Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die kankerswaard oor my lewensdraad

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Ben Cronje
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
    BEN dit is juis die probleem. Daar is nie net een tipe kanker nie, en meesste mense veralgemeen.
    Ek begryp Lourens.

    Maar werk gerus deur hierdie reeks waarna ek jou verwys het. Jy het niks om te verloor nie, my vriend. Dit begin met geskiedenis en kyk dan na dieet ook. Hul kyk vir seker na meer as een tipe kanker. Die reeks het my laat terug sit. Dalk kry jy -ten meeste-selfs net een stukkie praktiese raad daarin, wie weet. Dit is ten minste interessant.

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    BEN dit is juis die probleem. Daar is nie net een tipe kanker nie, en meesste mense veralgemeen. En dit is wat hierdie monster binne my doen. Volgens almal wat my sien en ek mee gesels lyk ek heel goed, maar hulle weet nie wat binne aangaan nie. Die kanker veroorsaak net 'n oorvloed van hormone wat elke persoon nodig het. En so terwyl hy besig is daarmee gaan kruip hy weg in jou lewer, jou ingewande waar hy gewoonlik eerste opgespoor word, en soos in my geval seker op 10 plekke net op my skelet alleen. Maar dit is juis hierdie hormone wat sy tol eis op die ou einde van die dag. Daar is geen oplossing vir die probleem nie, en hy steel net elke dag 'n bietjie meer van jou krag en skei soos in my geval net soveel histamien af dat wanneer jy by 'n dokter kom h onmiddelik dink jy het griep. Dan veroorsaak hy 'flushing', wat maak dat alhoewel ek geen alkohol gebruik nie, die een spesialis wat ek in Bloem gesien het se eerste vraag was hoeveel drink ek per dag, want my neus en gesig lyk soos iemand s'n party dae wat 'n bottel of twee bradewyn inkry. Lees maar meer oor die kanker hier:

    https://www.carcinoid.org/for-patien...cinoid-cancer/

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Hallo Lourens

    Het jy al ooit die reeks "The Truth about Cancer - A Global Quest" gekyk? Dit is 'n reeks wat uit 9 episodes bestaan.
    Indien nie kan jy solank hier begin:

    Episode 1
    Episode 2
    Episode 3
    Episode 4
    Episode 5
    Die res is ook daar. Ek het dit baie interessant gevind.

    Groete

    Ben

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie vir jou boodskap Louwrens. Dit is baie stil hier, maar hier is steeds genoeg leesstof oor baie onderwerpe.

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    En so is nog 'n jaar verby. Vandag kuier ek in Bloemfontein by my jongste dogter want vroulief is na ons ander dogter in Melbourne maar ek kan nie saam nie, my liggaam wil nie meer saam speel nie. So wat het die jaar gebeur? Ek het maar nog van my skrywes hersien, die ou kanker begin nou moeilik raak in die dat die gewas wat aan die maagwand en die SMA(superior mesentary artery) gekoppel is nou maak dat my bene nie meer al die bloed kry soos wat hulle moet nie, en soos ek noe hier sit is albei bene van die knieg af onder toe vol doringkies soos wanneer jy 'n arm of been het wat "slaap". Ek is nou voltyds met 'n kierie gewapen en wanneer ons dorp toe kom ry ek maar my rystoel aangesien ek dan nie so moeg word nie. So eintlik gaan dit nog goed en leef ek maar 'n lewe wat mense nie kan of wil verstaan nie. Maar dit is my lewe en ek weet waar ek sal wees wanneer ek my kop vir die laaste keer op 'n kussing gaan neersit. Sterkte met die forum, ek sien dit het maar afgewater maar vir die wat nog hier kom kyk, sterkte met julle paadjie voorentoe. Ek kan net noem dat ons jongste kleinkind outisties gevind is so agt maande terug net voor sy tweede verjaarsdag, en dit is maar een rede hoekom Hettie gaan kuier het net om weer ma vir haar dogter te wees.

