Announcement

Collapse
No announcement yet.

Pa wees en balans

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Pa wees en balans

    Hi,

    ek voel ek is besig om balans te verloor deur net te raas en raas en pak te gee, vir alles wat seun stout doen, nou begin ek dink dat dit is oor die gebrek aan komplimente on opbou wat ek begin besef ek beisg is om te vergeet.Duiwel steel tyd en mens raak so besig...

    Of is dit net normale 3 jarige optredes?

    Hoe maak mens met 3.5 jariges wat net alles in extremis wil doen? Sag is nie in sy werledbeeld nie, behalwe as hy kom flikvlooi
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  • #2
    Hi Willem...

    Kindertjies grootmaak is 'n onderwerp waaroor ons tot in einde van dae kan gesels want die uitdagings is nimmer-eindigend (is dit 'n woord?)

    Moenie so hard wees op jouself nie - 3jariges is 'n spesie op hulle eie. Ek het nog nooit 'n 3-jarige ontmoet wat nie sy of haar ouers met tye teen die mure uitdryf nie. Al is jy die volwassene is jy ook maar net 'n mens en ek meer as enige iemand anders verstaan hoe die kleintjies mens kan druk tot jy ontplof.

    My leuse vir enige streke is "dis net 'n fase"

    Ek weet nie of jy lief is vir lees nie, ek self kan Pappa nie met enige iets omkoop om enige boek te lees as dit nie gaan oor vlieghengel, 4x4 of bergfietsry nie , maar ek gaan 3 boeke vir jou aanbeveel.

    1. Kweek kinders met karakter - Hettie Britz
    2. Kweek gesonde gesag - Hettie Britz
    3. Geestelike Groei van kinders - John Trent, Rick Osborne & Kurt Bruner.

    Die 2 boeke van Hettie Britz is regtig 'n "eye opener" gewees want dit is werkboeke en jy moet eers jou eie "issues" uitsorteer voordat jy aan jou kind kan begin skaaf.

    Ek beveel ook Gretha Wiid se ouerskapreeks aan. Dis 'n stel cd's wat onder ander handel oor positiewe ouerskap, kinderseksualiteit, dissipline en so aan.

    My skoonma preek altyd so bietjie vir my en skimp dat mens nie kinders uit 'n boek kan grootmaak nie, maar hierdie het my al regtig baie gehelp.

    Sterkte!
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment

    • #3
      Die terrible two's is ..... uhhmm.... terrible.
      Dit is gewoonlik die tyd waar hulle begin om grense vas te stel, en te kyk hoe ver die outjies jou kan druk. Ek is self nog 'n nuwe ouer, maar my raad is stel grense vas, wat hy mag en nie mag nie, en hou daarby, maak nie saak wat nie.
      As dit vir alsations werk, hoekom nie vir seuntjies nie ?

      Comment

      • #4
        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        Die terrible two's is ..... uhhmm.... terrible.
        Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is.

        Jy's reg, Fila.....Grense is die antwoord. Iemand het ook eenkeer vir my diť wonderlike raad gegee. As jou kleintjie onmoontlik raak (veral as hy/sy nie die enigste kind is nie) vat jy hom en gee one-on-one aandag. Sommer vir 'n hele Saterdag of wanneer ookal. Dis 'n baie waar ding dat kinders aandag spel as T-Y-D.
        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

        Comment

        • #5
          Originally posted by Lanie View Post

          Dit is baie waar, net jammer pappas kan nie altyd so baie tyd soos wat hulle wil aan die kinders spandeer nie. Ek probeer oor naweke opvang waar ek kan, en veral Sondae na midagete stuur ek vir mamma kamer toe vir 'n broodnodige midagslapie en dan jol ek en seuntjie mekaar stokflou. Die formule werk nogals vir ons, en veral nou dat dit weer lekker warm is kan ons heeldag buite speel. Hy "help" my ook met dingetjies in en om die huis, wat gewoonlik beteken dat dit my 4 keer langer vat om iets gedoen te kry, maar dit maak nie saak nie, ek geniet die tydjies wat ons saam kan spandeer.

