dienste eintlik 'n kerk aangeleentheid veronderstel is om te wees ?
                Fila, ek sal graag meer hieroor wil hoor. Ek het dit dat maatskaplike dienste eintlik 'n staat aangeleentheid mt wees en dat gelowiges hulle eerstens oor mede gelowiges moet ontferm:
                As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle s: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?
                (Jam 2:15-16)
                Maar wie die goed van die wreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jo 3:17)
                Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verlon en is slegter as ‘n ongelowige.
                (1Ti 5:8)
                Soos dit vir my lyk het die gelowiges 'n direktre opdrag om in woord en daad na mekaar om te sien.

                Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. (Rom 13:3-4)
                Nog een van die owerhede se take is om die een (die mens) wat kwaad doen te straf.

                Comment

                • #9
                  Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                  Hi Dawid, dankie vir jou uitstekende plasing. Daar is beslis baie om oor na te dink. Jy s ons sal nooit hierdie wreld verander nie. Dalk nie, maar gee dit my verskoning om tou op te gooi en niks te doen nie?

                  Op die einde van die dag as ons ware ambasadeurs is van Christus, is daar tog 'n verskil in hierdie wreld. Al rede waarom hierdie wreld nog staan is vir die gelowiges en die wat nog gered moet\kan word. Dis waaroor dit eintlik gaan en waarop klem gel moet word, die oes.

                  Ek sidder om te dink hoe hierdie land sou lyk sonder Christus. Dis waarlik al hoop om aan vas te klou.

                  Jy noem dat Christenne die laaste 2000 jaar nie die aarde 'n beter plek kon maak nie... jy seker? Jy bedoel seker eintlik Christenne kon dit nog nooit hemel op aarde maak nie, maar baie beslis 'n beter plek!!

                  Glo jy dan nie in die krag van Gebed? Word gebede nie verhoor? Het dit werklik nie 'n impak op ons en mense om ons se daaglikse bestaan nie?

                  Maar jy het ook 'n punt beet. Die wreld is gebroke en sal ongelukkig so bly tot die wederkoms...

                  Comment

                  • #10
                    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                    Originally posted by Maruis View Post
                    Daar is eintlik miljoene verlore siele in die kerke. Maar weereens moet ons eers vir Jesus vra vir lyding. Op ons eie kan ons niks doen oor die verlore siele. Net God se wil sal die pad oop maak vir ons.
                    Dis waar wat jy s Maruis. Almal se rol verskil ook natuurlik. Nie almal is gebou vir sendingwerk nie. Ek baie beslis seker ook nie. Maar dit hoef my nie te keer nie. Ek kan steeds mense wat die werk doen finansieel en op ander wyses ondersteun. En af en toe saam op 'n uitreik te gaan sal beslis ook nie seermaak nie.

                    Daar is verlore sielle in die kerke, maar ek glo minder as wat ons dalk dink. Mense is mense. Wat red 'n mens nou eintlik? Deur dade, of om te glo?
                    Ek is geneig om vinnig te oordeel en te dink 'n persoon het nie die vaagste benul waaroor dit gaan nie. Hy werk in die bediening maar doen presies die teenoorgestelde wat Jesus sou doen. Is daardie persoon verlore? Ek sal seker nie weet nie. Ek kan net bid vir daardie persoon.

                    Daardie verlore sielle in die kerk waarvan jy praat het reeds van Jesus gehoor en hoor van Hom gereeld. Hoeveel mense is daar wat minder gereeld van Hom leer en hoor? Jy kan net soveel doen, ons is, soos Dawid s, net ambasadeurs, die res is die werk vir die Heilige gees.

                    Comment

                    • #11
                      Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                      Originally posted by RR van Wyk View Post
                      Hi Dawid, dankie vir jou uitstekende plasing. Daar is beslis baie om oor na te dink. Jy s ons sal nooit hierdie wreld verander nie. Dalk nie, maar gee dit my verskoning om tou op te gooi en niks te doen nie?

                      Op die einde van die dag as ons ware ambasadeurs is van Christus, is daar tog 'n verskil in hierdie wreld. Al rede waarom hierdie wreld nog staan is vir die gelowiges en die wat nog gered moet\kan word. Dis waaroor dit eintlik gaan en waarop klem gel moet word, die oes.

