Announcement

Collapse
No announcement yet.

Christendom terug na Joodse wortels en gebruike?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Christendom terug na Joodse wortels en gebruike?

    Ek het nou al geleer dat ek hier op Bibleforums maar 'n stem roepende in die woestyn is as dit kom by hierdie verskynsel. Ek het nogtans gedink om 'n draad spesifiek daarvoor oop te maak, omdat ek dink dit al meer hoofstroom raak en al meer belangrik raak dat mense hulle ten opsigte daarvan verantwoord.

    Ek het onlangs weer met iemand te doen gehad wat vreeslik "into" al die Joodse en Israel dinge is. Dit is 'n beweging wat veral sterk is onder hoofstroom Charismatiese kringe.

    Kom ek noem 'n paar dinge wat geassosieer word met hierdie verskynsel. maar voor ek dit noem, al hierdie dinge is nie noodwendig by een enkele groep teenwoordig nie, soms 'n kombinasie daarvan. Maar ek dink tog al hierdie dinge hou in 'n mindere en meerdere mate met mekaar verband.

    Christene wat teruggryp na:

    - die onderhouding van die Sabbat, of sg. Shabbat-geleenthede
    - die onderhouding van Joodse feeste
    - Joodse diŽet
    - Bepaalde Joodse gebruike, soos die dra van 'n taliet
    - Hebreeuse name vir God, die Heilige Gees en Christus, asof dit meer krag dra of meer outentiek is
    - aanvaarding van waardes van die Hebrew Roots Movement
    - Messiaanse Joodskap - dikwels is die meerderheid "Messiaanse Jode" eintlik nie-Joodse Christene.
    - vriende van Israel/Jode
    - blaas van Shofar
    - Joodse danse, Joodse liedere

    Dan is daar ook leringe wat soms hiermee geassosieer word, bv:

    - die "latter rain"
    - klem op spesiale tekens en wonderwerke, bv. goud, olie op hande, glitter, rukbewegings, omval in die gees (nie dat daar noodwendig iets inherent verkeerd is hiermee nie)
    - geestelike of Goddelike DNA
    - dat die toekoms reeds in die fynste detail bepaal is en (allegories) verborge lÍ in tekste of numerologie van tekste - vgl. fatalisme
    - spesiale / vreemde openbaringe van God
    - die "blou vuur"
    - leer oor 7 dope
    - lering oor Leviete word in verband gebring met aanbidding/aanbiddingsleiers
    - lering dat die huidige Jode steeds God se volk is en parallel met die kerk bestaan
    - lering dat die huidige Jode moet terugkeer na fisiese Israel
    - lering dat 'n aardse, Joodse koninkryk verwag moet word
    - lering dat Christus as 'n soort reinkarnasie van koning Salamo as aardse koning gaan regeer.
    - leringe oor "dae van Elia" of Elia-generasie

    Instansies en mense wat dikwels met van hierdie leringe (op verskillende maniere) geassosieer word:

    God Channel
    Daystar Channel
    TBN

    John Haggee
    David Pawson
    Sid Roth
    Rick Joyner
    Tim LaHaye
    Benny Hinn

    (om net 'n paar te noem)

    in SA, bv.

    Kana šn bediening, Retha McPherson


    Hierdie tendens om terug te gryp na Joodse dinge raak by meer algemeen, veral in die hoofstroom Charismatiese kerke. Ek kan nie anders as om te sien dat dit 'n teruggryp is na die OT en die Ou Verbond nie, en dat dit die Nuwe Testament afwater:

    Volgens die Nuwe Testament is ons gelowige Christene die nageslag van Abraham (Gal 3:7), die Israel van God (Gal 6:16), die nuwe genarasie, priesterdom, volk van God (1 Pet 2:9). Daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek meer voor God nie (Rom 10:12). Christus het die wet, die totale Ou Testament ge-"pleroŰ" (Mat 5:17) - dit is beŽindig, klaargemaak, volgemaak, vervul. In Christus is die hele dimensie van vlees afgelÍ in die besnydenis van Chistus waarin die insettinge en eerste beginsels vernietig is (Kol 2:11-16). Vlees en wet is dus nie meer 'n basis waarop ons tot God nader, gered word of as God se volk beskou kan word nie. Dit is verby, kyk alles het nuut geword (2 Kor 5:17). Ons leef nou in die dimensie van gees/Gees, (ons is nie meer in die vlees nie: Rom 8:9). Die Gees van Christus verwyder die bedekking oor die Ou Testament (2 Kor 3) wat nou slegs verstaan kan word vanuit Christus, terugwerkend, nie andersom nie. Die Gees leer ons alles wat ons nodig het (Joh 14:26; 1 Joh 2:27) en bevestig ons kindskap (Rom 8:9-14), nie wet of enige iets uit die kultuurskat van fisiese Israel nie. God het reeds een nuwe mens gemaak in Christus en die middelmuur van skeiding afgebreek (Ef 2:11-15).