          Comment

          • #6
            Originally posted by Lanie View Post
            ...Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is....
            Jaaa, ek ken van terrible two's en f*** viers, ha ha! Jammer vir die swets woord, maar 'positive confession' sal nie help nie. Erken eerder dat kinders grootkry nie altyd maklik gaan nie en dat mens dit in afhanklikheid moet aanpak. Party fases gaan vir party kinders maklik en met ander verg dit bietjie meer volharding. Net sodra jy dink jou probleempies is abnormaal erg, dan kom jy agter hoe gemiddeld jy eintlik maar is.

            Vriende van ons se laaitie was vir 'n lang ruk heel dwars, maar met konsekwente optrede (lees pakslae) het hulle die jong boompie gebuig gekry. Ons kleinman het weer 'n fase van bednatmaak deurgegaan agv skool aanpassings probleme wat ons raadop gehad het. Dit is nou weer 'n ding waarvoor foeter heeltemal onvanpas is. Bevestig maar net baie jou liefde en gee versekering. Gelukkig was dit net 'n fase...

            Ek het ook baie boeke gelees (soos bv. Om Seuns Groot te Maak en ander). Die kernboodskap vir my was dat 'n mens BETROKKE moet wees by jou kind en wees KONSEKWENT. Kinders soek grense en raak onseker as die grense nie duidelik is nie.

            Ek glo ook maar in die lat: "'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt." Een van die grootste foute wat jy kan maak is om kort-kort aan jou kind te 'tik'. Ja nee kyk, ek slat vir hulle GOED, hulle skuif sommer op hulle bassies op die vloer rond want dit brand! Soms moet jy net die mat behoorlik onder hulle uitpluk. Gelukkig is dit nie gereeld nodig nie; ek kan nie eers onthou wanneer laas nie. As die pak oor is en die trane klaar geloop het, is my kinders verseker van my liefde en is ons nog het so lief vir mekaar soos altyd , maar hulle weet gewis daar is grense wat nie oorgesteek moet word nie. Aanranding? Nee, liefde op die Bybelse patroon.

            Comment

            • #7
              Originally posted by Lanie View Post
              Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is.
              Wat praat jy van 1 en 'n half? Jy't moeilikheid van die oomblik wat hy kan agterkom hy het voetjies waarmee hy kan loop!

              Ek weet 'n mens voel maar altyd aardig na 'n pakslae sessie, maar dis partykeer nodig. Wat ons doen is na die pakslae sessie vat my man Tiaan en hy praat mooi met hom, of Tiaan kom self na ons toe en soek troos. Shame hoe kan jou nou vir sulke ogies kwaad bly

              Comment

              • #8
                Ek glo ook aan pakslae, solank jy nie vir alles slaan nie. Die straf moet by die oortreding pas. My kids kry pak as hulle moedswillig ongehoorsaam of disrespekvol is, mekaar seermaak, en as hulle agterbaks is (ek wil nie graag die woord skelm gebruik nie).

                Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig (Š la vroumens).
                The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                Comment

                • #9
                  Dankie Lanie,

                  My suster het al van die gepraat, kon nit nie die naam onthou nie en effens vergeet van die boeke.

                  1. Kweek kinders met karakter - Hettie Britz
                  2. Kweek gesonde gesag - Hettie Britz

                  sal ma onthou van die T Y D en effort maak om hom meer aktief te betrek? Bly om te hoor dis nie uniek nie ouens.

