Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gebed is die antwoord op alles

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gebed is die antwoord op alles

    Hi almal, wil net gou vlugtig deel.

    Ek is nie die perfekte mens nie, en maak soms baie verkeerde keuses. Ek het 'n geweldige innerlike stryd gehad om te kies tussen reg en verkeerd. Ek is so nuut in Christus en weet nie altyd of die keuses wat ek maak reg is nie.

    Ek het die afgelope week 'n baie moeilike tyd deurgegaan. Het nie altyd iemand gehad om dit mee te deel nie.
    Ek het altyd geweet gebed werk, maar was nie seker of ons moet bid oor onnodige klein goedjies is die lewe nie.

    Ek het baie mense gehad wat saam met my gebid het, sommer vir baie dinge, en sommige goed was volgens my sommer nietige ou sakies.

    Ek het met mense oor die Bybel begin gesels en sommer moedeloos geword, omdat ek nie al die kennis het nie, en ek het gedink dit gaan my 'n leeftyd neem om die Bybel deur te lees.

    Wat ek eintlik wil deel, is dat God deur hierdie week elke liewe gebed van my en hulle wat saam gebid het verhoor het. Hoe weet ek dit? Ek was vir twee dae geweldig siek, en het voor keuses te staan gekom waarop ek nie antwoorde gehad het nie. Ek was so siek en moedeloos dat ek niks vir myself kon doen nie, ek kon nie eens behoorlik uit die bed opstaan nie. Ek het besluit dat ek nie net so in die bed kan le nie, en die Woord begin lees. Eers kon ek nie my oe oophou nie, maar ek het aanhou lees. Dit is ongeveer 1 uur terug. Ek is alweer op my voete en doenig op die internet.

    Ek wil graag elkeen met die volgende inspireer. As die storms om jou woed, en die winde van omstandighede aanhoudend waai, as dit voel of daar geen uitweg is nie, of as jy antwoorde soek. GOD IS OP DIE TROON!

    Deur Gebed en 'n verhouding met die Vader, sal Hy in elke behoefte voorsien. Ek moes leer met eerste handse ondervinding, en is so dankbaar in Hom.

    Soms verstaan ons nie die Vader se tydsberekening nie, en ek wou onmiddelike resultate he, maar stelselmatig was my gebede beantwoord en op die regte tyd het God vir my die regte antwoorde gegee.

    Kom ons maak soos Paulus ons beveel het: BID SONDER OPHOU!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Amen en Amen, Linda. Prys die Here!
    Geen gebed of probleem is te klein of te groot vir onse Heer nie.

    (Bly om te sien jy is weer hier op die forum doenig - dis gans te stil en vervelig as jy nie hier rond is nie )

    Blessings.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

    Comment


    • #3
      Dankie Linda, ek sit met trane en lees en besef skielik dat God jou reeds as instrument gebruik. Ek het 'n geweldige groot saak wat ek met iemand moet uitklaar en het geen ander uitweg, as gebed nie. Met die lees van jou getuienis het jy my geïnspireer om met passie te bid en op God te vertrou. Hier is 'n gedig wat ek in 2002 geskryf het oor God se wil en ons bekommernisse wat soms soveel onnodige stres en drama kan veroorsaak. Mens moet net vertrou en tot my beskaming moet ek vra, hoeveel keer was ek nie al skuldig gewees nie?

      U wil

      Laat U wil geskied, net U wil
      dankie dat ek kan bid
      eers dan val alles in gelid
      dis so vervelig as ek vra
      wat ek nee en wat ek ja
      maar as ek U maar net vertrou
      dan gee U altyd nou
      dit o HERE, is U wil

      2 Mei 2002, 3:30
      The Rapture

      My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
      but I must confess, don’t worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      it’s before God’s wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      it’s for all the people in the zoo
      think about it and refresh…
      you will see there’s no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhere…


      Comment


      • #4
        Liewe CFJ

        Ek hoop van hart nie dat jy ooit opgehou skryf het nie. Die gedig is regtig pragtig, en daar le soveel waarde daarin. Wat ookal jou saak is, ek bid saam met jou. Dis mos wat ons as Christene moet doen!

        Glo dat God jou die antwoord en uitweg sal gee op jou saak!
        Sterkte!
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Man meisiekind....
          (Ek mag jou maar so noem want ek is oud genoeg om jou ma te wees...)

          Jy is darm so oulik

          Mag die Here van die leerskare sy engele opdrag gee om oor jou die waak te hou!!

