Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bespreking oor Kolossense deel 2

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking oor Kolossense deel 2

    Hartlik welkom by die tweede deel van Kolossense. Iemand wat nog nie die eerste deel gelees het nie kan hierheen gaan om dit eers te lees.


    "Dit s ek sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie"
    (Kol. 2:4).

    Hier by Kol. 2:4 begin die skrywer om te s wat die eintlike doel was waarvoor hy die brief geskryf het. Ons het reeds net voor die bespreking van Kol. 1:15 (plasing no. 20 op daardie draad) stilgestaan by die posisie van Kolossense in die die stel boeke van Paulus wat aan die gemeentes geskryf is. Daaruit het dit duidelik na vore gekom wat die doel van Kolossense is. Dit is 'n vermaning teen valse leringe, en meer spesifiek, teen die leringe wat die groot nuwe onderwysing van die boek Efesirs omver wil werp.

    Paulus se oproep in hierdie vers is: Verstaan en glo die een nuwe Waarheid van die bedeling van genade. Dit gaan oor die Waarheid van Jesus Christus as God se openbaring vir hierdie tyd. God het 'n nuwe rol vir die bedeling van genade aan Christus toegeken. Hy staan nie nou meer, soos op aarde in die bediening van Israel om die beloftes van die aartsvaders aan hulle te bedien nie (Rom. 15:8 ). Jesus verteenwoordig nou in sy liggaam God se nuwe uitreik van genade na die ganse mensdom (Kol. 1:27 - "onder die heidene"). Hierdie bediening van Hom moet verstaan, geken en gerespekteer woord. Dit moet ook teen enige lering wat daarmee in stryd is, verdedig word. Dit is wat Paulus nou hier in Kolossense doen en waarmee hy nou spesifiek begin hier by 2:4.

    "Dit s ek ..." Alles wat hy tot dusver in die brief ges het, veral van 1:15 - 2:3, is ges om nie sommer maar net 'n lekker ligte sedeprekie te wees nie. Dit is ges as harde, vaste en fundamentele lering waaraan die valse leringe van verleiers getoets moet word. Paulus het geen plek vir kompromie nie, en ons mag dit ook nie h nie. Die waarheid is die waarheid en die leuen is 'n leuen. Met watter doel skryf Paulus in Kolossense? Ons vers s dit duidelik. Ons moet dus, nou dat ons 2:4 gelees het, weer van vooraf 1:15-2:3 vers vir vers oorlees en gaan kyk hoe die skrywer in elke vers 'n verleidende verkeerde lering aan die kaak wil stel. Hier volg nou enkele voorbeelde van "Dit s ek ...":

    As Jesus die Eersgeborene van die ganse skepping is, dan beteken dit dat Hy self nie geskape is nie want Hy is te onderskei van die skepping. As Hy die beeld is van die onsienlike God, dan beteken dit dat dit wat van God geken en verstaan kan word, in Jesus aan ons bekend gemaak word. As die ganse skepping deur Hom tot stand gekom het (1:16), dan beteken dit dat Hy self God is. Ons kan God nie ken sonder Jesus nie. In die Ou Testament het God gepraat deur profete, tekens, wonders, engele ens. Miljoene Christene soek nog na sulke openbaringe van God. Maar God praat nie nou meer so nie (Hebr. 1:1). Mense wat nog na sulke openbaringe van God soek, is besig met valse misleiding. Hulle verwerp God se gekose bediening en openbaring vir vandag. Kortom: hulle verwerp Jesus Christus sonder om dit self reguit te s.

    As Jesus deur die kruis alles met Homself versoen het en aan die kruis vrede gemaak het (1:20), dan beteken dit dat die skeiding wat tot by Hand. 13 tussen Israel en die nasies bestaan het, opgehef is. Dan beteken dit ook dat elke enkele mens op aarde, gered of ongered, eintlik in beginsel in 'n totaal nuwe posisie staan t.o.v. God. Miljoene mense is nog ongered, maar die versoening is reeds vir hulle bewerk. As mense dus hulle eie verlossing deur 'n proses van boetedoening tot stand wil bring, is dit 'n valse lering wat afgewys moet word. Die boetedoening is aan die kruis afgehandel. God aanvaar geen ander boetes as dit nie. Hy wag nou vir mense om in geloof daardie betaling te aanvaar en dankie te s, ook met 'n lewe wat verander het en aan God toegewy is.

    Ons sou ook nog baie meer van vers 20 kon s. Byvoorbeeld, as versoening en vrede aan die kruis tot stand gebring is, dan is dit 'n gelykmaker tussen alle mense. Hoe kon Jesus alle mense versoen het, maar nog steeds saggies in die geheim s nee, maar Hy red net die wat Hy uitgekies het. Dit is 'n sinnelose verdraaiing van die evangelie van vandag en is weereens 'n voorbeeld van mense wat vasgesteek het by die beginsels wat gegeld het in die tyd van Israel toe die Here 'n verbond net met Israel gehad het.

    En nou het ons nog steeds nie alles van vers 20 ges nie. So moet ons aangaan en al die verse deurgaan van 1:15 tot 2:3. Want Paulus s tog nou duidelik vir ons hier in 2:4 dat al die goed in daardie verse ges is sodat ons nie deur enige drogredes verlei moet word nie. Ons het dus geen keuse nie, ons moet ook die valse leringe aan die kaak stel aan die hand van dit wat ons hier in die eerste hoofstuk van Kolossense lees. Mense s ons is negatief as ons altyd net valse leringe veroordeel. Hulle s ons is liefdeloos. Is dit waar? Wat help 'n liefde wat toelaat dat 'n valse lering ongehinderd rondom jou floreer terwyl jy nie 'n woord daarteen s nie? Dit is tog die kruks van die vers wat vandag voor ons oop is en ook die wat in die hele Kol. 2 behandel gaan word.

    Ja, mens kan liefdeloos optree in die proses wat jy ander veroordeel. Moet dus nooit mense veroordeel nie. Tree konsekwent in liefde teenoor hulle op. Veroordeel net die leuen, sodat die groot wonderbare nuwe waarheid van ons bedeling in ere in stand gehou mag word.

    "sodat niemand julle mag verlei nie". En die groot hartseer is dat Paulus, toe hy hierdie woorde ges het, reeds geweet het dat die meeste van die mense wel verlei sou word (Hand. 20:28-32). Vandag se "moderne" gees van "glo net en alles sal regkom" (maak nie saak wat jy glo nie), was reeds in Paulus se tyd aan die orde. Hy het hard daarteen baklei en op die ou end byna die stryd verloor. Bloedweinig het tot die einde by hom bly staan. Die evangelie het totaal vervlak en aards geword en is in 312 nC. tot staatsgodsdiens verklaar en het so in die hande van die Rooms Katolieke misleiding verval. Dit het meer as 1000 jaar gevat om iets (net iets, nie alles nie) daaruit te red. Let dus asseblief op die uiters duur les van die geskiedenis. Wees bitter jaloers oor die waarheid van die Bybel. Verdedig dit met groot liefde en lankmoedigheid, maar hou aan om vas te staan en weier om enige kompromie aan te gaan.

    Die Griekse woord vir verlei in hierdie vers is paralogiztai. Dit is nogal 'n mooi beskrywende woord: "Langsaan redeneer". Pasop hiervoor mense, aaseblief, pasop. Dit is altyd wat gebeur as mense mislei word. Mense kom na jou toe met redenasies wat langsaan die Bybel is. Goed, hulle praat wel oor iets wat in die Bybel is, maar die eintlike argument is gewoonlik langsaan die Bybel. En onthou: Die Bybel is in dispensasies opgedeel. Daar is baie goed binne in die Bybel wat vandag ook eintlik langsaan die Bybel is, soos kommunikasie met engele, besnydenis, offers in die tempel, die verbond met Israel, die wet, ens. ens. Maar moet nie skrik nie. Ons weet baie goed wat vandag vir ons binne in die Bybel is. Gaan lees weer Kol. 1:25, 26 en ons kommentaar daarmee saam (plasing # 32 en 33 op daardie draad).

    Paulus was maar alte bewus van die valse leringe wat in Asi die ronte gedoen het. Hy het ook presies geweet wat die oplossing daarvoor was: Kennis van die geheimenis. Dit is, die kennis van die evangelie van Jesus Christus vir vandag soos dit nooit in vorige bedelings geken is nie. As jy hierdie waarheid ken, dan het jy sekerheid, vrede en blydskap in die waarheid.

    Groete en staan vas in die genade waarmee julle vrygemaak is.

    David

  • #2
    Van wie praat die Apostel nou eintlik hier in Kolossense?

    Kom ons gaan kyk gou 'n bietjie dieper in die agtergrond tot Kolossense. Voordat ons aangaan met die Bybelstudie self moet ons nou meer duidelikheid kry oor die tipe dwalinge wat hier bestry word. Die ouens wat die kommentare skryf doen dit gewoonlik reg aan die begin van hulle boeke voordat hulle met hoofstuk 1:1 begin, maar ek het so bietjie daarmee gewag. Nou dat die leser 'n redelike idee het van die trant van die apostel se gesprek, gaan dit dalk nog makliker wees om die bespreking van die dwalinge van Kolossense te verstaan en in plek te plaas.

    Moet nie die bespreking wat nou gaan volg ligtelik opneem nie. As jy dit verstaan gaan dit jou myle se voorsprong gee om die boek nog beter te waardeer. Onthou: Kolossense het nie in die jaar 2008 uit die hemel geval met 'n boodskap wat direk aan ons gerig is nie. Hy is byna 2000 jaar gelede onder inspirasie van die Heilige Gees geskryf om 'n spesifieke historiese situasie die hoof te bied. Hoe beter ons van daardie historiese situasie bewus is, hoe meer sal ons instaat wees om die boek se boodskap raak te interpreteer en dan ook te "vertaal" en oor te bring na ons vandag.

    Ons het nou ook 'n draad geopen waar Lighuisers na hartelus kan deelneen aan die bespreking van Kolossense. Maak daarvan gebruik, of dit nou positief is of negatief, maak nie saak nie. Dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor die beter verstaan van die Bybel.

    Comment


    • #3
      Die kettery in Kolossense

      J.B. Lightfoot het die volgende oor die Brief aan die Kolossense te s: Die leerstelling oor die Persoon van Christus word hier met die grootste noukeurigheid en volheid behandel, meer as in enige van Paulus se ander briewe. Die rede daarvoor was dat die kettery in Kolossense grootliks op die Persoon van die Here Jesus gerig was. Dit was dus noodsaaklik dat die Apostel die leerstelling oor Hom as Persoon noukeurig en in al sy volheid sou beskryf om die valse leringe daaroor te weerl. As ons die waarhede in Kolossense ten volle wil verstaan, moet ons eers kennis neem van hierdie kettery.

      Getuienis vanuit die brief dui aan dat die kettery waarmee Paulus hier te doen gehad het, uit twee integrerende dele bestaan het. Sy verwysing na die onderhouding van die Sabbat en die nuwemaan, sy onderskeiding van vleis en drinkgoed (spys of in drank) en sy verwysing na die besnydenis, dui op die element van Judasme in die stelsel. Sy verwysing na n selfopgelegde nederigheid en verering van die engele, die harde behandeling van die liggaam en n meerderwaardige wysheid, dui aan dat hy met n Gnostiese element te doen het. Die woord Gnosties kom van die Grieks gnōsis wat kennis beteken. Dit is die naam waarmee n intellektuele oligargie (regering deur n paar verhewe persone) benoem word. Dit is n paar mense wat hulself bo alle ander mense stel as sou hulle hierdie hor kennis besit.

      Ons kyk nou na Gnostisime as stelsel. Hierdie denkrigting het hulle met twee vrae bemoei. Eerstens, hoe kan die skepping verklaar word? En tweedens, wat is die oorsaak vir die bestaan van boosheid? Hierdie twee vrae het die volgende probleem geskep: Hoe kan n mens die skepping van die wreld en die bestaan van boosheid met mekaar versoen as God die volkome Wese is? Met ander woorde, hoe versoen jy die feit van n heilige God as Skepper met n heelal waarin daar sonde is? Die Gnostici het as volg geredeneer: As God die skepping uit niks geskep het en dit direk uit Homself voortgebring het, kon Hy uit die aard van sy heiligheid nie n bose heelal tot stand gebring het nie. Andersins word mens na die onmoontlike slotsom gedryf dat God boosheid geskep het dit is aan die ander kant onmoontlik omdat Hy heilig is.

