Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Antichris : Gaan die Christene hom herken ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Die Antichris : Gaan die Christene hom herken ?

    Die volledige titel van hierdie draad is eintlik :

    Die Antichris : Gaan die Christene hom erken sodra hy sy opwagting maak ?

    Ek vra hierdie vraag na aanleiding van die wegraping draad, en die punt wat ek probeer maak het daar dat die wegraping dalk 'n werklikheid is juis oor hierdie vraag. Dit is tog logies dat die Antichris nie sy taak kan voltooi indien hy vroeg vroeg al ontmasker word nie...reg ?

    Ek het egter, na ek die DVD van Louis Giglio met die naam Passport, en na 'n besoek aan die webtuiste van die Joshua Project wat ook op die DVD genoem word, tot skokkende insigte gekom, en ek vra die volgende vir myself af :

    Wat as die liggaam van Christus/die kerk so klein gaan wees dat haar stem doodeenvoudig nie gehoor gaan word as die tyd kom nie ?

    Dit is natuurlik 100% onmoontlik om presies te bepaal hoe groot die kerk nou is, maar, kan ons eerlik vir mekaar s, met die kennis van krimpende ledemaatgetalle, algemene geestelike verval en al hoe meer dwalings binne die histories fundamentele dinominasies dat ons 'n veel groter liggaam as nou kan verwag ?

    Besef ons hoe baie mense nog nie die Woord van God gehoor het nie ?
    Die Joshua projek gee 'n paar skokkende syfers in hierdie verband :

    Van die 16306 mense-groepe (people groups) het 'n totaal van 6650 (40%) nog nooit die Evangelie van Christus gehoor nie. (lys)
    Om bogenoemde in 'n ander lig te stel : Van die 6.64 biljoen mense op aarde het 'n totaal van 2.72 biljoen mense nog nooit van Christus of Sy Evangelie gehoor nie.

    Ek weet nie van julle nie, maar ek vind hierdie syfers absoluut skokkend. Nie net beteken dit dat ons, as 'n mensdom, heeltemal misluk om die groot opdrag van Christus na te kom, maar ook dat die werklike kerk baie kleiner is as wat ons miskien aldag besef !

    Wat dink julle is die implikasie hiervan, indien enige, met betrekking tot die einde van dae en Christus se wederkoms ?

  • #2
    Gelukkig weet ek ek gaan nie hier wees om hom te sien nie

    Comment

    • #3
      Fila,

      As ek na hierdie volgende deel kyk, dan blyk dit dat gelowiges elke leuen-gees sal kan sien, omdat hulle die salwing van die Heilige Gees het en alles weet...

      Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
      (1Joh 2:18-20 AOV)

      In net die volgende verse word dit vrder bevestig...

      Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun lon.
      (1Joh 2:21-22 AOV)
      The Rapture

      My dearest friends, Im so sorry so sorry
      but I must confess, dont worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      its before Gods wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      its for all the people in the zoo
      think about it and refresh
      you will see theres no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhere

      Comment

      • #4
        Ferdi,
        Ek stem heeltemal saam dat die Antichris sy identiteit nie sal kan wegsteek vir die gesalfdes nie, en die teksgedeeltes wat jy aanhaal bevestig dit deur en deur, wat ek wel probeer s is dat, indien die kerk van die Here nog op aarde gaan wees, die ledetal en invloed van hierdie groep so weglaatbaar klein gaan wees dat selfs ontbloot Christene die Antichris dit geen verskil gaan maak nie.

        Verder, en ek kry nou nie die teks nie, maar staan dit nie iewers dat die Evangelie eers aan almal verkondig moet word voor Christus weer kom nie ? Die implikasie hiervan en die feit dat meer as 40% van die wreld nog nie die Evangelie gehoor het nie is dalk 'n bespreking heeltemal op sy eie.

        Comment

        • #5
          Originally posted by Die Filadelfieer View Post

          Volgens my word die Antichris gedurende die tweede helfte van die 7 jaar verdrukking ge-openbaar. Die wegraping vind plaas voor die 7 jaar verdrukking. Ek was betrokke op 'n draad op die forum om te probeer verduidelik dat nie alle christinne deel van die wegraping gaan wees nie. Die Bruid van Christus is uniek. Net die ware kerk sal deel wees. Baie christinne sal deur die verdrukking gaan en hom herken. As sommige reken dat die hele kerk weggeraap gaan word dan is daar mos nie meer christinne oor om hom te sien of herken nie.

          Ek het al gewonder oor "...die evangelie aan almal verkondig" voor Jesus kom. Volgens my sal Jesus dan nooit kom nie aangesien daar daagliks duisende nuwe baba's gebore word. En so dan elke dag, elke week, elke maand, jaar na jaar. M.a.w, daar sal nooit 'n tyd kom waar almal die evangelie gehoor het nie, aangesien daar vir altyd nuwe baba's gebore word.........of redeneer ek verkeerd?