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    En so trek ons vandag by 23 jaar na my operasie, en leef ek nogsteeds. Baie werk gedoen die jaar aan skryf, maar dit hou my na aan die HERE en dan leer ek ook nog baie goed. So vir die wat dalk deur moeilike tye gaan, weet dat Hy altyd daar is vir jou en jou elke dag sal dra.

    Vir die wat nie my geskiedenis ken nie, lees maar waaroor dit gaan by http://louwrense.blogspot.com/2013/1...skiedenis.html en dan my laaste blog wat ek nou onlangs geplaas het by http://louwrense.blogspot.com/2018/0...stus-2018.html

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Die verganklike is tog aan ons almal gegee om die onverganklike te be-erwe en dit is presies wat jy en Hettie doen.Geluk met julle huweliks herdenking mag julle nog lank vir mekaar gespaar bly hier op aarde.

    Groete!

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Soos ek nou vanoggend hier sit en wag vir Word om die speltoets deur te hardloop wil ek net graag iets byvoeg wat ek gister nie gesÍ het nie. Ons was Saterdag 45 jaar getroud en het ons gepraat oor hoe gelukkig ons eintlik is om tyd te kry om voor te berei vir die dag wat een van ons dalk nie meer daar is nie. Daar is so baie van ons vriende wat nie daardie geleentheid gekry het nie, maar Hettie weet waar elke ding op my rekenaar is, hoe om ons gewilde TV programme af te laai wat ons in die bed na kyk van die rekenaar aangesien ons al amper 2 jaar terug DSTV heeltemal afgesit het en ons nie na SABC of enige Suid Afrikaanse programme kyk nie want die wat nog in Afrikaans is hoort tuis by vroeŽr jare se mense in Pta wes waar 'n 5 liter kannietjie tassies hulle aktetas was.

    So ons is heeltemal reg om sonder die ander een te leef, maar ons weet waar elkeen heen sal gaan en kan nie wag om daar te kom nie, maar totdat daardie dag aanbreek sal ek aanhou om te doen wat die HERE se opdrag aan my was.

    Net nog so 'n ietsie by vir vandag.

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Originally posted by Louis F Brits View Post
    Sterkte Louwrens,net een vraag,hoekom byt gelowegis nog vas aan die verganklike?Ek is glad nie in jou posisie nie maar tog is jy n God vreesende mens.Sou jy nie alles net so gelos het om Jesus te volg nie?Wat ek daarby bedoel is om geliefdes agter te laat om Hom te volg.Ek weet nie hoekom ek die vraag vra nie maar iets binne my wil he ek moet.Eintlik weet ek wat jy gaan se maar kom ons kyk.

    Groete!
    Louis ek is bly jy vra. Ek byt verseker nie vas nie en was daar al dae wat ek en Hettie al albei gebid het dat die einde nou sal kom, maar dan word ek nog die volgende dag wakker. Die rede hoekom ek nog kan sÍ wat ek graag wil doen is dat ek seker 18 jaar gelede een dag vir die HERE gevra dat Hy my sal wys wat ek moet doen, die Bybel oopgemaak en skielik het hierdie een vers net uitgespring: "So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;" Jer 30 vers 2. Dit is waar ek begin skryf het.

    So vier jaar gelede het ek die HERE gevra dat ek kom nou nader aan eintlike aftree ouderdom maar daar is nog soveel wat ek het wat ek oor moet skryf, maar ek kry nie geleentheid nie. Binne 6 maande was my hele lewe omvÍr gewerp en het ek gesit waat ek vandag is, waar ek moes ophou werk en die tye wat ek goed voel kan skryf. Ek weet ek moet nog Jesaja klaar maak, dis nou die eerste helfte wat ek nou probeer klaar kry, en as die HERE my tyd gee sal ek dit vertaal in Engels, en as nog lewe die tweede helfde doen.

