Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die 3de Tempel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Die 3de Tempel

    Ek sien nie juis iets oor die 3de Tempel in die forum nie. Miskien soek ek op die verkeerde plek. In elk geval, weet julle ouens hoe naby die herbou van die 3de Tempel werklik is? Hoe belangrik is dit dat ons dit weet? Het dit enige funksie in die eindtyd? Ek het 'n baie interessanthede oor die onderwerp en sal sien watter vrae word gevra en dit dan probeer beantwoord.

  • #2
    Hi Johnny

    Ek skuif hierdie draad van jou na die Gesprek oor die Eindtye en Aktuele Sake forum

    Comment


    • #3
      Haai Johnny,

      Hoekom sit jy nie solank van die inligting op van wat jy het nie? Soos waar word die tempel gebou ens? Dan kan mense dit lees en dit sal meer vra ontlok?

      Groete Mari

      Comment


      • #4
        3de Tempel

        Goed, kom ons kyk:
        1. "The Temple Institute" in Jerusalem het alreeds meeste van die "artifacts" wat in die 3de Tempel gebruik gaan word, vervaardig. Dit sluit in alles volgens die Bybelse voorskrifte. Selfs die kledingstukke wat deur die Priesters gedra sal word is reeds klaar.
        2. Die Sanhedrin is weer na bykans 2500 jaar weer in Tiberias gestig.
        3. Die Menora wat sowat 1,5 ton weeg, van goud is Desember 2008 vanaf die Cardo nader aan die Tempelberg verskuif.
        4. Priesters word alreeds opgelei om diens te verrig in die 3de Tempel.
        5. Die Tempel gaan op die Tempelberg gebou word waar "The Dome of the Rock" staan. Nie noodwendig op dieselfde plek nie, maar heel moontlkik langsaan.
        6. Die Tempelberg is seker die mees kosbare stukkie "Real Estate" op hierdie aarde.
        7. Die Tempel moet binnekort herbou word want die antichris gaan die wÍreld vanuit die tempel regeer en ons weet dat die koms van die Here naby is, so dit kan nie meer te ver wees nie.
        8. Dit sÍ ook vir ons dat die 7 jaar verdrukking naby is, want al hierdie dinge gaan gedurende daardie tydperk gebeur.
        Sal nog gedagtes wissel sodra die vrae inrol.

        Comment


        • #5
          Het jy enige bewyse van hierdie punte behalwe die Bybel?

          Comment


          • #6
            Hi Johnny,

            Baie interresante onderwerp. Daar is heelwat vrae wat opduik....
            Wat sal die doel wees van hierdie 3de tempel?? Nerens staan daar enigiets opgeskrywe van 'n derde tempel nie.
            Wat 'n mens wel kan lees wat die naaste hieraan is wat ek opgetel het, staan so aan die einde van DaniŽl.
            Die offers wat afgeskaf gaan word en die ding wat 'n gruwel in God se oŽ is wat in die geweide plek gaan staan. Wat is die geweide plek op die oomblik?

            As Christen is ek natuurlik heeltemal gekant teen die bou van 'n derde tempel, want dit beteken dat diere offers weer ingestel gaan word?
            Jesus het reeds die laaste tempel afgebreek en die nuwe een in drie dae opgebou

            Geen diereoffer kan 'n mens skoonmaak van sy sonde nie, kan Jesus basies vervang nie.
            Volgens my het die derde tempel niks tedoen met ons, maar het slegs betreking op Judaisme, die ouens wat glo dat Jesus net 'n profeet was, en dat die ware Mesias nog moet kom?

            Ek is glad ne seker wat hierdie derde tempel se rol in die eindtye is nie, en daar is natuurlik honderde teorieŽ.... ons sal seker maar moet kyk wat gebeur...

            Comment


            • #7
              Hi RR

              Die derde tempel moet gebou word, want dit is daar waar Jesus sal regeer as Hy terugkom, maar dit is ook daar waar die anti-chris sal regeer, wat vir ons beteken dat sodra die tempel klaar is, die anti-chris op die toneel kan verskyn, wat vir ons 'n baie goeie aanduiding van die einde is.

              Comment


              • #8
                Hi Phil, hierdie Tempel waarvan jy praat waaruit Jesus sal regeer, is dit die een wat in Openbaring afgemeet word? Hoe kom hierdie tempel en die een wat hulle nou skeinbaar besig is om te bou bymekaar?

                En weereens, my grootste bekommernis... watter rol gaan hierdie tempel vervul wat die mense wil bou? Is dit, soos met die eerste en tweede tempel, in opdrag van God?

                Comment


                • #9
                  Dit is in God se plan ja RR, maar dit het te make met die Jode, het geen implikasie vir ons wat verlos is deur die bloed van Christus nie, ons staan net en toekyk hoe dinge besig is om in die "heilige land" af te speel.

