Announcement

Collapse
No announcement yet.

Judith de Beer... Profeet...?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Judith de Beer... Profeet...?

    Hier is 'n kort biografie van Judith de Beer, verkry vanaf die webblad, Die Nuwe Openbaring...

    Judith de Beer is `n enkellopende dame van Ottoshoop in Suid-Afrika. Na jarelange blootstelling aan die gesuiwerde Woord van God via die Boek van Herinnering, sowel as die Nuwe Openbaring van Jesus aan Sy profete, Lorber, Dudde en Engel, het Judith dit vervolmaak waarna elke kind van God na streef, naamlik om Sy stem binne-in jou innerlike wese te hoor.

    Hierdie boodskappe het begin op die 30ste Mei 2007 en is tot nou toe feitlik daagliks deurgegee. Hierdie boodskappe spreek direk tot Sy Sionskinders regoor die wÍreld, maar veral tot die HART van Sion, naamlik die Boerevolk in Suid-Afrika.
    Mens staan verstom. Wat maak julle hiervan mense?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    In hierdie skakel kan haar Openbaringe nommer 1 tot 48 gelees word, waar sy sogenaamd direk met God kommunikeer.

    In 'n gesprek wat ekself met haar gevoer het op 'n ander gespreksforum, Boerevryheid, het sy erken dat sy nie werklik God se Woord ken nie. Dit is ook algemeen bekend dat sy nie die Bybel ken nie en bloot op 'n gevoel van liefde funksioneer, as mens dit so kan stel. Daar word in haar biografie voorgegee dat sy jarelange blootstelling aan die gesuiwerde Woord van God gehad het, maar dat dit nie deur die Woord (Bybel) self gekom het nie, soos sy dan ook al erken het, maar deur ander bronne (buite-Bybelse bronne). Die wedergeboorte soos ons dit ken en baie van ons self al ervaar het, is volgens hierdie openbaringe (Openbaring 6), een van die grootste leuens en direk afkomstig van satan, skynbaar het God aan haar gewys of dan nou self vertel, dat die wedergeboorte eers plaasvind na die fisiese dood en dat dit 'n proses met baie detail is en nie 'n oomblik in mens se lewe nie.
    Last edited by CFJ; Jul 30th 2007, 10:57 AM.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      sy syn gevaarlik

      Liefde,
      Mieke
      Glorious Day
      Living He loved me
      Dying He saved me
      Buried He carried my sins far away
      Risen He justified
      Freely forever
      One day He's coming
      Oh Glorious Day!

      Casting Crowns

      Comment


      • #4
        Sy syn gevaarlik, dit kan jy weer sÍ Mieke. Sy beweer dat die gees in haar niks anders as die Heilige GEES self is nie, vra mens haar hoe die geeste getoets moet word, dan word dit bloot deur liefde alleen getoets. Die ironie van dit alles is dat sy werklik 'n goeie kennis van Lorber en Dudde en ander het, wat op presies dieselfde wyse Openbaringe ontvang het. Die vraag wat mens laat wonder, is hoekom het sy so goeie kennis van hierdie bronne (die Boek van Herinnering, sowel as die Nuwe Openbaring van Jesus aan Sy profete, Lorber, Dudde en Engel), maar God se Woord is nie nodig nie, liefde is al wat nodig is om die waarheid te toets.

        God is liefde, so word die liewe Here uitgebeeld. Dit is absoluut waar dat God liefde is vir iemand wat Hom ken, maar dit is nie volledig, om die Here God so uit te beeld nie. Op baie min plekke in die Bybel, staan daar werklik dat God liefde is. Psalms en die evangelie van Johannes is basies die enigste boeke waar dit relatief tot die ander boeke voorkom. Omdat die Woord van die Here ook aan ons vertel dat God 'n verterende vuur is, dat God 'n sondige wÍreld gaan oordeel en wat daarmee saamgaan, kan mens verstaan hoekom die Bybel vir Judith de Beer nie veel aantrekkingskrag het nie.

        Die korrekte uitbeelding van die Here, so glo ek, is dat Hy goed en regverdig is. Dit is nie net wat liefde vertel wat die waarheid van die werking van die Gees wys nie, maar ook wat in God se oŽ goed en regverdig is. Die mens lees vanuit sy eie selfsugtige posisie nie altyd God se goedheid as liefde nie, ook nie dat God se regverdigheid altyd liefde is nie. Die grootste gevaar van Judith de Beer se godsdiens, is dat die liefde wat sy voorstaan gemik is op die mens se selfsug.

