Announcement

Collapse
No announcement yet.

Cornelius Bosch vermis

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • BELANGRIK Cornelius Bosch vermis

    Die alom bekende Suid Afrikaanse kunstenaar: Cornelius Bosch word vermis!

    Cornelius is bekend as Nicolai hier op Bibleforums.



    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Re: Cornelius Bosch vermis

    Dit is met leedwese dat ek die berig wat in die Beeld verskyn het hier plaas
    Kunstenaar se verbrande lyk gekry
    2011-03-09 15:15



    Hilda Fourie

    Die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk is Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind.

    Dit is in die omgewing van sy huis op ‘n hoewe in Kameeldrift vanwaar hy op 24 Februarie vermis geraak het.

    Beeld het vroeër berig dat sy vriende en familie bekommerd geraak het omdat hy verdwyn het sonder dat enige toilet- of ander ware uit die huis vermis is.

    Bosch se bakkie is nog soek. Tandheelkundige rekords bevestig dat dit wel Bosch se lyk is.

    Hy is beskryf as 'n eg Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat veral bekend is om ekspressionistiese skilderye van blomme en dramatiese en klassieke landskappe.

    Lees die volledige berig Donderdag in Beeld.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Re: Cornelius Bosch vermis

      Vermoor vir sy bakkie.
      Vermoor vir 'n selfoon.
      Rowers maak bejaarde man dood maar steel niks .
      Rowers verkrag/martel bejaarde vrou en steel beursie.

      Klink dit bekend ?
      Raak ons afgestomp vir nuus soos hierdie ? Ek weet ek doen ............

      Dit is nie 'n normale stand van sake nie en ons moet dit nooit as normaal aanvaar nie !

      Comment


      • #4
        Re: Cornelius Bosch vermis

        Mens kan nie anders as om saam met jou te stem nie Fila...
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #5
          Re: Cornelius Bosch vermis

          'n Koeël wond in die kop... en toe verbrand..... kan dit 'n Hi-Jack situasie wees??
          Of is dit Boer -Genocide?

          Maar moord is dit!!?
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Re: Cornelius Bosch vermis

            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Vermoor vir sy bakkie.
            Vermoor vir 'n selfoon.
            Rowers maak bejaarde man dood maar steel niks .
            Rowers verkrag/martel bejaarde vrou en steel beursie.

            Klink dit bekend ?
            Raak ons afgestomp vir nuus soos hierdie ? Ek weet ek doen ............

            Dit is nie 'n normale stand van sake nie en ons moet dit nooit as normaal aanvaar nie !
            Ek dink dit is hoekom meeste mense, kerke en tieners gebeure in die wereld aanvaar as "dit is maar hoe dit atyd was" en hulle steur hulle nie daaraan nie. Hulle kan NIE die tekens van die tye onderskei nie. Daarom dat Jesus dit vergelyk met "Soos in die dae van Noag". Hulle het geeet, gedrink en in die huwelik uitgegee.......en eweskielik oorval 'n SKIELIKE en GROOT verderf hulle.

            Comment


            • #7
              Re: Cornelius Bosch vermis

              Johnny,
              Het jy al 'n studie gedoen oor :die dae van Noag" ? Dalk moet ons 'n draad daaroor oopmaak..............

              Comment


              • #8
                Re: Cornelius Bosch vermis

                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Johnny,
                Het jy al 'n studie gedoen oor :die dae van Noag" ? Dalk moet ons 'n draad daaroor oopmaak..............
                Nee ek het nie, maar ons het jare gelede 'n reeks gedoen deur Pastoor Dries (2 dvd's) en ons kan nogal aanvaar dat in Noag se dae dit ook boos was, vol korrupsie, spotters, ongeregtigheid.......baie soos die uur waarin ons leef.

                Comment


                • #9
                  Re: Cornelius Bosch vermis

                  Vermoorde kunstenaar se assistent in hegtenis 2011-03-14 06:25

                  PRETORIA. – Die vermoorde kunstenaar Cornelius Bosch se persoonlike assistent is gistermiddag weens sy moord in hegtenis geneem.

                  Mnr. Christo Potgieter (26) sal na verwagting môre saam met nog vier mans in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn weens die moord op Bosch.

                  Sy verbrande lyk is in ’n veld in Pretoria gekry en deur tandheelkundige inligting geïdentifiseer.

                  Potgieter het Bosch (55) op 1 Maart, vyf dae nadat hy spoorloos verdwyn het, as vermis by die polisie aangemeld. Al besittings van Bosch wat weg was, was sy GWM-bakkie en sy selfoon.

                  Dieselfde dag is ’n verbrande lyk met ’n skietwond in die kop in ’n veld in Derdepoort, noordoos van Pretoria, gevind. Dié veld is etlike kilometers van Bosch se huis in Buffelsdrift.

                  Die lyk is ’n week later met die hulp van tandheelkundige gegewens as Bosch s’n uitgeken.

                  Die motief vir die moord is nog onbekend, maar het na bewering met ’n dispuut oor geld te doen.

                  Kapt. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie se ondersoek het hulle gelei na dié vier mans in Eersterust in die ooste van Pretoria.

                  Die mans is Vrydag in hegtenis geneem nadat voertuigonderdele, wat vermoedelik dié van Bosch se GWM-bakkie is, in hul besit gevind is.

                  Die polisie vermoed Bosch se GWM-bakkie is in stukke opgekap nadat hy in die kop geskiet en aan die brand gesteek is.

                  Die polisie het beslag gelê op ’n voertuig wat glo met onderdele van Bosch se bakkie opgebou is.

                  Na verneem word, het die mans Potgieter in Bosch se moord geïmpliseer.

                  Potgieter is gistermiddag by sy huis in Montana in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem.

                  Al vyf mans sal in hegtenis bly tot hul verskyning in die hof.

                  Bosch was veral bekend om sy ekspressionistiese skilderye van blomme en dramatiese en klassieke landskappe.


                  - Volksblad
                  http://www.volksblad.com/Suid-Afrika...tenis-20110314

                  Comment


                  • #10
                    Re: Cornelius Bosch vermis

                    Oor geld!!!

                    Prediker 5:9 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

                    1 Thim 6:10 Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Re: Cornelius Bosch vermis

                      'n Sesde persoon gearresteer..!!

                      Hier is die man se getuienis....
                      .

                      S
                      o bek moet/moes Heuning kry!!

                      Maar ek is seker...hy dans waar hy nou is
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Re: Cornelius Bosch vermis

                        Net 'n gedagte

                        Die Boer

                        Die wêreld verkoop my
                        Oor my trane mag ek nie praat nie
                        As iemand gedood word, moet ek stil bly
                        Wanneer iemand spoeg op my, moet ek dit verduur
                        Draai ek my ander wang, dan is dit goed
                        Wanneer ek stil bly, vat hulle oor
                        Smeek ek, dan geniet hulle dit

                        Leviet

                        Comment

                        Working...
                        X