Announcement

Collapse
No announcement yet.

Israel Toer 2011

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Inligting Israel Toer 2011

    Hierdie is nie 'n besprekingsdraad nie. Ek wil graag ons Israel toer van 22 Augustus 2011 - 2 September 2011 met julle deel. Nie almal is bevoorreg om te gaan nie en nie almal wil gaan nie. Ek gaan basies 10 plasings doen....'n plasing vir elke dag se aktiwiteite. Die toer self kan egter enige oomblik verander terwyl ons daar is, maar die raamwerk behoort min of meer dieselfde te bly. Toer lekker saam en ek gaan aan ELKEEN van julle dink terwyl ek by die Klaagmuur in Jerusalem vir julle en die forum bid.


  • #2
    Re: Israel Toer 2011

    Dankie vir jou moeite Johnny ! Ek sien nogals uit hierna. Mag jy biltong saamvat of gaan jy aan ontrekkingsimptome ly by die tyd way julle terugvlieg ?

    Comment


    • #3
      Re: Israel Toer 2011

      Originally posted by Die Filadelfieer View Post
      Dankie vir jou moeite Johnny ! Ek sien nogals uit hierna. Mag jy biltong saamvat of gaan jy aan ontrekkingsimptome ly by die tyd way julle terugvlieg ?
      Jy mag as dit "vacuum packed" is. Ons kry darem "soort" van 'n braai op die boot op die Rooi See in Eilat.

      Comment


      • #4
        Re: Israel Toer 2011

        Het julle geweet dat Israel die enigste land ter wereld is wat hulle eie sekuriteits personeel en doeane by intrnasionale lughawens het? As jy by OR Tambo lughawe aankom word jy deur Israel doeane ondervra. Gewoonltik neem hulle die toerleier (Pastoor Dries) en dan enige een van die toerlede eenkant en voer met hulle soort van 'n onderhoud apart vir omtrent 20 minute oor:

        1.) Hoekom gaan julle Israel toe?
        2.) Hoeveel mense is in die groep?
        3.) Het jy enige pakkies ontvang van iemand voor jy hier aangekom het?

        Daar is nog BAIE vrae wat hulle vrae. Nie eers die Suid Afrikaanse doeane vrae jou vrae as jy oorsee vlieg nie. Terloops, die Suid Afrikaanse lugdiens het geen vlugte na Israel nie.

        Die rede vir hierdie toegewing vir Israel om hulle eie sekuritiet op lughawens te he is weens die groot risiko wat hulle het vir aanvalle, terrorisme en kapings.

        God beskerm Sy volk en land op enige manier denkbaar.

        NS: Hulle het ook hulle eie tegniese en meganiese personeel om na hul vliegtuie om te sien en maak glad nie gebruik van ons tegnici nie.
        Last edited by Johnny; Jul 20th 2011, 05:21 AM.

        Comment


        • #5
          Re: Israel Toer 2011

          Dag 1: Maandag, 22 Aug, JOHANNESBURG – TEL AVIV



          Ontmoet mekaar om 08:00 by die El Al toonbank van die O.R.Tambo Internasionale Lughawe. [Die wat naby Vaalpark
          woon vertrek 6:30 per bus na OT lughawe] Vertrek om 11:00 na Tel Aviv per oordag vlug.



          Reis na aankoms in Israel per bus na Berséba in die Negev woestyn waar ons oornag in die Leonardo Negev Hotel.

          Comment


          • #6
            Re: Israel Toer 2011

            Dag 2: Dins, 23 Aug, BERSEBA - EILAT

            Arriveer midoggend in Eilat en boek in by die Hotel Eilat Queen Of Sheba.



            Geniet ‘n drie ure bootvaart op die Rooi See, braai ingesluit, en swem vanaf boot in die wonderskone blou water.



            Res van die dag vry om Eilat te verken.

            Comment


            • #7
              Re: Israel Toer 2011

              Dag 3: Woens, 24 Aug, EILAT

              Dag vry. U kan die beroemde stad in die berge nl. Petra in Jordanië gaan besoek, (hier waar die Here die Jode gaan wegsteek tydens die 2de helfte van die verdrukking)



              of swem saam met die dolfyne,



              of ‘n besoek bring aan die asemrowende onderwater observatorium,



              of duik [ Kostes addisioneel.], of net die dag rustig deurbring.



              Die idee is ‘n kort vakansie voordat ons met die geestelike toer begin.

              Comment


              • #8
                Re: Israel Toer 2011

                Dag 4: Don, 25 Aug, TIMNA PARK - MASADA - DOOIE SEE

                Reis noordwaarts begin. Besoek replika van tent tabernakel in Timnapark by Salomo se kopermyne,








                reis per kabelspoor na
                die kruin van Masada, by die Dooie See, waar 960 Jode die magtige Romeinse Ryk uitgedaag het,




                dryf op die soutwater van die Dooie See (laagste punt op aarde en so 47 grade celsius 07h00 in die oggend.






                en oornag in die Leonardo Inn Hotel.


