Announcement

Collapse
No announcement yet.

My lewe met Carcinoid, en vaarwel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • My lewe met Carcinoid, en vaarwel

    Ek het lanklaas laat weet hoe dit met my gaan. Wel, ek lewe nog, maar met die gesondheid is dit nie so goed nie. Vir die wat dalk nie weet nie, ek lewe met Carcinoid kanker wat die lewe maar baie moeilik maak.

    Oktober verlede jaar het ek regtig gedink dit is my einde, maar gelukkig het die HERE ander gedagtes gehad. Beide dun en dikderms was totaal geblok deur die gewas, en moes hulle na tien dae in die hospitaal chirurgies ingryp om beide derms te omlyn sodat die kos weer deur kon kom. Hoekom hulle so lank gewag het was dat die operasie deeglik beplan moes word aangesien ek nie morfien kan kry as verdowingsmiddel nie, aangesien die kanker my allergies daarvoor maak. Verder het die kanker gevorder en Carcinoid hartsiekte veroorsaak wat maak dat die hartkleppe nie altyd sluit wanneer dit pomp nie, en die bloed maklik weer teruggaan na waar dit vandaan kom wat hewige verskille in bloeddruk kan veroorsaak. Dit kan dan ook fataal wees indien dit onder narkose gebeur, so hulle het eindelik net my onderlyf verlam en die operasie onder ‘n epiduraal gedoen.

    Ek het eers met die opvolg afspraak drie weke later die volle verhaal by die chirurg gekry. Ek was bewus dat hulle aan die lewer ook gewerk het, maar het eers toe gehoor dat hulle gedurende die operasie gesien het dat die kanker na die lewer versprei het, en is daar toe ‘n groot gedeelte van die lewer verwyder. Dit was toe vir my eers duidelik hoekom die derms verstop geword het, aangesien die prognose van Carcinoid lewersiekte nie goed is nie, en dat oorlewing daarvan in maande uitgedruk word.

    So my lewe gaan voort al is dit met erge diarieë wat deur die gewas veroorsaak word deurdat my dunderm nou slegs 90cm lank is en nie meer soos ‘n gewone persoon se 6,2 meter lank nie. Met erge diarieë bedoel ek dat ek in een week 224 keer die toilet besoek as gemiddeld. Die gewas kan nie verwyder word nie aangesien daar vier bloedvate deur die gewas gaan waarvan een die hoofbloedvaat wat tussen die dunderm en lewer is, en dan die bloedvate wat bloed na die niere neem. Dit veroorsaak maar dat ek baie met seer niere en lewer sit aangesien die dele nie bloed kry om te funksioneer nie.

    Hierdie is ook my laaste pos op die forum ook aangesien die forum verval het in ‘n plakkerskamp vir dispensasionele lering aangesien daar aangedring word dat ons nie mag wys op gate in die lering nie of enigsins iets bevraag teken nie, want dit het net in ‘n David webtuiste verander. Hy kan sekerlik sy eie webtuiste gebruik daarvoor, maar dan kry hy verseker nie die blootstelling wat hy hier verniet kry nie. My grootste probleem is dat die moderators toelaat dat dit gebeur op ‘n openbare forum.

    ‘n Regtige groot probleem wat ek het met die hele leer rondom die wegraping en die wat daarin glo, is dat hulle leer hulle deel maak van die antichris. Die enigste persoon in die Bybel wat direk verwys na die antichris vind ons in die briewe van Johannes. Sy definisie wat ek graag gebruik is as volg: 2Jn 1:7 Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met "die misleier", "die antichris", bedoel”. Die Jode glo nie dat Jesus die Messias was nie, en dit maak hulle volgens Johannes dus deel van die antichris. Die wegrapers deur hul ondersteuning van die Jode, skaar hulle by die Jode en dus by die antichris.

    Vaarwel

    Ek neem aan die laaste gedeelte sal deur die moderators verwyder word, in plaas daarvan om die oorsaak aan te spreek of dit as ontoelaatbaar te verklaar.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  • #2
    Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

    Originally posted by Louwrens Erasmus View Post

    Hallo Lourens
    Baie jammer om van jou omstandighede te verneem.
    Ek is jammer om jou te sien gaan
    Ek verstaan immers nie hoe jy "die wegrapers" as "Jode ondersteuners" klassifiseer nie.
    Hoe kry jy daardie twee bymekaar?

    In elk geval, ek het nooit in die kerk (NG) in my kinderdae geleer van die "Wegraping" nie, maar het daarvan in my getroude lewe in 'n ander denominasie daarvan te hore gekom, en dit as dogma aanvaar.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment

    • #3
      Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

      Ja, baie jammer om van jou siektetoestande te hoor. Mag ons Here jou kennelik bystaan.
      Nee, jy is verkeerd. Ek behoort nie aan die antichris nie, ek ondersteun nie vir Israel nie en ek is nie 'n wegraper nie. Net die Here kan en sal sy kinders op die regte tyd wegneem. Ek kan nie.
      Jy het waarskynlik baie min gelees wat ek op die forum geskryf het. As jy het, sou jy geweet het dat ek konstant in vele plasings Israel sterk veroordeel het vir hulle ongeloof en verwerping van Christus. Ek het ook herhaaldelik aangetoon dat hulle nou as God se volk verwerp is. Ek het ook nou weer hier op die kontroverse op 'n ander draad aangetoon dat 'n Jood 'n Christen word as Christus vir hom ALLES is en Israel en die wet NIKS.

      Comment

      • #4
        Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

        Lourens ek weet nie wat om te skryf nie .ek kan net vra dat God se Genade en Liefde jou omring .My vriendin gaan nou ook deur die selfde .Dit is moeilik en baie hartseer .Op hierdie oomblik is daar nie woorde vir wat ek voel nie .ek kan net bid vir die Liefde in Jesus wat ons vrede gee .

        Comment

        • #5
          Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

          Lourens, hoe gaan dit nou met jou??
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor

          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment

          • #6
            Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

            Dit gaan maar so-so. Lewe nog en skryf nog, maar dit is maar moeilik. Kry deesdae maar gereeld Carcinoid krisis ( http://www.northwoodsnets.org/newly-...cinoid-crisis/ ), maar ons gaan maar aan. Doen baie keer niks, en sodra ek moeg word daarvoor dan rus ek maar tot ek nie meer skuldig voel nie en dan gaan ek maar aan met niks doen nie.

            Die gewas is stadig maar seker besig om die bloed van die dunderm na die lewer af te sny, en dit sal fataal wees. So ek sukkel maar met niere wat elke dag voel of jy nier versaking kry, diarieë (grootste probleem so 10 tot20 keer per dag), en dan bloeddruk wat wissel van baie hoog na baie laag binne minute. Deesdae raak die ou Arthritis baie erg. So oor die algemeen vir my is dit maar 'n wag en kyk wat gaan gebeur elke dag.

            Dankie vir die belangstelling.
            Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

            Comment

            • #7
              Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

              Mag onse Here Jesus jou veilig onder Sy Vlerke bewaar
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor

              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment

              • #8
                Re: My lewe met Carcinoid, en vaarwel

                Hi Louwrens,

                Ek sien die draad was in die kontroverse forum oopgemaak en het dit eers geskuif na die forum waar ek voel hierdie draad tot reg kan kom en veral die getuienis daarin. Ek hoop dis in orde met jou...
                The Rapture

                My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                but I must confess, don’t worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                it’s before God’s wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                it’s for all the people in the zoo
                think about it and refresh…
                you will see there’s no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhere…

                Comment

                Working...
                X