    So ons lewe van dag tot dag en leef asof elke dag my laaste is.

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Originally posted by Louwrens Erasmus View Post
    En daar kan ek nog 'n jaar by kry in my nuwe ouderdom. Sal Donderdag 22 jaar wees na die eerste kanker operasie en my paadjie met Carcinoid Sindroom. Die medici het nou 'n klomp tipes bymekaar gegooi en verwys nou na al die verskillende stadig groeiende kankers as NET's, of neuroendocrine tumors. Ons het ook uitgevind deur terug te gaan na al die simptome wat ek gehad het in my lewe en het die onkoloog gesÍ sy vermoed dat die eerste gewas wat hulle in 1995 gevind het al simptome begin wys het toe ek 16 jaar oud was. So volgens haar is dit moontlik dat ek daarmee gebore was, maar nou weet ons die siekte is eers in 1955 vir die eerste keer beskryf en toe was dit 2 jaar voor ek skool toe is.

    So vir my is ek bly ek het nog 'n jaar bygekry en met Hettie is sy klaar met haar behandeling en is sy goed oppad om heeltemal te herstel na die bilaterale mastektomie.

    Ek het my besig gehou met Jesaja en sal eersdaags die eerste uitleg/kommentaar kan pos op my webtuiste oor Jesaja 1 tot 35. Ek is nou nog besig met proeflees en invul wat ek dalk in die eerste ronde gemis het, maar soos ouder gewoonte is ek seker maar die ou wat die meeste daaruit geleer het en gesien het hoeveel van Jesus se gelykenisse en gesprekke kom oorspronklik uit Jesaja. Ek het ook 'n stukkie sagteware raakgeloop en het ook toestemming gekry om my uitleg van Openbaring op eSword en MySword se webtuistes as kommentare beskikbaar te stel, wat vir my 'n baie groot gebeurtenis is.

    So ek glo ek sal nog die volgende gedeelte van Jesaja kan doen maar vir eers wil ek maar konsentreer op dit wat klaar is en dan vertaal na Engels vir die res van die wÍreld se mense.

    Groetnis
    Sterkte Louwrens,net een vraag,hoekom byt gelowegis nog vas aan die verganklike?Ek is glad nie in jou posisie nie maar tog is jy n God vreesende mens.Sou jy nie alles net so gelos het om Jesus te volg nie?Wat ek daarby bedoel is om geliefdes agter te laat om Hom te volg.Ek weet nie hoekom ek die vraag vra nie maar iets binne my wil he ek moet.Eintlik weet ek wat jy gaan se maar kom ons kyk.

    Groete!

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie Louwrens, dis 'n mooi getuienis en op verskeie maniere

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    En daar kan ek nog 'n jaar by kry in my nuwe ouderdom. Sal Donderdag 22 jaar wees na die eerste kanker operasie en my paadjie met Carcinoid Sindroom. Die medici het nou 'n klomp tipes bymekaar gegooi en verwys nou na al die verskillende stadig groeiende kankers as NET's, of neuroendocrine tumors. Ons het ook uitgevind deur terug te gaan na al die simptome wat ek gehad het in my lewe en het die onkoloog gesÍ sy vermoed dat die eerste gewas wat hulle in 1995 gevind het al simptome begin wys het toe ek 16 jaar oud was. So volgens haar is dit moontlik dat ek daarmee gebore was, maar nou weet ons die siekte is eers in 1955 vir die eerste keer beskryf en toe was dit 2 jaar voor ek skool toe is.

    So vir my is ek bly ek het nog 'n jaar bygekry en met Hettie is sy klaar met haar behandeling en is sy goed oppad om heeltemal te herstel na die bilaterale mastektomie.

