Announcement

Collapse
No announcement yet.

Teken 9 - Geestelike en teologiese verval

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Teken 9 - Geestelike en teologiese verval

    Net op hierdie forum alleen, is alreeds genoeg aanduiding van geestelike en teologiese verval. Terwyl ons nou sulke resente drade het, is dit miskien raadsaam om juis nou hierdie teken as teken van die laaste dae uit te wys. Die volgende drade word gelys,
    Pornografie en die swakheid van die mens

    Richard Dawkins is lewendig dood

    Wat is verkeerd met dobbel?

    Word die hart van die Evangelie uitgeruk?

    Evolusie, moodwapen van satan!

    Moenie Dominee, Moenie!

    Teologiese Skole se doel in ons dag?

    US dosente ook aangekla van leerdwaling

    Judith de Beer... Profeet...?

    ... en nog 'n paar ander
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2


    Hier is 'n berig uit Engeland:

    Ons het al so baie vertel van die arrogansie waarmee Christenskap (en geloof in die algemeen) in Engeland en Europa gesien word, maar dit raak net al erger.

    Die afgelope week het daar 'n nuwe advertensieveldtog op Londen se rooi busse en in die tubes begin. Dit lees: "There's probably no God. Now stop worrying and enjoy your life."
    [ BBC nuusartikel: http://news.bbc.co.uk/1/hi/england/london/7681914.stm ]
    Die oorspronklike advertensie het gelui: "There is no God..." maar volgens Britse advertensiewette moet mens dit wat jy in 'n advertensie sÍ kan bewys, en hulle is dus gedwing om die woord "probably" in te sluit.

    Ek heg foto's van een van die busse en van 'n tube advertensie aan. Alhoewel ek nie self hierdie foto's geneem het nie, het ons al self hierdie advertensies gesien.

    Die projek is in Oktober verlede jaar bekendgestel deur Prof. Richard Dawkins, bekende ateÔs en skrywer van die boek 'The God Delusion'. Daar is 'n internet-geldinsamelingsprojek opgestel om die veldtog te befonds. Hulle het gehoop om £5500 (R80 000) bymekaar te maak om die projek te finansier, maar tot dusver het mense al meer as £148 700 (=R2.1 miljoen) bygedra!!
    Die advertensies gaan nou tot Februarie op 800 busse, 1000 plakkate in die tubes en 2 videoskerms in tubestastes vertoon word.

    Vanoggend se Mail&Guardian in Suid-Afrika berig dat dit ook oorgespoel het na Spanje en ItaliŽ. In Barcelona gaan dieselfde boodskap op busse verskyn, en in Genoa, ItaliŽ, lui dit "The bad news is that God does not exist. The good news is that we do not need him". AustraliŽ en Kanada is nog in onderhandelig met hul advertensiereguleerders om die advertensies ook daar te vertoon.

    Vertel asseblief vir julle vriende hiervan en bid saam met ons vir hierdie mense. Bid ook dat hierdie advertensieveldtog mense eerder sal laat soek na die waarheid en na God, eerder as om hulle te laat 'ontspan' daaroor soos die advertensie voorstel. Soos Dawie, ons predikant hier by SAGemeente in Londen, gister gesÍ het, verstaan hulle duidelik nie die idee van 'n liefdevolle Vader en God nie, want as ons God sou moes 'weggaan' van ons af, sou dit hartverskeurend wees, en mens beslis nie laat 'ontspan' soos die advertensie voorstel nie! Ons aanbid 'n ewige, almagtige en liefdevolle God. Dawie se preek sal binnekort beskikbaar wees op SAGemeente se website as julle sou belangstel - en ek stel dit regtig voor, want daar is heelwat dinge daarin wat ons as Christene moet hoor, uit die ateÔste se oogpunt, asook hoe ons in so 'n situasie behoort te reageer.

    Sover het ťťn busbestuurder geweier om so 'n bus te bestuur. Hy is deur sy maatskappy huis toe gestuur met die belofte dat hulle sal probeer dat hy nie een van die spesifieke busse hoef te bestuur nie, maar ook gesÍ dat hulle onafhanklik is van die advertensies wat op die bus geplaas word en niks meer kan doen nie.