    Ons het dus nie meer nodig om terug te gryp na die Ou Testament met fisiese Israel nie, ook nie na die wet of Ou Testamente (of Joodse) gebruike. Ons staan nou in die vryheid van Christus, want die wet van die Gees van die lewe in Jesus Christus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood (Rom 8:2).
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  • #2
    Philip,

    Dankie vir die draad.

    Ek is net so bekommerd oor die "terug" beweeg na die Joodse gebruike.

    Dit is een ding om die gebruike te verstaan, en selfs te bestudeer. Die Ou Testament dui immers op die Nuwe. Maar om daarin te verval is die ontkenning dat Jesus dit vervul het.

    Ek glo dat die Ou Testament moet verstaan word om die Nuwe te verstaan. Die feeste is tog profeties, en alle profesieŽ sal vervul wees wanneer die Here weer kom, daarom is daar nog waarde in om die feeste te verstaan, maar NOOIT ten koste van vryheid in Jesus nie.

    Hy wat homself onderwerp aan een van die OT Wette, onderwerp homself aan almal, en geen mens kan die Wet behoorlik nakom nie. Die Wet wat die verskil maak is tog liefde, en dit is besny in ons harte.

    Dit sal interresant wees om te sien wat hierdie draad uitbring.

    Groete in Jesus,
    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

    Comment


    • #3
      Wow Philip, jy gooi nou baie vreemde goeters alles saam in een kook pot

      Lof danse versus Joodse danse
      God se feeste versus Joodse feeste

      etc etc etc




      Die bloed van Jesus ....... dis waaroor alles gaan.... vir my.
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Originally posted by Ta-An View Post

        Die bloed van Jesus ....... dis waaroor alles gaan.... vir my.
        Almal saam: AAAAmen!
        השייך לאלוהים דרך ישו

        Comment


        • #5
          Originally posted by Ta-An View Post
          Wow Philip, jy gooi nou baie vreemde goeters alles saam in een kook pot

          Lof danse versus Joodse danse
          God se feeste versus Joodse feeste

          etc etc etc




          Die bloed van Jesus ....... dis waaroor alles gaan.... vir my.
          Ta-An, as ons nou nie meer dae en maande en tye waar waarneem nie (Gal 4:10), en nie meer die OT feeste onderhou nie, en nou dat dit nie meer deel is van die Nuwe Testament nie, is dit mos nie meer God se feeste nie, maar feeste wat deur die Jode (wat nou nie meer God se volk is nie) volgehou word, of hoe?
          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

          Comment


          • #6
            Philip
            Nee, jy is nie 'n stem wat roep in die woestyn nie. Ek het verlede jaar alreeds groot moelikheid op hierdie forum gekry toe ek sterk standpunt teen die "Hebreeuse wortels" beweging ingeneem het. Mense is veral baie sensitief daarvoor as jy beweer dat die HRM wetties is. Maar eintlik is dit vir my voor die hand liggend. Die meeste van die ou Joodse gebruike waarheen hulle wil terugkeer, was deel van die wet en daarom kan hierdie verskynsel ook maar as wetties gesien word.

            En dit is nou juis op hierdie punt waar ek die lyne wil trek wat hierdie beweging aanbetref. Paulus praat van dinge soos Joodse skaduwees en eerste beginsels van die wet waarvan ons moet wegkom. Hy bespreek hierdie goed veral in GalasiŽrs, Kolossense en HebreŽrs. Hierdie ou Joodse gebruike waarvan hy praat, is almal op een of ander manier in stryd met die evangelie vir vandag. Dit het gegeld in 'n tyd voor Jesus en sy weg van verlossing geopenbaar is. Dit was vleeslike goed waaraan mense vasgehou het in 'n tyd toe die ewige geestelike heilswaarhede van Christus nog nie geopenbaar was nie. Maar nou het Christus die wet vervul en geheel en al uitgefaseer. Enige oproep om nou na sulke skaduwees en eerste beginsels terug te keer, moet as 'n gevaarlike rigting weg van Christus af uitgewys word.

