Announcement

Collapse
No announcement yet.

Dankbaarheid

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Dankbaarheid

    My vrou se oorlede Oupa het altyd gebid: "...en laat ons wakker word met die eerste gevoel van dankbaarheid teenoor U." Dankbaarheid was vir die oumense 'n lewenswyse.

    Hoe het ons uitkyk nie verander so met die jare nie. Ek vang myself nou die ander dag hoe humanisties ek in my eie uitkyk geword het. 'n Mens is mos geregtig op alles wat goed en reg en mooi is. Wanneer iets nie na jou sin reg loop nie, dan moet daar mos BLAAM wees! Kinders is nie 'sommer maar net' nie; gesondheid is nie 'sommer maar net' nie. So kan ons opnoem. Miskien moet ons weer ons denke vernuwe en weer begin om ons seŽninge te TEL.

    Dit is my gebed vandag: "Dankie HERE!"

  • #2
    Re: Dankbaarheid

    Ons het in 'n kultuur van mense regte verval. Ons verdien alles, ons kan ons eie toekoms bepaal, ons is in beheer van ons eie lewens, ens, ens. 'n Teken dat ons wel in die laaste dae lewe, die Kerk van die Laodicense soos in Openbaring. Laodicense beteken "menseregte".

    Ons bid nie meer "As dit God se wil is nie". Dit het ook baie te doen met die media, want hulle propageer dat jy alles verdien. Dit is jou reg. Daarom dat krimele ook meer voorkeer kry as wetgehoorsame burgers. Ek stem saam SOS, maar ons kan by die huis begin.

    Comment

    Working...
    X