Announcement

Collapse
No announcement yet.

"Passion of the Christ" mees omstrede film

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • "Passion of the Christ" mees omstrede film

    Ek hoor vanoggend op RSG dat 'n webbladsy 'n meningsopname gemaak het en dat die genoemde film aangewys is as die mees omstrede Christelike film.

    Ek weet dis 'n ou film, maar wat is julle mening?

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  • #2
    Roelof,

    Ek het al getuienisse van mense gehoor wat positief aangeraak was deur Passion en wil niemand oordeel wat dit gesien het nie, maar ekself het geen behae om Passion te sien nie en daar is ook mense wat na hulle dit gesien het, dit glad nie aanbeveel nie.

    Daar was 'n tyd waar ek dit oorweeg het om te gaan kyk en die Here het in daardie tyd, 'n paar dinge aan my gewys wat nie toevallig was nie. Ek het gelees hoe die kerkvaders van ouds geen skilderye van Christus of enige afbeelding van Hom, goed gekeur het nie. Hulle eensgesindheid hieroor was suiwer gebaseer op die 2de gebod...

    Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
    (Exo 20:4)

    Ter bevestiging kry ek toe hierdie gedeelte uit Deuteronůmuim...

    Neem julle dan terdeŽ in ag ter wille van julle sielewant julle het gťťn verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het niesodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ‘n gesnede beeld, ‘n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ‘n afbeelding van man of vrou,
    (Deut 4:15-16)

    VÍrder het dit vir myself duidelik geword dat die mens verslaaf geraak het aan kitskos en alles wat kits en maklik en gerieflik en sonder moeite is. Die mens stel nie meer belang om die skat van die Bybel te ondersoek, te leef en te beproef nie. Om die ware brood te breek en te eet en versadig te word nie. Die hele boek Job, is byvoorbeeld 'n tipe van die lydingsweg van Christus en vÍrder word die intense gebeure rondom die kruisdood van ons Here, op vele ander plekke in veral die Ou Testament, in groot detail uitgewys (Jes 53 is maar een). In veral Genesis tot Deuteronůmium, is daar baie beelde van die kruisiging en dinge rondom die kruisiging. Byvoorbeeld, die paaslam was presies 3 uur die middag geslag, presies op die 3de dag het hulle deur die Rooisee getrek en op 50 dae het hulle die Wet van die Berg Sinai ontvang. Seuntjies is byvoorbeeld op die 8ste dag besny en Jesus se opstanding was op die 8ste dag om die besnydenis van die hart te kon illustreer..., waar die syfer 8 simbolies nuwe lewe, 'n nuwe begin aandui en keer 8 op sy sy, dan dui dit in wiskunde oneindigheid aan! Daar is net een ding wat vir 'n gelowige moet waar word... en dit is die Woord van die Here wat vir jou moet begin lewe. Al kyk jy al die flieks oor Hom en al lees mens al die boeke oor Hom, maar Sy Woord het nooit vir jou gelewe nie, was alles net 'n gemors van tyd en is daar vir jou geen heil nie...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Ferdi

      Ek stem glad nie saam met jou wat betref die uitbeelding van Christus in 'n film nie. Ek was vir vier jaar lank aktief deel van 'n Jesusfilm aksie, waar ons evangelisasiewerk gedoen het met behulp van die Jesusfilm, wat op die Markus evangelie gebaseer is. Jy sal verstom wees as ek jou vertel hoe kragtig die Here daardie film gebruik (wÍreldwyd) om siele tot inkeer te bring. Letterlik miljoene mense is deur die jare weergebore as 'n direkte uitvloeisel van die film. (Ons het bv 'n aantal kerke in Botswana geplant wat vandag nog floreer en groei met die Jesusfilm.)

      En dan is daar ander puik films oor die lewe van Jesus, soos die Matteus Evangelie van Reghardt vd Bergh, wat suiwer woord is, en myns insiens baie waardevol is.

      Soos ek dit sien gaan die gebod in Exodus 20:4 glad nie oor die afbeelding van enigiets nie, maar oor die aanbidding van afgode. (Jy mag nie vir jou 'n afbeelding maak en dit aanbid nie.) Verder moet ons ook in gedagte hou dat God nie uitgebeeld word in 'n film nie. Jesus was 'n gewone mens soos ek en jy, wat vir 33 jaar op die aarde geleef het. Duisende mense het Hom gesien en Hom gehoor praat. Hy het in 'n menslike liggaam geleef. En dis bloot daardie liggaam wat uitgebeeld word in sulke films. Nietemin, ek het begrip vir jou siening.