          Comment

          • #6
            Fila,

            Persoonlik is ek oortuig dat wedergebore gelowiges nog altyd 'n baie klein minderheid in die wreld was, selfs 'n baie klein minderheid in die Kerk is/was. Die wat op die bre pad wandel sal nie in 'n 7 jaar verdrukking, na ware gelowiges op die nou pad luister nie en sal en het ook nie voor hierdie tydperk na hulle geluister nie. Ek glo hierdie gedeelte wys daarop, dat as die verkeerde gees in mense is, hulle nie na die waarheid kan luister nie.

            Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wreld. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wreld is. Hulle is uit die wreld; daarom praat hulle uit die wreld, en die wreld luister na hulle. Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
            (1Joh 4:1-6 AOV)

            In ons dag, is daar reeds baie antichriste en die gees wat in hulle is, word herken deur kinders van die Here, tog is daar "gelowiges" wat konstant nie hierdie gees kan onderskei nie. 'n Vraag sou wees, hoekom nie? Ek is oortuig hulle is nie werklik wedergebore nie en as mens nie geestelike ore en o het nie, kan mens nie die Antichris en sy gees sien en hoor nie.
            The Rapture

            My dearest friends, Im so sorry so sorry
            but I must confess, dont worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            its before Gods wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            its for all the people in the zoo
            think about it and refresh
            you will see theres no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere

            Comment

            • #7
              Hallo Julle,

              Volgens onderstaande tekste blyk dit dat diegene wie nie bely dat Jesus indie vlees gekom het en die Christus is nie, 'n antichris is.

              1Jn 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun lon.

              2Jn 1:7 Want baie verleiers het in die wreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

              Nou wonder ek watter tekste daar gebruik word wanneer daar van "Die Antichris" gepraat word? Word dit as 'n individu gesien?
              Dit blyk dat daar baie gelowiges is wat glo dat in die toekoms "Die Antichris" ('n individu) te voorskyn sal kom.
              Ek sou graag wou weet watter tekste gebruik word om 'n siening te ondersteun.

              Kyk na die volgende teks,

              1Jn 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

              Dit was dus reeds die laaste uur so 2000 jaar gelede. Dit is nog steeds die laaste uur. En dit was die laaste uur die heeltyd sedert hierdie teks geskryf is, m.a.w. die afgelope 2000 jaar.

              Comment

              • #8
                Paul, Die woord "Anti-chris" beteken letterlik "teen Christus" m.a.w. enige iemand wat teen Christus is, is 'n "antichris" Maar die spesifieke antichris waarna hier op die draad verwys word, is die "dier" waarvan in Openbaring gepraat word.

                Fila, ek glo dat die ware kerk van Christus bitter klein is en dat ons geen impak op die wereld sal he nie. Ons sal uitgelag word wanneer ons die antichris wil openbaar maak. Openbaring 13 se dat die hele wereld verwonderd agter die dier sal aanloop - die mense sal hom letterlik aanbid. Wanneer 'n klein groepie "ekstermiste" iets teen hom sal se, sal niemand hulle daaraan steur nie. Dit gebeur vandag al, kyk maar na die wereld se reaksie wanneer ons teen homoseksualiteit, of aborsies ens praat, of as ons se dat evolusie 'n leuen is.... Ons word beskou as 'n klein groepie fanatikuste en niemand steur hulle regtig aan ons nie. Ons moet onthou dat die amptelike "kerk" van ons dag saam met die stroom sal beweeg, (dt het alreeds begin) en dus saam die dier aanbid. Die ware wedergebore kinders van die Here vorm maar 'n baie klien presentasie van die "kerk"

                Ek glo dat ons hom onmiddellik sal herken en dat dit juis die rede vir die "verdrukking" sal wees - die feit dat ons sal weier om saam met die stroom te beweeg en die antichris te aanbid. (sy merk te aanvaar en sy opdragte te gehoorsaam)

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Die Filadelfieer View Post

                  Van die 6.64 biljoen mense op aarde het 'n totaal van 2.72 biljoen mense nog nooit van Christus of Sy Evangelie gehoor nie.

                  Ek weet nie van julle nie, maar ek vind hierdie syfers absoluut skokkend.
                  Fila

                  Die Gideons se webbladsy dui aan dat 2 biljoen mense nog nie die Evangelie gehoor het nie. Jou berekening is dus in die kol.

                  my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                  If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                  Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Johnny View Post
                    Ek het al gewonder oor "...die evangelie aan almal verkondig" voor Jesus kom. Volgens my sal Jesus dan nooit kom nie aangesien daar daagliks duisende nuwe baba's gebore word. En so dan elke dag, elke week, elke maand, jaar na jaar. M.a.w, daar sal nooit 'n tyd kom waar almal die evangelie gehoor het nie, aangesien daar vir altyd nuwe baba's gebore word.........of redeneer ek verkeerd?

