Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gedig: Welkom By God's Huis ('n Gedig)

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gedig: Welkom By God's Huis ('n Gedig)

    Haai - hierdie is nou my eerste poging om 'n gedig in Afrikaans te skryf sedert Std. 1. Hier is nou nie 'n spesifieke plek vir Afrikaanse gedigte nie, so ek plaas dit maar hier. Ek hoop dit is reg so?

    Welkom By God's Huis
    deur Belinda van Rensburg

    Welkom hier by God se Huis -
    ons hoop jy voel sommer gou tuis;
    jou broers en susters wag vir jou
    om saam met hul God's Ryk te bou.

    Bring iemand saam of kom alleen
    kom in die hitte of die reën,
    Hier is 'n plekkie net vir jou,
    jou kinders en jou man of vrou.

    Welkom, Welkom, kom tog in
    sodat ons almal saam kan sing
    tot God's verheerliking en eer,
    en uit Sy Woord uit saam kan leer.

    Kom drink met ons 'n koppie tee
    en deel met ons jou vreug en seer;
    kom kyk hoe ons ons tyd bestee
    saam met mekaar en met ons Heer.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  • #2
    Dis pragtig, het jy nog die std 1 gedigte?
    Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
    John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

    Comment


    • #3
      Welgedaan!!!

      Sien , mens moet net pribeer
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Wonderlike Gedig

        Wonderlik

        Waarom nie jou gawe in span om "Afrikaanse Gesange" te dig wat Skrif getrou is en ryk is in Bybel
        Anton VS

        Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

        -- Abraham Kuyper --


        www.collegia.blogspot.com

        Comment


        • #5
          Dankie

          Originally posted by Optimis View Post
          Dis pragtig, het jy nog die std 1 gedigte?
          Dankie.

          Nee, ek het dit nie meer nie, maar ek kan nog onthou hoe dit begin het -

          Die Mier
          Sy soek hier en sy soek daar
          sy maak kossie bymekaar
          .......

          (En toe kom ek in die moeilikheid by my juffrou omdat ek kwansuis die gedig iewers afgeskryf het. Het toe vir meer as 40 jaar nie weer geskryf nie, maar is nou weer aan die gang.)
          Blessings
          Jeremiah 29:11
          "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

          Comment


          • #6
            Dankie vir julle bemoediging

            Dankie vir al die bemoediging en mooi woorde. Dit beteken vir my baie. Blessings.
            Jeremiah 29:11
            "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

            Comment


            • #7
              Originally posted by paidforinfull View Post

              (En toe kom ek in die moeilikheid by my juffrou omdat ek kwansuis die gedig iewers afgeskryf het. Het toe vir meer as 40 jaar nie weer geskryf nie, maar is nou weer aan die gang.)
              Blessings
              Ek hoop dit het saam met vergifnis hand aan hand geloop
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Ja, dit het.

                Originally posted by ACCM View Post
                Ek hoop dit het saam met vergifnis hand aan hand geloop
                Haai weer - ja, ek het haar natuurlik al laaaaaaaankal vergewe, en ook 'n les daaruit geleer. Ek is nou self 'n onderwyseres, en ek moedig altyd my studente aan om hulle talente te gebruik en te ontwikkel. Dus skuld ek eintlik daardie juffrou 'n dankie.
                Jeremiah 29:11
                "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                Comment

                Working...
                X