      Wat "Passion of the Christ" betref, is daar 'n aantal goed wat pla. Mel Gibson, wat die film vervaardig het, is 'n katoliek en die katolieke klem kom duidelik na vore in die film, bv die oordrewe klem wat op Maria se rol geplaas word. En dan is daar die uitbeelding van satan wat deurentyd by is en met Jesus praat, wat my nie werklik aangestaan het nie. Verder is dit geweldig bloedig en wreed. MAAR vir my lÍ die waarde van die film juis daarin. Ek dink die kruisiging van Jesus het deur die jare so afgewater en alledaags geword, dat ons nie aldag werklik besef wat Jesus presies moes deurmaak nie. Ons het grootgeword met, ek wil amper sÍ, 'n "romantiese" beeld van die kruisiging, en hierdie film bring 'n mens met 'n harde slag aarde toe. Dis ongelooflik realisties, en ek kon na ek dit die eerste keer gesien het, vir 'n hele paar uur met niemand praat nie - ek was te ontsteld en het tyd in gebed deurgebring. Dit ruk 'n mens werklik tot stilstand. Om daardie rede heg ek persoonlik nogal baie waarde aan die film.

      Dis maar my siening.....

      Eugene

      Comment


      • #4
        Eugene,

        Vir myself is dit belangrik gewees om te weet waar om die ware skat te ontdek en miskien kom die plasing hierbo voor, asof ek glo dit 'n algemene siening moet wees, maar ek is oortuig dat die Here verkies dat mense eerder hierdie skat by Homself in Sy Woord vind, as in uitbeeldings daarvan. God werk op baie maniere en op verskillende tye in mense se lewens en mens moet dit kan erken. In die eerste sin meld ek wel dat daar mense is wat ek weet, positief beÔnvloed was deur o.a. Passion, maar ook die Jesus film wat jy tereg meld. Dit kan wondere verrig op die tyd daarvoor bepaal. My plasing was egter meer persoonlik van aard en hoe ekself daarna kyk in my eie lewe. Ek het ongelukkig nie 100% daarop gewys nie en dit lyk soos 'n veralgemening, maar ek glo dat daar tog mense sal wees wat by die ware skat moet en wil kom, wat ook soos ekself sal kyk na films soos Passion.

        My hele argument gaan bloot oor hoe ongelooflik lewendig God se Woord kan wees en dit is baie belangriker om iemand se passie vir die Bybel op te wek as om net op "kitskos" te fokus. Daar is 'n tendens in ons dag om ook op hierdie kits-manier (films en DVD's), met dinge om te gaan wat saligheidswaarde het. Ek glo nie daar is fout om die Jesus film te promofeer nie, maar daar is fout as mense nie gewys word daarop, dat God se Woord dieptes bevat wat ontdek moet word nie. Geen film kan werklik hierdie dieptes simuleer en vervang nie, maar kan dit slegs stimuleer. Mense (myself ingesluit) kyk die een DVD na die ander om hul verhouding met die Here op te vlam, maar mens kom net tot op 'n punt, dan moet mens maar jou Bybel opneem en versoen raak met die ware skat.
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Originally posted by CFJ View Post
          Eugene,

          My hele argument gaan bloot oor hoe ongelooflik lewendig God se Woord kan wees en dit is baie belangriker om iemand se passie vir die Bybel op te wek as om net op "kitskos" te fokus. Daar is 'n tendens in ons dag om ook op hierdie kits-manier (films en DVD's), met dinge om te gaan wat saligheidswaarde het.
          Ek stem saam dat ons soos in die "ou dae" meer klem moet le op die bestudering van die Woord.

          my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

          If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

          Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

          Comment


          • #6
            Ferdi en Roelof

            Ek hoor wat julle sÍ, maar ek dink 'n mens moet onderskei tussen verskillende mense met verskillende vlakke van geloof. Iemand wat nie weergebore is nie, gaan nie maklik vanself die ware skat in die Woord ontdek nie. Dis maklik om te sÍ, fokus eerder op die Woord. Maar films kan mense tot stilstand ruk en na die Woord toe dwing. Of selfs net 'n saadjie plant wat later kan ontkiem. Ek dink die Here gebruik films soos hierdie ook as instrumente in Sy hand. Selfs wedergebore christene kan myns insiens baat by films, maar dit sal uiteraard verskil van persoon tot persoon. (Dieselfde geld natuurlik bv dagstukkies. Self bestudeer ek eerder God se Woord as om 'n dagstukkie te lees - soos Ferdi tereg sÍ, dit is soos "kitskos" Maar daar is christene wat intelektueel nie op dieselfde vlak as ons is nie, wat groot baat vind by dagstukkies.) Maar dit is so dat "kitskos" heeltemal te gewild geraak het en mense is geneig om op allerhande "hulpmiddels" en "foefies" te fokus eerder as op die Woord self.

            Ferdi, ek verstaan heeltemal wat jy sÍ - dit is 'n persoonlike ding, en ek stem heeltemal saam. Soos ek jou eerste pos verstaan het, het dit gesÍ dat die uitbeelding van Christus as sulks verkeerd is, en daarmee het ek nie saamgestem nie - ons is egter nou op dieselfde bladsy!