        My vraag sou wees, is dit werklik liefde wat Judith de Beer verkondig, as sy beweer die wedergeboorte wat die Bybel van praat, onsin is? As sy net 'n klein ietsie van die waarheid van mense ontneem sal dit liefdeloos wees, maar sy ontneem mense om nuwe skepsels in Jesus te kan word. Dit het met liefde niks te make nie, 'n liefde vir die waarheid, is al liefde wat werklik iets beteken, so liefde het Judith de Beer nie, want sy stel ander bronne buite die Bybel, as van 'n hoŽr gesag wanneer dit by liefde kom. Liefde is om God te aanvaar as jou Here en Verlosser, want dan neem jy die "goed" en die "sleg" aan, omdat 'n goeie, regverdige God dit so gegee het... dit is liefde!

        Lees mens Lorber se geskrifte, dan sien mens maar eintlik net 'n napratery deur Judith de Beer. Lorber het presies gesinspeel op wat sy nou godsdiens noem, 'n gevoel van liefde. In die skakel wat hier bo gegee is, kan Lorber, Dudde en ander se openbaringe saam met hare gelees word.

        As daar nie lig is nie, is daar nie rigting nie, is daar nie orde nie en is daar geen liefde nie. Liefde rig al hierdie dinge en liefde vir God, agapť, is noodsaaklik vir die mens se heil. Hierdie liefde manifesteer wanneer Sy kinders Sy Woord bestudeer en in liefde alles aanvaar soos Hy dit stel. Dit is seker hoekom die Psalm-digter dit so mooi kon stel... U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.
        (Ps 119:105)


        Watter lamp vir haar voet... en watter lig vir haar pad, het Judith de Beer?
        Last edited by CFJ; Jul 30th 2007, 02:43 PM.
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Snaaks dat sy haar werke staaf deur aanhaling van haar eie "woord"


          Ek het niks teen mense wat sÍ dat hulle G_d hoor praat nie, dat hulle Sy stem ken nie.... want dit gebeur wanner mens 'n verhouding met die ware G_d het... maar wanneer mens kyk na die NT, is dit 'n vervolg op die OT.... alles pas soos 'n handskoen, maar met haar skrywe en die vertaalde skrywe is daar nie 'n ooreenstemming met 'n vervulling van die OT nie
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            G_D is nie net G_D van Liefde nie, maar ook G_d van oordeel.
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by ACCM View Post
              G_D is nie net G_D van Liefde nie, maar ook G_d van oordeel.
              Dit is verstommend wat gebeur as mens jou politiek jou godsdiens maak... of dan nou die twee vermeng. Die Israelvisie (IV)- of Israelwaarheid (IW) beweging in Suid Afrika is besig om afmetings aan te neem wat mens bekommer. Hierdie denkwyses manifesteer dan ook in veel meer as net wit-bewuswording. Daar is soveel onderstrominge dat mens nie noodwendig almal direk aan IV en IW kan koppel nie, maar een ding staan uit, die buite-Bybelse bronne wat soveel veld wen en die warboel bewegings wat ontstaan maak eintlik mens se kop deurmekaar. Juis oor die politieke- en verwante invalshoeke kry hierdie mense nie altyd die nodige hefboom om hul standpunte te regverdig nie. Hulle wend hulle tot allerhande buite-bronne om meer gewig te verleen aan hulle saak. Judith de Beer se openbaringe is dan ook nie sonder aanhangers nie. In 'n nuwe draad sal mens graag wil wys, hoe vÍr dinge al gevorder het en watter eienaardige strominge is hier op eie bodem, sonder om eers na groter denominasies se kaskenades te kyk.
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ


              Comment


              • #8
                So gooi boet, begin jou nuwe onderwerpsdraad.

                Israelvisie versus Israelwaarheid
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Judith de Beer se Openbaringe kom direk van God, so word daar beweer. Op hierdie blad kan mense gerus gaan kyk hoe vreemd hierdie Openbaringe is. Die Openbaringe is reeds uitgewerk tot by 150 Openbaringe. Die laaste reeks word aangedui, Openbaringe 101 tot 150 aan Judith de Beer.

