Announcement

Collapse
No announcement yet.

God is goed!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • God is goed!

    Ek wil vanaand hier getuig van hoe goed God is.

    'n Vriend van my in ons selgroep is laasjaar gediagnoseer met keelkanker. Hy is 'n kind van die Here en het toe die Here gevra of hy vir behandeling moes gaan of nie. Na baie gebed en raad vra het hy toe gegaan vir behandeling van sy kanker. Hy moes elke week vir bestraling gaan asook chemo. Die het hom so siek gemaak dat hy letterlik by die dood omgedraai het. Hy getuig dat hy so swak was dat hy nie eers kon bid nie! Na amper 30kg se gewigsverlies is hy toe uiteindelik klaar met sy behandeling. Ons moes nou 2 maande wag om te sien of die behandeling suksesvol was. Ons as selgroep, asook gemeente het hom in ons gebede opgedra en hom gesalf vir genesing. Ons het die Here vertrou vir sy genesing en hy het ook woord/profesie ontvang rondom sy genesing.

    Groot was ons teleurstelling toe die toetse terugkom dat die kanker nie heeltemal genees was nie. Hy moes weer vir toetse gaan en 'n operasie om die kliere te verwyder. Dit was net voor Kersfees. Hy het die dokter gevra of hy kan wag tot die begin van hierdie jaar, voordat hy die toetse en moontlike operasie moes ondergaan. Hy het sy situasie met ons selgroep gedeel en ons het hom weer opgedra tot die Here en vertrou dat hy volkome genees sal wees. Dit was nou 'n toets van geloof. Die woord wat hy ontvang het, het gesÍ dat hy nie weer daardeur sal hoef te gaan nie. Ons almal wat vir hom gebid het, het 'n vrede in ons gemoed gehad dat die Here hom klaar genees het.

    Hy het Vrydag vir die operasie gegaan. Toe die dokters die "siek" klier uithaal toe sien hulle dat hy glad nie meer kanker het nie, maar ten volle genees is. Prys die Here! Die Here is goed en Hy is getrou aan Sy beloftes. Ons verstaan baie keer nie hoekom ons deur toetse van geloof moet gaan nie, maar wanneer ons daardeur is, sien ons hoe goed God is en kan ons Hom net prys vir Sy goedheid en glorie. Daar is regtig geen ander God as ons God nie en niks is vir Hom onmoontlik nie. Glo jy dit?

    Dankie Jesus dat U ons genees het en dat ons in U kan glo om ons te genees. Dankie Vader vir u goedheid en krag en majesteit en dankie Heilige Gees om ons staande te hou in ons beproewing. Aan U behoort die glorie vir ewig en ewig.

    Haleluja! Prys die Heer.

  • #2
    Re: God is goed!

    Dit is wonderlik hoe goed vir Sy kinders is.
    Saam met julle bly!
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Re: God is goed!

      n Kennis van my het baie siek geword.Hy wou nie dokter toe gaan nie.Hy was n groot gelowige en het geglo God sal hom genees.Almal het vir hom gebid.Aan die einde was hy deurtrek met die kanker maar hyt steeds bly glo God sal hom genees!

      Vandag is hy nie meer met ons nie.Sy geloof het gemaak dat hy nie na n geneesheer wou gaan nie.Hyt die prys daarvoor betaal.

      Was hy net hardkoppig gewees of is daar iets soos as jou strepie getrek is, is hy getrek!

      en JA, GOD is goed vir die uitverkorenes!

      Groete

      Louis
      MARANA THA!

      Comment


      • #4
        Re: God is goed!

        Dankie Louis vir jou terugvoer.

        Een van die dinge wat ek met my vriend bespreek het was juis dat sy getuienis vir my so goed was van God, dat hy wel gegaan het vir behandeling. Hy het nie daardeur sy geloof in sy genesing deur God ontken nie. Hy het juis gewys dat mens God kan vertrou en nog steeds gaan vir behandeling, want dit is nie die dokters wat jou gesond maak nie, maar wel God. God het hier wel gewys dat dit Hy was wat hom gesond gemaak het en nie die medici nie, maar indien hy na sy behandeling genees sou wees, sou ons God nog steeds geprys het vir sy genesing. Weereens moet ons nie almal oor een kam skeer nie, maar ons moet die Here nader en aan Hom gehoorsaam wees. Luister na Hom en nie na jou eie denke of wat jy glo reg of verkeerd is nie.

        Ek ken ook 'n paar vriende wat vandag nog sukkel met hulle gesondheid omrede hulle nie na dokters wou gaan nie. Ek wonder of hulle regtig na die Here geluister het en of hulle die Here wou dwing om te maak soos hulle wou. Hoe sal ons weet, maar ek het my bedenkinge.

        Groete
        Kalahari

        Comment


        • #5
          Re: God is goed!

          Dankie Kalahari,as ons almal dit net so wil insien soos jy hier se sal die teleurstellings min wees!

          Groete
          Louis
          MARANA THA!

          Comment


          • #6
            Re: God is goed!

            Originally posted by Louis F Brits View Post

            en JA, GOD is goed vir die uitverkorenes!

            Groete

            Louis
            Louis en tog laat God Sy son opgaan oor almal gelyk... Mattheus 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son en">opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reŽn op regverdiges en onregverdiges.
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Re: God is goed!

              Iets wat ons regtig kan onthou is dat ons God nie kan voorskryf met ons gebede en versoeke nie
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Re: God is goed!

                Originally posted by Ta-An View Post
                Iets wat ons regtig kan onthou is dat ons God nie kan voorskryf met ons gebede en versoeke nie
                .... dus...... Louis... God is nie net goed vir die uitverkorenes nie... want selfs die uitverkorenes kan uitmis op gebede wat nie tot ons versoeke gevul word nie
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                Working...
                X