                      Ek sidder om te dink hoe hierdie land sou lyk sonder Christus. Dis waarlik al hoop om aan vas te klou.

                      Jy noem dat Christenne die laaste 2000 jaar nie die aarde 'n beter plek kon maak nie... jy seker? Jy bedoel seker eintlik Christenne kon dit nog nooit hemel op aarde maak nie, maar baie beslis 'n beter plek!!

                      Glo jy dan nie in die krag van Gebed? Word gebede nie verhoor? Het dit werklik nie 'n impak op ons en mense om ons se daaglikse bestaan nie?

                      Maar jy het ook 'n punt beet. Die wreld is gebroke en sal ongelukkig so bly tot die wederkoms...
                      RR
                      Dit gaan maar net oor ons ingesteldheid en ons konsep oor wat die taak van 'n Christen op aarde is. As mens soos baie groot kerke glo dat ons nie hemel toe gaan nie en dat ons uiteindelik hier op aarde gaan woon, goed ja, dan moet ons alles insit om die grense van die hel hier uit aarde uit te skuif. Maar ek glo nie dit nie. My burgerskap is in die hemel.

                      Nee, moet my ook nie daarvan beskuldig dat ek "tou opgooi" nie. Alles behalwe. Ek het as Christen 'n taak en 'n opdrag wat ek uit die Skrif vir jou aangehaal het en ek moet met nog groter ywer my daaraan toewy. Maar ek lees nrens dat dit my taak is om die bose op aarde te onttroon nie.

                      Ja, verseker het die teenwoordigheid van Christene op aarde 'n stabiliserende uitwerking en dit is ook goed so. Maar laat dit nooit van my ges word dat dit die hooffokus van my Christelike bedrywigheid is om van die wreld 'n beter plek te maak nie. My hooffokus is om 'n populasie vir die hemel te help insamel, en as dit dan ook daartoe bydra dat die aarde ook (tydelik) 'n effe beter plek geword het met nog een brandende hout wat uit die vuur uit geruk is, dan is dit goed so.

                      Ja, ek glo in gebed, veral as dit gebed is wat in eerste instansie gerig is op die belangrikste taak wat aan Christene opgedra is.

                      My belange op aarde is verkoop en my plek is die hemel. Is dit dan verkeerd as ek die hemel wil uitbasuin en mense se ankers in- en hulle liefde vir die aarde wil verminder?
                      Een van Willie Marais se eerste boekies oor die weg tot saliheid wat hy as jong predikant geskryf het, was "Die hemel en hoe om daar te kom". Pragtig! ek is so bly hy het die boekie nie genoem: "Die aarde en hoe om dit 'n beter plek te maak" nie.

                      Dave Hunt het ook 'n boek geskryf waarin hy sy ernstige kommer uitspreek oor Christene se beheptheid met die aarde (wat bestem is om te vergaan) en hulle totale stilswye oor die hemel. Die titel van die boek is: "Whatever happended to heaven!" Waar is Christene se verlange om hemel toe te gaan?

                      volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.

                      Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

                      Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

                      Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

                      Comment

                      • #12
                        Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                        Originally posted by David2 View Post
                        Hoe kyk ons na hierdie toestand? Sien ons dit as iets wat ons moet stopsit? Moet ons werk aan die simptome of die oorsaak of albei? Goed, kom ons werk aan albei, maar dan moet die fokus steeds op die oorsaak, naamlik ongeloof in Jesus Christus gerig wees.

                        Wat is die oplossing? Het ons 'n sterker polisiemag nodig? Moet daar sterker in wetgewing en regspleging teen die euwels opgetree word? Daar is lande waar mense se hande afgekap word of waar hulle doodgemaak word as hulle steel, moor of verkrag. Gaan dit werklik daar beter? Moet die kerk betrokke raak by regspleging en teregstelling van kriminele? Is dit Christene se verantwoordelikheid om die gemeenskap te beheer deur wetstoepassing af te dwing?

                        Is daar enige ander oplossing as die liefde van Christus wat 'n mens se lewe moet oorneem? En selfs dit is geen oplossing nie, want almal gaan Hom nooit aanneem nie.

