Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Russe is aan die kom!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Russe is aan die kom!

    Die Russe is aan die Kom!
    Prof. Johan Malan, Middelburg, 28 Aug. 2008

    Rusland is ten sterkste deur die Weste veroordeel vir sy onlangse inval in GeorgiŽ, ‘n daad waardeur hulle op ‘n onheilspellende wyse die Koue Oorlog hervat het. Amerika, Brittanje, Frankryk en Duitsland het vinnig gereageer en skerpbewoorde protes teen Rusland se skending van GeorgiŽ se gebiedsintegriteit aangeteken. Die probleem is vererger deurdat Rusland nŠ ‘n skietstaking net gedeeltelik uit GeorgiŽ onttrek het, asook deur hulle besluit om ‘n permanente teenwoordigheid in die twee wegbreekprovinsies, Suid-Ossetia en AbkhaziŽ, te handhaaf. As regverdiging hiervoor het die Russiese president, Dmitry Medvedev, hierdie twee gebiede eensydig as onafhanklike state erken en die res van die wÍreld gevra om dieselfde te doen.
    Medvedev het as Russiese leier ‘n totaal nuwe koers in wÍreldpolitiek ingeslaan toe hy op 26 Augustus in ‘n televisie-onderhoud met die BBC gesÍ het: “Ons is nie vir enigiets bang nie – selfs nie vir die moontlikheid van ‘n Koue Oorlog nie.” Waarom sou hy sulke drastiese standpunte inneem as daar nie vir Rusland geweldig baie op die spel is nie? Wat is die einddoel waarop die Russe afstuur en waarom is hulle bereid om op diplomatieke en militÍre gebied sů baie daarvoor op te offer? Daar is ‘n paar ontstellende antwoorde op hierdie vrae. Om die Koue Oorlog in die regte perspektief te kan stel, moet ons net weer kyk wat dit was en waarheen dit gelei het.

    Die Koue Oorlog
    ‘n Koue oorlog is nie ‘n direkte, verklaarde oorlog nie, maar nogtans ‘n hewige stryd wat van verskeie fronte af gevoer word. Hierdie term word gebruik om die toestand van konflik, spanning en kompetisie te beskryf wat tussen die middel-veertigerjare en die vroeŽ 1990’s tussen die Verenigde State en die Sowjet-Unie en hulle onderskeie bondgenote bestaan het.
    Dwarsdeur hierdie tydperk was daar groot wedywering tussen die twee supermoondhede, soos gesien kan word in hulle groot militÍre bondgenootskappe (NAVO en die Warskouverdraglande), die propagandaveldtog waarin Westerse vryhede (insluitend godsdiensvryheid) teen ateÔstiese kommunisme verdedig is, spioenasie op mekaar, wapenontwikkeling, tegnologiese wedywering (bv. die ruimtewedloop), grootskaalse militÍre besteding, die kernwedloop, asook verskeie oorloŽ tussen sg. ‘derde partye’ wat deur die supermoondhede bemagtig is. Voorbeelde van hierdie oorloŽ is die Koreaanse Oorlog, die Berlynse krisis, die ViŽtnamese Oorlog, die Sowjet-Afghaanse Oorlog, verskeie oorloŽ tussen Amerikaans-gesteunde Israel en hulle Russies-gesteunde Arabiese vyande, asook talle Russies-gesteunde terroriste-oorloŽ in Afrika, Suid-Amerika en Suidoos-AsiŽ. Die Kubaanse missielkrisis van 1962, waarin Rusland probeer het om missiele in Kuba te ontplooi wat op Amerikaanse teikens gerig is, het byna tot ‘n wÍreldoorlog gelei.
    Die Koue Oorlog is in 1990 beŽindig. Ronald Reagan was president van Amerika en hy het aansienlike diplomatieke, militÍre en ekonomiese druk op Rusland uitgeoefen. Die Russiese leier, Mikhail Gorbachev, het deur middel van ‘n beleid van perestroika en glasnost hervormings ingestel wat die einde van ‘n rigiede kommunistiese diktatuur meegebring het en in 1991 tot die val van die Sowjet-Unie, asook die Kommunistiese Party, gelei het. Vyftien onafhanklike state het uit hierdie Unie ontstaan, waarvan die Russiese Federasie verreweg die grootste en sterkste is. Amerika was hierna die enigste supermoondheid in die wÍreld.
    Oos-Europese lande wat vroeŽr deel van die Warskouse Verdrag met die Sowjet-Unie was, het vir ekonomiese hulp na die Weste gekyk om uit hulle armoede op te staan, en ook demokratiese hervormings ingestel om van kommunistiese diktature ontslae te raak. Die Berlynse muur het geval en Oos- en Wes-Duitsland is herenig. Die ystergordyn wat vrye Wes-Europa en Kommunistiese Oos-Europa tydens die Koue Oorlog geskei het, is afgetakel en Rusland se invloed het aansienlik gekwyn. Rusland was self ook verplig om met sy ernstige ekonomiese probleme vir finansiŽle hulp na die Weste te kyk.
    Alles het daarop gedui dat spanning en konfrontasie in internasionale verhoudings besig was om skerp af te neem. Dit sou egter nie baie lank duur nie, want die enigste twee Russiese leiers wat regtig ten gunste van fundamentele hervormings was, was Mikhail Gorbachev en Boris Yeltsin. Weldra sou Rusland onder Vladimir Putin weer strategieŽ instel om sy verlore aansien as supermoondheid te probeer herwin. Eers is daar vreedsame metodes gebruik, maar nou skakel Rusland weer al hoe meer oor na hulle ou metodes van intimidasie en militÍre geweld.