                  As mense die skakel volg, sal hulle vind dat die laaste Openbaring is vandag, die 20ste September 2007, by Openbaring 20 gemaak, wat dan ook die 120ste Openbaring in totaal is. Vanaf Openbaring 21 tot 50 (m.a.w., Openbaring 121 tot 150 bestaan nog nie, maar daar sal mŰre 'n nommer 121 wees, die dag daarna nommer 122 ensovoorts), is dit leeg, maar dit word by voorbaat reeds aangedui as Openbaringe wat verseker aan haar gegee sal word. Daar word naasteby elke dag dinge aan haar ge-openbaar en soms meer as een openbaring. Die vraag is nou, hoe weet enige mens dat God reeds mŰre aan jou iets gaan openbaar? Hoe kan daar reeds 150 Openbaringe aangedui wees, as net 120 reeds ge-openbaar is? Lees mens van hierdie Openbaringe, kan mens nie glo wat alles kwyt geraak word nie. Hier is byvoorbeeld Openbaring 108 op die 10de September 2007,

                  Liefdeslied vir Sion
                  Groot is jou beproewing, Ek weet van al jou ongerief.
                  Tog bly jy MY kleine hartedief,
                  Sion, Ek het jou baie lief.
                  Jou kruis die wil Ek vir jou dra,
                  jou sware las vir jou kom ligter maak.
                  Jaloers die sal Ek oor jou, MY bruid, die heeltyd waak.
                  Vanuit almal wat bestaan, is jy alleen gekies as My lewensmaat.
                  In groot gevaar sal Ek MY bruid veilig in MY arms dra.
                  Op haar beurt sal sy andere se kruis weer vir hul help dra.
                  Terwyl die aarde in droef en rou tot as vergaan.
                  Gaan Ek vir MY uitverkorenes `n goue weg na MY oopbaan.
                  In My nuwe stad Jerusalem, kom Sion aan MY Sy, haar plek as bruid volstaan.
                  Vele koningskinders gaan sy baar, wat hul plek in My ewigheid waardig vol sal staan.


                  Wat is werklik aan haar openbaar in hierdie Openbaring 108? Is dit nie net maar 'n normale gedig in presies dieselfde formaat wat miljoene der miljoene mense in 'n tyd van inspirasie skryf nie? Vergelyk hierdie digterlike Openbaring met enige van die Psalms in die Bybel wat 'n diep boodskap oordra, want sy word werklik as profeet gereken wat van God openbaringe ontvang en daar is mense wat haar slaafs navolg. Daar is baie van hierdie Openbaringe wat kommerwekkende waarhede wil forseer, soos byvoorbeeld dat God self aan haar gewys het dat die wedergeboorte nie nou in hierdie bedeling kan plaasvind nie. Hierdie vrou is gevaarlik en mens sal moet bid dat sy tot besinning kom en ook dat mense nie deur haar mislei kan word nie.
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment


                  • #10
                    Judith de Beer word uitmekaar getrek deur lede van hierdie forum. Kom ons onderwerp haar eerder aan die basiese toetse wat in die Skrif staan. Laat geen mens haar oordeel nie, maar die Woord self. Deuteronomium 18 is duidelik dat `n profeet se voorspellings moet uitkom. Hieronder is een wat 6 dae voordat die berig in die BEELD verskyn het, gegee is. Daar is nog ander.