      Tog bly die feit van n heilige God en n bose heelal staan; dus moet die Gnostikus antwoord. Hy doen dit deur die teorie van n antagonistiese grondslag, onafhanklik van God, waardeur Sy kreatiewe energie teengestaan en beperk is. Hierdie grondslag van boosheid beskou die Gnostikus as die wreld van materie. Dus reken hy dat boosheid in die stoflike heelal leef. Dan vra die Gnostikus die volgende vrae: Hoe is skepping dan moontlik? Hoe kan die Oneindige met die eindige kommunikeer en die goeie met die bose? Hoe kan God teenoor materie handel? God is volgens hom perfek, volkome, onverstaanbaar.

      Die Gnostikus beantwoord sy eie vrae deur te s dat die probleem opgelos word deur die teorie dat God Homself tydens die skeppingsdaad moes beperk het. Daar moes die een of ander evolusie of uitstraling van God gewees het. Daar was n ontkieming of ontwikkeling van God. Hierdie eerste ontkieming het n volgende tot gevolg gehad totdat die proses voltooi was. Hoe meer die uitstralings geword het, hoe verder het hulle van die Godheid beweeg. As gevolg daarvan het die goddelike element in die uitstralings vervaag totdat dit so verspreid was dat kontak met materie moontlik was en die skepping het plaasgevind. So is die gaping tussen n heilige Skepper en materie wat volgens die Gnostici boos is, gevul deur hierdie uitstralings wat so ver van God af versprei is. Hierdie skeppingsdaad kan dus nie as n aksie van God beskou word nie. Op hierdie manier skuif hulle die Here Jesus as tussenpersoon uit (Joh. 1:3), asook die feit dat God n vloek op die perfekte skepping geplaas het as gevolg van sonde (Rom. 8:20). Paulus s in laasgenoemde teks dat die skepping aan die nietigheid onderworpe is. God het die skepping as vrugteloos beskou in soverre dit Hom verheerlik het.

      Uit hierdie filosofiese spekulasies het twee opponerende etiese kodes ontwikkel: n onbuigbare asketisisme (askese totale afsondering van die bose wreld) en n bandelose lisensie. Die probleem waarmee die Gnostici te kampe gehad het, was: Hoe kan n mens materie se verderflike invloed vermy om tog sy hor aard onbevlek te hou?

      Die antwoord was, volgens een groep, n onbuigbare asketisisme. Alle kontak met materie moet tot n minimum beperk word. So sal die materile deel van die mens ingeperk en doodgemaak word. n Mens behoort min te eet en nie te trou nie. Om die vleis van n dier te eet, is verbode. Die salwing van die liggaam met olyfolie noodsaaklik in warm gebiede is verbied.

      Vir andere het so n negatiewe houding min en onvoldoende resultate gehad. Hulle het geredeneer dat materie oral is. Niemand kan kontak daarmee vermy nie; daarom moet jy n algehele onbetrokkenheid teenoor die sinnelike wreld ontwikkel. Jy moet op geen manier aan materie dink nie, maar slegs jou eie impulse volg. Dit herinner mens aan die gedragsielkunde van vandag. Hierdie groep het gedink dat die asketiese beginsel materie as belangrik beskou, dus het hy misluk om onafhanklik van materie te leef. Die werklike rel van die lewe is om materie as iets vreemds of vyandigs te beskou; iets waarteenoor jy geen plig of verpligting het nie en wat jy kan gebruik of ongebruik kan laat soos jy verkies. Hierdie filosofie het tot n bandelose lisensie gelei.

      Gnostisisme, soos dit hierbo beskrywe is, het geen verband met die Christendom nie. Dit was n Joodse sekte, genaamd die Esseners, wat dit in die belydende Christelike Kerk ingebring het. Die Essene was n mistiese groep en lede van n broederskap. Die karaktertrek van die Essenisme was mistiese spekulasie aangaande n onbuigbare asketisisme.
      Tog het die Esseners ook n streng toepassing van Mosaese rituele in hul stelsel gehad. In hul streng onthouding van werk op die Sabbat het hulle ander Jode ver oorskadu. Hulle sou nie n vuur aansteek of n pot oplig nie. Hulle sou nie die mees basiese lewensfunksie verrig nie. Die hele dag is aan godsdienstige oefeninge en die uitlegging van die Skrifte gewy. Naas God is Moses met die hoogste gesag vereer. As iemand Moses se naam ydelik sou gebruik, het hy die doodstraf gekry.

      Die Esseners het baie verder as die Mosaese wette gegaan. Die huwelik was vir hulle n gruwel. Om die voortgang van die orde te verseker, het hulle kinders aangeneem. Party het die huwelik as noodsaaklik beskou om die ras voort te laat gaan, maar het dit tog as n boosheid beskou. Die Esseners het geen wyn gedrink en geen vleis geet nie. Hulle het van brood en groente geleef. Hulle het geweier om hul liggame met olyfolie in te vryf, al is dit n geval van lewe en dood in warm lande. Hulle het alle natuurlike drange veroordeel en probeer om hulself van alle fisiese leeftoestande te bevry. Bykomend tot hierdie praktyke was die Esseners sonaanbidders. Teen dagbreek het hulle tot die son gebid asof hulle dit soebat om op te kom. Hulle sou alle besoedelende voorwerpe begrawe sodat dit nie die strale van die god sou beledig nie.

      Die Esseners het nie in die opstanding van die liggaam geglo nie, maar het in die nadoodse siele-lewe geglo. Dit is natuurlik in aansluiting by hulle teorie dat alle materie boos is. Hulle het beweer dat die siel in die liggaam vasgevang was soos n gevangene in n tronk. Dit sou slegs na die dood bevry word omdat dit dan uit die liggaam kon ontsnap. Hulle het die bloedoffers van Judasme verwerp en het in plaas daarvan bloedlose offers as geskenke na die Tempel gestuur. Hulle het engele as wesens beskou wat aanbid moes word. Soos die Gnostici wat hulself daarop beroem het dat hulle die uitsluitlike reg op godsdienstige geheime het, het die Esseners hulle geheime leerstellings gehad wat die besit van n eksklusiewe paar mense was. Hulle het geweier om dit met ander te deel, behalwe ingewydes in hul orde.

      Hierdie vals leerstellings en praktyke het in die plaaslike gemeente van Kolossense ingesluip. Paulus se brief aan hierdie kerk was daarop gemik om hierdie praktyke te beveg. Een van hierdie foute was n intellektuele oligargie in godsdiens, naamlik dat slegs n uitverkore paar mense n monopolie in hor wysheid het. Die Apostel bestry dit deur vir die algemeenheid van die evangelieboodskap te betoog. Paulus het egter sy aanvalsmetode verander terwyl hy by hierdie leerstelling bly. Hy was nie daar om teen n nasionale eksklusiwiteit in godsdiens deel van die Farisers se Judasme - te betoog nie, maar teen die intellektuele eksklusiwiteit in die godsdiens van die Esseners wat eintlik n groter gevaar vir die evangelie was omdat dit verraderlik en mooiklinkend was. Paulus vermaan elke mens en onderrig elke mens in elke wysheid sodat hy elke mens volmaak in Christus Jesus voor kan stel. (Kol. 1:28 ). Die woord volmaak is deur die Gnostici vir hul lede van die eksklusiewe groep wat die hor wysheid besit, gebruik.

      Die Gnostici het baie van wysheid (sophia), intelligensie (sunesis) en kennis (epignōsis) gemaak. Paulus gebruik die taal van die Gnostici en verwerk dit tot die hor sfeer van die Christelike denke. Die Apostel stel die valse wysheid van die Gnostisisme teenoor die ware wysheid van die evangelie. Die inwydingsrituele van hierdie Gnostici waardeur sekeres in hul orde gewy is, was geheime dade. Paul stel daarteenoor dat al die skatte van wysheid en kennis verborge is in die allesomvattende verborgenheid, die kennis van God in Christus (Kol. 2: 2, 3). Die term verborgenheid was vir die Gnosici n bevoorregte ho kennis slegs vir ingewydes. Vir Paulus word hierdie term die algemene bekendmaking van God se wonderbare nuwe evangelie vir alle mense van alle nasies.

      Paulus moes ook die Gnostiese lering van opeenvolgende uitstralings vanaf die Godheid bestry, asook die engele bemiddelaars wat vir die skepping verantwoordelik was en die hoofskap van die geestelike skepping wat die Here Jesus se plek as Skepper van die heelal en Hoof van die Kerk ingeneem het. Die Apostel beveg hierdie valse leerstellings deur te s dat alle dinge deur Hom en tot Hom geskape is en Hy is die hoof van die Liggaam, naamlik die gemeente (Kol. 1: 16, 18 ).

      In teenspraak van die lering van die Gnostici dat die goddelike uitstralings in engele vasgevang is, verklaar Paulus dat die plērōma of oorvloed (ganse volheid) van die Goddelikheid permanent in Jesus Christus woon (Kol. 1: 19). Vir die algehele goddelike wese gebruik die Gnostici hierdie woord plērōma of oorvloed (ganse volheid). Paulus s dat Jesus Christus nie slegs die Eersgeborene van die hele skepping is nie. Hy is die Beeld van die onsienlike God in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is (Kol. 1: 15,16). Paulus het uit noodsaak die brief aan die Kolossense geskryf om die Gnostiese kettery te beveg en dit is met reg dat Biskop Lightfoot kan s: Die leerstelling oor die Persoon van Christus word hier met die grootste noukeurigheid en volheid behandel as in enige van Paulus se ander briewe.

      Ongelukkig word daar nie nou meer nuwe briewe van Kolossense geskryf vir elke nuwe kettery wat in die moderne tyd op die toneel verskyn nie. Ons taak as Christene is dus om nuwe ketterse rigtings te gaan beoordeel aan die hand van die positiewe uitsprake van die persoon van Jesus Christus wat hier in Kolossense voorkom en die brief dan te gebruik, nie net om die Gnostiek te beveg nie, want hulle bestaan nie meer nie, maar om volgens die metode wat ons hier sien, alle nuwe ketterse rigings onder die oordeel van die uitsprake van die Woord te bring.

      Baie groete en ek hoop dat die inligting vir julle van waarde sal wees.
      Elsa Malan

      Comment


      • #4
        Kol. 2:5 - Standvastigheid

        'n Vriendelike goeie more aan alle Lighuisers

        "Want al is ek ook in die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus"

        Paulus sit in die tronk terwyl hy hierdie goed skryf, meer as duisend kilometer wes van Kolosse. In die vlees is hy afwesig, maar in die gees teenwoordig. Die mense s hierdie woord "gees" verwys na sy menslike gees en daarom is dit ook met 'n kleinletter gespel, maar ek wonder darem. As mens nou wil hare kloof dan kan jy s dat die mens se gees eers sy liggaam verlaat nadat jy doodgegaan het. Paulus kon dus streng gesproke nie in sy menslike gees by die Kolossense gewees het nie.

        Ek wil voorstel dat "gees" hier tog met 'n hoofletter geskryf moes gewees het en dat dit wel na die Heilige Gees verwys. Dit is nie ons eie gees wat ons as Christene saambind nie, meer God se Heilige Gees. Die Heilige Gees het van Paulus besit geneem en Hy het ook van die Christene in Kolosse besit geneem. Daarom kon Paulus inderdaad met goeie reg s dat hy in en deur die Heilige Gees ook daar by hulle teenwoordig was. Hy kan dit s omdat die Een wat daar by hom in die tronk teenwoordig was, ook op dieselfde tydstip by hulle in Kolosse teenwoordig was.

        God en Jesus Christus is dus alomteenwoordig deur die Heilige Gees. Steve Hofmeyr s dat God nie vir hom bestaan in begrippe soos Almag, alwetendheid en alomteenwoordigheid nie. Hierdie is net filosofiese begrippe wat in elk geval op logiese gronde nie kan bestaan nie. Hy het ook ges dat hy nie een enkele slapelose nag sal h as hy moet uitvind dat Jesus nie God is nie. Sy aanbidding van Jesus gaan nie daaroor dat hy God is nie, maar dat hy so 'n mooi voorbeeld nagelaat het.

        Ons mense swerm agter hom aan soos 'n klomp bye en ek glo hy het 'n geweldige invloed op baie van hulle se denke. Maar dit is nie net omdat hy so s nie, dit is in elk geval die moderne tydgees waarin ons ons bevind. Nou kry hulle hier 'n groot populre figuur wat vir hulle 'n nuwe moderne geloofsisteem saamstel wat nie gebonde is aan enige leerstelling of enige uitspraak van die Bybel nie. Nou sal ons moet besluit. Gaan ons nog luister wat Paulus hier s dat hy hierdie goed skryf sodat ons nie drogredes ten prooi moet val nie? As Steve se uitsprake, wat deur honderde duisende opgeraap word deur Paulus se woorde van waarskuwing gelonstraf word, dan is Steve se leringe een van die drogredes waarteen die apostel ons hier waarsku.