            Groetnis!
            Eugene

            Comment


            • #7
              Ferdi, ek hoop nie ek Hi-Jack die draad nie....... maar meer oor Ex 20:4..... die rede hoekom ons nie afbeelding mag maak nie eut.4:12En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie--net 'n stem was daar.
              13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.
              14 Ook het die HERE my in diť tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.
              15 Neem julle dan terdeŽ in ag ter wille van julle siele--want julle het gťťn verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie--
              16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle 'n gesnede beeld, 'n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: 'n afbeelding van man of vrou,
              17 'n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, 'n afbeelding van enige gevleuelde voŽl wat in die lug vlieg,
              18 'n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, 'n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;
              19 dat jy ook jou oŽ nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leŽr van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie--
              dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het

              Die rede hoekom ons nie afbeeldinge mag maak nie is sodat ons dit nie sal aanbid nie
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Originally posted by Gene View Post
                Ferdi

                En dan is daar ander puik films oor die lewe van Jesus, soos die Matteus Evangelie van Reghardt vd Bergh, wat suiwer woord is, en myns insiens baie waardevol is.

                Eugene
                Eugene

                Ek het self 'n kopie van Reghardt se Jesus film en beskou dit as uiters professioneel, gebaseer op die Woord en sonder geweld.

                my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                Comment


                • #9
                  Eugene,

                  Ons is op dieselfde bladsy..., ek verstaan jou argument en is dit met jou eens, dat mense wat die skat nie ken nie, op baie maniere na die skat gebring kan word en films is deel daarvan, die bewyse spreek vanself.

                  Anneke,

                  Dankie, dis hoe ek dit ook verstaan. Die Here sÍ ons sal Hom sien soos Hy Ūs eendag. Afbeeldings kan 'n struikelblok wees, maar hoef nie...

                  Die stuk in Deut 4 sÍ spesifiek dat hulle Hom nie gesien het nie, jķŪs oor die rede waaroor ons praat...
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by CFJ View Post
                    soos Hy Ūs eendag. Afbeeldings kan 'n struikelblok wees, maar hoef nie...

                    Die stuk in Deut 4 sÍ spesifiek dat hulle Hom nie gesien het nie, jķŪs oor die rede waaroor ons praat...
                    Selfde rede is ook sodat ons nie van Sy Naam 'n afbeelding kan maak nie
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Wat my pla is Satan wat deurentyd op die agtergrond is. As jy nog nie vir Jesus as Saligmaker aangeneem het nie, sal die geweld en Sy lyding jou dalk skok en tot oorgawe bring.

                      my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

                      If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

                      Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

                      Comment


                      • #12
                        Dit is 'n goeie prent, maar dit nie volg die Bybel. Byvoorbeeld: "St Veronica" was sy gesig. dat is 'n katoliek tradisie. dit konsentreer op christus fisieke pyn, maar dit alleen toon 'n oomblik van die opstanding. dit is 'n goeie prent alhoewel.

                        Sommige mense gedink dit was te geweldadig. Miskien hulle is reg?
                        Please could everyone pray for Mieke and Charles.

                        My testimony http://bibleforums.org/forum/showthr...ight=testimony

                        Comment


                        • #13
                          Poison in the Passion

                          "Dit is presies soos dit gebeur het", het 'n paar mense opgemerk nadat hulle die Passion fliek gekyk het. (Regtig? Watter Bybel lees jy?) "Ons het Jesus se lyding aan die kruis gevoel.", het meeste dan met tranerige oŽ bygevoeg. Nee, ons was emosioneel uitgemergel deur die matelose geweld en geen mens kan onaangeraak daarna kyk nie, maar van Jesus se werklike lyding, dat Hy wat vlekkeloos is die wereld se sonde moes dra, daarvan het ons nie die vaagste begrip nie.

                          Ek het 'n video: "The Poison in the Passion" wat die onbybelse misleiding in die fliek uitwys. Lees meer oor die hele sak (vrot) patats hier en ook hier (dis in Ingils, maar die fliek mos ook).

                          Comment


                          • #14
                            Baie interesante plasing SOS, ek het hierdie week toevalig 'n kopie van Passion gekry, sal dit nou weer mooi gaan bekyk in die lig van die skakels wat jy geplaas het.

                            Comment


                            • #15
                              Interesante aanhaling uit SOS se eerste skakel :

                              "One thing may bother some earnest souls: why so many good people approve the religious movie. The list of those who are enthusiastic about it includes many who cannot be written off as borderline Christians. If it is an evil, why have not these denounced it?
                              The answer is, lack of spiritual discernment. Many who are turning to the movie are the same who have, by direct teaching or by neglect, discredited the work of the Holy Spirit. They have apologized for the Spirit and so hedged Him in by their unbelief that it has amounted to an out-and-out repudiation. Now we are paying the price for our folly. The light has gone out and good men are forced to stumble around in the darkness of the human intellect."
                              (Tozer, A.W.. Tozer on Worship and Entertainment)

                              Comment

                              Working...
                              X