Deur die eeu van ons kerkvaders vind ek geen primitiewe geestelike erkenning van die Antichris wat as God wil sit in die tempel van Israel nie. Weens verdraagsaamheid van God teenoor die mensdom, verhaas sommige profesie en dwing onordelike sienswyses wat boos voorkom, op die heilige sakrament af.




Menigte jare word die heilige doop van bekering onderdruk deur hervormers wat weier om die wil van God te volbring. Leringe van duiwels soos Paulus dit noem, word as kanoniek aanvaar, wat tevredenheid en gerustheid bring vir ongehoorsames, wat die wil van God vertrap met eie uitleg en dogmatiese teologie.




Die halsstarrige mens of, “Bileam se donkie,” wat geesloos voorkom, en daarop aanspraak maak dat hy deur die Heilige Gees inspireer word om profesie verklaring aan die lewe te roep, met drogrede die kerk alwys tot insig bring, tog vernietig en mislei. Iemand wat verlei en mislei is deur religieuse aanhoor moet nog deur die grens van genade beweeg tot redding van sy siel.




Die Bybel leer, die kennis sal vermeerder, tog verbind baie die historiese verlede met uitleg van profesie, waar geen bewyse bevind word tot kanonieke reg van profetiese vervulling nie. Vervalste bewyse in die geval van waarsŕery word die profesie ingedwing om vervulling te bewerkstellig sodat die uitlŕer se dogma tot sy reg kan kom.




Vervalste uitleg en waarsŕery neem toe in die profetiese aanvraag met betrekking tot die eskatologie wat vir die leek onverstaanbaar voorkom, omrede Geesloosheid en eiesinnigheid met verwaandheid verkleef word. Sulke valse profete bring niks stigtende of leersaam tot die kerk in die algemeen nie. Die einddoel van hierdie misstande word leringe van duiwels.