                    BEELD- 25 September 2005

                    Poef! verskyn verweer

                    in saak van

                    Chambers vs. God

                    Charles Smith

                    Charles Smith
                    Washington. Ė Die Amerikaanse politikus en oud-aktivis teen Suid-Afrika in die apartheidsjare wat God gedagvaar het om rampe en dreigemente deur terroriste te staak, het ín antwoord gekry.
                    Die verweer in die saak ďChambers vs GodĒ het uit die bloute op die toonbank van die Douglas County-distrikshof in Omaha, Nebraska, beland. Niemand het die prokureur, ene King Cobra, gesien nie.
                    Sommige Amerikaners bestempel dit as ín wonderwerk.
                    Sen. Ernie Chambers, ín staatsenator in Nebraska, het vandeesweek die saak teen God aanhangig gemaak. Hy voer in die hofstukke aan God het dreigemente van terrorisme teen hom en sy kiesers gemaak wat vrees ingeboesem en ďgrootskaalse dood en verwoesting veroorsaak en miljoene van die aarde se inwoners geterroriseer hetĒ.
                    Chambers, wat in die 1980ís gesorg het dat maatskappye in Nebraska weens apartheid nie meer sake met Suid-Afrika doen nie, het waarskynlik nie ín antwoord op sy dagvaarding verwag nie. Maar dit het gebeur.
                    Ďn Verweerskrif van ďGodĒ het op die toonbank van die hofgriffier beland. Niemand weet hoe dit gebeur het nie. ďDiť een het wonderbaarlik op die toonbank verskyn. Dit was skielik net daar: poef!Ē het mnr. John Friend, ín klerk, luidens berigte gesÍ.
                    Luidens die verweerskrif is God verhewe bo aardse wette en val dus buite die hof se jurisdiksie. Om God te beskuldig van mense se onderdrukking en lyding, is verkeerd. ďEk het die man en vrou met ín vrye wil geskape. Behalwe ín ewige lewe, is ín vrye wil My grootste geskenk aan julle,Ē lui dit.
                    Die aartsengel Migael is as God se getuie genoem.
                    Die senator het die hof gevra om ín permanente bevel teen God te maak wat Hom verhoed om plae te veroorsaak en terroristedreigemente te maak. Hy voer aan omdat God ďalomteenwoordigĒ is, val dit binne die Nebraska-hof se jurisdiksie. Omdat God alles weet, kan die dagvaarding Hom opgelÍ word. Dis nie bekend of die saak wel voor ín regter gaan beland nie.
                    Openbaring 119 deur Judith de Beer

                    19 September 2007

                    Veroordeling deur die mens

                    Vir die mens wat sy vinger beskuldigend na die hemele en My, sy Skepper, wil lig en daaraan dink om My voor sy regterstoel te bring en My vanuit `n menslike oogpunt skuldig bevind, aan dit wat `n sondige wÍreld oor homself gebring het; vir julle sÍ Ek, wee die dag van My groot hofsitting, wanneer elkeen, groot en klein, voor My regterstoel sal staan en elkeen na sy eie werke, goed of kwaad geoordeel sal word. En met die spotter sal daar gespot word en die lasteraar sal onder die gewig van sy eie vervloekinge op die aarde neergewerp word en in ongekende angs sal hy die aarde om hulp smeek en in antwoord sal sy oopskeur, om hom ewig in haar dieptes te bring en sy sal haarself weer bo hom sluit, om hom so voor My aangesig te verberg.
                    Maar aan julle My geliefdes, sÍ Ek, dat menige swak werke julle vergewe sal word, deur `n enkele liefdestakie wat julle in opregte liefde aan een van die minstes gedoen het, ja, dit het julle aan My gedoen, en groot sal julle loon vir die ewige lewe wees.

                    Comment


                    • #11
                      Ek is effens versigtig om kommentaar te lewer oor Judith. Van die dinge wat ek al gelees het klink baie mooi, soos bv die vraag/antwoord stel oor hoe God met Adam en Eva gepraat het, asook die beskrywing rondom die Leviaten.
                      Wat my egter pla is die politieke konneksies agter die skerms, in die vorm van die dogters van Sion/IV/IW en die buite Bybelse bronne wat geraadpleeg word, spesifiek die Witboek ensovoorts.

                      Om te beweer dat sy uitmekaar getrek word op hierdie forum is bietjie kras gestel, ek dink eerder daar word eerlike vrae gevra wat antwoorde verdien.