                        Waar laat dit ons? Die vuur waarmee die aarde verbrand gaan word is onafwendbaar. Laat ons maar net ons pogings verskerp om teen die vuur te waarsku en oor die wederkoms te preek en sodoende mense, enkelinge soos brandhout uit die vuur te ruk. Wederkomsprediking is vir my nie 'n ontvlugtingsroete of 'n stokperdjie om my besig te hou met interessanthede van voorspellings en vervullings nie, maar dit is die Godgegewe boodskap vir ons dag om mense van die erns van die saak te oortuig en hulle by Jesus Christus uit te kry.

                        Kom ons kry duidelikheid daaroor: Christene gaan nie van die wreld 'n beter plek maak nie. Hulle kon dit vir 2000 jaar al nie regkry nie en gaan dit nou ook nie doen nie. Dit is ook nie ons taak of opdrag nie en dit is ook nie die kriterium waaraan die sukses van ons bediening gemeet gaan word nie. Jy gaan nie die naderende vlamme van die hel stop nie, nie met die beste brandweer op aarde nie. Moet dus nie op die hel konsentreer asof jy iets daaraan kan doen nie. Gaan lees jou opdrag in 2 Kor. 5:18-21 en voer dit met nougesette pligsbesef uit.

                        En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,

                        naamlik dat God in Christus die wreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

                        Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

                        Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

                        Let ook op die sinsnede "Ons tree dan op as gesante om Christus wil" 'n Gesant is 'n ambassadeur in 'n vreemde land. Hoeveel Christene is daar wat besef dat hulle hier op aarde ambassadeurs in 'n vreemde land is? Wat doen 'n ambassadeur? Probeer hy die wette van die land verander en die maatskaplike probleme oplos? Nee, hy verteenwoordig sy land van herkoms (in hierdie geval die hemel) in 'n vreemde land waar hy geen burgerregte het nie en nie eers kan stem nie (in hierdie geval die wrerld)! Jou taak is om die mense te wys hoe jou land lyk en hulle jaloers te maak op jou land. Ek is 'n onderwyser en ek kry in Pretoria by die ambassades gratis groot posters van Duitsland, Japan en ander lande wat ek in my klas opsit! Kom mense! julle gaan nie hierdie aarde regkry nie! Vergeet daarvan! Bestee julle tyd aan die dinge wat saakmaak! Doen die werk van 'n gesant! Sit posters op van die hemel en maak die mense jaloers om saam met jou hemel toe te gaan!

                        Fil. 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus
                        Dankie vir hierdie uitstekende plasing David! Vanoggend wou ek spesifiek in hierdie draad iets kom plaas wat op my hart is en hoe aangenaam verras was ek nie, toe ek iets kom vind vr bokant dit wat ek self wou s! Mens kan dit maar net eggo!
                        As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
                        (Kol 3:1-4 AOV)
                        The Rapture

                        My dearest friends, Im so sorry so sorry
                        but I must confess, dont worry
                        the rapture is not before the Great Tribulation
                        its before Gods wrath!!!

                        Because His wrath is not meant for you
                        its for all the people in the zoo
                        think about it and refresh
                        you will see theres no way out of here, in the flesh

                        If you really believe, you will see
                        the rapture is for you and me
                        when we decide to leave from here
                        that very day, oh! God adhere

                        Comment

                        • #13
                          Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                          Het enige iemand vanoggend Fritz Gaum se artikel in die By gelees. Dit opskrif lees:" L die Christendom op sy sterfbed?" alhoewel dit vir my 'n jammerte is hoe die kerke besig is om leeg te loop in Europa, is dit vir my tog goeie nuus dat daar 'n groeiende getal Christene in Africa en veral in plekke soos China is. Dit is interessant dat China se ekonomiese vooruitgang gebeur terwyl Christenskap besig is om groot deurbrake te maak in 'n land wat nog altyd baie vyandig teenoor enige geloof was. 'n mens kan redelik seker wees dat die Christene wat daar is regtig ernstig is oor hulle geloof (ek het al een of twee chineese christene ontmoed) , aangesien daar geen sin daarin sou wees om iets wat enige oomblik dalk jou kan kos halfhartig te doen nie. Ek dink al lank dat ons nie meer so baie sendelinge net na Indi of Malawi toe moet stuur nie, maar moet begin om mense na europa te stuur om mense daar wakker te maak. Die gevolgtrekking van Frits Gaum was dat christenskap eintlik nog sterk staan en seker groei op sekere plekke. Dis net dat mense nie kerk toe gaan nie. Ek het net gedink dis interessant.
                          "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

