Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die liefde van God vergaan NOOIT!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die liefde van God vergaan NOOIT!!

    Nog 'n e-pos wat ek graag met julle deel !!!
    Goeie mre al my boeties en sussies in die Here Jesus Christus. Van alles wat bestaan is die liefde die een ding wat nie sal vergaan nie want God is liefde en in die end is dit net God wat gaan oorbly as die lig in die nuwe Jerusalem. Jy word deur jou lewe voorberei deur die Heilige Gees om 'n waardige en liefdevolle bruid te wees vir die Bruidegom Jesus wat jou kom haal. Hy gaan jou nie kom haal as jy nie lief is vir Hom nie. L jy in jou bed en verlang na Hom. Staan jy op en gaan soek na jou geliefde wat jou soos 'n ribbok op die kruine van berge sal laat huppel. Is jy bereid om alles op te gee vir hierdie geliefde van jou. Onthou, jy kan net 'n bruid wees as jy lief is vir hom. As jou liefdes lampie se olie opraak gaan jy Hom misloop. Hy wat alles die moeitewerd maak. Hy, Jesus Christus, die Bruidegom, my geliefde.
    Shalom
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Re: Die liefde van God vergaan NOOIT!!

    Originally posted by Ta-An View Post
    Nog 'n e-pos wat ek graag met julle deel !!!
    Ons doen "alles" reg, die regte dinge....ons belei, maar Jesus waarsku ons in Openbaring voor Sy koms!

    Openbaring 2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
    Openbaring 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
    Kan jy jou slaigheid verloor? Ek dink hierdie Skrif slaan die spyler op die kop! As jy jou eerste liefde (Jesus) verlaat, sal God jou kandelaar verwyder. Jy sal jou Bruidskap (ewige lewe) verloor. Hierdie Skrif (daar is ander) trek 'n streep deur die lering van "Eenkeer gered altyd gered"!

    Comment

    Working...
    X