    Veral in hierdie tye waar die ekonomiese krisis baie swaar druk en letterlik duisende mense daagliks hulle werk verloor, is God die enigste hoop waaraan mens het om vas te hou. Die Satan probeer nou selfs mense van daardie hoop beroof, en hy mag nie daarmee wegkom nie!

    Dit is wel waar dat hierdie veldtog 'n geleentheid oopmaak vir gesprekke tussen gelowiges en nie-gelowiges wat daar nie andersins sou plaasvind het nie. Bid asb vir die Christene in Engeland en die ander lande waar die advertensies vertoon word, om sterk te staan in hul geloof, en ook vir leiding in gesprekke met ateÔste en ongelowiges.


    Comment


    • #3
      Wat vir my net interessant is, is dat ateÔste meer as behep is met God, as wat mens sou verwag, selfs meer as baie Christene. Hulle is in 'n onlosmaaklike stryd wat God so ongelooflik bewys, dat mens eintlik moet dankie sÍ vir sulke mense. As God nie bestaan nie, waarom pla Hy hulle so?

      Dis soos 'n man wat van sy vrou skei en vir die res van sy lewe in 'n stryd is om te bewys sy vrou het nooit bestaan nie. Dit wys dan opsigself dat sy vrou 'n groter werklikheid is, as wat hy wil erken.
      The Rapture

      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
      but I must confess, donít worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      itís before Godís wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      itís for all the people in the zoo
      think about it and refreshÖ
      you will see thereís no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhereÖ


      Comment


      • #4
        Ferdi,
        Wat jy sÍ is baie waar ! Hoekom sal 'n mens jou aan iets steur wat jy blykbaar afgesweer het ? Daar is inderdaad ateiste wat meer tyd aan God spandeer as baie Christene ! Dit laat mens tog wonder wat in so 'n persoon se gemoed aangaan. Is hulle werklik gelukkig of tevrede met die besluit "om nie meer te glo nie" ?

        Ek twyfel baie sterk.

        Comment


        • #5
          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
          ...Daar is inderdaad ateiste wat meer tyd aan God spandeer as baie Christene !...
          Die teendeel is ongelukkig ook waar. Daar is gelowiges wat hulle meer ophou met die bestudering van die werke van die duisternis as met gebed en die bestudering van die Woord.

          Comment


          • #6
            Originally posted by CFJ View Post
            Net op hierdie forum alleen, is alreeds genoeg aanduiding van geestelike en teologiese verval. Terwyl ons nou sulke resente drade het, is dit miskien raadsaam om juis nou hierdie teken as teken van die laaste dae uit te wys. Die volgende drade word gelys,
            Pornografie en die swakheid van die mens

            Richard Dawkins is lewendig dood

            Wat is verkeerd met dobbel?

            Word die hart van die Evangelie uitgeruk?

            Evolusie, moodwapen van satan!

            Moenie Dominee, Moenie!

            Teologiese Skole se doel in ons dag?

            US dosente ook aangekla van leerdwaling

            Judith de Beer... Profeet...?
            ... en nog 'n paar ander
            Ek sal net wil iets noem, ons sal moet waak en bid.

            Toe die dissipels van Jesus saam met hom gaan sit het op die Olyfberg en Hom gevra het wat is die teken en die voleinding van die wereld het Hy hulle EERSTENS geantwoord - "Pas op dat niemand julle mislei nie" Dis in Matt 24.
            Jesus het vir hulle 4 keer gewaarsku (in Matt 24) dat hulle moet oppas dat hulle nie mislei word nie. Ek dink dis genoeg keer dat ons sal kan besef daar is klem daarop gele.

            Soos ek deur baie van die drade in die engelse kant lees en soos CFJ genoem het, party van daai drade is regtige patetiese vrae. (My woorde)
            Ja party mense is heel verdwaald en deurmekaar, maar ek sien baie van die ou slang se werk ook in BAIE van daai drade - Onthou dis een van die draak se ou "tricks" - hy skep twyfel, soos hy vir Eva gevra het in Genesis - "Is dit ook so dat God gesÍ het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?"
            Baie drade sien ek word oopgemaak met dieselfde idee om twyfel te skep.
            Baie van daai drade weet daai persoon alreeds dat dit verkeerd is maar hy probeer twyfel skep by die opregtes.
            Oppas vir die satan, wat rondloop soos 'n brullende leeu soekende die wat hy kan verskeur. Ons moet hom, die satan, STANDVASTIG teenstaan in die GELOOF. Dis presies wat net die volgende versie se daar in 1 Pet 5:8-9

            Die vyhand probeer ook ons hoop vernietig - en waaruit bestaan geloof? Uit Hoop! Sien Heb 11:1

            Kol 1:23 "as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, Ďn dienaar geword het."

