Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wat hou 2010 in vir ons....en die wereld?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Wat hou 2010 in vir ons....en die wereld?

    Nou hierdie is nie 'n Nostradamus/Siener van Rensburg discussion nie. Het julle al gewonder wat hou 2010 vir ons in? Baie kerkleiers en regerings leiers en motiverings sprekers se dat die beste le nog voor. Ek praat nou nie van die hiernamaals nie, want die beste le beslis voor vir ons in die ewige lewe. Hierdie ouens reken dat die wereld 'n beter plek gaan word. Misdaad gaan verdwyn. Jy sal voorspoedig wees, finansieel en andersins. As ek kyk na een van so 'n boek onlangs is "The Secret", wat natuurlik ook deur Oprah Winfrey en baie ander bekendes, selfs teoloe ondersteun word. Ek was eendag in (O) CUM boeke, en daar was 'n dominee wat vir die mense vertel dat "The Shack" die ideale boek vir sy gemeente is.

    Ek verwag 'n ander prentjie. Nou dit is my siening en ek mag verkeerd wees.
    1. Hou die Midde-Ooste en Israel dop. Daar kan groot dinge gebeur....selfs die begin van 'n groot streeksoorlog tussen Israel, Sirie, Jordanie, Libanon, Egipte en Saudi-Arabie. Israel is God se "horlosie" as ek dit so kan stel.
    2. Die kerk gaan nog meer verval as wat hy reeds het. Mense gaan al hoe meer agter "Tekens en Wonders" aanhardloop by massa byeenkomste, terwyl Jesus self se dat mense wat na hierdie dinge soek: Matteus 12:39Maar Hy antwoord en s vir hulle: n Slegte en owerspelige geslag soek na n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
    3. Meer en meer Jode gaan terugkeer na hul beloofde land....Israel. Daar gaan ook meer en meer Jode haat opvlam in die wereld.....veral as Israel Iran se kernaanlegte aanval.
    4. Ons as christinne is nie gevrywaar nie. Die opreg bekeerde christin en gemeente sal ook moet deurloop onder "christinne" en sogenaamde "christin kerke" omdat ons nie saam met die stroom wil gaan nie.....julle weet mos, die ouens wat so hou van "Prosperity Teachings".
    5. Alle mag in die wereld, finansieel, polities, militer sal begin verskuif na (EU) Europa. Amerika sal stellig nie meer die wereld leier wees wat hy was nie. Sy dae is getel.
    6. Ongeregtigheid sal vermeerder. Moord, aborsies, gay en lesbian regte, haatspraak, ens sal alles voorkeur geniet.
    7. Lande sal begin om hulle polisie, soos Amerika, 'n mag te maak wat hulle reeds noem 'n "Police State". Jy sal vir die geringste oortreding of iets wat jy kwytraak aangekla word. Enige iets wat hulle as "haatspraak" beskou. Een van my vriende is noudie dag aangkla deur Kobus van Rensburg omdat hy gese het Kobus is 'n valse profeet. Wat het van vryheid van spraak geword. Dit bestaan nie want enige iets wat jy se wat iemand anders te na kan kom is nou "haatspraak".
    8. Wereld beheer is besig om in plek te val, want op die ou end van die dag sal die antchris wereldbeheer he. Dit MOET gebeur. Globalisering....'n Een-wereld regering.
    9. Nie net dit nie. Daar kom ook vinnig 'n Een-wereld kerk (Met die Rooms Katolieke kerk aan die voorpunt). Alle kerke is besig om agter die hoer aan te loop.
    10. Natuurrampe het alreeds so toegeneem dat ons nie meer kan byhou nie. Aardbewings, Tsunamies, Bosbrande, Droogtes, Oorstromings, Vulkane, Koue, Hitte, ens. Dit is nie "Global Warming" nie.....dit is GOD wat die wereld probeer wakker skud dat Sy koms naby is!
    11. Natuurlik moet ons nie vergeet van al die Pestelensies en siektes nie. HIV en Aids. Bly maar by jou een getroude vrou/man soos God dit betaam het.....en bly weg van vyf (5) af, bekend of vreemd.
    12. Kyk maar na korrupsie, nie net in ons eie land nie. Dit was een van die groot tekens in Noag se dae.
    Miskien kan iemand nog 'n paar by las. Ek kan dink aan baie ander gebeure wat voor ons oe profesie gewys in vervulling kom soos die Jode se gereedmaak om die 3de Tempel te bou. Israel wat as land sedert 1948 weer blom soos die Bybel dit stel: "En as julle die vyeboom sien bot", dan weet julle dat die einde naby is. Is jy gereed? Het jy al jou hart en jou lewe vir Jesus gegee? Het jy jou al WAARLIK tot Hom bekeer? Volg skakel op bekeer.

    Moenie langer uitstel nie...........

  • #2
    Johnny
    Mooi draad hierdie. Dit is tyd om uit die slaap wakker te word. Dit is tyd vir Christene om hulle o op te slaan na bo.
    Israel is die groot teken. Die groot oorlog wat die groot verdrukking gaan begin, gaan ook in Israel begin. Tog so tragies en onverstaanbaar dat daar Christene is wat dit totaal ontken en wat s dat die bestaan van Israel niks meer met die Bybel te doen het nie (al die groot kerke). Mense wat so praat gaan die grootste tekens van die wederkoms misloop en gaan waarskynlik aan die slaap gevang word as die dinge begin gebeur. Ons sit vandag hier in Suid-Afrika met ons groot Gereformeerde tradisie met 'n kerk wat uitsigloos, wreldsgesind, humanisties en total onbewus van God se program vir die toekoms wat voor ons o begin afspeel. Die kerk is veronderstel om nou die vervulling van profesie te gebruik om sy boodskap te versterk en meer aktueel te maak, maar in plaas daarvan kry ons steeds net morele lesse en mensliewendheid wat gepreek word. Ek wens so dit was moontlik om die kerk se boodskap te herstel en in lyn te bring met God se bedoeling vir ons tyd.

    Comment


    • #3
      David2,

      Baie wyse woorde wat jy spreek. Volg hierdie skakel na 'n blad op my webblad.

      Comment

      Working...
      X