                      Comment


                      • #12
                        Hello julle,
                        Ek is nuut hier, maar sal graag my opinie op hierdie onderwerp wil lewer. Dit is so dat Deut. sÍ 'n mens kan in 'n profeet se profesie sien of dit waar word en dan daaruit bepaal of die persoon wel 'n profeet is.
                        Maar het Satan nie die vermoŽ om mense te beinvloed en dan so situasie te laat plaasvind nie ? Ek meen, ek dink hy ken die mens beter as wat ons, onsself ken, hy het immers omtrent oor die sesduisend jaar se ondervinding van ons denke en manier van ding doen. Hy weet dus wat ons laat twyfel en wat laat ons "bevestig"
                        Die enigste onvermoŽ waaroor Satan beskik is om 100 % akkuraat te wees in sy "profesieŽ". Hy sukkel byvoorbeeld om Christene te beinvloed.
                        Dus kan 'n mens nie net na een "waarwording" kyk nie, ons moet na die hele spektrum kyk. Is die profeet se profesieŽ of al sy/haar profiseŽ waar of het dit waar geword ?
                        Die volgende punt is " Toets die gees" . Ek dink dit staan in Joh. dat 'n bose gees nie kan erken Jesus is Koning nie. 'n Bose gees sal ook nie die maagdelike geboorte en die opstanding kan erken nie.
                        Daar is vele ander kenmerke, maar primÍr is hierdie die belangrikste.
                        'n Bose gees kan homself vermom as 'n wese van die lig. Dus deur net op liefde te werk is nie die antwoord nie. Ek meen Boedisme se ideologie is geskoei op liefde, maar hulle aanbid nie die ware God nie. Die Nuwe Era beweging is veral op voetsoolvlak gegrond op liefde, maar gaan doen jy ondersoek is dit niks anders as 'n verbloemde manier van satanisme nie.
                        Ek is nie hier om te oordeel nie, en ek kan/mag nie. God het egter aan my ook 'n vrye wil gegee, Hy het in sy goedheid en genade my gewaarsku hoe om "die regte" mense en geeste uit te ken (as mens is ek nie sonder sonde nie, geensins) maar God het gesÍ dat daar vals profete en Christusse sal kom. Op grond hiervan sal ek nie ag slaan op die persoon se profesieŽ nie, want sy kan nie Jesus se maagdelike geboorte erken nie, en neem jy dit weg, val die Boodskap van die Bybel in sy geheel weg. Dan kan ek die Bybel sien in die lig wat ek 'n Wilbur Smith verhaal sien, en dit kan ek nie toelaat nie.

                        Comment


                        • #13
                          Welkom hier by ons Pierre!

                          Ek stem met jou saam. Persoonlik was ek al in kontak met Judith de Beer en sy is glad nie 'n onaangename mens nie, sy is baie innemend en dat sy baie liefde in haar het is gewis nie te betwyfel nie.

                          Die probleem is haar bron van gesag. Sy ken nie werklik God se Woord nie en erken eerder die stem in haar binneste as haar gesag. Sy het wel 'n goeie kennis van Jakob Lorber en ander buite-bybelse bronne en haar Openbarings is basies maar geskoei op Lorber, Dudde en Engel s'n (dit is buitengewoon vreemd dat die Woord van die Here nie deur haar geken word nie, maar wel hierdie buite-bybelse bronne). As mens aan haar wys wat in die Bybel staan om 'n punt oor te bring wat in stryd is met haar siening, dan word mens gou gewys op liefde as enigste aanduiding van die waarheid. God se Woord is dus nie liefde nie, nie as dit in stryd is met die mens se definisie van liefde nie. Net dit wat die mens as liefde ervaar, word deur haarself as liefde gedefinieŽr.

                          Mense wat ek persoonlik ken wat met van die ondersteuners van die Nuwe Openbaringe gemoeid was, sal getuig dat mens net op goeie voet met enige van hulle kan verkeer, vir solank mens met hulle saamstem. Ek wil myself nie blootstel oor detail nie, maar mens kan kyk of een van hulle nie self 'n getuienis hier kan lewer nie, wat seer sekerlik die beter weg sal wees.

                          Alhoewel ekself nie al Judith de Beer se Openbaringe gelees het nie, wat ook nie nodig is nie, het een van haar eerste Openbaringe 'n liefdeloosheid vir die kosbaarste besitting van die mens, naamlik die mens se siel, ge-openbaar wat as bewys genoeg is om te weet watter gees in haar teenwoordig is. Kyk pos #4 in hierdie draad. "God" self het aan haar die wedergeboorte verduidelik en dit is totaal in stryd met wat die Woord van die Here leer. Watter god praat met haar... is die vraag wat by mens opkom?

