Announcement

Collapse
No announcement yet.

22 April 2017 - Getuienisse

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • 22 April 2017 - Getuienisse

    Ek wil graag hoor of jy daar was en wat jou belewenis was.

    Indien jy nie was nie, maar het 'n getuienis van iemand wat daar was, wat was dit?

  • #2
    Re: 22 April 2017

    Ek was nie self daar nie, maar weet van 'n getuienis of twee. Ek sal amper die draad skuif na die forum vir 'Gebed, Getuienisse en Bediening', maar besluit jy self Kalahari.

    Ek is oortuig dat so groot Christelike byeenkoms vir baie mense 'n ommekeer in hulle lewe gebring het. Daar is gelowiges wat opnuut versterk kan word en dan is daar ook gelowiges wat nie noodwendig hul geloofslewe anders gaan ervaar nie, maar die groot reaksie glo ek is by moontlike twyfelaars, ongelowiges en klein gelowiges. Sulke mense word geweldig geraak deur die grootsheid van iets soos hierdie byeenkoms, wat mens ook as 'n wonderwerk kan beskou.

    Mens kan net dink hoe groot 'skrik' so geweldige groot byeenkoms vir een of ander godslasteraar kan wees. Daar is 'n politieke ontleder ('n volbloed toring-van-babel-bouer), sal liefs nie sy naam noem nie, maar hy dra so soort van 'n kopdoek. Hy het omtrent 'n probleem met hierdie byeenkoms gehad...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Re: 22 April 2017

      Hallo daar

      Ek was in 'n twee stryd oor die hele storie, aangesien ek in my lewe met baie Mighty men conference aanhangers te doen gehad het, en die sad ding is, dat hulle mighty men conference aanhangers is en nie God / Jesus aanhangers is nie. Daarom was dit ook my gevoel oor die byeenkoms.

      Die meerderheid van die mense wil nie verantwoordelikheid vat vir hul dade (sonde) nie, hulle wil nie by hul huise begin en daar verander nie. Hulle wil nie self bid en self verander nie, want as niks verander nie, dan kan hul vir Oom Angus blameer, dat hy nie reg of hard genoeg gebid het nie. Terugvoering van wat ek gesien het, was dit presies Oom Angus se woorde, hy het gese dat ons as 'n volk kan bid tot ons blou is, maar as ons nie by ons huise gaan begin en daar verander nie, gaan niks in ons land verander nie. AMEN

      Nou is ek spyt ek het nie gegaan nie........ maar tog hoop en glo en hoop ek soos CFJ genoem het, dat daar 'n ommekeer in mense se lewens was.

      Comment


      • #4
        Re: 22 April 2017

        Ek weet van 'n ma en haar dogterjie wat verongeluk het oppad terug.... dit laat 'n mens dink.....

        1) Dalk het dit die byeenkoms gekos om hul te red
        2) maar wat van die wat agterbly..... is die "situasie" 'n maak of breek, daar is so 'n fyn lyn om God nou nie te blameer nie..... sjoe ons mensDOM

        Comment


        • #5
          Re: 22 April 2017

          Hi B,

          Hier is nog 'n draad "It's Time" - 22 April 2017, waar mens dit kan bespreek. Ek wag nog vir Kalahari om te hoor of sy draad nie spesifiek vir getuienisse gebruik moet word nie, maar bepaald is dit wat jy weergee ook 'n getuienis...
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6
            Re: 22 April 2017

            Ek dink dit is reg dat die draad 'n getuienisdraad is en die ander een kan 'n besprekingsdraad wees.

            Comment


            • #7
              Re: 22 April 2017

              Originally posted by BCV View Post
              Ek weet van 'n ma en haar dogterjie wat verongeluk het oppad terug.... dit laat 'n mens dink.....

              1) Dalk het dit die byeenkoms gekos om hul te red
              2) maar wat van die wat agterbly..... is die "situasie" 'n maak of breek, daar is so 'n fyn lyn om God nou nie te blameer nie..... sjoe ons mensDOM
              Aai dit is so tragies. Ek sÍ juis vir iemand vanoggend dit is vir my so verblydend dat ek nog nie van enige ongelukke gehoor het nie.

              Comment


              • #8
                Re: 22 April 2017

                Wat kan mens sÍ van so 'n belewenis? Ek dink eerstens dat ons 'n groot en almagtige God aanbid. Ek dank Hom dat ek bevoorreg was om dit te kon meedoen.

                Ons het die oggend/aand 12 uur per bus vertrek oppad Bloem toe, vol verwagting en baie opgewonde. Ons het omtrent 6 uur gearriveer en net om die verligte kruise langs die pad te sien het al klaar die atmosfeer geskep. Toe ons stop en uit die bus klim, kon mens omtrent die teenwoordigheid van die Here voel. Ons almal was sommer van nature baie emosioneel. Ek het net uit die bus geklim toe moes ek al die eerste traan afdroog wat oor my wang vloei.