        Ek sal nie Kol. 2:5 aanhaal as 'n vers wat die alomteenwoordigheid van God bewys nie, maar vir my is dit tog meer as waarskynlik dat dit die alomteenwoordigheid van God se Gees is wat Paulus se teenwoordigheid "in die Gees" in Kolosse moontlik gemaak het.

        Paulus sit in die tronk in Rome. Vir 'n lang tyd was sy tronk 'n huis waar soldate hom 24 uur opgepas het. Paulus het nie veel anders te doen gehad as om die soldaat dop te hou nie. Vandaar sy ongelooflike akkurate beskrywing van die stryd van die Christen in Ef. 6. Die soldaat se toerusting is die beeld wat gebruik word om die stryd van die Christen te verduidelik. Nou is hier in ons vers ook twee militre terme wat die geloof verder verduidelik. Orde en standvastigheid. Hierdie tweede term, standvastigheid, kan direk teruggevoer word na die paraatheid of standvastigheid van die "skoene aan die voete" in Ef. 6.

        Let op dat die skoene aan die voete in Ef. 6 nie "bereidheid" beteken soos sommige vertalings meen nie, maar "paraatheid". 'n Soldateskoen gee nie "bereidheid" nie, maar "vastrap" en standvastigheid in die geveg. As jy daardie skoene aan het, kan mense jou nie sommer maklik rondstoot nie. Staan op die rots van Jesus Christus en sy een evangelie soos dit vir die kerk van vandag openbaar is.

        Paulus was bly oor die orde en standvastigheid van die Christene in Kolosse. Dit is dan nou hierdie twee kwaliteite van hulle geloof waarop hy verder wil voortbou in hierdie brief deur seker te maak dat hulle die regte goed sal glo. Orde bestaan as daar 'n vaste stel reels is soos in die "army". Dit is nou presies die goed wat deur Steve Hofmeyr en die moderne tydgees verwerp word. Steve gaan sover om ook die proses wat tot die finale samestelling van ons Bybel gelei het, te bevraagteken. Hy staan dus 'n geloofsisteem voor wat totaal op losse skroewe gebou is. Paulus glo aan orde. Sy "dit s ek ..." van vers 4 is ook 'n beskrywing van die vaste, ewige en onbuigsame waarhede van die geloof. Geloof is orde en orde is gebou op vaste Bybelse leringe.

        Jy kan nie orde in jou geloof h as dit wat jy glo vir jou vaag, aanpasbaar en onverstaanbaar is nie. As jy met mense praat s hulle "gaan praat maar met my predikant, hy sal vir jou s". 'n Predikant is deesdae vir mense soos 'n prokureur of dokter of motorwerktuigkundige. Jy het hierdie mense nodig want hulle doen vir jou goed wat jy self nie kan doen nie. Ek betaal die predikant en daarom hoef ek nie self te verstaan wat in die Bybel aangaan nie - soos die prokureur doen hy dit vir my. En die meeste predikante is doodgewillig om so 'n rol te vervul. Paulus s nee, hy lei sy lidmate almal op om ook "leraars" te word. Asseblief mense, vastigheid van geloof is nie iets wat 'n predikant vir jou kan doen nie, al betaal jy hom ook wat.

        In die weermag moet almal die reels ken. Die voetsoldaat moet net so goed soos die generaal weet wat daar op die slagveld van jou verwag word. Alleen dan kan daar sprake wees van orde in die weermag. Oor die term vastigheid is daar nie veel anders te s nie. In die weermag leer jy eers orde en dissipline, dan kom die vastigheid. Mense voel veilig in 'n sisteem van orde en dissipline. Maar dit gaan natuurlik nie soseer oor die veilig "voel" nie, maar oor veilig wees. Waar is die vastigheid in jou geloof? Is dit nie in Jesus Christus en die feite in verband met Hom wat ons in 1:15-23 geleer het nie? En let op: In die weermag kan elke soldaat nie self besluit oor sy eie orde en vastigheid nie. Daar is net een orde vir die hele weermag (Ef. 4:4-6). Dit is ook nie die sinode van 'n groot kerk wat die orde sal bepaal nie. Daar is net een orde en dit is reeds in die Bybel bepaal.

        Moet nie jou tyd mors met oortuigings, gevoelens en ervarings van mense nie. Gaan verdiep jou in die een orde van God in sy Woord. Dit bring standvastigheid.

        Groete in die guns van God se genade.
        David

        Comment


        • #5
          Kol. 2:6 - 'n Model vir Christelike optrede!

          Wees gegroet in God se guns en genade!

          "Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom"

          Die vorige vers gaan oor die vastigheid en orde van die geloof in Christus. Mense wat aan Hom behoort, moet presies weet wat hulle aan Hom het. Daar is niks van "of", "miskien", "dalk" en "as" nie. Die ware identiteit van Jesus, sy plan, bedoeling, werkswyse en uiteindelike doelwit met ons is nie dinge waaroor ons onduidelikheid mag h nie. Die boek Kolossense wil ook baie seker maak daarvan. Dit is waaroor dit gaan in 1:15-23. Hierdie verse is die basis van dit alles. Ons het dit al 'n paar keer ges en sal dit weer doen tot aan die einde van ons studie van hierdie brief. Die waarhede van 1:15-23 is nie goed om net een keer te lees en dan te vergeet en na die ander goed aan te gaan nie. Die hele res van die boek word daarop gebou en ons moet elke keer weer daarheen terugkeer.

          Ons vers gaan vandag oor die Christelike lewenswandel. Vir mense van alle ander godsdienste is hulle godsdienstige praktyk 'n wet en 'n poging van die mens om God te behaag. Maar feit van die saak is dat alle wette wat in die wreld bestaan, ook godsdienstige wette, nog altyd oortree is en nooit daarin geslaag het om die mens se gedrag te verander nie. Inteendeel, Romeine s dat die wet die mens eerder nog slegter gemaak het. Ons vers is totaal anders. Ons Christelike lewenswandel is NIE 'n wet nie en is ook NIE 'n poging om God te behaag nie. Dit is, soos die vorige vers reeds s, 'n standvastige en ordelike geloof in Jesus Christus. Ons kan God nie behaag met ons pogings nie - dit sal altyd ver tekortskiet. Daarom is daar 'n middelaar: Jesus Christus. Aan die kruis het Hy God se wil volkome namens ons uitgevoer.
          Moderniste orals rondom ons s nou dit maak nie saak wie Jesus is nie. Ek hoef Hom nie te ken nie. Hy kan maar God of mens of wat ookal wees. Al wat belangrik is, is dat Hy vir ons 'n mooi voorbeeld nagelaat het. Mense, asseblief. Hierdie is een van die grootste drogredes wat daar nog ooit oor die Christendom uitgespreek is. Met so 'n standpunt word die Christendom weer net 'n wet en 'n poging van die mens. Daar is niks ordelik en standvastig nie. Daar is ook niks wat innerlik, binne-in ons teenwoordig is om die Christelike lewe namens ons te kom leef nie.

          1. Ons vers s die Christelike lewe is 'n voortsetting van die wyse waarop ons Jesus aangeneem het. Ons het Hom as Here aangeneem. Ek sien in hierdie enkele vers geweldig baie van dit wat reeds in Galasirs aangebied is (3:1-3). Jy het die nuwe lewe as 'n geskenk van God aanvaar - verniet en uit genade. Nou kan jy tog nie weer terugkeer en weer vanself probeer om God te behaag en die wet te gehoorsaam nie. Toe jy Hom aangeneem het, het jy reeds afstand gedoen van jou eie pogings wat misluk het, so hoe kan jy nou weer jouself in die prentjie inbring wanneer dit oor die Christelike lewenswandel gaan? Dit waarvan jy afstand gedoen het, moet jy nie nou weer terugvat nie, asseblief.

          2. As jy, toe jy Christen geword het, Hom as Here aangeneem het, dan moet Hy Here in jou lewe bly. In Paulus se taal beteken dit nie eers dat Jesus die bevele gee en dat jy dit gehoorsaam nie. Dit beteken meer as dit. Dit beteken dat jy jouself as dood ag en dat die enigste erkende lewe in jou Jesus Christus is.

          3. Nog 'n implikasie van hierdie vers is dat die Christelike lewenswandel 'n beginpunt het. Dit begin daar waar jy Jesus as Here aangeneem het. As jy dit nog nie gedoen het nie, lees jy verniet die Bybel en jy gaan verniet kerk toe. Dit gaan jou niks help nie. Die Christelike lewenswandel kan nie aangeleer word soos in ander godsdienste nie. As jy 'n Hindu wil word. dan sit jy 'n rooi vlag voor jou huis op en die vrou verf 'n rooi kol tussen haar o en nog 'n paar ander dinge. As jy 'n Moslem wil word, dan trek die vrou 'n lang swart gewaad aan en versluier haar en die man trek 'n lang rok aan met 'n hoedjie op die kop en hy gaan Moskee toe. As jy 'n Jood wil wees, dan laat jy jou besny en sit ook 'n keppie op jou kop en laat vir jou lang sybaarde groei en nog 'n paar goed. Wat doen jy om 'n Christen te word? Party sal s jy laat jou doop en jy gaan kerk toe en jy gee aalmoese, ens. Nee, asseblief nie. Jy doen niks. Jy glo en jy neem Jesus Christus aan as Here in jou lewe.

          4. Ja, daar is ook baie imperatiewe in die Christelike lewe - dinge wat gedoen moet word en ander dinge wat gelos moet word. Maar daar is tog 'n baie groot verskil. Jy kan in der ewigheid nooit met hierdie goed begin nie. Dit kan jou nie 'n Christen maak nie. Seremonies en rituele is in elk geval heeltemal uit. Dit mag nie meer bestaan nie. Meer daaroor later in hierdie hoofstuk. Hierdie vers s Christenskap begin en eindig in Jesus Christus. Soos wat jy begin het, so moet jy ook eindig - in totale afhanklikheid en eenheid met jou Here, Jesus Christus. Laat die dinge wat as Christen gedoen moet word, alleen gedring word deur die liefde van Christus wat in jou brand.

          Hartlike groete in ons Here, Jesus Christus

          Comment


          • #6
            Kol. 2:7 - Word opgebou in Christus!

            Gegroet weereens in die Christelike liefde van ons Here!

            "Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangenaam het, wandel so in Hom, reeds gewortel en daagliks opgebou in Hom om voortdurend sterk gemaak te word in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging"

            Vandag praat ons net oor een ding: die tye van die werkwoord soos dit in vers 6 en 7 voorkom. Nee, dit is nie veronderstel om 'n vervelige les in taalkunde te word nie! As jy die werkwoorde in die twee verse verstaan, gaan die bedoeling van die skrywer en die kragtige waarheid van die evangelie jou soveel duideliker aanspreek! (Ek het myself veroorloof om die aanhaling van vers 6 en 7 hierbo so 'n bietjie aan te pas om die tye van die werkwoorde daarin beter te laat uitkom.)

            Vers 6 begin met die gewone verlede tyd. "Soos julle Jesus aangeneem het". Ons praat dus hier van 'n eenmalige, momentele aksie wat in die verlede gedoen is en wat nie weer herhaal word nie. Mens neem Jesus net een keer as Here aan! Goed, in die praktyk kan dit wees dat mense dit meer as eenkeer doen. Miskien was hulle onseker as gevolg van sonde wat nog in hulle lewe was en dan voel hulle nog steeds verlore. Baie, miskien selfs die meeste Christene, doen dit dan weer en weer. Maar selfs vir hulle kan daar nie ges word dat hulle die Here nou meer as eenkeer aangeneem het nie. Ook vir hulle sal Paulus hier s: "Julle het Jesus een keer, eens en vir altyd aangeneem!" Van God se kant af gesien is dit iets wat net eenkeer en vir altyd gebeur!

            As die aanneem van Jesus 'n proses is wat herhaal moes word, dan sou ons verwag dat die apostel eerder hier sou skryf: "Soos julle besig is om Jesus aan te neem". Maar natuurlik, dit is nie wat hier staan nie.

            In teenstelling met die aanneem wat in die verlede tyd is, is die "wandel" in die teenwoordige tyd. "Wandel voortdurend so in Hom".

            Dit bring ons dan by die eerste werkwoord in vers 7: "gewortel". In Grieks is die werkwoord in die perfektum passief. Perfektum is, soos die verlede tyd, 'n aksie wat in die verlede plaasgevind het, maar, in hierdie geval duur dit steeds voort tot in die huidige. Die passief dui daarop dat die handeling nie deur die persoon self gedoen is nie maar vir hom gedoen is. In aansluiting by vers 6 sien ons die verband nou duidelik. Op die selfde tydstip toe die Kolossense (en ons) die Here aangeneem het, is ons ook gewortel in Hom. Die aanneem is eenmalig en kan nie weer herhaal word nie. "Gewortel in Hom" het ook daar plaasgevind, maar dit beskryf terselfdertyd 'n toestand waarin ons dan voortdurend verkeer van daardie tyd af.