          Jy is 'n juweel geskik vir die kroon van Jesus
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Linda jy laat my dink aan die liedjie uit my kinderkrans dae.... ek kan nie meer al die woorde onthou nie, maar laat ek probeer....

            As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy Sy pêrels, al Sy pêrels fraaie pêrels vir Jesus se kroon
            Ja die kinder gesiggies soos die hemel se liggies..........


            En jy prescious kind van die Hemelse Vader,,,, is vir my 'n kosbare pêrel vir Sy kroon
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by Linda Steyn View Post
              Liewe CFJ

              Ek hoop van hart nie dat jy ooit opgehou skryf het nie. Die gedig is regtig pragtig, en daar le soveel waarde daarin. Wat ookal jou saak is, ek bid saam met jou. Dis mos wat ons as Christene moet doen!

              Glo dat God jou die antwoord en uitweg sal gee op jou saak!
              Sterkte!
              Dankie Linda! Ons beïnvloed mekaar soms op spesiale maniere en word vir mekaar geleen op besonderse maniere en besonderse tye. Hier is 'n gedig wat ek spesiaal vir iemand geskryf het, omdat sy so impak op my lewe gehad het en vir my as mens op daardie stadium baie beteken het, maar ek kan dit vir jou ook gee, want jy laat my ook aan hierdie vriendin van my dink...


              Een uit ‘n miljoen!

              Jy, is een uit ‘n miljoen
              dis waarmee ek wil versoen
              net een, tog net een
              dit is die een, aan my verleen

              Baie meet op ‘n ander skaal
              as hul net kan sien – hoe hulle faal
              al is jy fisies tien uit tien
              niemand, het dit inelk geval verdien

              Maar een skaal, ja net een
              die is ‘n skaal wat krag verleen
              hierdie skaal – oneindige seisoen
              die een van – een uit ‘n miljoen!

              12 Mei 2002, 11:45
              The Rapture

              My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
              but I must confess, don’t worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              it’s before God’s wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              it’s for all the people in the zoo
              think about it and refresh…
              you will see there’s no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere…


              Comment


              • #8
                Gebed is die antwoord op ALLES!

                Linda , dankie vir jou pragtige getuienis! Jy laat my dink aan ons oudste en 3e dogter . Hulle het nie geweet waarvoor om te gaan studeer nie. Hulle maats het gese: Julle is gebore onderwyseresse maar hulle het net viervoet vasgesteek , want Mamma , ouma , oupa en die hele familie aan my kant was in die onderwys... Hulle het nie met genetika rekening gehou nie , sien! Nietemin , ek het net vir hulle vir die Here gegee en gese : Here , ek kan nie my kinders in n rigting in dwing nie en sal ook nooit , maar maak U wil aan hulle bekend. Op n stadium was ousus vir almal kwaad behalwe vir Ma , want Ma se dan niks.... Ma bid net Een Vrydagmiddag het ousus net tuisgekom en gese: Mamma , Suzie het my gevra wat ek gaan swot en toe se ek onderwys .... Moeder se toe so kalm as moontlik : Sus , ek glo jy neem n ingeligde besluit.Maar intussen hop my hartjie soos n bal in my binneste! En sy is vandag n Eng gr 1 en 2 gekombineerde juffrou vandag en baie gelukkig. Dieselfde met klynsis wat dieselfde kursus as ousus gaan loop. Ons is net ouers wat God se wil oor hulle kinders afbid : Nie ons wil nie Here maar U volmaakte wil! Slegs dan kan ons almal gelukkig wees as ons in U perfekte wil wandel

                Comment


                • #9
                  Sjoe, dis darem maar "grate" om kind van God te wees. Ek wil dankie se aan elkeen wat my ge inspireer het met hul woorde, en ek weet nou, sou ek iets kort kom, kan ek DIT VAN GOD AF BID. Kom ons bid ook vir mekaar.

                  Dis seker vir my die heerlikste gevoel om te sien hoe mense so baie mooi dinge met mekaar deel, en dit omdat DIE VADER ons aan mekaar kleef. Dankie aan al die inspirerende boodskappies. Dis regtig wonderlik om te sien en te ervaar hoe God in elkeen se hart werk. GEBED mense is die ding wat ons sal deurdra. Ons verhouding met GOD is wat ons volkome mens maak!
                  Saved by Grace!

                  Praying for Mieke and Charles
                  Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                  My testimony
                  http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                  Comment

                  Working...
                  X