    Ek het my besig gehou met Jesaja en sal eersdaags die eerste uitleg/kommentaar kan pos op my webtuiste oor Jesaja 1 tot 35. Ek is nou nog besig met proeflees en invul wat ek dalk in die eerste ronde gemis het, maar soos ouder gewoonte is ek seker maar die ou wat die meeste daaruit geleer het en gesien het hoeveel van Jesus se gelykenisse en gesprekke kom oorspronklik uit Jesaja. Ek het ook 'n stukkie sagteware raakgeloop en het ook toestemming gekry om my uitleg van Openbaring op eSword en MySword se webtuistes as kommentare beskikbaar te stel, wat vir my 'n baie groot gebeurtenis is.

    So ek glo ek sal nog die volgende gedeelte van Jesaja kan doen maar vir eers wil ek maar konsentreer op dit wat klaar is en dan vertaal na Engels vir die res van die wÍreld se mense.

    Groetnis

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie vir die nuus Louwrens, dis voorwaar nie maklik as mens hierdie pad op jou eie moet loop nie. Wat sou ons sonder die Here doen? Sterkte vir julle!

    Leave a comment:


  • Louwrens Erasmus
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Gedag ek sal net so 'n bietjie vertel hoe en wat met my aangaan. Ek het maar my getuienis so 'n bietjie opgedateer en sommer ook 'n stuk bygesit hoekom en waaroor ek meeste van die tyd skryf. Dit kan gevind word by http://shamaministries.org.za/wp/get...wrens-erasmus/.

    Dan het ek op my persoonlike blog ook 'n gedeelte bygesit wat ek sommer hier ook ingesit het.

    Dit is nogal ‘n hele rukkie gelede wat ek laas iets gedeel het. Om die waarheid te sÍ het ek glad nie in Februarie iets gedeel nie, maar tog was daar baie goed wat gebeur het. Ons was al weer terug by ons huis, weer op die plaas by Su-Hannie hulle, en is al weer terug by ons huis. En dan gaan ons Sondag alweer plaas toe.

    Hettie se operasie wonde is so 99% gesond, so dit is baie goeie nuus. Ons was toe Maandag by onkologie en hulle wil baie goeters doen. Vir Hettie begin haar paadjie met chemo volgende Maandag, en dan is dit elke drie weke vir nog vyf behandeling daarna. So vir die volgende 18 weke is dit sy en chemo. Dan is dit ‘n maand van bestraling van Maandag tot Vrydag, elke dag vir die maand. So ons hoop sy sal so teen einde Augustus of begin September seker klaar wees met die storie, en dan is dit maar verdere toetse om te sien dat hulle alles kon dood kry. Haar kanker was baie agressief, so alhoewel hulle alles kon verwyder, weet hulle nie hoeveel nog in die bloed en beenmurg gebÍre is nie.

    Dan het Esthee en Francois so ‘n verrassing gekry toe klein Lars 4 weke vroeg sy opwagting gemaak het. Hy is te oulik en nou op 3 weke weeg hy al 3 Kg. Maar hy gee hulle soveel vreugde en dit is iets wat ek en Hettie nie gedink het ooit sal gebeur nie. Esthee en Francois het net so ‘n groot verrassing gehad toe sy verlede jaar in Julie uitgevind het sy is swanger.

    Self moet ek ook weer onder die mes deurloop om “debulking” te doen van die gewas sodat my lewens kwaliteit kan verbeter. Dit sal baie goed wees as hulle die klok so ‘n paar jaar kan terug draai vir my. Maar, dan is daar die Rheumatiod Arthritus wat maar baie moeilik is. Die rug is so swak dat hulle bang is dat van die werwels kan breek en net so met die nek. So ek sal ook seker maar eendag in ‘n rolstoel beland wanneer die ou bene en heupe nie meer wil funksioneer nie.

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Gits Louwrens, ek het gedog ons koue is net een te veel, want dit was nie sovÍr ek kan onthou so koud soos hierdie jaar nie, maar daar by julle is dit 'n heel ander storie en net dit alleen sal my al vang. Dankie vir die mooi getuienis!

    Leave a comment:

Working...
X