            "Aanneem" is iets wat die mens moet doen of moes gedoen het. As jy dit nog nie gedoen het nie, dan is nou die beste tyd. Maar "gewortel" kan ek en jy nie doen nie. Dit gebeur wanneer ons die Here aanneem en dit bly so vir altyd. Ons moet dit wel weet en dit glo en ons lewe inrig as Christene wat in Christus gewortel is. Wat doen 'n wortel? Hy bring kos, water en groei na die plant toe. Hy verleen stewigheid, standvastigheid en permanensie aan die plant. Het jy ook al gedink dat mens Jesus aanneem net om 'n kaartjie te h om te kan hemel toe gaan? Hierdie vers s die eerste gevolg daarvan dat ons Jesus aangeneem het, is dat ons "gewortel is in Hom".

            Nou kom ons by die tweede werkwoord van vers 7: "opgebou". Dit is nou weer 'n ander tyd van die werkwoord. "Aangeneem" was verlede tyd, "gewortel" was perfektum passief, terwyl "opgebou" in die teenwoordige tyd passief is. In hierdie geval moet ons egter nie dink dat passief beteken dat ons in passiwiteit moet sit en wag om opgebou te word nie. Ek dink nie dat passiewe Christene so lekker opgebou word nie. Die werkwoord is wel met goeie rede in die passiewe vorm want dit is God deur sy Heilige Gees wat ons opbou en nie onsself nie. Die stene wat Hy gebruik om ons op te bou is die stene wat Hyself in die Bybel vir ons voorsien. Dit is die leringe van die evangelie van God se genade wat ons opbou in die geloof.

            Vandag verstaan ek dit en ek stem volkome saam dat hierdie werkwoord in die passiewe vorm geskryf moes wees, maar ek weet terselfdertyd dat as ek nie met die Bybel besig gaan wees nie, dan gaan hierdie proses van my opbou maar baie stadig en wankelrig verloop. As Christene kan ons nooit s dat ons onsself opbou nie. Bybelstudie is nie soos skool of soos enige ander kursus nie. Dit gaan gepaard met gebed. Die Heilige Gees het hierdie wonderlike waarhede geskep en in die Woord tot ons beskikking gestel. Die Heilige Gees werk ook verder daaraan om die sin van Christus in ons te plaas (toe ons Hom aangeneem het - 1 Kor. 2:13-16) sodat ons die dinge kan verstaan en kan glo en daarin opgebou kan word.

            "Opgebou" is verder, anders as die eerste twee, in die teenwoordige tyd geskryf. Opbou kan nooit in die verlede tyd wees nie. 'n Christen se persoonlike bouproses is nooit klaar nie. Daar moet elke dag aan gewerk word. Moet nie toelaat dat daar stof op jou Bybel vergaar nie. Moet nie die kommunikasie tussen jou en Christus (in wie jy gewortel is) laat opdroog nie. Die Heilige Gees wil elke dag bou aan jou geloofslewe. Skep gereeld die geleentheid waar Hy met die werk kan voortgaan.

            Dit bring ons nou by die vierde werkwoord: "bevestig". Hierdie woord is net soos die vorige een ook in die teenwoordige tyd en passief. Dit is dus ook iets wat voortdurend elke dag deur die Heilige Gees in ons gedoen moet word. Die woord beteken om iets sterk, stewig en stabiel te maak. Ons kry presies dieselfde begrip in Rom. 16:25, hoewel dit 'n ander Griekse woord is wat daar gebruik word. Die woord stridzai (Rom. 16:25) beteken ook, vas, stewig en sterk maak. Julle het seker al gehoor van die sportmanne en vroue wat hulleself nog sterker wil maak. Hulle gebruik steriode. Dit kom van hierdie woord in Rom 16:25 af. Wel, die vers in Rom. 16 s vir ons baie duidelik waarmee ons sterk gemaak moet word. Ons steroids is die verborgenheid! Dit is die evangelie van die genade van God! Ons word sterk met die lering van die dispensasie wat in alle geslagte voor Paulus verborge was!

            Dit is dus nie verniet dat Paulus hier in Kolossense 1:24-2:3 die verborgenheid so sterk beklemtoon het nie. Ons moet duidelik verstaan dat daar onder die bediening van Paulus in 'n baie groot mate 'n "nuwe begin" gemaak is. Vir die eerste keer in die heilsgeskiedenis van die Bybel word die leringe van die kruis, verlossing, versoening, ewige sekerheid en ons hemelse posisie saam met Christus ten volle geken en geleer. Dit is die lering wat ons volgens hierdie vers en Rom. 16:25 sterk moet maak. Dan staan daar: "So is julle geleer". Paulus het hierdie lering van die nuwe bedeling aan die lig gebring. Dit is hierdie leer wat ons sterk sal maak.

            Dit alles moet gebeur in die konteks van oorvloedige danksegging. Wel, as julle nog nie mooi verstaan het waarom byna al die werkwoorde hierbo in die passief moes wees nie, dan weet julle dit nou. Hierdie goed is nie dinge soos in ou Israel wat deur die nakoming van wette bewerkstellig word nie. Dit is enkel en alleen die gawe van God se genade. Daarvoor moet ons oorvloedig dankie s. Die werkwoord is in hierdie geval 'n deelwoord. "Terwyl julle oorvloedig is ...". Die woord is periseuntes. Dit is iets wat ver te bowe gaan, baie meer as wat verlang word. Moet dus asseblief nie spaarsamig wees as julle vir die Here dankie s nie! Ons is tog by dit alles verkondigers van die bediening van Genade, en genade is in Grieks ook dieselfde woord as "dankie".

            Op hierdie woord van guns, dank en genade sluit ons af tot volgende keer.
            David

            Comment


            • #7
              Kol. 2:8 - Die eerste beginsels

              Welkom by ons studie van Kol. 2:8

              "Pas op dat iemand julle nie as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van mense, volgens die eerste beginsels van die wreld en nie volgens Christus nie"

              Mense wat slimmer as die Bybel is, maak gewoonlik gebruik van filosofiese argumente, tradisies, oorleweringe van mense en van die eerste beginsels van die wreld. Kom ons kyk eers na die "eerste beginsels". Die Griekse woord is stoigeia en word 7 keer in die NT gebruik. Vyf keer deur Paulus en twee keer deur Petrus. Die twee keer wat Petrus die woord gebruik, gaan dit oor die "elemente" wat sal brand en vergaan wanneer die aarde tot niet sal gaan. Ek glo nie Petrus het die elemente wat kinders vandag in wetenskap leer al geken nie, maar hy het ten minste al 'n paar daarvan geken soos goud, silver en lood. Hierdie goed, s hy, sal alles vergaan wanneer die aarde tot niet sal gaan.

              Maar die vyf keer waar Paulus die woord gebruik, kry ons 'n heel ander betekenis. Wanneer Paulus s stoigeia, dan bedoel hy daarmee, die uitgediende ou beginsels en instellings van die wet. Bv. die besnydenis, die Sabbat, offersisteem, feesdae, dopinge, of enige poging om God deur 'n wet te behaag. Dit sal beslis die moeite loon om al vyf die verse by Paulus te gaan naslaan en vergelyk (Gal. 4:3, 9; Kol. 2:8, 20; Hebr. 5:12).

              Nogal nie toevallig nie dat die woord in Galasirs en Kolossense voorkom. Onthou julle dat ons by ons eerste studiestuk by Kol. 1:15 verwys het na die feit dat Galasirs en Kolossense die twee boeke van teregwysing is. Hier word Christene tereg gewys om hulle leer in ooreenstemming te bring met Romeine en Efesirs. Wanneer mense foute begaan in hulle lering en ketterse leringe begin aanhang, dan is die ou beginsels van die wet dikwels ter sprake.

              Dit is vandag nog so. Dwalinge vandag wat maar net nie van die stoigeia kan wegkom nie, is die Israelvisie (hulle s die blankes van vandag is Israel), die Sewende dag se Adventiste (hulle sit die Sabbatswette voort), die Jahovas getuies (verwerp die nuwe openbaring in die NT oor die Godheid van Jesus Christus en gryp terug na die Jehova van die Ou Testament), die Verbondsteologie van baie groot kerk (steek vas by God se verbond met Israel en bou n hele teologie vir die kerk daarop terwyl die verbond met Israel eintlik totaal uitgefaseer is), die rekonstruksioniste wat ook maar n vertakking van die gereformeerde verbondsteologie is (hulle wil die morele wet van die Ou Testament weer in ere herstel en Christene onder die wet terugplaas), die Wesleyaanse teologie (wat die Ou Testamentiese leer van bekering so sterk voorop stel dat mens gered word deur self jou rug op die sonde te draai) en les bes, die kerke wat leer dat mense, soos in die Ou Testament, seremonieel met water afgewas moet word om by hulle te kan aansluit. Hulle glo nie dat die wassing deur die bloed van Christus eens en vir altyd genoegsaam is nie.

              Ek dink nie die lysie is al volledig nie. Gaan dink self verder na oor die massiewe invloed van stoigeia in die Christelike kerk van vandag. En maak geen fout nie, hierdie goed is belangrik, baie, baie belangrik. Hou vas aan enige een van hierdie stoigeia en jy verkleineer onmiddellik vir Jesus Christus. As jy s mens word gered deur bekering, dan verkleineer jy die waarde van die kruis van Christus. Dan het Jesus verniet aan die kruis gesterf. As jy glo aan feesdae en die Sabbat, dan maak jy van die Christelike geloof, wat geestelik veronderstel is om te wees, n uiterlike fisiese seremonie wat in ons tyd totaal nutteloos is. Het julle gesien dat die woord vir nutteloos ook in ons vers voorkom? Al hierdie filosofie en mooi klinkende leringe van mense is nietige misleiding Die werklike inhoud daarvan is n groot nul. As jy met hierdie goed daarin geslaag het om Jesus Christus te degradeer, dan sit jy met n groot nuttelose nul. Die stoigeia, die filosofie, die menslike oorleweringe en kultuur is in die geloofslewe totaal nutteloos en n mors van tyd.

              Behalwe die stoigeia (x2) in Galasirs en die stoigeia (x2) in Kolossense, het julle gesien dat dit ook een keer in Hebrers voorkom met presies dieselfde betekenis as in Galasirs en Kolossense. In Hebrers beteken stoigeia ook die eerste beginsels van die OT en nie die elemente van die aarde soos by Petrus nie. Nou wil ek n baie maklike vragie vra: Waar hoort Hebrers tuis? By Paulus of by Petrus?

              Wel, hierdie is beslis nie die enigste rede of die belangrikste rede waarom ek glo dat Paulus Hebrers geskryf het nie. Daar is n magdom ander redes. Maar hierdie klein versie gee vir my n baie mooi aanduiding dat die besondere betekenis wat Paulus aan n woord gekoppel het (in teenstelling met andere wat dit anders gebruik het) presies net so in Hebrers herhaal word. Ek glo onteenseglik dat Paulus Hebrers geskryf het. En wanneer julle stoigeia in Hebr. 5:12 gaan nalees, lees ook verder die eerste paar verse van hoofstuk 6 vir n beskrywing van die stoigeia, tesame met Hebr. 9: 9,10 en dan vers 11 wat weereens, net soos hier in Kol. 2:8, vir Jesus Christus stel teenoor die stoigeia.

              Ja, dit is hoe ons vers eindig. Jesus Christus het gekom om die plek in te neem van al die stoigeia. Hy moet jou lewe totaal en al vervul en in al jou geestelike behoeftes voldoen. Mense wat met wettiese voorskrifte en gestrengheid en wat nie nog alles nie vir Jesus probeer help, is besig met n bitter gevaarlike speletjie. Hulle is besig om in die woorde van hierdie vers hulle eie geloofsisteem te runeer en dit totaal nutteloos te maak. Gaan maak vir jouself n lysie. Vat n vel papier en trek n streep in die middel van bo na onder. Skryf aan die een kant n opskrif stoigeia en aan die ander kant Jesus Christus. Skryf dan onder die stoigeia alles wat jy by Paulus se 5 verse en die ander verse in Hebrers wat daarmee saamgaan, oor die stoigeia leer. Aan die ander kant van die streep skryf jy alles wat jy in Kol. 1:15-23 van Jesus Christus leer. Aan die einde van dit alles, maak jou keuse vir eens en vir altyd tussen die twee. Dit is die een of die ander een. Dit kan nie altwee wees nie. Ons vers maak dit tog so duidelik: Jesus Christus staan teenoor die stoigeia.

