Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gebed asb.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gebed asb.

    Dags al my Lighuis maatjies.

    Ek wil graag weer 'n beroep op julle doen om vir my huwelik en veral die hart van my vrou in gebed in te tree. Dit is nou alreeds 5 jaar dat ons met die swaard van egskeiding oor ons koppe loop. Alhoewel ek volle vertroue het in die beloftes wat die Here aan my gegee het, sal dit vir my baie beteken om te weet dat daar 'n groep gelowiges is wat ook intree vir my huwelik. Het vandag weer van vrou gehoor wat weer wil aangaan met die aksie.

    Ek dank God dat Hy in beheer is en nie my vrou of mense nie. Ek dank Hom ook dat daar nou beweging is, alhoewel dit nou negatief blyk te wees, glo ek dat Hy dit sal gebruik vir Sy doel soos Hy belowe het. Bid dat ek Sy stem sal hoor en gehoorsaam sal wees indien ek iets moet doen.

    Baie dankie

    Kalahari

  • #2
    Re: Gebed asb.

    Goed so - ek het gebid en sal aanhou.

    Mag die Here jou help deur in haar hart te werk, en om deur jou te beskerm, te vul met Sy vrede en om Sy perfekte wil aan jou te openbaar.

    B.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

    Comment


    • #3
      Re: Gebed asb.

      Originally posted by Kalahari View Post
      Dags al my Lighuis maatjies.

      Ek wil graag weer 'n beroep op julle doen om vir my huwelik en veral die hart van my vrou in gebed in te tree. Dit is nou alreeds 5 jaar dat ons met die swaard van egskeiding oor ons koppe loop. Alhoewel ek volle vertroue het in die beloftes wat die Here aan my gegee het, sal dit vir my baie beteken om te weet dat daar 'n groep gelowiges is wat ook intree vir my huwelik. Het vandag weer van vrou gehoor wat weer wil aangaan met die aksie.

      Ek dank God dat Hy in beheer is en nie my vrou of mense nie. Ek dank Hom ook dat daar nou beweging is, alhoewel dit nou negatief blyk te wees, glo ek dat Hy dit sal gebruik vir Sy doel soos Hy belowe het. Bid dat ek Sy stem sal hoor en gehoorsaam sal wees indien ek iets moet doen.

      Baie dankie

      Kalahari
      Ons sal verdrukking h staan daar in Johannes, maar moenie moed verloor nie vrind, Hy het die wreld reeds oorwin...
      The Rapture

      My dearest friends, Im so sorry so sorry
      but I must confess, dont worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      its before Gods wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      its for all the people in the zoo
      think about it and refresh
      you will see theres no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhere


      Comment


      • #4
        Re: Gebed asb.

        Hi Kalahari,

        Ons gesinnetjie het juis nou so tydjie al wat ons 'n ander gesinnetjie in nood probeer bystaan. Ons bid en bemoedig en getuig en bepreek. Ons wens soms daar was 'n gereedskapkissie wat ons net kan nader trek om die probleem net gou reg te maak, maar nee, dit werk nie heeltemal so nie. Net die Liewe Vader kan regtig help. Ons glo dat Hy sal, want ons weet huwelike l vir Hom naby aan die hart.

        Sterkte en shalom vir julle,

        SoS

        Comment


        • #5
          Re: Gebed asb.

          Beste Kalahari

          Ek bid ook vir julle. Mag jy sterk bly staan in jou geloof, en vashou aan SY beloftes, soos ek sien hoe jy ander ook bemoedig, dit is vir my 'n inspirasie.
          Ek bid ook beslis vir jou vrou.

          Comment


          • #6
            Re: Gebed asb.

            Hi Kalahari.

            My hart gaan uit na julle toe. En ek bid vir julle. Ek bid ook dat God julle albei nederig van hart sal maak/hou, buigbaar waar moontlik, akkomoderend waar moontlik, en hardkoppigheid uit jul huwelik sal hou. En dat Hy julle albei met ekstra geduld sal seen om hierdie "rede" (wat dit ookal mag wees) wat tussen julle "is" te kan bespreek in deernis en lankmoedigheid. Sodat dit standhoudens opgelos kan word.

