Announcement

Collapse
No announcement yet.

Liefde

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Liefde

    Mense is geskape om lief te hÍ en voorwerpe om gebruik te word. Die grootste rede waarom die wÍreld in omgekeerde chaos verval het is omdat voorwerpe bemin en mense gebruik word.

    Mense wat gedurig daarop uit is om aandag te trek, verstaan nie God se liefde nie. Aandag is 'n swak plaasvervanger vir liefde.

    Al wat ek wil doen is om iemand te bedien. As ek dit doen is my Here se werk in my as sy kanaal volbring.

    Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef. 2:10). "Maaksel" is die Griekse woord "poiema" (saamvoeg, komponeer). Die Engelse woord "poem" kom daarvan af. Ons is God se gedig. God is liefe en ons is sy liefdesgedig. As mense ons "lees", sien hulle liefde en nie veroordeling nie (Rom. 8:1)!

    Johannes het 'n punt beet gehad. Hy was nie verniet die apostel van die liefde nie.

  • #2
    Re: Liefde

    Ek dink sommer onwillekerig aan hoe ons almal erkenning soek as ek lees wat jy hier skryf David. Laat die linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie is iets wat mens moet aanvaar en gewoond aan moet raak, want van nature soek mens maar erkenning en aandag soek soos jy dit stel is 'n swak plaasvervanger vir liefde. Ek is seker mens voel liefde aan en niemand kan bedrieg word as liefde eg is nie. Dit laat my skaam voel, want ek wens so alles wat ek doen kan so ervaar word...

    Mag die Here my help en elke ander wat ook soos ek voel vanoggend...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Re: Liefde

      Wat die stukkie wat jy pos David my aan herinner is dat God ons in Sy beeld geskape het, dus met alles wat ons in staat stel om soos Hy te kan wees, en God is liefde, dan behoort dit mos eintlik vir ons maklik te wees om lief te kan hÍ.
      Ons lewe in 'n gebroke wÍreld, en mense wat ongelukkig in hulle self is, maak ander mense ook seer, ek dink soms dit is om nie die enigste een te wees wat seer het nie, of beter te voel omdat iemand anders nou ook seer het nie.... ek weet nie,

      Iets wat ek nou die oggend oor Radiokansel hoor, (ek weet nie die dag of tyd of program of aanbieder of gas nie maar ) die man het gesÍ, "Eintlik is ons met God se geestelike DNA geskape" en dit het my nogals laat dink... ons is so volmaak geskape, en ons maak so droog, ons val so vÍr te kort van hoe ons eintlik geskape is...... die Woord sÍ :"Wees heilig" en dan wanneer mens jou alles ingooi en te probeer leef soos wat God van mens verwag, dag word aan jou gesÍ om versigtig te wees dat jy nie so "heavenly bound" moet wees dat jy nie "earthly good" is nie

      Solank ons leef met die kruis in sig en ons oŽ op die hoop wat nie beskaam nie.
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment

      Working...
      X