            Net ietsie wat ek graag met julle wil deel wat ek opgemerk het.

            Comment


            • #7
              Ek dink daardie advertensie op die bus behoort onder andere enige ouer koue rillings te gee, veral die wat glo in 'n rimpel effek(vandag se aksie se resultaat op mŰre)

              "So geniet lewe"... Bedoellende? Jou 14jarige tiener seksueel aktief is en op haar 21 verjaarsdag al deur drie aborsies is?
              Ek het dalk nou bietjie oordryf, maar is dit nie dalk min of meer die waarheid?

              Om die lewe te geniet sonder God in die prentjie spel vir my teespoed.

              Psalm, jy noem dat ons moet oppas dat niemand ons mislei nie. Dit is skrikwekkend hoe ons mislei word om elke hoek en draai! En daar is soveel voorbeelde!
              Van 'n goeie vriend wat 'n swak voorbeeld stel, 'n vrou wat haar man toelaat om na pornografie te kyk inplaas van om hom by die deur uit te gooi, en die persoon wat jou vies aankyk in die supermark as jy jou kind net daar 'n pakslae gee vir wangedrag.
              Die wÍreld verander vinnig en ons het nodig om die wÍreld te "reboot"!

              Comment


              • #8
                Originally posted by Psalm View Post
                Ek sal net wil iets noem, ons sal moet waak en bid.

                Toe die dissipels van Jesus saam met hom gaan sit het op die Olyfberg en Hom gevra het wat is die teken en die voleinding van die wereld het Hy hulle EERSTENS geantwoord - "Pas op dat niemand julle mislei nie" Dis in Matt 24.
                Jesus het vir hulle 4 keer gewaarsku (in Matt 24) dat hulle moet oppas dat hulle nie mislei word nie. Ek dink dis genoeg keer dat ons sal kan besef daar is klem daarop gele.

                Soos ek deur baie van die drade in die engelse kant lees en soos CFJ genoem het, party van daai drade is regtige patetiese vrae. (My woorde)
                Ja party mense is heel verdwaald en deurmekaar, maar ek sien baie van die ou slang se werk ook in BAIE van daai drade - Onthou dis een van die draak se ou "tricks" - hy skep twyfel, soos hy vir Eva gevra het in Genesis - "Is dit ook so dat God gesÍ het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?"
                Baie drade sien ek word oopgemaak met dieselfde idee om twyfel te skep.
                Baie van daai drade weet daai persoon alreeds dat dit verkeerd is maar hy probeer twyfel skep by die opregtes.
                Oppas vir die satan, wat rondloop soos 'n brullende leeu soekende die wat hy kan verskeur. Ons moet hom, die satan, STANDVASTIG teenstaan in die GELOOF. Dis presies wat net die volgende versie se daar in 1 Pet 5:8-9

                Die vyhand probeer ook ons hoop vernietig - en waaruit bestaan geloof? Uit Hoop! Sien Heb 11:1

                Kol 1:23 "as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, Ďn dienaar geword het."

                Net ietsie wat ek graag met julle wil deel wat ek opgemerk het.
                My hoop is dat eendag sal daar net een koninkryk wees.

                Ek raak soms so sat daarvan om die hele tyd onderskeiding te moet gebruik - mens wil op 'n stadium net ontspan en nie net die hele tyd bevraagteken en baklei nie. Aan die ander kant maak dit ook sommer my wiele pap as ek sien hoe min onderskeiding daar in ons samelewing en veral die kerk is. En ons het nůķ meer onderskeiding nodig as ooit. Nie almal wat op die kerkbanke sit, dien Hom nie:

                Ďn Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesÍ: Die koninkryk van die hemele is soos Ďn man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesÍ: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: Ďn Vyandige mens het dit gedoen. Toe sÍ die diensknegte vir hom: Wil u dan hÍ dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sÍ: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

                (Mat 13:24-30)
                Dankie e-Sword!

                Die dag as daar net een koninkryk is, gaan dit darem so lekker wees, dink net...

                Comment

                Working...
                X