              Gaan lees dan sommer ook 1 Kor. 1:17 en vergewis jouself van die feit dat waterdoop wel n wassing is wat in Hebr. 9:9,10 afgewys word en dat dit neerkom op n verydeling van die kruis van Christus. Mense kan nie sien dat hulle volkome gewas word deur die bloed van Christus nie, maar water kan hulle wel sien en voel. Nou kies hulle weereens een van die stoigeia om vir Jesus te help om hulle te was. Sal dit nie 'n wonderbare ongelooflike heerlike dag wees as die Christendom sover kan kom om al die stoigeia uit te gooi en Jesus Christus alleen in sy volle glorie te dien nie? Wel, ons weet dit, die verleiding neem toe. Ons gaan waarskynlik nie in hierdie aardse lewe so 'n dag beleef nie. Maar skep moed. Kolossense wys vir jou die regte pad aan. Maak vandag jou keuse om Jesus alleen te dien en al die eer net vir Hom te gee.

              By die wegraping, wat baie naby is, sal die stoigeia wat vandag in baie kerke vol in die blom staan, verbrand word (1 Kor. 3:12-15). So, miskien was Paulus en Petrus se idee oor die stoigeia ook nie so heeltemal verskillend nie. Stoigeia is by Petrus en Paulus albei iets wat eendag verbrand moet word. Paulus s'n word by die wegraping verbrand en Petrus s'n by die eindoordeel. Moet nie wag vir die wegraping nie. Verbrand daardie goed sommer nou sodat jy waarlik vry kan wees om Jesus ten volle 100% te dien.

              Groete in die volkome vryheid van Jesus Christus.
              David

              Comment


              • #8
                Kol. 2:9 - Jesus is God

                Welkom weereens in die kring waar ons die volle heerlikheid van die Godheid van Jesus Christus erken en eer!

                "Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik"

                So nou en dan kom ons in die Bybel af of 'n kort versie wat in 'n neutedop 'n verreikende, ewige, verligtende waarheid van Jesus Christus en sy evangelie uitspel. Kol. 2:9 is by uitstek so 'n vers. Daar is nog 'n rede waarom hierdie vers uitstaan in die briewe wat direk aan die kerk van vandag, die liggaam van Christus, geskryf is: Die sleutelwoord in die vers kom net een keer in die Bybel voor! Kom ons gee hierdie vers in ons nadenke ten volle die plek en die tyd wat dit verdien!

                Die woord waarvan ons praat is Godheid. Of maak ons dalk 'n fout? Kom die woord dalk ook in Rom. 1:20 voor? Die verskil tussen die woorde in Rom. 1:20 en Kol. 2:9 is nie in alle vertalings duidelik nie. In die ou Afrikaanse vertaling is ons egter gelukkig dat in Romeine daar staan "goddelikheid" terwyl dit in Kolossense "Godheid" is. Die King James Version wat normaalweg 'n betroubare Engelse vertaling is, verwar die twee woorde. Beide word weergegee met "Godhead". In Grieks is die een in Romeine "theiotes" en die een in Kolossense is "theotes".

                Let op dat Rom. 1:20 praat oor God se eienskappe - sy krag en sy werke in die natuur waardeur Hy geken kan woord. Ons almal kan die goddelikheid in die natuur raaksien. Dit het nie toevallig ontstaan nie en is nie deur 'n mens gemaak nie. God self is die oorsprong daarvan. Tog kan ons nie in die sin van Kol. 2:9 "Godheid" in die natuur sien nie. Die bome, berge en riviere is nie "God" nie. "Pantesme" is 'n soort geloof wat god in alles raaksien en wat die natuur aanbid. Dit is nie hoe ons daaroor dink nie en ook nie die Bybel nie en daarom is daar in die Bybel in Rom. 1:20 en Kol. 2:9 twee verskillende woorde gebruik.

                Kol. 2:9 praat nie soos Rom. 1:20 van dinge waaruit die godheid afgelei kan word nie, dit praat oor die werklike wese van God self. Jesus Christus is dus nie soos die bome en die berge maar net 'n bewys dat God wel bestaan nie, nee, Hy is self volkome vol van die Godheid.

                Steve Hofmeyr sal nie ontsteld wees as hy op 'n dag agterkom dat Jesus nooit God was nie, hy het dit dus reeds vermoed. Maar ek is nogal taamlik seker van iets wat Steve wel sal ontstel. By die wegraping gaan hy agterkom dat al die mense wat geglo het dat Jesus waarlik God is, skielik almal weg is. Ek is seker dat hy dan wel 'n slapelose nag of twee mag h, veral as hy besef dat hy dalk 'n paar duisend mense mislei het om sy drogrede te glo. In die lig van die drogredes wat ons vandag in die gesig staar, is Kol. 2:9 net so aktueel soos die dag toe Paulus die vers laat opteken het.

                Die Gnostiek wat in Paulus se tyd hoogty begin vier het, het Jesus ook net gesien as 'n verskynsel van die goddelikheid. Hy was vir hulle soos die engele een of ander uitstraling van die goddelikheid. Hy was 'n tweede of derde klas afgeleide verskyningsvorm van God. Daarom het hulle ook nie geglo dat hy werklik 'n menslike liggaam gehad het nie. Hy was soos 'n sigbare verskyning van 'n engel. Nee, s Paulus in ons vers, Jesus het 'n liggaam en die volheid van die Godheid woon in sy liggaam. In die lig hiervan kan die werklike bedoeling van ons vers nog duideliker verstaan word.

                Afgodsdienaars aanbid "god" deur sigbare tekens van die goddelikheid soos die natuur, beelde, portrette en gebeurtenisse. Hulle het geen begrip daarvan om persoonlik deur Jesus Christus God te ontmoet nie. Ons aanbid nie 'n eienskap of manifestasie van God nie, ons aanbid God self wat in persoon Hom na ons neergebuig het, in ons kom woning maak het en ons reeds saam met Hom na die hemel geneem het.

                Die waarheid van Kol. 2:9 staan vir alle tye. Die werkwoord is "woon" (voortdurende teenwoordige tyd). Voordat Hy mens geword het, was God se volheid reeds in Jesus (soos in Kol. 1 gesien), tydens sy aardse bediening was dit die geval en nou waar Hy aan die regterhand van God sit om ons te verteenwoordig is dit nog steeds so.

                Paulus se antwoord aan die valse leraars van sy tyd, beide die wat die stoigeia aangehang het en die afgodsdienaars en ook die Gnosiek, is Jesus Christus. Letterlik s hy vir hulle: Nee mense, julle is verkeerd, want al die volheid van die Godheid woon liggaamlik en vir altyd in Jesus Christus.

                In 'n groot mate is hierdie vers 'n herhaling van dit wat ons reeds in 1:19 gehad het, maar 'n doellose herhaling is dit nie! Dit is 'n kardinale belangrike punt wat in alle eeue deur vervalsers van die evangelie bestry is en nog steeds bestry word (meer as ooit tevore). Daarom word die punt duidelik, kort en kragtig, sonder enige moontlikheid dat dit misverstaan kan word in twee verskillende kontekste herhaal. In hoofstuk een vorm dit deel van die beskrywing van die wese van Jesus Christus. In hoofstuk twee vorm dit deel van die apostel se antwoord aan die vervalsers van die evangelie.

                Die praktiese implikasies van hierdie waarheid kring baie wyd uit. Die volgende vers (1:10) sal ons help om behoorlik daaroor na te dink. As ons Jesus aangeneem het, dan is God self elke dag in ons lewe. Daarom gaan bid ons nie in 'n tempel of moskee of in 'n kerk nie, ons gaan nie op na die altaar in die kerk om daar "nader" aan die Here te kom nie, ons aanbid nie beelde en kruise nie en ons brand nie kerse nie, ons wag nie vir "spesiale dae" wat ons vier en wat ons "nader" aan die Here kan bring nie, ons trek nie spesiale klere aan om die Here nader aan ons te bring nie, ons ondergaan geen rituele om die Here by ons te h of by ons te hou nie.

                Maar asseblief, die waarheid van "God in Christus" en "Christus in ons" kan ons nie net laat dink aan dinge wat ons nie doen nie. Dit moet bowe al ons sterk onder die oortuiging bring van wat ons wel gaan doen. Gaan dink nog verder hieroor na tot ons volgende keer praat oor die waarheid van "God in Christus" en "Christus in ons" na aanleiding van Kol.1:10.

                Nou groet ek weer, maar die band wat ons in God saambind, bly vir altyd.

                Comment


                • #9
                  Kol. 2:10 - Die Christen se heel grootste besitting

                  Welkom aan almal wat streef na die volheidslewe!!

                  "En julle het die volheid in Hom wat die hoof is van alle owerheid en mag"

                  Kom ons begin vandag by moontlik die grootste waarheid van vers 9 en 10. Die Heilige Gees het in die woorde van die twee verse vir ons 'n belangrike koppeling gegee wat ons nie mag miskyk nie. Vers 9 praat van die volheid van God en vers 10 s julle is vol gemaak. Dit is basies dieselfde woord wat in die twee verse gebruik word en ek glo dat vertalers dit moet raaksien en in die vertaling ook dieselfde woord moet gebruik om aan te toon dat hierdie gedagtes direk met mekaar in verband staan. Aan Christus behoort die volheid van God en presies om daardie rede is ons nou ook vol gemaak deur Christus se inwoning in ons.

                  Ongelukkig is die koppeling in sommige vertalings nie so duidelik nie. In die King James staan daar bv. in vers 9 fulness en in vers 10 complete. As mens so vertaal, is die betekenis steeds reg, maar die koppeling tussen die twee, wat dieselfde moes wees, gaan verlore. Die woorde in Grieks is pleroma en pepleromenoi. Die eerste is 'n naamwoord en die tweede 'n werkwoord maar dit kom van dieselfde woord af. Die eenheid tussen die twee woorde maak die voortgang in gedagte baie duidelik. Die eerste woord s wat Christus is en die tweede een s wat ons in Christus het.

                  Die volheid van God in Christus het ons ook vol gemaak. Ons is volledig afgerond, vervul en geestelik volmaak in ons status voor God. Die argument is dat dit volslae oorbodig, ongewens en onvanpas is as ons as Christene sou probeer om nog enige iets aan ons geestelike posisie te probeer toevoeg. As jy dit doen, beteken dit jy is totaal onkundig oor dit wat Christus na jou gebring het. Godsdiens (wat nie behoort te bestaan nie) is vol van menslike pogings om deur voorskrifte, rituele, seremonies en streng reels die mens se geestelike posisie te verbeter. Dit kan nie en dit mag nie. Dit werp 'n refleksie op die volkomenheid wat Christus vir ons gebring het. Dit is ook waarom die ritueel van die waterdoop in 1 Kor. 1:17 sterk afgewys word: Dit verydel die kruis van Christus.

                  Wat is heiligmaking? Hierdie begrip word geweldig misverstaan. In die metodisme word dit gesien as 'n tweede genadewerk van God in die mens waar ons, nadat ons Christene geword het, weer deur 'n krisis van innerlike reiniging moet gaan om heilig voor God te kan word. Dit spreek vanself dat so 'n siening totaal in botsing is met die leer van Kol. 2:9,10. So 'n lering van heiligmaking s direk dat jy, wanneer jy Christus aangeneem het, nie vol gemaak is nie en nie voor God Heilig is nie. Dit is 'n lering van mense wat die evangelie van die genade van God ontken en 'n menslike ervaring van innerlike reiniging wil plaas in die plek van dit wat Christus vir almal wat Hom aangeneem het, kom doen het.

                  Bestaan daar dus nie so iets soos heiligmaking nie? Natuurlik is daar. Paulus praat baie daarvan. Maar let op: Christus is ons heiligmaking. Kol. 2:10 is ons heiligmaking. Lees ook 1 Kor. 1:30. As jy Jesus aangeneem het, kom jy in jou geestelike status niks meer kort nie. Jy het dit alles. Ek is nie bereid om Kol. 2:10 in te kort en geweld aan te doen deur te s: "Ja, maar ...., op voorwaarde dat ..., net as ons ook dit en dat ..." Nooit nie! Hierdie goed staan nie hier geskryf nie. Hier word geen voorwaardes en toevoegings of kwalifikasies genoem nie, ook nie op enige ander plek in Kolossense nie. Al wat hier staan is: "Julle is volkome vol gemaak in Christus."

                  Die vorm van die werkwoord in 2:10 beklemtoon net wat ons reeds hier ges het. In Grieks is dit in die perfektum passief. Dit verwys na 'n daad van God wat net een maal in die verlede gebeur het en wat voortdurend en vir altyd in die toekoms sy effek op ons het. Verder s dit ook (passief) dat dit nie jy is wat dit gedoen het nie, maar God in Christus vir jou. Al wat jy nou nog kan doen is om dit te leer ken, te glo en van harte te aanvaar en God daarvoor te loof en dank.