                    Uiteindelik die teks opgespoor :

                    Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

                    Daar is baie wat reken dat die eindtyd/groot verdrukking ens. naby is ..... maar watter implikasie het hierdie teks en die feit dat meer as 40% van die wreld se nasies nog nie die Evangelie gehoor het nie ?

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                      Uiteindelik die teks opgespoor :

                      Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

                      Daar is baie wat reken dat die eindtyd/groot verdrukking ens. naby is ..... maar watter implikasie het hierdie teks en die feit dat meer as 40% van die wreld se nasies nog nie die Evangelie gehoor het nie ?
                      Soos ek verstaan gaan die 144 000 in die groot verdrukking se taak juis wees om met Godelike kennis mense tot bekering te lei en die evangelie verkondig aan almal wat nog nie weet nie. As ek ook reg is gaan die 2 profete, Elia en Henog (?) by magte wees om selfs vuur uit die hemel te laat neerdaal en kragtige dade verrig. Hulle gaan gedood word maar 3 dae later weer lewendig gemaak word. Selfs gedurende die 2de helfte van die verdrukking wanneer die antichris geopenbaar word vir wie hy regtig is, sal die Jode sien dat hy NIE die Messias is wie hulle gedink het hy is nie, en God sal die skille van hulle o laat afval en sal hulle as 'n volk tot bekering kom.

                      Ek glo die grootste teken in ons tyd dat die einde naby is, is Israel se geboorte as 'n nasie (land) op 15 Mei 1948. Toe het God se horlosie as't ware weer begin loop.

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                        Uiteindelik die teks opgespoor :

                        Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

                        Daar is baie wat reken dat die eindtyd/groot verdrukking ens. naby is ..... maar watter implikasie het hierdie teks en die feit dat meer as 40% van die wreld se nasies nog nie die Evangelie gehoor het nie ?
                        Ek wonder self baie hieroor. Nietemin, soos ek dit lees, se die teks nie dat elke individu die evangelie sal hoor nie, ook nie dat dit noodwendig aan al die nasies verkondig sal word nie, maar dat dit in die hele wereld verkondig sal word, as 'n getuienis vir al die nasies. Met ander woorde, soos ek dit verstaan, se dit dat al die nasies (nie elke individu nie) sal kennis neem van die christendom deur die getuienis van diegene wat die evangelie verkondig..... Ek wonder maar net, waar kom die statistiek (40%) wat jy genoem het, vandaan, en wat beteken dit presies? Is daar werklik so baie lande in die wereld waar mense nog nooit van die christendom gehoor het nie? Wat nie weet van die evangelie nie? (Soos ek die teks lees, beteken dit nie noodwendig dat almal die inhoud van die evangelie sal hoor nie) Of is ek besig om klei te trap?

                        Comment

                        • #13
                          Hoe dit ook al sy, NIEMAND sal eendag voor God kan staan en s: "Ek het nie geweet nie...."

                          Titus 2:11 "Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn...."

                          God is God, en Hy sal verseker sorg dat ALMAL geweet het voor Hy die oordeel fel! Hoe Hy dit ookal gaan doen, glo ek dit sal nie baie lank wees voor Hy kom nie.

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by Gene View Post
                            Ek wonder self baie hieroor. Nietemin, soos ek dit lees, se die teks nie dat elke individu die evangelie sal hoor nie, ook nie dat dit noodwendig aan al die nasies verkondig sal word nie, maar dat dit in die hele wereld verkondig sal word, as 'n getuienis vir al die nasies. Met ander woorde, soos ek dit verstaan, se dit dat al die nasies (nie elke individu nie) sal kennis neem van die christendom deur die getuienis van diegene wat die evangelie verkondig..... Ek wonder maar net, waar kom die statistiek (40%) wat jy genoem het, vandaan, en wat beteken dit presies? Is daar werklik so baie lande in die wereld waar mense nog nooit van die christendom gehoor het nie? Wat nie weet van die evangelie nie? (Soos ek die teks lees, beteken dit nie noodwendig dat almal die inhoud van die evangelie sal hoor nie) Of is ek besig om klei te trap?
                            Gene,
                            My punt is juis dat 40% van die wreld se nasies , wat omtrent 2.8 biljoen mense is, nog nie van Jesus of Sy Evangelie gehoor het nie. Die bron wat ek gebruik vir hierdie getalle is die sg. "Joshua Project" . Op die webtuiste gaan hulle selfs so ver om die onbereikte nasies te lys.
                            Dit was ook vir my interesant dat die meeste van hierdie mense hulleself binne 'n bepaalde area van die wreld bevind, wat beskryf word as die sg. "10/40 venster". Hier kan jy meer daarvan lees.

                            Comment

                            Working...
                            X