            Maar nou sien ek dat jy sekere goed by jou lysie van uitgediende OT gebruike voeg wat ek nie by myne sal insluit nie. Ek is Chilliasties, ek glo dat Christus die paradys na sy wederkoms gaan herstel. Ek glo dus aan die 1000 jarige vrede op aarde na die wederkoms. Ek sien dit in Openb. 20 en ek sien dit ook by Jesus se geboorte dat Hy bestem is om werklik die koning van geregtigheid te word soos Jes. 9 dit reeds voorhou. Ek sien die Chiliastiese (glo in die 1000 jarige vrederyk op aarde na die wederkoms) studie van profesie in die OT dus gladnie as deel van terugkeer na Hebrew roots nie. In teendeel, hierdie is profesie wat nog nooit vervul is nie en deur God self so in die Bybel opgeteken is as 'n padkaart vir die toekoms. As ek dus profesie in die Bybel bestudeer, dan keer ek nie terug na joodse wortels nie, ek kyk vooruit na dit wat God in die toekoms weggelÍ het, en wat nog nooit gebeur het nie.
            Last edited by David2; Dec 10 2009, 03:18 AM.

            Comment


            • #7
              Originally posted by David2 View Post
              As ek dus profesie in die Bybel bestudeer, dan keer ek nie terug na joodse wortels nie, ek kyk vooruit na dit wat God in die toekoms weggelÍ het, en wat nog nooit gebeur het nie.
              Dis nou wat ek bedoel....Philip kom potjie-kos maak verkeerde bestanddele
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                En tog dink ek dit is juis hierdie oud-Joodse verwagting van 'n aardse koninkryk wat in baie opsigte aan die wortel lÍ van hierdie hele beweging. Trouens, ek het nog nie 'n groep "Messiaanse Jode" teengekom wat nie hierdie Joodse, aardse koninkryksverwagting het nie. David, ek weet jy wil die hele idee van die aardse koninkryk skei van die hele ding oor Joodse gebruike en beheptheid met die Jode, maar ek dink nie mens kan nie. Dit is soos om die takke en die blare van die boom telkens te wil afsny, maar nie die wortel van die probleem aan te spreek nie. Of dit is soos om die simptome te probeer behandel of te onderdruk in plaas van die virus wat dit veroorsaak.

                Jesus het juis die Jode daarop kom wys dat sy koninkryk nie van hierdie wÍreld is nie, maar dat sy koninkryk geestelik is, en dat hy die OT profesieŽ geestelik kom vervul - dat hulle verwagting in 'n aardse messias foutief was. Dit was nooit die bedoeling van die OT Messias profesieŽ nie. Dit het ek al breedvoerig langs die weg van die Skrif teks vir teks vir jou uitgewys waarop jy nog nie kon antwoord nie.

                Ek dink as dit nie vir hierdie foutiewelike, aardse koninkryksverwagring was nie, sou daar ook nie 'n teruggrype na al hierdie ander Joodse dinge wees nie.
                Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Philip dT View Post
                  Ek het nou al geleer dat ek hier op Bibleforums maar 'n stem roepende in die woestyn is as dit kom by hierdie verskynsel. Ek het nogtans gedink om 'n draad spesifiek daarvoor oop te maak, omdat ek dink dit al meer hoofstroom raak en al meer belangrik raak dat mense hulle ten opsigte daarvan verantwoord.

                  Ek het onlangs weer met iemand te doen gehad wat vreeslik "into" al die Joodse en Israel dinge is. Dit is 'n beweging wat veral sterk is onder hoofstroom Charismatiese kringe.
                  Hallo Philip,

                  Ek is verseker ook iemand wat bekommerd hieroor is, veral as mens met jou Israelvisie strominge te doen kry, is daar gebruike onder hierdie mense wat werklik 'n mens bekommerd maak. Iets wat ek net graag wil noem, is dat nie een enkele Israelvisie-ondersteuner vir ek dit al gevra het, het getuig van 'n ontmoeting met Jesus nie. Dit lyk veral in sulke omstandighede al meer so, dat gebruike van die Ou Testament geweldig oorbeklemtoon word en hoe meer daar op ander dinge gefokus word, hoe minder en ook kleiner blyk die kans dat sulkes 'n persoonlike ontmoeting met hul Messias sal hÍ.