                  Het heiligmaking dan niks te doen met ons praktiese lewe nie? Gaan dit net oor God se daad van volkomenheid in ons? Nee, heiligmaking het duidelik praktiese implikasies! Kyk bv. na Rom. 6:22. "Nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe". Waar is ons vrygemaak van die sonde? Onthou, sonde is in die enkelvoud hier, naamlik die toestand van sonde. Waar is ons daarvan vrygemaak? Natuurlik toe ons Jesus aangeneem het. Toe ons gered is. En terselfdertyd het ons daar die vrug tot 'n heilige lewe ontvang. By verlossing is ons vry gemaak van die sonde en het die heiligmaking in beginsel ontvang. Hierdie heiligmaking moet nou uitgewerk word na buite. Daarom staan daar "tot heiligmaking".

                  Heiligmaking is 'n inplanting van God in ons lewe wat kom saam met verlossing (1 Kor. 1:30). Dit het twee betekenisse. Eerstens is dit 'n status van volkomenheid en heiligheid wat God uit genade op grond van de geloof aan jou toeken as jy Hom aanneem. Dit is die gawe van God aan almal wat Hom aanneem, selfs al het daar nog steeds sondes en swakhede in jou lewe oorgebly (wat altyd die geval is). Tweedens beteken heiligmaking dat jy nou jou lewe daaraan toewy om hierdie status van heiligheid waardig te wees. Jy begin nou om jou volkome heiligmaking prakties uit te leef. Jy stel jou lede diensbaar aan God. Dit is die praktiese uitwerking van heiligmaking (Rom. 6:19).

                  Die twee aspekte moet nie met mekaar verwar word nie. Jy kan jou nie heiliger maak deur diensbaarheid aan God nie. Heiligmaking in beginsel kom van God alleen. Jy ontvang net die opdrag om hierdie heiligmaking te erken, te glo en jou daaraan toe te wy om dit prakties te demonstreer. Dit is jou lewenstaak, eerstens in die binnekamer en dan ook waar jy werk, kuier en speel.

                  Die groot klem in Kol. 2:10 is die dinge wat ons op grond van ons volkomenheid in Christus nie moet doen nie. In 'n neutedop staan hier: Moet nie 'n valse godsdiens bedryf waardeur jy vir jouself dinge probeer doen wat God in Christus klaar volkome gedoen het nie. Kol. 2 is 'n bestraffing van valse leringe en daarom is dit in di konteks waarin ons Kol. 2:10 eerstens moet verstaan.

                  Maar tweedens sal ons tog ook wil kyk na die positiewe implikasies van hierdie wonderlike vers. Ons het reeds daaroor gepraat. Neem kennis van God se heiligmaking in jou. Moet dit nie gering skat nie. Koester dit, bewaar dit, benut dit as jou kosbaarste kleinnoot. Versorg dit en maak seker dat dit sal groei en baie sterk sal word in die praktiese uitlewing van jou geloof. Die bron van jou volkomenheid is Christus en niks anders nie. Die praktiese uitwerking daarvan is egter jou verantwoordelikheid, in konsultasie en eenheid met God se Heilige Gees.

                  Nou groet ek weer in die pleroma van Jesus Christus
                  David en Elsa

                  Comment


                  • #10
                    Kol. 2:11 - Aflegging van die sondige vlees

                    In die genade en vrede van Jesus Christus!

                    "in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te l in die besnydenis van Christus"

                    Hierdie is nog steeds dieselfde sin as vers 9 en 10 en is 'n uitbreiding van presies dieselfde saak wat daar bespreek word. "in wie julle ook ..." s tog duidelik dat die gedagte van die vorige verse hier voortgaan en dat die Heilige Gees ons hier nog meer leer van wat met ons gebeur het op daardie dag toe ons Jesus aangeneem het en so met God vervul is. Die stoigeia het in ons Christelike belewenis geen plek meer nie (sien 2:8 ). Jesus vervul ons totaal en daarom het daardie goed geen plek meer nie. Wel, die besnydenis wat hier van gepraat word is ook een van die stoigeia, maar tog is die lering daarvan nog steeds nuttig om ons nou, in plaas van 'n vleeslike ritueel, 'n wonderbare nuwe geestelike waarheid te leer.

                    Dit is miskien die hoofklem van vers 11. Ons word opgeroep om geestelik te begin dink. As jy nog aan jou Christelike geloof dink as 'n godsdiens, reels en regulasies, vleeslike verordeninge, sigbare, hoorbare en voelbare manifestasies en ervaringe, dan gaan jy dit swaar h om die diep geestelike waarheid van Kolossense te snap en te aanvaar. Hoofstuk een het dit ook male sonder tal beklemtoon dat ons nou in 'n nuwe dispensasie is. Die stoigeia wat in die vorige bedeling baie prominent op die voorgrond was, bestaan nou nie meer nie. Dit word nou net gebruik om geestelike waarhede te illustreer.

                    Eerstens moet ons raaksien dat, terwyl die ou besnydenis met hande verrig is, die nuwe een vir jou gedoen is sonder dat enige mens daarby betrokke was. Die "is gedoen" aspek van hierdie besnydenis kom na vore uit die passiewe vorm van die werkwoord, gekoppel met die verlede tyd. Dit is iets wat eens en vir altyd deur die Heilige Gees gedoen is. Toe jy Jesus aangeneem het, het die Heilige Gees jou sondige liggaam ingesluit saam met die liggaam van Jesus Christus wat aan die kruis gesterf het (Rom. 6:4; Gal 5:24). In die o van God kan jou liggaam as geredde mens, nie meer onder die oordeel van God staan nie. Jou sondige vlees is afgesny. Dit behoort nie meer aan jou nie. Jy kan nie meer sondig in die sin wat verlore mense sondig nie. As jy dit wel doen, is dit nie meer jy nie, maar die ou liggaam wat nie meer aan jou behoort nie.

                    Baie Christene maak beswaar teen so 'n lering in die evangelie. Nee, s hulle dit is onmoontlik. Ons kan nie sommer so maklik die eie verantwoordelikheid van sonde van ons wegstoot nie. Dit sal veroorsaak dat mens roekeloos en onverskillig word. Jy kan nou maar doen wat jy wil en die Here gaan dit nie meer teen jou hou nie. Op hierdie aanklag het ons basies twee antwoorde: Eerstens is dit nie Christene wat hierdie lering van die evangelie uitgedink het nie. Dit staan hier in ons vers en in baie ander verse in die Nuwe Testament. Rom. 8:1 s "Daar is nou geen veroordeling meer nie". Rom. 8:3 s dat God iets kom doen het wat die wet altyd probeer het maar nooit in kon slaag nie. Saam met Jesus Christus het Hy ons ou sondige vlees kom veroordeel en sy krag en effek tot niet kom maak. Erken Christene nog die krag en die werklikheid van hierdie wonder-daad van God in hulle lewe?

                    Verder moet ons die kritici antwoord deur te s dat hulle redenasie verkeerd is. Die feit dat die ou sondige vlees van ons weggeneem is en nie meer op ons rekening geplaas gaan word nie, sou wel in 'n roekelose en ongeredde mens tot wanorde en onverskilligheid kon lei. Maar nie in 'n kind van God wat waarlik sy Here ontmoet het nie. Pas dus op vir wie jy hierdie waarheid leer. Dit is nie iets wat vir ongeredde mense bedoel is nie! Mense wat die inplanting van die nuwe lewe in hulle omdra, loof en prys God vir so 'n wonderbare daad van bevryding. Vir hulle is dit die grootste daad van bevryding wat hier op aarde aan gedink kan word. Hulle sal nooit hierdie waarheid omdraai en dit teen God gebruik om moedswillig teen Hom te sondig nie.

                    Die tweede aanduiding dat ons hier met 'n suiwer geestelike waarheid te doen het, is die apostel se pertinente kwalifikasie dat hierdie 'n besnydenis is wat nie met hande verrig word nie. Afgesien daarvan dat dit iets is wat vir jou gedoen is, is dit in elk geval met geen mens se hande gedoen nie. Kry meer duidelikheid oor hierdie geestelike besnydenis in Rom. 2:29. Dit het hoegenaamd niks met die liggaam te doen nie. Wat 'n wonder-waarheid is dit nie hierdie nie! God het deur sy Heilige Gees in my lewe ingegryp met die besnydenis van die Gees! Loof Hom daarvoor!

                    Laastens moet ons oplet dat hierdie die besnydenis van Christus genoem word. Dit word so genoem omdat hierdie besnydenis ons vir altyd identifiseer met Jesus Christus. Die keuse is joune. Jou liggaam behoort aan jou, jy is in beheer, jy neem die finale besluite en jy staan ook pa en dra die gevolge van al jou dade. Sien jy kans daarvoor? Is dit wat jy wil h? Dit is die posisie waarin die oorgrote deel van alle mense is - selfs ook baie Christene wat nie weet van die besnydenis van Christus nie of nie daarvan wil weet nie. OF - Jy kan kies om die besnydenis van Christus in die geloof te aanvaar, afstand te doen van jou liggaam en sondige vlees en God te loof en dank vir hierdie bevryding. Leef van nou af in die Gees en moet nie daarop ingestel wees om die vlees te bevredig nie.

                    Nou moet julle my verskoon as ek net so vinnig-vinnig spring na vers 12. Die volgende vers is nog steeds dieselfde sin en dit begin met die woord "omdat" wat die twee verse verder met mekaar koppel. So, mense asseblief! Kan ons nou vir 'n slag 'n bietjie eerlik word met die Bybel. As ons nou hier in vers 11 gekyk het na al die opstapelings van bewyse dat hierdie 'n uit en uit geestelike waarheid is, waar kom die mense dan daaraan om in vers 12, wat dieselfde sin is en met "omdat" begin, dan skielik te s nee, vers 12 praat nie meer van 'n geestelike waarheid nie, dit praat van 'n ritueel wat met die hande verrig word! Dink hieroor na. Ons praat volgende keer oor vers 12.

                    Gegroet in die geestelike krag van Jesus Christus
                    David Malan

                    Comment


                    • #11
                      Kol. 2:12 - Ons geestelike doop

                      Hartlik welkom in die guns en genade van Christus

                      "Omdat julle saam met Christus begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het."

                      Van watter doop praat Kol. 2:12?

                      1. Die woord "omdat" verbind vers 11 en vers 12 en daarom praat die twee verse van presies dieselfde saak. Vers 11 praat van ons geestelike besnydenis en ons het gesien hoe 'n geweldige groot geestelike oorwinning dit vir ons ingehou het. Nou kan mens maklik vra: "Maar hoe is so iets moontlik?" Hoe het die Here dit gedoen? Vers 12 antwoord baie duidelik: "Omdat ons saam met Hom begrawe is in die doop." Dus: Die groot geestelike gebeurtenis van die vorige vers is die waarheid. Dit is 'n werklikheid ..."omdat ons saam met Hom ..." Kan jy sien wat hier gebeur? Vers 12 is die bewys van die waarheid van vers 11. Dit is presies dieselfde saak. Die woord "omdat" s nou klaar vir my dat die groot gebeurtenis van vers 11 hier vasgel word. As dit die geval is, dan moet vers 12 net so geestelik wees soos vers 11. 'n Bad vol water kan nie vir mens die geestelike ervaring gee wat vers 11 van praat nie. Net Jesus kan dit gee, en dit wat Hy gee, kan net deur die geloof aanvaar word.

                      2. Dan kom ons vervolgens by die woord "begrawe". Is die waterdoop 'n begrafnis? Is daar een enkele voorbeeld in die Bybel waar die waterdoop bedien is waar dit ook 'n begrafnis genoem is? As daar is, dan weet ek nie daarvan nie. Die waterdoop is nooit, maar nooit 'n begrafnis nie. As ons hierdie punt ingesien het, sal ons die tweede rede waarom vers 12 beslis nie van die waterdoop praat nie, goed verstaan. Maar waarom word hierdie doop dan 'n begrafnis genoem? Eenvoudig omdat daar wel 'n doop in die Bybel is wat met 'n begrafnis gepaard gaan. Dit is Jesus se doop in sy eie dood. Jesus het 'n beker gehad om te drink, sy lyding, verwerping en kruisdood (Matt. 20:22,23) en die verse s hierdie beker was terselfdertyd ook sy doop. Kyk ook na Luk. 12:50. "Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word en hoe benoud word ek totdat dit volbring is." Nou het die Bybel gepraat en ons moet luister. Die enigste doop in God se Woord wat met 'n begrafnis te doen het, is die een wat nou net aangehaal is en wat met water totaal niks te make het nie.