                          Geen kind van die Here kan sonder gesag van God se Woord leef nie en ook nie sonder Sy Gees nie. Judith de Beer erken nie werklik God se Woord as gesag van die liefde nie. Sonder God se Woord is daar geen liefde nie, want die Woord van die Here is met ons en bewaar, behoed, rig en koester ons in ons daaglikse wandel, deur die werking van die Gees. Die eerbare weg is verseker om God se Woord as bron van gesag te verdedig... dit is presies waarom hierdie draad ook oop gemaak was.
                          The Rapture

                          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                          but I must confess, donít worry
                          the rapture is not before the Great Tribulation
                          itís before Godís wrath!!!

                          Because His wrath is not meant for you
                          itís for all the people in the zoo
                          think about it and refreshÖ
                          you will see thereís no way out of here, in the flesh

                          If you really believe, you will see
                          the rapture is for you and me
                          when we decide to leave from here
                          that very day, oh! God adhereÖ


                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by skryfkneg View Post
                            Judith de Beer word uitmekaar getrek deur lede van hierdie forum. Kom ons onderwerp haar eerder aan die basiese toetse wat in die Skrif staan. Laat geen mens haar oordeel nie, maar die Woord self. Deuteronomium 18 is duidelik dat `n profeet se voorspellings moet uitkom. Hieronder is een wat 6 dae voordat die berig in die BEELD verskyn het, gegee is. Daar is nog ander.
                            Beste skryfkneg,

                            Toe Jesus op aarde was, het Hy op die berg van versoeking die voorbeeld kom stel aan almal van ons, oor hoe mens versoekinge oorwin. Hy het basies op 3 dinge gewys, maar een was as volg...

                            Maar Jesus antwoord en sÍ vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
                            (Luk 4:4)

                            Vir die ryk man het Abraham weer gesÍ...

                            Toe sÍ Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na diť luister.
                            (Luk 16:29)

                            Moses en die profete is die Ou Testament, dieselfde Ou Testament wat Jesus telkemale aangehaal het, want God se Woord is opgeteken en is tasbaar en vir elkeen gegee, om een en dieselfde norm vir ieder en elk daar te stel. In Judith se nuutste Openbaring, Openbaring 129, word hierdie norm deur haar vervang met vry wil, iets wat binne die mens is...

                            Openbaring 129
                            Ja, aan diegene wat hulle hart teenoor My verhard, sÍ Ek die volgende: Elkeen is met `n vrye wil toegerus en kan volgens die liefde van sy hart handel, wie daarom wil hoor, laat hom hoor en laat die dowes, volgens hulle wil, doof bly.

                            Sy negeer God se Woord as finale gesag en vervang dit met vry wil, want die mens hoef nie onderwerp te word aan die wysheid wat God reeds daargestel het en wat Jesus as gesag voorgehou het nie. Vry wil van die mens is beperk en kan nie die bron van gesag wees nie, maar dit is 'n onderwerp wat mens miskien elders moet bespreek. Is dit werklik die HERE wat met haar praat, wat juis die hart van die mens as bedrieglik uitwys en nou moet ons handel volgens die "liefde" in ons harte (Jer 17:9)? Hoe toets die HERE ons harte... deur ons harte of deur Sy Woord???

                            Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weŽ, volgens die vrug van sy handelinge. Ďn VoŽl wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelÍ het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy Ďn dwaas wees. Ďn Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom. o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat. Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof. Daar sÍ hulle vir my: Waar is die woord van die HERE? Laat dit tog kom!
                            (Jer 17:9-15)

                            In Hosea 4 wys die Here daarop dat Israel Sy Woord moet inneem, want weens hierdie minagting vir Sy Woord, is daar geen liefde nie en ook geen kennis en trou nie. In vers 6 loop dit ook uit op die bekende, "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis,"...
                            Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het Ďn regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voŽls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om. Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis! Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan. My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.
                            (Hos 4:1-7)

                            Hoe kan enige mens wysheid sonder die geskrewe Woord van God hÍ?

                            Hoe durf julle sÍ: Ons is wys, en die wet van die HERE is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers. Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hÍ?
                            (Jer 8:8-9)

                            Die laaste vraag wat nogal ernstige kommer wek, is hoekom is daar reeds voorspraak gemaak vir 150 Openbaringe aan Judith de Beer, as daar nog net 129 gegee is? Hoe meet mens dit aan die volgende gedeelte...?

