Announcement

Collapse
No announcement yet.

Historisisme, Preterisme en Futurisme - Bespreking

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #76
    Originally posted by angelmike View Post
    Ben, jy volhard om aan my te se dat ek die leer van die Jesuiete volg.
    Jy is 100% reg Mike, ek volhard om aan jou te se dat jy die leer van die Jesuiete volg, want dit is ‘n feit.

    Futerisme is gebore in 1590. En kyk wat s Wikipedia van Rebeira hierso:

    In the late Middle Ages and the Protestant Reformation, some commentators sought to identify the Antichrist with the Pope of the time, so that figures from the Book of Revelation might not only be interpreted as representing figures in the past (such as the Emperor Nero) or in the future (in the Last Days), but also in the present. Ribera in 1585 began writing a 500-page commentary on the Book of Revelation, titled In Sacrum Beati Ioannis Apostoli, & Evangelistiae Apocalypsin Commentarii, proposing that the first chapters of the Apocalypse applied to ancient pagan Rome, and the rest referred to a yet future period of 3 literal years, immediately prior to the second coming. During that time, the Roman Catholic Church would have fallen away from the pope into apostasy. Then, he proposed, the Antichrist, a single individual, would:
    • Persecute and blaspheme the saints of God
    • Rebuild the temple in Jerusalem
    • Abolish the Christian religion
    • Deny Jesus Christ
    • Destroy Rome
    • Be received by the Jews
    • Pretend to be God
    • Kill the two witnesses of God
    • Conquer the world.
    To accomplish this, Ribera understood the 1260 days and 42 months and 3 times of prophecy literally, rejecting an interpretation as 1260 years.
    Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Francisco_Ribera
    En dan het ek nog nie eers die ander Jesuet, Bellarmine, hier ingebring nie. As ek bogenoemde opsomming uit Wikipedia van Ribeira se boek lees, kon ek netsowel jou plasings gelees het. Julle twee stem darem maar baie ooreen!

    Word wakker, my geliefde broer in Christus. Die klippe roep al uit hierso! Wiki is ‘n sekulre bron, nie ‘n godsdienstige bron nie. Self hulle weet dat Futerisme-leer van die Jesuiete afkomstig is!! Hoekom probeer jy hierdie geskiedkundige, opgetekende, bevestigde feit ignoreer? Hou jy jouself maar net aspris doof en blind?

    Futerisme is gebore in 1590. Futerisme het die Christen kerke geinfiltreer in 1826! 236 jaar later eers.
    • Die Jesuete het Futerisme dus vir seker nie by die Christene “geleen” nie.
    • Die Christene en Jesuiete het vir seker ook nie albei onafhantlik op dieselfde idee op verskillende tye afgekom nie.
    • Die feit is; die Christene het Futerisme by die Jesuiete oorgeneem. En die hele proses van hoe dit gedoen is, is k geskiedkundig feitlik gedokumenteerd. Ek het dit reeds op hierdie draad vir jou uitgewys. Maar ongelukkig verkies jy dit om jouself ook blind en doof te hou teen dt. Hoekom, Mike? Hoekom vind jy dit nodig om hierdie feite te moet ignoreer?
    Hierso is sy boek, ingeval jy steeds volhard om te glo dat dit alles hoor-s is:


    Originally posted by angelmike View Post
    Jy weet nie wie ek is nie en probeer my met daardie uitleg afskrik.
    Die idee is juis om jou te probeer afskrik van hierdie Futerisme-dwaal-leer af, Mike! Want:

    2Co 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
    Die Jesuite is gestig met die uitsluitlike doel om Protestantisme te vernietig! OOK DIT is opgetekende, feitlike geskiedenis! Hulle haat Jesus Christus en Sy volgelinge. En deur hul Futerisme-doktrine aan te hang, trek jy aan dieselfde juk as hulle, my geliefde vriend.

    2Co 6:15-16 En watter ooreenstemming het Christus met Blial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? 16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
    Mat 7:18 ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
    As ‘n slegte boom geen goeie vrugte kan dra nie, hoe kan ‘n vrug van die Jesuete dan goed wees, Mike?
    3Jn 1:11 Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.

