Announcement

Collapse
No announcement yet.

Historisisme, Preterisme en Futurisme

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #31
    Ons het nou gekyk na die konteks waarin Daniel 9 staan en het gesien dat dit in die groter konteks van Dan 8 staan. En ons almal weet hoe belangrik konteks is!

    ‘n Mens kan enige sin uit sy konteks uit haal en dit ‘n ander betekenis gee. Maar ons weet ook dit is oneerlik, want konteks bepaal die bedoeling/intensie.
    Ons het gesien dat die 70 week profesie afgesny is van die groter “Twee duisend drie honderd aande en mres” – profesie af en dat eersgenoemde maar net die eerste deel is van hierdie groter tyds-profesie in die stroom van tyd.

    Elke week in die 70-week profesie verteenwoordig ‘n tydperk in ons geskiedenis. Byvoorbeeld:

    Week 1 van die 70 weke verteenwoordig die jare 457 BC – 450 BC.
    Week 2 van die 70 weke verteenwoordig die jare 450 BC – 443 BC.
    Al die pad tot by byvoorbeeld:
    Week 69 van die 70 weke verteenwoordig die jare 20 AD – 27 AD
    Week 70 van die 70 weke verteenwoordig die jare 27 AD -34 AD

    Kan ‘n mens dus die 70ste week (wat die letterlike jare 27AD-34AD is) nou uit die geskiedenis gaan sny en dit iewers in die einde van tyd gaan gooi? Want onthou nou; 70 kom na 69. En 27-34AD kom na 20-27AD...

    Het die hele wereld die laaste aand van 34AD gaan slaap en die volgende oggend opgestaan in die jaar 41AD?
    En dan, eendag in die toekoms, gaan die wereld die aand van die 31ste Desember slaap (kom ons s arguments-onthalwe 2045AD) en die volgende oggend wakker word in die jaar 27AD!! Dit is die implikasie van Futerisme-leer se rondskuiwery van tyd.

    En hierdie absurdheid is wat Futerisme-leer wil h ons moet glo. Futerisme-leer verwag mens moet mens se logika en intellegensie buite los as jy by Futerisme-leer se huis ingaan, en hulle onvoorwaardelik glo... En die hartseer is: SO BAIE mense doen dit vandag...

    Ons is nie tydsreisigers nie; tyd rondskuif is onmoontlik! Behalwe natuurlik vir die Futerisme-leer. Die leer het nie vir God nodig om wonderwerke te doen nie...hulle doen dit sommer self via die Jesuete. En nadat hulle die 70ste week uit tyd uit gaan sny het het hulle sommer dan (terwyl dit nou uit konteks uit is) ‘n nuwe betekenis daaraan gegee.... En mense glo dt ook...

    Kom ons gaan kyk nou na die betekenis van Dan 9 re die sewentig weke... Ons het dit in my dae op skool Begripslees genoem.

    Dan 9:24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, ...
    Hoeveel sewetalle is afgesny? 70 of 69+1? Daar is immers ‘n verskil. En die antwoord is 70. Sewentig is dus ‘n eenheid. En vir wie is hierdie sewentig weke afgesny?
    Vir “jou volk en jou heilige stad bepaal”. Vir wie se volk? Vir Danil se volk. Die engel is besig om immers met Danil te praat.
    En wie is Danil se volk? Dit is nie moeilik om te raai nie, hy vertel ons self:

    Dan 9:7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.
    Danil se volk is dus die letterlike Israel van daardie tyd. Met ander woorde:

    “Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal”

    Lees dus in begrip;

    Sewentig sewetalle is oor Israel en Jerusalem bepaal.”

    Hierdie eenheid van 70 weke is dus SLEGS vir die letterlike Israel en Jerusalem bepaal. NIE vir die ander heidense stamme NIE. Slegs vir Israel.

    Openbaring leer ons dat die hele wereld (insluitend dus die heiden nasies) die antichris gaan aanbid.

    Kan die 70ste week (wat uitsluitlik vir Israel bepaal is en op hulle van toepassing is) dus op enige manier oor ‘n antichris handel?

    En die antwoord in NEE. Dit is onmoontlik. Want dit is slegs vir Israel. Behalwe natuurlik vir die Futerisme-leer, want d het die 70ste week van sy konteks beroof en dit in die toekoms gaan ingooi en beweer dit handel oor die antichris!

    Die Skrif alleen leer ons egter hierdie 70 weke is afgesny spesifiek vir Israel en Jerusalem alleenlik!

    Waarvoor is hierdie “sewentig sewetalle vir Israel en Jerusalem” afgesny? Kom ons lees die vers verder...

    Dan 9:24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te besel en om wat hoogheilig is, te salf.
    En wie het alles in rooi bo uitgelig, gedoen? Jesus het dit alles gedoen in Sy eerste kom!

    Die 70 weke profesie gaan dus oor:
    • Jesus Christus
    • Israel
    • Jerusalem

    Kom ons herkou solank hieraan voor ons verder gaan in ‘n volgende plasing.

    Comment

    Working...
    X