Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Islamitiese revolusie

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Die Islamitiese revolusie

    Volgens opnames is slegs 7% van die Moslems in die wreld radikaal en bereid om deel te neem aan selfmoord-bomaanvalle op Israeliese en Westerse teikens. Maar moenie die 7% onderskat nie - dit is ongeveer 95 miljoen Moslems. Dan is daar ook nog die moontlikheid dat die opname nie akkuraat was nie en dat dit veel meer as dit kan wees.

    Twee radikale Moslemstate is onlangs deur die Weste omvergewerp en met gematigde regerings vervang (Afganistan en Irak), maar in beide die lande het die radikales nie opgegee nie en veg nog daagliks om die beheer terug te wen. Op 9\11 is 3000 Amerikaners dood, maar sedertdien is daar reeds 5000 in Afganistan en Irak dood.

    'n Derde radikale Moslemstaat, Iran, is nog steeds "op vrye voet" en besig om kernwapens te ontwikkel om teen Israel te gebruik.

    Radikales in Iran, Irak en Afganistan het lank reeds Pakistan as hulle volgende teiken gedentifiseer vir 'n radikale oorname. Uit nuusberigte is dit alombekend dat bomaanvalle in Pakistan aan die orde van die dag is. Kriekettoernooie in Pakistan moes al gekanseleer word vanwe die onstabiele toestand. Waarom het hulle Pakistan geteiken? Wel, Pakistan het kernwapens, reeds 150 kerntoestelle wat gereed is om gebruik te word.

    Israel is 'n baie klein landjie. Twee kernbomme is genoeg om hulle uit te wis.

    Het al hierdie dinge iets te doen met die voorspelling in Eseg. 38 dat Rusland in 'n bondgenootskap met Iran sal wees? Let wel: NOU, slegs vir die laaste paar jaar, bestaan daar vir die eerste keer in die geskiedenis so 'n bondgenootskap tussen die twee lande. En dit is hierdie alliansie wat Israel gaan aanval.

    Watse effek het hierdie feite op ons as Christene? Is dit sommer bangmaakstories of is dit waar? Moet ons bang wees of moet ons opgewonde wees as ons die dinge sien gebeur?

    Hoe reageer ons op die konflik tussen die radikale Moslemstate en Israel? Staan ons neutraal en apaties?

    Wat van Christene in Moslemstate? Waar staan hulle wat hierdie konflik betref? Wil hulle ook van Israel ontslae raak?

    Wat is die radikale Moslemstate se houding teenoor Christene? Haat huille Christene net soos wat hulle Israel haat?

    Sit ons hier met 'n scenario voor ons o wat heel moontlik die laaste eindtydse gebeure gaan inlui? Wat is ons as Christene se reaksie daarop?

  • #2
    Hallo David,
    Jy vra baie vrae in hierdie 'grys area' wat nie regte of verkeerde en baie keer onbepaalbare antwoorde het nie. Maar wat soos n paal bo water staan is die feit dat Israel 'in-die-mirrel-Cyril' van al hierdie gebeure en stuasies staan. Israel word aan alle kante deur die Moslems veral geknyp , gedeig en ge-boelie en baie soek sy bloed. Ek glo dat al die gebeure wat in Openbaring voorspel word besig is om 'reg te skuif' vir die Grand Finale in Eseg 38. My oge rek elke dag net groter as daar nog n legkaartstuk in sy plek in skuif. Of ons neutraal moet staan of apaties of bevrees moet wees ? Israel is God se oogappel. Dit staan stoos n paal bo water. En beskerm SAL God hulle beskerm! Daarom ook die opdrag aan ons as 'gentiles' om vir Israel te bid . Maar hierdie tyd se gebeure is werklik 'history in the making' op n daaglikse basis en ek hou dit daagliks in die internasionale media dop, verseker.
    Groetnis

    Comment


    • #3
      Protea, Terwyl jy die goed in die media dop hou, hier is nog twee vars, gesaghebbende "intelligence" artikels om te lees. Gaan kyk mooi, die artikels is oorspronklik in Arabies, deur 'n Arabiese navorser, joernalis geskryf. Ek dink nie dit kan afgemaak word as pro-Joodse propaganda nie.

      http://www.americanchronicle.com/articles/view/135627

      http://www.americanchronicle.com/articles/view/135936

      Groete

      Comment


      • #4
        Dankie David , ek lees graag!