                Comment


                • #9
                  Re: Israel Toer 2011

                  Dag 5: Vry, 26 Aug, EIN GEDI – QUMRAN – JERIGO – TIBERIAS

                  Besoek Ein Gedi waar Dawid vir Saul geskuil het.





                  Daarna doen ons aan by Qumran waar die Dooie See rolle ontdek is.




                  Indien moontlik besoek ons ook die oorspronklike doopplek van Johannes die Doper,



                  waarna ons deur Jerigo, die oudste stad in die wêreld ry. Besigtig daar die berg van versoeking, Saggeus se vyeboom en Elisa se fontein.



                  Reis verder na Tiberias aan die See van Galilea,



                  waar ons inboek in die Prima Too Hotel.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Israel Toer 2011

                    Dag 6: Sat, 27 Aug, DIE SEE VAN GALILEA EN GOLAN HOOGLANDE

                    Besoek die plekke waar Jesus vir drie jaar gewoon, beweeg en bedien het, soos Kapernaum, Mensa Christi, Berg van
                    Saligsprekinge en Banias.

                    Kapernaum



                    Mensa Christi

                    Die trappe agter die tralies is die oorspronklike uit Jesus se tyd. Ons kan versekere se dat Hy daar geloop het.



                    Berg van Saligspreking



                    Banias

                    Een van die oorspronge van die Jordaan rivier



                    Vaar per boot op die see van Galilea, besoek die bootmuseum en besigtig 2000jr oue ‘Jesus’
                    boot.



                    Geniet ‘n tradisionele ‘Petrus’ visete.



                    Reis op die Golanhooglande en besoek die Tel Fager loopgrawe waar hewige gevegte met Sirië in 1967 plaasgevind het.



                    Kyk ook van hier uit oor Sirië en die Damaskuspad waar Paulus tot bekering gekom het.



                    In die aand geniet ons die talle interessanthede van die Tiberias waterfront.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Israel Toer 2011

                      Dag 7: Son, 28 Aug, NASARET – KARMEL – ROSH HANIKRA – CAESAREA – JERUSALEM

                      Reis vandag na Nasaret waar Jesus opgegroei het. Besoek ‘Nazareth Village’ en sien hoe mense in Jesus se tyd geleef
                      het.



                      Vandaar beweeg ons oor die Jisreël [Armageddon] vlakte na die kruin van berg Karmel waar Elia met die Baälprofete
                      afgereken het.



                      Dan reis ons na die heel Noord Westelike Grens van Israel, na Rosh Hanikra waar ons per kabelspoor die asemrowende kalksteengrotte op die grens van Libanon besoek.



                      Op pad na Jerusalem doen ons aan by Caesarea waar Pilates gewoon het, en waarvandaan Paulus sy sendingreise onderneem het.



                      Oornag vir die volgende vyf nagte in die Ramat Rachel Hotel in Jerusalem.

                      Comment


                      • #12
                        Re: Israel Toer 2011

                        Dag 8: Maan, 29 Aug, BETHLEHEM – HERODIAN

                        Besoek vandag die geboortedorp van Jesus waar ons oa die Herdersvelde aandoen. Besoek daarna een van Herodus se
                        paleise nl. die Herodian.



                        Comment


                        • #13
                          Re: Israel Toer 2011

                          Dag 9 & 10, Dins & Woens, 30 & 31 Aug, JERUSALEM

                          Besoek gedurende hierdie twee dae al die belangrike plekke soos die Olyfberg, tuin van Getsemane, Kajafas se huis,
                          Bovertrek, Dawid se graf, Golgota en tuingraf.



                          Wandel deur die strate van die ou stad, bid by die Klaagmuur ens.

                          Comment


                          • #14
                            Re: Israel Toer 2011

                            Nog deel van dag 9 & 10

                            Lê ook ‘n opwindende besoek af by ‘Die stad van Dawid’, en loop deur die beroemde tonnel wat Hiskia gegrawe het.



                            Doen ook aan by die Yad Vashem museum waar die hartseer verhaal vd Holocaust uitgebeeld word.



                            In die aande is ons vry om oa te gaan wandel in Ben Yehudastraat met sy talle Joodse winkeltjies en interessante naglewe.

                            Comment


                            • #15
                              Re: Israel Toer 2011

                              Dag 11: Don, 1 Sept JERUSALEM

                              Dag vry om Jerusalem op u eie te verken – sien aangehegte lys van besienswaardighede.

                              Comment

                              Working...
                              X