    Rom 12:9 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
    Mike, deur slegs net na die oorsprong van die Futerisme-leerstelling te kyk, behehoort dit al meer as genoeg rede vir enige opregte gelowige te wees om dit onmiddelik te verwerp en geen ooreenkoms/ooreenstemming daarmee te h nie! Slegs dit alleen behoort elke opregte gelowige af te skrik!Selfs die Skrif s so!

    En dan het ons nog nie eers nou gepraat oor hoe Futerisme-leer die profetiese woord verbuig, wan-verteenwoordig en waninterpreteer nie. Jy en ek het alreeds bladsy daaraan bestee.

    Maak oop jou o my vriend.

    Originally posted by angelmike View Post
    Ons sal vir ewig so redeneer, van links na regs en nie een profetiese uitspraak sal vervul word, deur uitsprake nie, maar deur die vervulling daarvan wanneer die dinge gebeur soos Christus bekend gemaak het. Ek sal maar geduldig wag.
    Nee Mike, God het juis vir ons profesie gegee om ons mee te waarsku. Ons moet dit kan verstaan sodat ons ons gereed kan maak daarvoor. Ek kan ongelukkig nie met jou wag-en-sien benadering saamstem nie. As jy vir die verkeerde ding wag, gaan jy die regte een mis!

    Het die Jode nie immers die profesi oor Jesus verkeerd verstaan en Hom toe heeltemal gemis nie?

    Dit is presies wat Satan ook nou, in hierdie eindtye wil h moet gebeur.

    Sela

    Comment


    • #77
      Ben soos jy weet is ek seker die grootste teenkanter van futurisme, omdat dit jou deel maak van die Antichris. Die mense verstaan nie dat Jesus self in van sy gelykenisse heeltemal daarteen uitvaar nie. Lees maar net vir Lazarus en die ryk jongman. Dan is daar nog Mattheus 21 en die gelykenis van die wingerd, waar uitdruklik verklaar word dat die wingerd gegee word aan 'n ander nasie. Ek het al antwoorde gekry van dit is toe aan die dissipels gegee wat ek dink die koek gevat het. Ons het slegs Moses, die profete en die Psalms nodig, en daaruit kan jy geen futurisme aflei nie. Ook deur te vertel dat Jesus moet terug kom aarde toe is om Hom 'n leuenaar te maak. Sy laaste woorde was "Dit is volbring". Daar is nie 'n tweede sin by om te verklaar dat Hy eers weer moet terugkom om die Jode te red nie. En dan is die vader van die hele leer Scofield, ook nie 'n betroubare persoon nie. Dit word vir ons mooi uitgespel in https://www.gospeltruth.net/scofield.htm.
      Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

      Comment


      • #78
        Originally posted by Ben Cronje View Post


        Dit is presies wat Satan ook nou, in hierdie eindtye wil h moet gebeur.

        Sela
        Nou goed Ben, se jy nou vir my hoe ver staan ons nou in die profesie en wat verwag julle volgende om te gebeur aangesien jy reken dat julle al die antwoorde het, sal ek dan die vrae, vra.
        To God be the Glory

        Comment


        • #79
          Originally posted by angelmike View Post
          Nou goed Ben, se jy nou vir my hoe ver staan ons nou in die profesie en wat verwag julle volgende om te gebeur aangesien jy reken dat julle al die antwoorde het, sal ek dan die vrae, vra.
          Hi Mike.

          Tot en met jy nie die dinge wat ek noem in plasing #76 ter harte geneem het nie, is enige gesprek verder vrugteloos, want jy gaan met alles vanuit jou Futerisme-posisie uit, uit beginsel uit, stry (en ook die Skrif in die proses ignoreer).

          Gaan besin eers werklik oor plasing # 76, en die implikasies daarvan. Wanneer jou oe oopgegaan het, kom vra my dan weer hierdie vraag en ek sal dit vir jou in alle liefde en deernis antwoord.

          Groete in Christus

          Ben

          Comment

          Working...
          X