Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gebed: Dringende gebed nodig

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Gebed: Dringende gebed nodig

    Hi julle,
    Vanoggend oppad werk toe kry my man 'n oproep, een van hulle "demo" motors is gesteel by een van die werknemers se huis. Die man het die motor van die vloer afgetrek sonder om prosedure te volg, met die gevolg die motor het nie 'n tracker ingehad nie.

    My man het my gebel en gesÍ sy hoofdame dryg om hom te laat afdank, hulle probeer dit nou sy skuld maak. Bid asseblief dringend vir hom!

    Dankie julle

  • #2
    .............................Ek dra julle op in gebed............
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment


    • #3
      Mag God vir julle alles ten goede laat meewerk.

      Comment


      • #4
        Het sopas uitgevind my man moet Maandag gaan vir 'n verhoor. Vader hou asseblief U hand oor ons gesin in Jesus se Naam. Amen

        Comment


        • #5
          Sonia , ons bid vir julle die Here se kalmte , vrede en wysheid toe . Hy sal vir julle woorde in julle mond le, julle fladderende harte laat bedaar en julle Sy krag gee om deur hierdie krisis te kom ! Die Here is by julle elke oomblik van julle lewens en ook in julle donkerste uur en krisis. Ons bid julle sterkte toe!

          Comment


          • #6
            Hi Sonia, Ek bid vanmore baie hard vir julle. Ek kan my net indink watse benoude dag voorle. Onthou net, alles wat met ons gebeur, gebeur met 'n doel. Partykeer word ons uit ons 'comfort zone' uitgeruk, sodat ons ontvanklik kan wees vir 'n ander opdrag.

            Comment


            • #7
              Hi julle almal,
              Ek wil vir julle baie dankie sÍ vir julle gebede en bystand. Ek en my man het baie oor die saak gebid en gepraat en ons los dit nou in die Here se hande. Goeie nuus is dat hulle die motor gekry het, geen skade het nie, die man wie die motor gebruik het se golfstokke en als is nog net so in die motor. My man se verhoor is uitgestel na Donderdag toe, en sy senior gaan vra vir 'n ligter "straf" vir my man. Die man wat die motor gebruik het blameer almal om hom en probeer dit almal se skuld maak, tot die onskuldige drywertjie word nou by dit ingesleep en beskuldig dat hulle die motor wou steel (inside job soos hy dit nou noem). Die storie klop nie heeltemal vir ons nie, maar ons weet dis dalk nie vir ons om nou te verstaan nie.

              My man het oor die naweek baie woord gekry en iemand (weet nie wie nie) het vir hom 'n baie gepaste sms gestuur en gisteraand het ons pastoor op die spot iets gesÍ in sy preek. Ons weet ons het die Here se steun en ek weet dat ons julle steun ook het. Dit is nie altyd lekker om so uit jou comfort zone uitgeruk te word nie (partykeer het ons dit nodig), maar dis soos jy sÍ marline, dit maak ons ontvanklik vir 'n ander opdrag wat aan ons gelewer word. Baie dankie julle!

              Comment


              • #8
                Hallo Sonia, Hoe het dit toe met jou man se saak gegaan? Laat weet ons asb hoe dit met julle huisgesin gaan?

                Comment


                • #9
                  Hi daar,

                  My man het bedank. Hulle het besluit om voort te gaan met die saak, en die DP het sy supervisor belet om hom te verdedig. Toe het hy maar besluit hy sal eerder bedank voordat hy 'n afdanking agter sy naam het, en hy dan gaan sukkel om ander werk te kry. Hulle is almal op goeie voet uitmekaar uit en sy supervisor het gesÍ hy kan hom enige tyd opgee as verwysing.

                  Hy het al sy CV ook deurgestuur vir 'n ander werk, maar hy oorweeg dit om uit die motor industrie te beweeg.

                  Ek ondersteun hom 100% want ek weet die besluite wat hy moet neem, neem hy nie ligtelik nie en ek weet dat God ons bystaan. Ek is nie bekommerd nie want die Woord sÍ waar een deur vir ons toe gaan, maak die Here 2 ander oop. Is dit nie wonderlik hoe ons op God se beloftes kan staatmaak nie!

                  Comment


                  • #10
                    Ja Sonia, dit is so waar. Partykeer vind mens uit wat die Heer se doel is met 'n ding, maar ander kere weer nie. Ek glo mens moet jou nie kop daaroor breek nie, want ons weet verseker, G_D stap met ons 'n pad. Heerlike dag vir julle.

                    Comment


                    • #11
                      Baie dankie vir als! Dis lekker om vriende te hÍ wat jou kan bemoedig.

                      Julle moet 'n geseŽnde Desember hÍ en voorspoed vir 2009. Ons sluit vandag af by die werk en ek het nie rekenaar by die huis nie. Ek sal julle almal in die nuwe jaar weer sien!

                      Mooi bly! En baie Jesus Liefde!

                      Comment


                      • #12
                        Hi Sonja

                        Ek nogsteed vir julle.................
                        Ek bid dat God vir julle deure sal open wat julle nog nooit kon bid of dink het nie. Ek bid dat Hy julle die krag sal gee deur hierdie tyd. Ek bid ook dat Hy hierdie sittuasie sal gebruik om julle nader te trek, en dat wanneer julle die eindresultaat sien, aan Hom al die eer mag gee..........

                        Goed gaan, en God seen
                        Saved by Grace!

                        Praying for Mieke and Charles
                        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                        My testimony
                        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                        Comment


                        • #13
                          Sonia, julle pad vorentoe gaan vir julle onbekend wees , maar weet verseker dat die Here elke tree van die roete ken , Hy julle oor elke 'klip' sal help en julle 'hoogtes' sal laat bestyg waarvan julle nie sou van kon droom nie. Mag Hy ook vir julle die 'vrede van God wat alle verstand te bowe gaan' gee wetende dat julle is waar Hy julle wil he. Ons bly bid vir julle.

                          Comment


                          • #14
                            Hi julle,
                            Dis nou die nuwe jaar en ons is sterk op dreef en opsoek na ander werk vir my man. Ek wil asseblief vra dat julle nie ophou bid nie. Ek weet dat God vir ons uitkoms sal gee!

                            Dankie julle!

                            Comment


                            • #15
                              Hi Soja. Welkom terug!!!!! Mag jou man spoedig 'n wonderlike werk uit die Hand van die Here ontvang.

                              Comment

                              Working...
                              X