                  Ek dink jy het bloot hierdie dinge al dieper ondersoek en kyk op 'n veel groter vlak hierna as meeste ander van ons. Ek sal ook graag soos Tonton wil sien wat lewer hierdie draad op...
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment


                  • #10
                    Hi Philip,

                    Ek wonder wat jou laat dink het dat jy alleen bekommerd is oor hierdie verskynsel? Ek weet van 'n paar mense, myself inkluis, wat baie bekommerd is daaroor... Dankie vir 'n goeie, sinvolle plasing wat hopelik die mense wat al in 'n mindere of meerdere mate daarin vasgevang is, rede tot ernstige nadenke sal gee.

                    (Okay, nou moet iemand vir Philip gaan lawe, nadat ek saam met hom gestem het oor iets.... Ferdi, jy's die naaste. )
                    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Philip dT View Post
                      Ek het nou al geleer dat ek hier op Bibleforums maar 'n stem roepende in die woestyn is as dit kom by hierdie verskynsel.


                      (Jy's braaf, Philip.)


                      Kyk, al wat ek weet is dat die wat Israel seen, geseend sal wees, en dat die wat Israel vervloek, self vervloek sal wees. Ons moet vir Israel bid - moet geen fout maak nie, hulle is steeds God se uitverkore volk.

                      Ons moet hulle ook nie probeer na-aap nie want Jesus het juis gekom om die Jode OOK te verlos aangesien hulle nie die paal kon haal sonder Hom as hulle Saligmaker nie.

                      Gelowiges vandag is deel van Israel. Ons is 'grafted in' (weet nie wat die Afrikaanse uitdrukking is nie).
                      Jeremiah 29:11
                      "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by paidforinfull View Post
                        Gelowiges vandag is deel van Israel. Ons is 'grafted in' (weet nie wat die Afrikaanse uitdrukking is nie).
                        Romeine 11:17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeŽnt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by paidforinfull View Post
                          Gelowiges vandag is deel van Israel. Ons is 'grafted in' (weet nie wat die Afrikaanse uitdrukking is nie).
                          Dis my eie verstaan ook, dat iemand wat tot geloof kom, deel raak van die Israel van God. Daar is net een Israel en dit sluit die gelowiges van die Ou- en Nuwe Testamente alleen in. Vir 'n vleeslike Israeliet of Jood om deel te raak van die Israel van God, moet so iemand Jesus as deur hÍ..., soos ek dit verstaan.
                          The Rapture

                          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                          but I must confess, donít worry
                          the rapture is not before the Great Tribulation
                          itís before Godís wrath!!!

                          Because His wrath is not meant for you
                          itís for all the people in the zoo
                          think about it and refreshÖ
                          you will see thereís no way out of here, in the flesh

                          If you really believe, you will see
                          the rapture is for you and me
                          when we decide to leave from here
                          that very day, oh! God adhereÖ


                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            Hi Philip,

                            Ek wonder wat jou laat dink het dat jy alleen bekommerd is oor hierdie verskynsel? Ek weet van 'n paar mense, myself inkluis, wat baie bekommerd is daaroor... Dankie vir 'n goeie, sinvolle plasing wat hopelik die mense wat al in 'n mindere of meerdere mate daarin vasgevang is, rede tot ernstige nadenke sal gee.

                            (Okay, nou moet iemand vir Philip gaan lawe, nadat ek saam met hom gestem het oor iets.... Ferdi, jy's die naaste. )
                            Ek hoor sommar ernstige donderweer in die agtergrond. Hier kom 'n groot reŽn!
                            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by paidforinfull View Post


                              (Jy's braaf, Philip.)


                              Kyk, al wat ek weet is dat die wat Israel seen, geseend sal wees, en dat die wat Israel vervloek, self vervloek sal wees. Ons moet vir Israel bid - moet geen fout maak nie, hulle is steeds God se uitverkore volk.

                              Ons moet hulle ook nie probeer na-aap nie want Jesus het juis gekom om die Jode OOK te verlos aangesien hulle nie die paal kon haal sonder Hom as hulle Saligmaker nie.

                              Gelowiges vandag is deel van Israel. Ons is 'grafted in' (weet nie wat die Afrikaanse uitdrukking is nie).
                              PaidforinFull.

                              Jy sÍ self ons is nou deel van Israel. Wie is nou Israel? Ongelowige Jode? Rom 11 sÍ dan juis dat die takke afgebreek is weens ongeloof. Wie is afgebreek? Sekerlik al die ongelowige Jode. Net gelowiges is dus nou Israel! Daar bestaan dus nie meer 'n ongelowige, fisiese Israel nie. Die Israel van God is nou die gelowiges/wedergeborenes/nuwe skepping (Gal 6:16).
                              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                              Comment

                              Working...
                              X