                      3. Die derde rede waarom Kol. 2:12 niks met die waterdoop te doen het nie is die wyse waarop dit ontvang word. Hoe kry ons deel aan hierdie doop van vers 12? Gaan ons na 'n pastoor en vra om in die water in te gaan? Nee, beslis nie. Die vers s vir ons self baie duidelik wat ons te doen staan: "deur die geloof in die werking van God". Wat kan duideliker wees as dit? Ons s dit nog die heel tyd. Alles wat hier staan van vers 9-12 (een sin) is een groot geestelike werklikheid. Hoe deel ons as mense in so 'n geestelike werklikheid? Net deur die geloof in die werking van God! Vers 11 het klaar ges dit is nie mense se hande nie en nou s vers 12 dit is die werking van God. Glo jy dit? Glo jy dat vers 12 die werking van God is en nie 'n kerklike ritueel op aarde nie? As jy ja antwoord, dan s ek LOOF DIE HERE! Daar is bitter min mense met hierdie insig in die Bybel.

                      4. 'n Koppeling tussen "besny is" en "begrawe is". Ons het gepraat oor die begrafnis. Let op dat die woord in die verlede tyd en die passiewe vorm is. Julle het julle nie laat doop nie, julle is gedoop en begrawe saam met Christus. Die Heilige Gees is die een wat jou gedoop het want Hy is die enigste persoon wat jou ook met die begrafnis van Jesus Christus kan identifiseer. Let ook op dat die werkwoord "begrawe is" direk 'n kompliment is van "besny is" in die vorige vers, Die twee woorde is in presies dieselfde vorm en tyd en het in die geskiedenis op presies dieselfde tydstip plaasgevind. Moet nou asseblief nie weer terugval en 'n vleeslike besnydenis en doop gaan soek as hierdie volmaakte werk van die Gees aan jou toeges word nie.

                      Paulus kom met 'n baie ernstige aanklag in Gal. 3:3. "Is julle onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?" Mense begin met die Gees wanneer hulle Jesus aanneem. Om gered te word is 'n suiwer geestelike gebeurtenis. Maar dan is hulle dikwels nie tevrede daarmee nie. Hulle glo nie dat Jesus hulle werklik gered het en die werke van die bose in hulle tot niet gemaak het nie. Dan begin hulle na ander goed soek. Dinge soos wette om na te kom, vleeslike verordeninge, vleeslike rituele. Ja, die Galasirs was baie onverstandig, maar hier in Kolossense preek Paulus oor dieselfde ding. Vers 9 en 10 s julle het al die volheid van God (geestelik). Moet nou asseblief nie weer vleeslik raak en besnydenisse en dopinge en reels gaan najaag wat vleeslik is en deur mense op die liggaam bestel word nie!

                      Ek het so 'n bietjie gaan lees in die Gereformeerde kommentare oor vers 11 en 12 en wat ek daar gelees het is 'n bietjie skokkend. Julle weet dat dit die Gereformeerde lering is dat kindertjies met water gedoop moet word en dat hierdie doop in die plek van die besnydenis gekom het. Wel, hierdie twee verse word as bewys aangehaal vir so 'n siening. Totaal onbegryplik maar waar. Sien jy enige vae aanduiding in die twee verse dat ons nou nie meer moet besny nie, maar met water moet doop? Nooit nie! Die teenoorgestelde is waar. Vers 11 s dat besnydenis nou 'n geestelike betekenis het! Die sondige liggaam word afgel waar ons Jesus aanneem. Daar is hoegenaamd geen sprake daarvan dat 'n ander ritueel nou die ritueel van besnydenis moet vervang nie.

                      Die Bybel s: Nie meer fisiese besnydenis nie, maar geestelike besnydenis.
                      Die Gereformeerdes s: Nie meer fisiese besnydenis nie, maar fisiese doop met water.

                      As ons nou wegbeweeg van die groot tradisionele kerke wat op vormgodsdiens en rituele gebaseer is en ons gaan kyk na die verklarings van die meer evangeliese groepe, dan voel ons al 'n bietjie meer tuis met dit wat hulle hier van vers 11 en 12 te s het. Hulle beklemtoon die geestelike waarheid van vers 9-12 net so sterk soos ons dit hier gedoen het. Hulle verstaan ons geestelike besnydenis en hulle erken selfs dat die doop wat hier van gepraat word eerstens verwys na 'n geestelike gebeurtenis wat ons alleen in die geloof kan aanvaar. MAAR dan voeg hulle iets hier by wat beslis nie in die verse staan nie. Hulle s hierdie geestelike gebeurtenis word in vers 12 "doop" genoem omdat dit die funksie van ons waterdoop is om ons hieraan te herinner en dit te simboliseer.

                      Mense, asseblief, kom ek waarsku maar weer aan die hand van Gal. 3:3. Hierdie mense gee eers vir ons 'n pragtige geestelike verklaring, maar dan eindig hulle weer met 'n vleeslike ritueel. Maak hulle hulle dan nie ook maar skuldig daaraan om in die Gees te begin en in die vlees te eindig nie? Ons is nou in die bedeling van die Gees. Punt. Alles wat die Here nou vir jou wil gee, kan jy alleen deur die geloof en deur die Gees ontvang. Nie deur 'n bad water nie. En om nou vir iemand 'n bad water te gee om hierdie geestelike waarheid te "simboliseer", sou beteken dat ons nie geestelike goed kan verstaan nie en aan vleeslike goed moet vasgryp om die geestelike dinge te kan toe-eien. Dit is baie beslis nie wat die bedoeling van die Gees in hierdie verse is nie.

                      Hierdie vier verse bring ons aan die einde van een van die kragtigste geestelike verklarings van God se Woord. En nou weet ons ook almal wat die rede en die agtergrond is waarteen hierdie verklaring gegee is. Christene word opgeroep en uitgenooi om doelgerig en konsekwent in die Gees te lewe. Ou vleeslike rituele word in die verse genoem om aan te toon dat die goed alles nou enkel en alleen geestelike waarde het.

                      Hartlike groete in die een geestelike Waarheid wat ons saambind

                      Comment


                      • #12
                        Kol. 2:13-23 - Laat niemand jou oordeel of beroof nie

                        Gegroet in die familie van ons Here

                        Kom ons kry nou eers 'n oorsig van die volgende 11 verse.

                        Die belangrikste is om te weet wat die sentrale boodskap van hierdie perikoop is. Wat wil Paulus eintlik in 'n neutedop in hierdie 11 verse s? Kom ons vergelyk dit met die deel waarmee ons nou klaar is (2:4-12). Wat was die boodskap in die verse? Ek meen dit kom voor in vers 8: "Pas op dat niemand julle as buit wegvoer nie". Hulle wil julle met ou beginsels (stoigeia), wysbegeerte en tradisies om die bos lei, uitoorl en dan as buit wegvoer. Die groot teenvoeter daarteen is dan om die geestelike werklikheid van Kol. 2:9-12 grondig te ken en te glo.

                        Maar wat nou van vers 13-23. Wel, hierdie tweede gedeelte van Hoofstuk twee l pragtig in balans met die eerste deel. Vers 8 het ges pasop dat niemand julle wegvoer nie ... Dit balanseer met die sentrale boodskap in die tweede deel (vers 16 en 18 ): "Laat niemand julle dan oordeel ... Laat niemand julle beroof nie ..." Die vyand se eerste poging is om jou totaal as buit weg te voer (vers 8 ). As hy dit nie kan regkry nie, dan probeer hy jou oordeel. Jy moet begin skuldig voel oor sekere dinge. Jy het nie jou kant gebring nie. Jy het nie die voorskrifte nagekom nie. Jy is nutteloos. Hierdie is die duiwel se oudste strategie in die boek. As jy hierdie oordele vir jouself aantrek, word jy so 'n bietjie uitgerangeer op 'n sylyn. "Ek is nie goed genoeg nie". Ek kan nie dit nie, ek kan nie dat nie. "Die Here kan my nie gebruik nie". En dit is presies wat die vyand wil h. Die duiwel wil ten alle koste verhoed dat Christene oorborrel van Godsvertroue (nie selfvertroue nie) en 'n nuttige instrument vir die Here word. Daarom is dit die sentrale boodskap van die tweede deel: "Laat niemand julle oordeel nie"

                        Vers 18 gaan daarmee saam. "Laat niemand julle van julle prys beroof nie". Kyk mooi hoe hierdie vers geskryf is. Mense s soms ons moet hard werk om dalk eendag 'n prys te kan kry. Wel dit is nie heeltemal verkeerd nie, maar aan die ander kant moet ons ook na die saak kyk van God se kant. Die Here kan nie wag om jou prys aan jou te oorhandig nie. Dit lyk vir my die prys l al klaar daar gereed. Nou moedig die apostel jou sterk aan: Asseblief, moet nie moeg word nie, moet nie verdwaal op afdraaipaadjies in hierdie resies nie. Daar is 'n klomp mense, onder aanvoering van die duiwel, wat jou wil mislei en jou aandag van die waarheid af wil weglei. Moet nie na hulle luister nie. Die Here het 'n prys vir jou in gereedheid!

                        Die waarskuwing in vers 16 s dat mense ons graag oordeel oor skaduwees waaraan ons nie meer vashou nie. Ons gedenk nie die sabbat of sekere feesdae nie. Ons spreek nie in tale nie. Ons onderwerp ons nie aan die "Christelike doop nie" ens. CF Baker het 'n oulike storietjie om die waarheid te illustreer. Iemand trou met 'n beeldskone vrou. Maar in sy onnoselheid dink hy hy is haar nie waardig nie. Hy kyk nie na haar nie, praat nie met haar nie en omhels haar nie. Hy gaan sit net voor 'n portret van haar en, dra nog 'n foto van haar in sy sak en soen die foto 'n paar keer op 'n dag. Nou ja, die storie is dat jy nie moet toelaat dat so 'n drommel jou probeer skuldig laat voel dat jy nie glo aan fotos nie maar eerder jou vrou se deelgenootskap en liefde geniet. As jy die werklikheid het, moet jy jou nie ophou met skaduwees nie.

                        Let ook op hoe die waarskuwing van vers 16 deur drie baie belangrike verse voorafgegaan word (vers 13-15). Hierdie drie verse beskryf die werklikheid (sonder skaduwees en foto's) wat ons van die Here ontvang het. Vers 16 volg direk daarop en s: "Laat niemand jou dan oordeel ... " Die dan in vers 16 koppel dit baie mooi met die vorige drie verse. Dit is nou die rede waarom ons nie skaduwees kan of mag of wil gebruik nie. Die goed hou ons net weg van die werklikheid af.

                        Comment


                        • #13
                          Kol. 2:13 - Die lewendmakende krag van Jesus Christus

                          "En julle wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het".

                          Soos in die vorige deel aangetoon, moet ons vers 13-15 lees met die oog op vers 16. Die dinge wat in vers 16 genoem word is alles fisies en vleeslik. Niemand kan 'n Christen oor sulke goed oordeel nie. Christenskap bestaan nie daaruit nie, dit bestaan uit die dinge wat in vers 13 -15 genoem word. Dit bestaan uit Jesus Christus.

                          Wat beteken dit om dood te wees in die onbesnedenheid van jou vlees? Die besnydenis het in die Ou Testament ook oor die vlees gegaan, eintlik nog meer as wat die meeste mense besef. Dit werk so:

                          1. God het aan Abraham 'n nageslag beloof (Gen. 15:4) en Abraham het die belofte geglo.

                          2. Maar die jare het verbygegaan en daar was geen kinders vir Abraham en Sara nie. Toe reken Abraham dat die belofte nie goed genoeg was nie, hy moet so 'n bietjie aangehelp word met 'n plan in die vlees (Gen. 16:1-3).

                          3. Die gevolg hiervan was die geboorte van Ismael en Gen. 16 sluit met 'n verslag hiervan.

                          4. Maar God se belofte mag nooit deur die vlees gesteun word nie. Gen. 17 betoog dat God se belofte totaal buite Abraham se vlees om verwerklik sal word. Al wat Abraham moet doen is om te bly glo wat God s en om beslis nie op die vlees te vertrou soos hy reeds gedoen het nie. As teken hiervan kom die besnydenis (Gen. 17).

                          Gen. 17: 1 kom ook met 'n hoogs belangrike woord wat met die besnydenis saamgaan: "Onberispelik". (Ongelukkig s die ou en die nuwe Afrikaanse vertalings "opreg" en dit is totaal verkeerd.) Die Lewende Bybel s "onberispelik" en die Open Bible s ook "blameless" terwyl ander Engelse vertalings praat van "perfect". God s dus in Gen 17 vir Abraham: "vergeet van die pogings van die vlees. My belofte sal staan as jy net glo en die vlees totaal kruisig. As jy dit doen, dan sal jy volmaak wees".