        Comment


        • #5
          Baie interesante artikels David.
          Julle weet seker van die groot bekomernis onder Europese burgers dat die Europese unie een van die dae in 'n Islamietiese Unie kan ontaard ? Dit bly maar 'n syfers speletjie : met soveel mense wat Islam ondersteun, is dit bloot 'n kwessie van tyd voor huidige regerings doodeenvoudig die stryd by die stembus gaan verloor.

          Comment


          • #6
            Goeie studies om na te kyk is Dave Hunt van "The Berean Call" oor Islam.
            http://www.thebereancall.org/

            Uitstekende dvd's wat ek het en al gekyk het is:
            http://www.thebereancall.org/node/8041
            http://www.thebereancall.org/node/5959

            The Koran Calls Jews And Christians...Monkeys and Pigs
            http://www.liveleak.com/view?i=ffd_1215632223

            KORAN commands to kill infidels
            http://www.wvinter.net/~haught/Koran.html

            Comment


            • #7
              Dieselfde scenario as wat iemand geskets het: As die Kruger Nasionale Park n stemming sou hou , sou die rooibokke wen ,want hulle is net fisies die meeste. Hoe meer harte wat klop , hoe meer stemme....

              Comment


              • #8
                Twee belangrike dinge gebeur op die internasionale 65 ste herdenking van die holocaust, die datum waarop Auschwitz deur die Russe bevry is. Die Iranese leier herhaal weer sy dreigement dat Israel vernietig sal word. Onthou net dat dit juis hierdie haat-uitsprake van radikales is was die oorlog van Ps. 83 tot gevolg gaan h. Ps. 83:5 s:
                83:5 Hulle s: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
                Maar hierdie oorlog gaan nie lei tot die vernietiging van Israel nie, maar tot 'n oorwinning wat hulle grondgebied gaan uitbrei tot dit wat aan elk van die 12 stamme toeges is. Lees die res van die Psalm.

                Die Iranse leier het verder verklaar dat Israel en die weste op 11 Febr. 'n gevoelige slag toegedien gaan word. Rosenberg skryf: "I learned that Ahmadinejad is threatening to unleash a "harsh blow" to the Judeo-Christian world on February 11th. No one's sure what he means exactly, but the U.S. is moving new naval forces and Patriot missile batteries into the Gulf region, just in case."

                Die Israelse eersteminister was in Auschwitz en het daar in 'n toespraak verklaar dat hy glo Eseg. 37 se profesie is vervul. Die doodsbeendere en die graf waaruit Israel opgestaan het, was die holocaust. Dit is hoe ek dit ook verstaan het. Dit kan tog nie 'n geestelike betekenis h nie, want Israel het nog nie geestelik ontwaak nie. Dit is werklik 'n fisiese graf waaruit hulle opgestaan het, tallose massagrafte waarin Jode met stootskrapers ingedompel is.

                Comment


                • #9
                  Die neiging in die media deesdae laat my so dink aan mense wat n oorlog SOEK. Een mooi more se Ahmadinejad : Ek gaan Israel dik tik! en die volgende dag reageer die Isrealse eerste minister: Maar kom , laat ek jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het... En so grom en brom en dreig die supermagte nou al vir maande oor en weer en die spanning raak al hoe meer en die senuwees raak rou geskawe nie soseer oor wat die vyand gaan doen nie ,maar wat hulle KAN doen. En is dit nie nie die kern van terreur nie , daardie onsekerheid : Gaan hy regtig doen wat hy gese het of is alles net bangmaakstories? Ons sal maar sien wat ons sal sien ,maar interessant is dit gewis!

                  Comment


                  • #10
                    Ek struggle al lank met die Islam issue, en veral oor die rol wat Jihad speel. Hier in Kaapstad is dit 'n baie teenwoordige issue en werk 'n mens nou saam met Moslems. Ek het al vele boeke gelees wat oor hierdie saak handel en het laasweek die nuwe boek van Mosab Yousef, "Son of Hamas", gelees ('n "must read", gaan kyk gerus op Amazon/Kalahari (http://www.amazon.com/Son-of-Hamas-e...0580216&sr=1-1)). Een van die vrae wat ek mee sukkel is: In watter verhouding staan elke Moslem met Jihad en is daar werklik so iets soos 'n "vreedsame" Islam en iterpretasie van die Koran. Mosab Yousef het dit vir by baie mooi in sy boek beskryf en hy doen dit as volg: Islam is 'n baie ho leer waarteen elke Moslem uitklim. Heel bo, daar waar meeste Moslems nie kan sien nie (te hoog op), en waar meeste nie kom nie, is Jihad. Jihad is onafskeidbaar deel van Islam maar meeste Moslems weet nie wat daar bo is nie en sal dan ontken dat geweld deel is van hulle geloof.