                          in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

                          Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

                          "Oh, taste and see that the Lord is good"

                          Comment

                          • #14
                            Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                            Ek sal graag daardie artikel wil lees.. Daar is seker baie verskillende faktore waarom mense nie meer so gereeld kerk toe gaan nie. In sekere gevalle gaan lidmate nie noodwendig alteid kerk toe nie, maar is baie betrokke agter de skerms waar baie kerkgangers nie regtig betrokke wil raak nie. Juis daar waar die meeste aksie gebeur en mens meer geestelike groei ondervind. Maar dis maar 'n baie klein persentasie mense... Waar die ander heengaan weet ek nie, miskien kry hulle nie in die kerke waarna hulle soek nie.

                            Hoe meer ek dink aan Dawid se plasings hoe meer verstaan ek beter wat hy probeer s.
                            Die gevolgtrekking wat ek dus kan maak is, ons prioriteite moet reg wees. Ons as kerk moet eerstens ingesteld wees om mense bewus te maak van Jesus sodat hulle gered kan word. Al sou ons graag van die wreld 'n beter plek wou maak, moet dit 'n gevolg wees van ons hoofdoel, en moet ons dit nie as die belangrikste beskou nie, want die wreld is bedoel vir die bederf en gaan inelkgeval tot nuut gaan.

                            Vlees en bloed is verganklik, maar gees is ewigheid.

                            Maar tog leer die Bybel ons om te kyk en om te sien na ons medemens, te midde van hierdie gebroke wreld. Op die einde van die dag kan mens posetiewwe verandering in enige gemeenskap nie keer waar ware Christenskap vlamvat nie. Die gevolg van 'n gelowige en geestelike lewe.

                            Dankie Dawid, ek glo nie ek het 100% my prioriteite agtermekaar gehad nie. God en Sy belange alteid eerste, ons gevoel, veiligheid, geluk, ens. borrel dan vanself uit ons gehoorsaamheid aan Hom.
                            Dit is nogal interresant hoe dit werk, mens besef net weer van voor die Grootheid van ons Skepper..

                            Comment

                            • #15
                              Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

                              ek stem volledig. Ek wil gou 'n analogie gebruik om 'n punt miskien tuis te bring. Die Bybel beskryf die kerk as die liggaam van Christus en ons almal (ek glo dit geld ook in die sin van verskillende kerke) 'n rol het om te speel. Nou as jy aan 'n liggaam dink, wat is die een ding wat alle liggaamsdele nodig het om te oorleef en te werk? Bloed. Sonder bloed wat deur die are vloei kan die brein nie seine uitstuur nie en kan die senuwee stelsel nie werk nie. Bloed vervoer ook voedsel sodat alle dele energie het en ook goed soos kalsium wat belangrik is vir been groei. So selfs die bene het bloed nodig. Bloed genees ook die liggaam en help om die temperatuur te reguleer. Maar bloed wat net daar sit, help niemand nie. Ook nie bloed wat besmet of arm is nie. Die bloed moet pomp en sirkuleer na elke deel. Dus moet elke lid van die liggaam verseker dat elke ander deel ook bloed ontvang. Dat die bloed oral bereik want dan kan elke deel ook sy eie taak doen tot voordeel en in samewerking met die hele liggaam. Ek dink te veel mense dink hulle is onbelangrik en het nie die geloof om die stappe te neem om te doen waarvoor hulle daar is nie. Dit is omdat hulle nie die lewens bloed op 'n konstante basis ontvang nie. Dit werk in china omdat elke lid weet hoe kosbaar die bloed is maar ook weet dat elke lid iets moet doen. As ons dit net vir mense kan tuisbring, sal mense weer terugkom kerk toe, want hulle sal dan voel hulle behoort daar en dat hulle om ander familie is wat hulle sal help en belangrikste van al, dat God hulle kan en wil gebruik nes hulle is. Daarom moet elkeen en die kerk as geheel in Hom geanker wees. Dink net hoekom gaan jy kerk toe as daar 'n duisend ander plekke is waar jy vermaak gemaak kan word. Ek (en baie ander) kom kerk toe want daar is lewe daar (Johannes 6:68) en omdat daar geleentheid is om te help.

                              Working...
                              X