            Comment


            • #7
              Re: Gebed asb.

              Dit is mooi woorde Ben!!

              Mag dit so wees Kalahari!
              MARANA THA!

              Comment


              • #8
                Re: Gebed asb.

                Kalahari

                Hoe gaan dit met jou?
                Ek bid nogsteeds vir julle.....

                Comment


                • #9
                  Re: Gebed asb.

                  Hi BCV

                  Dankie vir die gebede. Het dit nog steeds nodig. Kan nie s dit gaan slegter nie, net dat God aan die werk is. Ek leef in verwagting, maar het nodig om getrou te bly.

                  Sen vir jou
                  Kalahari

                  Comment


                  • #10
                    Re: Gebed asb.

                    God is in beheer. Hy is dankbaar besig met ons en alhoewel dinge rof lyk, is ek vas oortuig in Sy beloftes dat alles ten goede sal uitwerk vir die wat Hom lief het. Dinge wat somtyds vir ons lyk asof daar niks goed van kan kom nie, kom daar goeie vandaan want Hy is in beheer.

                    Ek wil graag vra dat julle nie sal ophou om vir my vrou te bid nie. Ek ervaar dat sy nie juis ondersteuning het nie (wat ek glo God se wil is, want Hy wil h dat sy moet terugkom na Hom), maar dit kan maak dat sy dalk maklik iets onverantwoordelik sal wil doen. Alhoewel God in beheer is kan ons en mag ons Hom vra om ons genadig te wees en haar te beskerm.

                    Dankie dat ek kan weet dat dat julle saam met my bid en dat die gebed van gelowiges waarlik kragtig is.

                    Kalahari

                    Comment


                    • #11
                      Re: Gebed asb.

                      Ai Kalahari, uit baie voorbeelde in die Bybel verstaan ek moet mens eers deur die smeltkroes van beproewing gaan om as 'n eenheid aan die ander kant uit te kom. En is die idee van 'n huwelik juis nie om 'n eenheeid in God te word nie?

                      Ek glo God gebruik hierdie smeltkroes om julle twee saam te smee. Julle moet hierdie sak sout saam opeet om sterk en in eenheid anderkant uit te kom. Gaan ons, die bruid van God, nie maar ook deur die smeltkroes nie? Dis ons metafoor. Ons moet net ons rig op God en aan hom vasklou. Ons as mense sien net tot in die oomblik, maar God sien ons hele toekoms. Hy het ALTYD 'n plan, en raak nie raadop soos ons as mense maar soms geneig is om te doen nie. En hier bemoedig ek ook myself in Jesus Christus. Staan sterk, my vriend.
                      Last edited by Ben Cronje; Sep 27th 2017, 09:44 PM. Reason: By las

                      Comment


                      • #12
                        Re: Gebed asb.

                        Dink SO daaraan: Jy is besig om jou tande te slyp op my in terme van lankmoedigheid en geduld. Ekke is immers nie aldag maklik nie...
                        En soms is 'n tikkie humor en deernis ook nodig.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Gebed asb.

                          Originally posted by Kalahari View Post
                          God is in beheer. Hy is dankbaar besig met ons en alhoewel dinge rof lyk, is ek vas oortuig in Sy beloftes dat alles ten goede sal uitwerk vir die wat Hom lief het. Dinge wat somtyds vir ons lyk asof daar niks goed van kan kom nie, kom daar goeie vandaan want Hy is in beheer.

                          Ek wil graag vra dat julle nie sal ophou om vir my vrou te bid nie. Ek ervaar dat sy nie juis ondersteuning het nie (wat ek glo God se wil is, want Hy wil h dat sy moet terugkom na Hom), maar dit kan maak dat sy dalk maklik iets onverantwoordelik sal wil doen. Alhoewel God in beheer is kan ons en mag ons Hom vra om ons genadig te wees en haar te beskerm.

                          Dankie dat ek kan weet dat dat julle saam met my bid en dat die gebed van gelowiges waarlik kragtig is.

                          Kalahari
                          Sterkte en ek bid vir julle.
                          Amazing geloof, moet nie ophou glo nie....

                          Comment

                          Working...
                          X