                          Wil jy ook onberispelik voor God wees? Daar is net een weg. Die geestelike besnydenis wat reeds by vers 11 behandel is! Moet God nie probeer help nie. Glo en vertrou net en vergeet heeltemal van die metodes van die vlees. Kolossense 2 is 'n kragtige oproep om al die voorwaardes, pogings en metodes van die vlees totaal uit te gooi, en daarom kan ons verwag om tog ook rens hier in Kolossense die woord vir "onberispelik" of "perfek" raak te loop. Ons hoef nie ver te soek nie. Kol. 1:28 wil elke mens "volmaak" in Christus Jesus voorstel en Kol. 2:11 s dat ons nou in Christus oor al die "volheid" van God beskik.

                          Blaai gou terug na Fil. 3:2,3. Vers twee praat oor die ou besnydenis van Israel wat nou 'n kettery geword het en die "versnyding" genoem word. Vers 3 praat oor die nuwe ware besnydenis wat vandag vir elke Christen gegee is. "Want ons is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie". Is hierdie nie 'n ongelooflike veelseggende vers nie?

                          1. Dispensasies het verander. Besnydenis beteken nou iets totaal anders as in die Ou Testament en tydens die aardse bediening van Jesus. Jesus was self ook besny en al sy apostels en manlike dissipels is besny. Hulle was nog deel van die "versnyding". Maar in die tyd van Paulus het 'n totaal nuwe dispensasie deurgebreek. 'n Massiewe verandering het ingetree. Nou is die Christene die ware besnydenis.

                          2. Wat is die kenmerk van die wat deel van die besnydenis is? Hulle dien Christus in die Gees. Alle fisiese en mensgesentreerde elemente van godsdiens het gestop.

                          3. Hulle roem in Jesus Christus. Christene wat in die Gees lewe, roem alleen in Jesus Christus. Hulle maak nie staat op enige iets hoegenaamd wat hulle self gedoen het nie.

                          4. En, natuurlik, hulle vertrou nie op die vlees nie.

                          Dit is waar die besnydenis vandaan kom. Dit was 'n herinnering dat Abraham op die vlees begin vertrou het in plaas daarvan om net te glo wat God ges het. Dit is nog steeds wat die besnydenis vandag beteken. Is jy geestelik besny? Glo en vertrou dan op Jesus alleen.

                          Vergelyk wat ons nou ges het met die algemene Christelike interpretasie van die besnydenis soos dit ook in die groot kerke geleer word. Hulle s die besnydenis is nou vervang deur die waterdoop. Hulle meen dat 'n bloedteken van die Ou Testament weggeneem is en 'n ander fisiese bloedlose teken vir ons gegee is - omdat Jesus nou met sy bloed betaal het. Dit klink alles goed en wel, behalwe dat dit nie in die Bybel staan nie. Die leer van die nuwe besnydenis hier in Filipense en Kolossense gaan oor die totale afwesigheid van enig fisiese teken hoegenaamd en die toetrede van 'n geestelike werklikheid in die hart wat alleen deur God se hande verrig word en deur 'n mens alleen in die geloof aanvaar kan word!

                          Nou kom ons by twee geweldig belangrike verse in die Ou Testament. Deutr. 10:16 en 30:6. Ja, dit is waar, die besnydenis was 'n vereiste in die ou bedeling, maar dit was nie op sigself die weg tot verlossing nie. Die Israeliete moes dit geweet het, maar hulle het nie. Hulle het totaal net in die vlees geroem. Genoemde twee verse, vroeg in die Ou Testamnet, s dit reeds dat die fisiese besnydenis net 'n uiterlike skaduwee was van iets wat in die hart moet gebeur! Teen die tyd dat Jesus op aarde verskyn het, was die Jodendom so totaal vasgevang en ingekerker in 'n godsdiens van vleeslike tekens en seremonies dat iets drasties gedoen moes word om hulle daaruit los te ruk. Wat is gedoen? Is die fisiese teken weggevat en 'n ander fisiese teken in die plek daarvan gegee? Nee! Nooit nie!

                          Net die uiterlike skaduwee is weggevat terwyl die innerlike geestelike werklikheid wat nog altyd die bedoeling was, die enigste plek in die geloofslewe kan kry!

                          Nou groet ek weer in die wonderlike nuwe lewe wat uit die besnydenis na vore kom.
                          David

                          Comment


                          • #14
                            Kol. 2:14 - Die skuldbrief teen ons

                            Gegroet weereens by ons wat saam Kolossense bestudeer!

                            "En die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis van te nael"

                            Van al die wonderlike woorde van verlossing en bevryding wat in God se Woord opgeteken is, is hierdie een van die heel grotes. Hier staan duidelik wat Christus kom doen het om ons wat geestelik dood was deur oortredinge en nie-besnydenis, lewend te kom maak. Die Jodendom het gedink dat as jy die ritueel nie ondergaan het nie, is jy deel van die nie-besnydenis. In die plek hiervan kom nou 'n totaal nuwe waarheid. Christus het die insettinge, reels wette en godsdienstige tradisies uitgedelg en weggeruim en die weg na volkome geestelike bevryding so vir almal geopen.

                            Hierdie bevryding beteken eerstens dat die wet, God se heilige standaard van die ou bedeling, aan die kruis vasgenael is. In die ooste was dit die gewoonte on skuld kontrakte wat afgelos is aan 'n paal vas te spyker. Die wet was opsigself goed en regverdig en edel, maar weens die natuur van die mens was dit vyandig teen die mens. Niemand kon dit hou nie en dit wat in die praktyk 'n voortdurende aanklag en veroordeling teen die mens. Toe Jesus aan die kruis vasgespyker is en gesterf het, het ons saam met Hom gesterf en het die wet sy houvas op die mens totaal in een minuut se tyd verloor. Christus het dus in die woorde van Rom. 10:4 die einde geword van die wet tot geregtigheid vir die wat glo.

                            Die woord wat hier met "skuldbrief" vertaal is, is letterlik "handgeskrif". Vir die Jode het God se wet 'n geweldige swaar las geword. Dit was die handgeskrewe klagskrif van God teen hulle. Die "ons" in hierdie vers moet ons vandag eintlik lees as "hulle". Dit was van toepassing op hulle as Jode en nooit op ons as heidene nie. Tog identifiseer ons as heidene ook met die bevryding wat daaruit na vore gekom het. In teendeel, 'n heiden wat gered wou word voordat die verlossing van die kruis verkondig is, moes ook 'n Jood word en hom of haar self onder die vereistes van die wet stel. Die woord "handgeskrif" is duidelik hier gebruik om te verwys na die geskrif wat God met sy eie hand geskryf en vir Moses gegee het.

                            Lesers van hierdie vers is altyd getref deur die sterk beskrywende woorde wat gebruik word om die finaliteit afgehandelde feit te beklemtoon dat die wet nou inderdaad beindig is. Hy is "uitgedelg" en "weggeruim". Die woord vir weggeruim word in Grieks met vier verskillende woorde weergegee: "Uit hulle midde uit opgelig". Inderdaad 'n merkwaardige en dramatiese verandering wat by die kruis ingetree het. Vandag weet ons dat hierdie groot nuwe bedeling nie onmiddellik by die kruis aangekondig en geleer is nie, maar eers onder die bediening van Paulus vir die wreld aangebied is.

                            Tog kan ons vandag in die Bybel gaan teruglees wat daar drie-uur daardie middag gebeur het tot Jesus aan die kruis gesterf het en ons kan, met die kennis wat ons nou het, duidelik sien wat daar eintlik gebeur het. Lees saam met my Matt. 27:51

                            "En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur"

                            My vriend, hierdie vers beteken in eenvoudige taal dat jy nie vandag boete hoef te doen vir elke sonde of oortreding wat jy al begaan het nie. Christus het die wet en die oortredinge, die hele klagskrif teen ons aan die kruis vasgenael. Dit wat Hy aan die kruis bereik het is dramaties, groots en wonderbaar en dit is ten volle tot die beskikking van elkeen wat deel van Jesus is - elkeen wat in die geloof saam met Hom aan die kruis gesterf het om vir altyd deel van Hom te bly.

                            Nou groet ons weer in sy groot genade

                            Comment


                            • #15
                              Kol. 2:15 -Triomf oor die magte van die hel

                              Gegroet in Jesus se genade

                              "Omdat Hy die owerhede en die magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten toon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer het"


                              Ons kom nou by die groot oorwinning en triomftog van Kol. 2:15. Die owerhede en magte wat hier van gepraat word is waarskynlik gevalle engele (Ef. 3:10; 6:12). Nie alleen het die Here aan die kruis ons losgekoop van die aanklagte van die wet nie (2:14), maar ook van die aanklagte en aanvegtinge van die bose. Die kruis was 'n massiewe nederlaag vir die duiwel. Satan het reg deur Christus se lewe op aarde sy dood beplan (en eintlik alreeds nog voor sy koms na die aarde het Satan gepoog om die geslagslyn van die Messias te vernietig). En toe Jesus uiteindelik aan die kruis sterf, moes dit vir Satan 'n oorwinning gewees het, maar wat 'n ontnugtering!

                              Soos daar met sterk woorde in die vorige vers beskryf is hoe die wet vir Christene aan die kruis "uitgedelg en weggeruim" is, kry ons nou hier ewe sterk woorde om die nederlaag van die duiwel te beskryf: "uitgeklee en getriomfeer". Hoe het Christus aan die kruis oor Satan getriomfeer? Satan se grootste wapen is die dood. Die dreigement van dood kom na die mens as gevolg van die skuld van sonde (1Kor. 15:55; Rom. 6:23). Sonde is op sy beurt daar as gevolg van die aanklag van die wet. Nou kan ons dus die sterk verband tussen Kol. 2:14 en 15 raaksien. As ons verlos is van die wet, is ons ook verlos van die aanklag van die wet, van die sonde, van die dreigement van die sonde (die dood) en van die Satan self omdat die dood sy grootste wapen is.

                              Moet nie bang wees vir Satan en sy trawante nie. Hy loop nog rond soos 'n brullende leeu, maar geestelik gesproke is hy totaal uitoorl. In die lewe van n Christenmens is hy geen bedreiging vir jou saligheid nie. Onthou: Satan is ontklee, dit beteken hy is ontmasker en van sy wapens ontneem sover dit die gelowiges aangaan. Aan die ander kant is die Christen nou sesvoudig bewapen teen die duiwel. Ons het die volle wapenrusting van God tot ons beskikking waarvan die Bybel die heel belangrikste is. Satan kan nie teen God se Woord stand hou nie, veral nie as dit deur 'n Christen hanteer word wat waarlik op die Woord steun nie.

                              Lede van die groot kerke wat glo dat ons nou al in die vrederyk lewe gebruik Kol. 2:15 dikwels om hulle geloof te bewys. Hulle bewys uit hierdie vers dat die duiwel nou al totaal oorwin en ingeperk is en dat die duisend-jarige vrederyk nou al begin het. Met die oorwinning van Christus oor die duiwel aan die kruis stem ons met hulle saam. Dit was totaal en finaal. Maar let net op: Na die kruis het Israel die aanbod van die koninkryk van die hand gewys. Hulle het Jesus en ook die Heilige Gees na Pinksterdag verwerp. Die koninkryk vir Israel soos in die Ou Testament aan hulle beloof, kon toe nie ingestel word nie. God het dus in sy alwysheid besluit om al die geestelike voordele van die oorwinning aan die kruis wel nou in hierdie bedeling aan ons mee te deel, maar die fisiese aspekte van die koninkryk op aarde bly nog agterwe. Satan regeer nog hierdie wreld, maar Satan is totaal uitgedryf en verslaan in die lewe van die kinders van God (in soverre as wat ons gebruik maak van die wapens wat tot ons beskikking gestel is).

                              Die monument op Bunkers Hill het 'n nederlaag herdenk wat mense vir 'n lang tyd met weersin en teleurstelling vervul het. En tog was daardie nederlaag die geboorte van die land waar dit opgerig is en het dit meer heerlike gevolge en 'n groter invloed gehad as die meeste van daardie land se roemryke oorwinnings. Net so was die beroemde Thermopylae 'n nederlaag, maar dit het mense deur die eeue heen genspireer omdat dit 'n morele oorwinning was.

                              So was die kruisdood van Jesus ook 'n nederlaag wat deur God in die grootste oorwinning van alle tye verander is. Is jy deel van die oorwinning?

                              Gebruik die wapens wat tot jou beskikking gestel is en deel elke dag in die volle oorwinning van Jesus Christus. Dit is lekker om te veg as mens weet jy kan nie anders as om te wen nie! Laat al die lof en die eer aan God toekom!

                              Hartlike groete tot volgende keer.
                              David

                              Comment

                              Working...
                              X