                Ons was gelukkig om relatief naby aan die verhoog te sit. Ons het ons sitplekke uitgepak en toe afgesit na die koppie agter die verhoog. Daar kon mens sien hoe die mense in hulle duisende arriveer. Die geklank van ramshorings weerklink oor die vlaktes. Dit was voorwaar 'n gesig om te aanskou. Ons is toe na die kruise op die buurkoppie. Wat 'n gesig om die massiewe kruise te sien. Dit het vir my net weer onder die indruk gebring van die grootsheid van ons God. Oppad soontoe het ons verby die landingsplek van die helikopters geloop en soos hulle kom land en opstyg het hulle jou vol gras en stof gewaai. Later meer hieroor.

                Vir die volgende aantal uur het die mense aanhoudend aangestroom gekom en het die plek al hoe voller geword. Dit was regtig iets om te aanskou. Toe die lofpryssing begin was die emosie weer hoog en moes die sakdoek oortyd werk en dit vir liedjies wat jy nie eers ken nie. Die teenwoordigheid van God was net so dat jy nie anders kan as om uit dankbaarheid te huil nie. Rondom ons het daar 'n evangelis rondgeloop wat bid vir genesing. Agter my het 'n vrou gesit in 'n rolstoel, 'n elektriese een. Sy het vir haar begin bid en daar staan sy op en loop so 'n ent vorentoe en toe weer terug. Haar man bars in trane uit en ons almal prys die Here. Na die tyd sÍ sy sy voel die heeltyd naalde en spelde in haar bene waar sy voorheen niks gevoel het. Die evangelis deel met ons van ander genesings wat daardie oggend plaasgevind het. Ons besef toe dat ons op gewyde grond staan.

                Aangesien ons gekom het om vir Suid-Afrika te bid, begin ons die geleentheid met die Nasionale lied wat 'n gebed vir Suid-Afrika is. Oom Angus laat ons kniel en bid vir ons eie sonde en sondebelydenis voordat ons kan bid vir ons land. Dit was vir my so spesiaal. Het so skoon gevoel dat ons toe kan intree vir ons land voor 'n Heilige God. Ons het toe almal hande gevat en vir ons land gebid, oud en jonk, man en vrou, swart en wit. Wat 'n voorreg om saam as land voor die Here te kan kniel en Hom te vra om ons land genadig te wees en te seŽn.

                Terwyl ons nog so bid, oom Angus wat voorgaan en ons wat antwoord met Amen, hoor ons 'n geremoer van agter af. Ons kon nie eers verstaan wat gebeur nie. Na 'n ruk kom ons agter dit is die wind wat oor ons waai. 'n Rukwind het ewe skielik oor ons gekom, waar dit eintlik 'n windstil dag was. Die wind het 'n paar hoedens, ballonne en sambreels in die lug in gewaai. Die wind het tot by die verhoog gekom, jy kon sien hoe waai dit binne in en toe is dit weg. Wat so opmerklik was, was dat die wind nie vol stof of gras was, soos met die helikopters nie. Jy het dit net gevoel en dit was dit. Dit het gelyk soos 'n wolk wat wys na die verhoog toe dit klaar was en toe was dit weg. Dit was vir ons almal soos God wat antwoord op die gebed wat ons doen, dat Hy ons gehoor het.

                Ons kon toe huis toe gaan met die wete dat ons land in God se hande is, dat Hy in beheer is en nie die voorvadergeeste of die regering nie. Ons kan weet dat ons op Hom vertrou en dat alles sal gebeur volgens Sy wil en tyd. Die feit dat Satan probeer om mense weer onseker te maak deur die geweld wat uitgebreek het in Lichtenburg en Coligny is net sy poging om mens te verwar. Ons kan nie meer negatief wees oor die toekoms van ons land nie, en indien jy is moet jy liewer stil bly, want jy praat teen God. Soos die tema van die byeenkoms was "It is time" is dit nou die tyd om op te staan vir ons land en God en nie bang te wees nie. Die temaliedjie van die byeenkoms was "I am not a slave to fear. I am a child of God". Soos oom Angus gesÍ het maak nie saak wat die omstandighede is nie, wat ons moet onthou is "But God". Hy kan die see in twee spalt, Hy kan enige iets doen en niks is vir Hom onmoontlik nie. Ook nie om Suid-Afrika te red tot Sy eer nie. Suid-Afrika is 'n Christenland en ons mag nie bang wees om dit te praat en te leef nie. Prys die Here!

                Comment


                • #9
                  Re: 22 April 2017

                  Geskuif na besprekingsdraad.
                  Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                  Comment

                  Working...
                  X