                    Daar is 'n baie interessante boek (self nog nie gelees nie) wat beweer dat die Mahdi die komende antichris is (http://www.amazon.com/Islamic-Antich...f=pd_rhf_p_t_2). Die Sjite (nie seker van die Afrikaanse spelling nie) glo dat die 12e Imam oppad is en dat hy die Kalifaat gaan vestig regoor die wreld (en in die proses alle nie-gelowiges gaan uitwis). Hulle glo dan die Mahdi se koms moet aangehelp word deur chaos op aarde te veroorsaak (wat Iran, wat sterk in die Mahdi glo, dan ook wil bewerkstellig).

                    In 'n boek wat ek tans lees, "Atomic Iran" (http://www.amazon.com/Atomic-Iran-Co...f=pd_rhf_p_t_3) word die verhaal rondom die Iranese Islamitiese Revolusie mooi vertel. In die vertelling kom dit uit hoe Jimmy Carter se swak leierskap/presidentskap daartoe gelei het en hoe die gevolge daarvan groot probleme vir Amerika en die Weste gaan beteken. Iran staan op die drumpel om sy eie kernwapens te h, en met hulle fanatiese eskatologiese siening wil hulle baie graag met kernwapens die pad voorberei vir die 12e Imam se koms. Onderhandelinge en mooipraat gaan nie werk hier nie. Isreal sal weer MOET met 'n verrassingsaanval moet kom (soos teen Osirak in Irak) of hulle gaan die in 'n onmoontlike posisie wees. Amerika onder Obama is net so swak as Amrika onder Carter ... so daar gaan nie daadwerklike optrede kom voor Irak kernwapens het nie ... en Israel staan waarskynlik alleen.

                    Comment


                    • #11


                      So, wat het toe op die 11de Februarie gebeur!?

                      Comment


                      • #12
                        Amerika onder Obama is net so swak as Amrika onder Carter ... so daar gaan nie daadwerklike optrede kom voor Irak kernwapens het nie ... en Israel staan waarskynlik alleen.
                        Sad to say.....maar Israel sal as nasie alleen wees teen 'n wereldmag. Dit is verbasend hoe baie christinne selfs teen Israel is. Gelukkig is God aan hulle kant en dit is al wat saak maak. Hy sal vir hulle die oorwinning gee. Ek het al op 'n vorige draad gese dat ons sal een oggend wakker word en hoor Israel het Iran se kernaanlegte aangeval. Ek glo ook dat die Psalm 83 oorlog voor die deur is waar ek op 'n ander draad hieroor praat.

                        http://bibleforums.org/showthread.ph...salm-83-oorlog.

                        http://bibleforums.org/showthread.ph...de-Ooste/page3

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Paul Pienaar View Post


                          So, wat het toe op die 11de Februarie gebeur!?
                          Weet nie, vertel my. Wat was dit en wat moes gebeur het?

                          Comment


                          • #14
                            Hallo Johnny,

                            Pos #8 praat van 'iets' wat blykbaar sou gebeur het op die 11de Feb.

                            Enige datum konnotasies en gebeure wat dan nie plaasvind nie, ontneem
                            geloofwaardigheid. Maar, dit lyk my nie dit word raak gesien nie.
                            Om dit onder die mat in te veeg, gaan ook nie werk nie.

                            Lees gerus pos #8 in hierdie draad.

                            Comment


                            • #15
                              Paul, ek is nou met jou. Het nie al die poste op die draad gelees nie. Ahmadinejad blaf maar soos 'n skoothondtjie wat 'n nuwe teef op die blok gesien het maar is te klein om enige iets aan haar te doen. Ons weet wat die Bybels se en wie gaan seevier wanneer dit ookal gaan gebeur. Jy is reg, ons kan nie datums koppel nie, maar kan wel uit die Woord min of meer voorspel wat volgende behoort te gebeur.

                              Comment

                              Working...
                              X