                            Kom nou, julle wat sÍ: Vandag of mŰre sal ons na diť en diť stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maakó julle wat nie eens weet wat mŰre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar Ďn damp wat vir Ďn kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. In plaas dat julle sÍ: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
                            (Jak 4:13-17)

                            Hierdie vrae mag haar moontlik en ook haar navolgers, insig gee in hul eie dwaling, sou hulle net eerlik daaroor wil wees. Ons het juis vry wil om ons te onderwerp aan gesag, die gesag wat God in Sy Woord weergee...

                            Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
                            (2Tim 3:14-17)
                            The Rapture

                            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                            but I must confess, donít worry
                            the rapture is not before the Great Tribulation
                            itís before Godís wrath!!!

                            Because His wrath is not meant for you
                            itís for all the people in the zoo
                            think about it and refreshÖ
                            you will see thereís no way out of here, in the flesh

                            If you really believe, you will see
                            the rapture is for you and me
                            when we decide to leave from here
                            that very day, oh! God adhereÖ


                            Comment


                            • #15
                              Skryfkneg a.k.a Dirk van Vuuren van Dogter van Sion faam verwys na die toets van 'n profeet 'n Deut 18 maar versuim om die volgende toets ook te doen:

                              As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, dan moet jy nie luister na die woorde van diť profeet of na diť man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
                              (Deut 13:1-3)

                              Juis daarom word haar profesiee gereken saam met ander mediums s'n op die Nuwe Openbaring website. Haar openbarings, is nuut, net soos Lorber, Dudde, Engel en andere post modernistiese Nuwe Era idees. Wie het daardie evangelie voor 1800 gehoor? Dit nuut

                              Ook om te sÍ dat Judith se 'profesie' uitgekom het omdat God nou gedagvaar word...wel haar profesie noem niks van die aard nie en is eerder maar 'n waarskuwing oor die komende oordeel (oordeel natuurlik vir diegene wat nog hul Bybels lees, glo in 'n 6 dae Skepping en 'n drie-eenheid). Die meeste van haar profesiee is volgens hierdie trant, die een sentrale tema is eenvoudig, anti-Christelik. Judith de Beer het 'n diepe haat vir die gewone Christen evangelie. Dirk Van Vuuren ook. Dit maak nie saak hoeveel hulle sing van Liefde(met 'n Hoofletter 'L') ens. nie. Solank as hulle gaan aanhou om die waarheid te verwerp, en te probeer vernietig beteken hulle Nuwe Era boodskappe en hulle nagdrome niks. Dit is mediumskap, dis al.

                              Dirk van Vuuren se reputasie loop hom ook vooruit aangesien hy deur sy aksies bewys het dat hy enige iets sal glo solank dit net nie Christelik is nie. So het hy in die verlede die 'profesiee' van Linda Newkirk aangehang en almal by sy moes, soos die profetes beveel het, bidlappies gebruik. Wat is 'n bidlappie? Dit is 'n lappie wat mens op jou kop moet dra, anders word jou gebede nie verhoor nie. Nou ja, Linda Newkirk is op die ou end, as bedrieer erken en Dogter van Sion het haar weggejaag.

                              Natuurlik was en is die Israel 'Waarheid' ook sterk nagvolg en almal is beveel om besny te word en baarde te groei, Paulus is uit die Bybel geskeur ens.

                              Toe vul Dogter van Sion hul 'heilige geskrifte' aan met Lorber, Dudde ens. Nou is die baarde nie meer so noodsaaklik nie, en ook nie die besnydenis nie. Paulus is ook nou weer goed, behalwe dat Lorber se 'verlore briewe van Paulus' natuurlik veel 'akkurater' as die, volgens DvS, verdraaide, vertaalde briewe in die Bybel is. Is dit nodig dat ek noem dat Paulus se 'verlore brief in Lorber' die Lorber boodskap uiters goed ondersteun? Daardie briewe het, as ek moet raai, verlore geraak omdat die Kerk nie wou hÍ die 'waarheid' moes uitkom nie. Dit is maar gewoonlik die verskoning wat gebruik word in so 'n geval. Lorber verklaar self, dat die 'nuwe openbaring' moes uitkom omdat die bybel so vreeslik erg verdraai is, dat niemand meer die waarheid kan ken nie.

                              Mense hierdie dinge is uiters gevaarlik, en sektes in Suid Afrika volg almal hierdie selfde patroon.