                  Hoekom moet daar weer 'n tempel wees:

                  die teŽstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
                  2 Tessalonisense 2:4


                  Maar dan sal Jesus die anti-chris verdelg en sal Hy regeer op die troon van Dawid:

                  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leŽrskare sal dit doen.
                  Jesaja 9:6


                  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
                  Lukas 1:32


                  En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leŽrskare, en om die huttefees te vier.
                  Sagaria 14:16


                  Dit het alles betrekking op Jesus se heerskappy op aarde in die 1,000 jarige vrederyk, daarom moet die tempel weer herbou word, eers sal die anti-chris soos Jesus self daar kom sit en hulle sal dink hy is hulle Messias, maar dan sal die ware Verlosser kom en Hy sal regeer vanaf die troon van Dawid.

                  Hoop dit maak die implikasie van die tempel vir jou duideliker, sien weer Daniel, dit gaan daaroor dat die Jode hulle Messias verwag, dat hulle die tempel wil regkry daarvoor, die anti-chris sal kom, hulle sal dink hy is hulle Verlosser, hy sal vir hulle weer die offers instel, dan sal hy dit staak en hulle begin vervolg, dan sal die ware Verlosser kom.

                  Comment


                  • #10
                    Dankie vir jou duidelike antwoord, ek sal beslis dieper daarin kyk as ek bietjie meer tyd het. Dit maak ook nou sommer 'n bietjie meer sin ook!

                    Comment


                    • #11
                      Beste Phil Fourie, RR van Wyk, MG van Wyk, Johnny en andere

                      Hierdie derde tempel goed laat my kopkrap. Dit lyk vir my dat die belangrikheid van Jesus se woorde in Johannes 2:19-22 dalk misgekyk word:
                      Jesus antwoord en sÍ vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. En die Jode sÍ: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig? Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek. En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesÍ het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het. (OAV)
                      Ook die ironiese misverstand van die valse getuienis teen Jesus is belangrik. Markus 14:57-59 (vgl. Matteus 26:61 & Handelinge 6:14 - Stefanus se getuienis):
                      En sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesÍ: Ons het Hom hoor sÍ: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie. En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie (OAV)
                      Die vals getuienis lÍ nie daarin dat Jesus gesÍ het dat Hy die tempel sal afbreek en in drie dae opbou nie, maar in watter na verwys word. Is Jesus se belang by die fisiese tempel of by 'n ander soort tempel?

                      Dit is ook interessant dat Jesus deur die verbygangers beledig is met die woorde (Matteus 27:40):
                      U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! (OAV)
                      Die duidelike ironie wat uit Jesus se uitlatings oor die tempel gemaak is, kom uit as 'n mens besef dat die tempel nie die regte simbool van God se teenwoordigheid hier op aarde is nie, maar dat God juis in die persoon van Jesus die ware tempel opgerig het. Anders gestel, God is teenwoordig in 'n mens, die Seun van God en self God. Hy word nie in koue klip vasgevang nie. Daarom is die Joodse godsdiens duidelik dood.

                      Dit is interessant dat Paulus in 1 KorintiŽrs 3:16-17 dit duidelik maak wie en wat die ware tempel is:
                      Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is nie en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.(OAV)
                      (Kyk ook na 1 KorintiŽrs 6:19, 9:12-13.)

                      Ook in 2 KorintiŽrs 6:15-16 vind ons hoe Paulus die tempel vanaf die fisiese tempel na die ware tempel ons as Jesus se kerk verskuif. Ek dink dat EfesiŽrs 2:19-22 dit mooi saamvat:
                      So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgehou word tot 'n woning van God in die Gees. (OAV)
                      As Jesus in Openbaring (wat ons weet 'n boek is wat in beelde praat - dit is immers Apokaliptiek en moenie letterlik opgeneem word nie) in hoofstuk 3:12 aan die gemeente van Filadelfia sÍ:
                      Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal nooit weer daar uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die Nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam (OAV)
                      Weereens, die tempel in die Ou en die Nuwe Testamente verteenwoordig God se teenwoordigheid. In die Nuwe Testament word Jesus die ware tempel. Die tempel van klip is maar net 'n vooruitskouing dat God teenwoordig is in hierdie wÍreld. As Jesus se hande en voete (ons is sy liggaam) of as die draers van die Heilige Gees (wat daarop dui dat God by ons is) is ons ook God se tempel. Ons verteenwoordig God in die wÍreld. As ons egter getrou is, sal ons vir ewig in God se teenwoordigheid wees, ons sal pilare in die tempel wees - met ander woorde ons sal nooit uit God se teenwoordigheid weggevat kan word nie. Hierdie tema herhaal op 'n paar plekke in Openbaring.