                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Lanie View Post
                    Ek glo ook aan pakslae, solank jy nie vir alles slaan nie. Die straf moet by die oortreding pas. My kids kry pak as hulle moedswillig ongehoorsaam of disrespekvol is, mekaar seermaak, en as hulle agterbaks is (ek wil nie graag die woord skelm gebruik nie).
                    Ek stem!
                    Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig (Š la vroumens).
                    Ek soek ook nog daai raad! Ten minste so lank bietjie troos: As dit goed gaan tussen Pa en Ma, dan baklei die kinders op hulle beste. As dinge begin sleg gaan tussen Pa en Ma, voel die kroos 'insecure' en dan baklei hulle nie. Ek kan darem rapporteer, myne baklei soos kat en hond. Veral hier na die einde van die vakansie toe het dinge begin rof raak. Hulle bly darem nog beste maats.

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Son of the South View Post
                      Ek stem!
                      Ek soek ook nog daai raad! Ten minste so lank bietjie troos: As dit goed gaan tussen Pa en Ma, dan baklei die kinders op hulle beste. As dinge begin sleg gaan tussen Pa en Ma, voel die kroos 'insecure' en dan baklei hulle nie. Ek kan darem rapporteer, myne baklei soos kat en hond. Veral hier na die einde van die vakansie toe het dinge begin rof raak. Hulle bly darem nog beste maats.
                      Divide and conquer in reverse! Maak hulle saam kwaad/in 'n span vir iemand/iets anders! Op christelike manier(sal baie inisiatief benodig)

                      Ek onthou altyd dit gekry as ek met boetie of sussie baklei het het altwee saamgestaan teen my.

                      ..... kom dit nie ma alles neer op die bloedjies wat verveeld raak nie? Ek weet ek en die meisiekind het cabin fever gekry party naweke voor die kinners gekom het...
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment

                      • #12
                        Ek los al die pappas en mammas met 'n versie wat vir my persoonlik al wat 'n opvoedingstegniek opsom :

                        Psalm 119:9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                          Ek los al die pappas en mammas met 'n versie wat vir my persoonlik al wat 'n opvoedingstegniek opsom :
                          Miskien moet ek vir skoonma sÍ daar is tog 'n boek waarmee mens jou kind kan grootmaak.

                          Daar's nou weer 'n ander "obstacle". Oupa's en ouma's wat inmeng...al is dit met die beste bedoelings....
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig (Š la vroumens).
                            Weet jy wat het my pa met ons 3 meisikinders gedoen? Wanneer ons so katterig was, en ook handgemeen geraak het, het hy vir ons elkeen 'n beld gegee, ons toegemaak in die kamer (natuurlik was hy by) en vir ons gesÍ ons moet mekaar slaan en as ons nie slaan nie gaan hy slaan. Ons het dan natuurlik ons oŽ uitgehuil , maar geen houe is geslaan nie. Ons het natuurlik daaruit geleer en ons het naderhand nie mekaar te lyf gegaan nie.

                            Ek sÍ nie jy moet dit met jou kinders doen nie, want dis nie lekker nie!

                            Ek het ook 'n probleem met 'n ouma wat inmeng. Ek het gesukkel om Tiaantjie te speen van die dummy, maar dit eventually reggekry. Maar toe hy sy been gebreek het, het hy onthou hy het dummy gedrink en die dokter het vir ons gesÍ ons moet dit vir hom gee want dit sal hom troos (dit was vir hom traumaties!). Elke geval, ek het hom toe weer begin speen, en hoe meer ek sÍ hy mag nie die dummy drink nie, hoe meer steek my skoonma die ding weg, en wanneer hy vra word dit in sy mond gedruk

                            Dit is die verstreurendse ding as jy iets probeer reg doen, en die ouma meng so in

                            Comment

                            • #15
                              Skoonma

                              Eerstens moet ek se, dat ek geseen is met 'n 2de ma in baie opsigte.

                              Maar wat ons gedoen het is dat ek en my vrou praat en dat sy dan met haar ma praat en se dat sy ons gesag ondermyn , maar dat sy maar kan bederf ens. dis op die of daai punt wat ons besluit om so te maak.

                              Sy het juis weer gehelp met die speen waar ons as ouers rustig was en vertou het hy sal self speen soos hy self van ander goed gespeen het.
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X