                              1. Misbruik mense se onsekerheid in die toekoms deur 'profesiee' te propageer wat die toekoms 'bekend maak'. Suid Afrikaners is behep met die toekoms juis as gevolg van die situasie in Suid Afrika.

                              2. Nadat mense se belangstelling deur profesiee geprikkel is, word 'n wantroue in die gewone Christen geloof en in 'mense' in geheel gepromoveer. Sektariese webwerwe is vol onderwerpe soos, 'Wat sÍ jy daar dominie' en 'Kerk leuens' ens. ens. Op hierdie manier word die baba saam met die badwater uitgegooi. Daar is verseker leuens in sekere kerke, en baie kerke het verseker 'n politieke of finansiele agenda. Hierdie dinge speel reg in die hande van diegene wat 'n heel nuwe evangelie wil verkondig, want deur te wys op die foute van die kerk, word 'n wantroue in die hele Bybelse evangelie geskep.

                              3. 'n Nuwe evangelie word gegee om die Christen evangelie te vervang. Of dit nou Lorber se weergawe van die evangelie is, of die Oosters geinspireerde Nuwe Hervormers se pluralistiese evangelie, of die Israel 'Waarheid', dit is om't ewe.

                              4. Verheffing. Diegene wat die Lorber boodskap glo en uitleef word Godskap belowe. Dieselfde gnostiese siening word deur die Witboek volgers gepropageer.

                              5. Isolasie. Om hierdie Nuwe Evangelie aan die gang te hou, moet lede geisoleer word. 'n Ons-en-die-res klimaat word geskep in hierdie sektes. Hierdie elitisme en seperatisme is kenmerkend van hierdie soort sektes. Bertha Dudde se 'Jesus' kla gereeld oor die dooie Christene en prys die goeie volgelinge, wat Dudde se 'evangelie aanvaar.
                              Die Israel Visie se grootste haat is nie teen ander rasse nie, maar teen die Christene wat hul evangelie verwerp. 'Hulle is die vermengers van deur God uitgedelg gaan word, en ons is die goeie mense wat aan die einde deur God verhef sal word'.

                              Wanneer lede van hierdie sektes begin twyfel, sal die sekte baie vinnig spring om diť betrokke lid as besetene, spioen of regerings agent te diskrediteer. Die 'dwalende' lid word onskadelik gestel, en die isolasie klimaat word aan die gang gehou.
                              Hoeveel sekte webwerwe spreek van die regerings bedreiging. 'n Sekere webwerf verkondig: 'Ons weet nie hoe lank hierdie webwerf nog gaan bestaan nie, want die wÍreld wil nie hÍ die WAARHEID moet uitkom nie'. Daardie webwerf sÍ dit nou al vir 4 jaar...

                              En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesÍ: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sÍ die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie(God word tot 'n leuenaar gemaak); maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oŽ sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees(verheffing) deur goed en kwaad te ken.(Die 'waarheid' mag nie uitkom nie)
                              (Gen 3:2-5)

                              En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. (isolasie)
                              (Gen 3:8)


                              Die resultaat
                              ...Die slang het my bedrieg, en ek het geŽet.
                              (Gen 3:13)


                              So in kort...

                              1. Judith de Beer is 'n slagoffer van die dwaling, nie 'n profetes nie. Ons moet vir haar bid, nie vir haar luister nie.
                              2. Skryfkneg is 'n slagoffer van die dwaling. Ons moet vir hom bid en hom wys op die foute van diegene wat hy as boodskappers van God aansien, maar in werklikheid kunstige verleiers is. Dit is moeilik om uit die leuen uit te breek omdat die satan 'n effektiewe plan gebruik om mense te verlei en te isoleer.
                              3. Wanneer iemand hulself 'n profeet noem, maar 'n ander evangelie aanhang as dit wat in die Bybel gegee is, is so 'n persoon nie uit God nie.
                              Paulus het gesÍ, dat al verkondig 'n Engel 'n ander evangelie as dit wat ons julle gegee het, laat hom 'n vervloeking wees. Die bose gees wat Judith drome laat droom gaan homself beslis nie as 'n skubberige, behoringde duiwel voordoen nie, maar eerder as 'n engel van die lig.

                              Comment

                              Working...
                              X