                      In Openbaring 7:13-17 lees ons:
                      Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesÍ: Hulle wat bekleed is met wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sÍ vir hom: My heer, u weet dit. En hy sÍ vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lan. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en dors hÍ nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; wan die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei. en God sal alle trane van hulle oŽ afvee. (OAV)
                      In Openbaring 11:18-19 vind 'n interessante ding plaas, soos wat die ongetroues geoordeel word word die getroue diensknegte, profete en heiliges beloon.Die gelowiges verreis as die tempel van die Here (11:19) in die hemel. Met ander woorde dit word gebou uit die gelowiges wat tot die einde toe volhard het. Hierdie gelowiges kan nooit-ooit uit God se hand geruk word nie.

                      Ek sukkel om te sien hoe die derde tempel as 'n fisiese tempel verstaan kan word, as die Nuwe Testament nooit die fisiese tempel positief skets nie en dat ons reeds vind dat Jesus die tempel in Homself opneem. Die tempel is die simbool van God se teenwoordigheid.

                      Vriendelike groete


                      Elimelek

                      Comment


                      • #12
                        Jy het dit mooi saamgevat Elimelek. Dit is hoe elke Christen dit moet sien. Ek stem tenvolle saam met jou.

                        Vir ons as Christenne is die fisiese derde tempel van geen waarde, behalwe natuurlik dat dit maar net vir ons as 'n rigtingwyser werk wat met die iendtye tedoen het. Natuurlik moet ons ook nou nie vir die antichris sit en wag voodat die groot afvalligheid gekom het nie....(of is ons in die midde daarvan?? Alles gaan erg, maar hoe erg moet dit gaan voordat dit kan bestempel word as die groot afvalligheid?)

                        Maar as Jesus terugkom, van waar gaan Hy dan regeer? Hier kan dalk so iets soos 'n fisiese "Tempel" dalk ter sprake kom. Maar voordat Jesus weer terugkom, glo ek glad nie in so iets as 'n fisiese tempel wat uit klip gemaak is nie, dit dien geen doel in ons lewe nie.
                        Behalwe natuurlik as die tempel bloot net soos 'n Christen kerk gebruik word, waar die Here geloof en geprys word.

                        Ek sou amper so ver gaan om te sÍ dat om die daaglikse offers weer in te stel sal 'n gruwel in ons God se oŽ wees.... Dit is immers waarvoor Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, iets wat ons juis as Christenne hierdie naweek gaan herdenk!

                        Comment


                        • #13
                          RR en Eli

                          Onthou a.s.b. dat ons steeds sit met Israel wat verblind is tot hierdie dinge waarvan julle praat, daarom dien die tempel vir hulle 'n doel en vir ons as 'n aanwyser van hoe God se planne besig is om voor ons af te speel.

                          Dan natuurlik as mens chiliasties in jou verstaan is van eindtye dan sal jy ook verstaan wat die belangrikheid is vir die tempel in Jesus se millenium regering.

                          Groete
                          Phil

                          Comment


                          • #14
                            Beste RR van Wyk en Phil Fourie

                            Ek dink nog steeds nie dat daar 'n derde tempel gaan wees wat deur mense gebou is nie. As daar so iets is, gaan God nie daarvan af regeer nie. Volgens Openbaring 21 is die nuwe Jerusalem die tempel van God. In Openbaring 21:3 lees 'n mens:
                            Kyk, die tentwoning van God is nou onder mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan van hulle oŽ afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Oor die hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het eenvoudig verbygegaan (NLV)
                            Dit is baie interessant dat die tempel soos dit in EsegiŽl se visioen beskryf word en hoe die nuwe stad Jerusalem beskryf word, besonderse ooreenkomste vertoon. Hierdie ooreenkomste is nie toevallig nie. Daar is nie meer 'n tempel met 'n heiligste en allerheiligste wat God en mens van mekaar kan skei nie, God se teenwoordigheid verhelder die stad. Dit is ook nie toevallig dat die stad juis met 'n goue meetstok uitgemeet word nie (Openbaring 21:15-17).

                            In Openbaring 21:22 lees ons ook:
                            Ek het nie 'n tempel in die stad gesien nie, wat die Here God, die Almagtige, en sy Lam is sy tempel.(NLV)
                            Vriendelike groete


                            Elimelek

                            Comment


                            • #15
                              Hi Eli

                              Wat sal jy dan maak van Openbaring 20, Jesus wat op aarde kom regeer, Sagaria 14, Jesaja 9 (op die troon van Dawid, oor Dawid se koninkryk). Jy haal wel Openbaring 21 aan en dit is korrek, maar hoe voel jy oor die 1,000 jarige vrederyk wat voor dit moek kom, soos ons byvoorbeeld ook van lees in Jesaja 11?

                              Comment

                              Working...
                              X