    ‘n Nuwe koers vir uitbreiding
    Putin het twee termyne lank, van Mei 2000 af tot in Mei 2008, as Russiese president gedien. Daarna was hy nie weer herkiesbaar nie. Die nuwe president, Medvedev, het egter dadelik vir Putin as eerste minister aangestel. Putin het sedert 2000 ongekende populariteit in Rusland geniet (tot meer as 80% openbare steun), hoofsaaklik omdat sy bewind met ‘n tydperk van groot vryhede vir die landsburgers, en ongekende ekonomiese groei saamgeval het. Hy het self ook ‘n skatryk man geword, met bates van miljarde dollars. Effektief beklee hy steeds die oppergesag in Rusland.
    Ten spyte van die groter persoonlike vryhede, het Putin nooit volle persvryheid toegelaat nie. Hy het meedoŽnloos teen joernaliste opgetree wat sy persoonlike korrupsie asook die korrupsie van sy regering aan die lig gebring het. Sommige van hulle het op vreemde maniere gesterf. Putin het ook baie hard teen politieke teŽstanders en rebelle in Rusland opgetree, soos duidelik uit die hantering van opstande in Chechnya geblyk het. Sy verhouding met die voormalige Sowjet-republieke se regerings is meesal ook nie goed nie, veral diť wat hulle tot Europa en die Weste gewend en by die Europese Gemeenskap en NAVO aangesluit het. Hy sien dit as ‘n groot bedreiging vir Rusland se magsuitbreiding. Hierdie oriŽntasie weg van Rusland af het hom ook met voormalige kommunistiese lande in Oos-Europa in konflik gebring, veral Pole, omdat hulle met Amerikaanse hulp verdedigingstelsels teen Rusland oprig.
    ‘n Groter konfrontasie met die Weste is ook aan die ontwikkel. Die Russiese president waarsku dat sy land militÍr kan reageer op die Amerikaanse missiel-skild in Europa. Medvedev sÍ die oprigting van missielafweerstelsels naby aan Rusland se grens “sal verdere spanning skep. Ons sal hierop moet reageer, en diť reaksie sal militÍr wees.” Medvedev het hierdie verklaring op 26 Augustus aan die RIA-Novosti-nuusagentskap gemaak. Russiese amptenare het reeds oor ‘n militÍre reaksie teen die Amerikaanse planne gewaarsku, en die uitlating deur die Russiese leier sal die reeds gespanne verhouding met die Weste verder laat versleg. Hierdie kommentaar het gevolg nadat Medvedev die twee gebiede in GeorgiŽ as onafhanklike state erken het en daardeur kritiek uit Amerika en Europa ontlok het.
    Putin se droom van Rusland as ‘n herstelde supermoondheid laat hom noodwendig vir uitbreiding na die suide kyk. Aan die oostekant is Sjina en aan die westekant Europa; dit laat hom net met die moontlikheid van ‘n suidwaartse uitbreiding in die rigting van die Midde-Ooste. Noue bande met Iran, SiriŽ en ander Arabiese lande, asook die moontlikheid van groter beheer oor die Midde-Oosterse olievelde, gee verdere stukrag aan Rusland se suidwaartse uitbreiding. GeorgiŽ is egter een van die lande wat in Rusland se pad lÍ, daarom die onlangse poging tot die militÍre onderwerping en anneksasie van diť land.
    Hoewel Rusland onder groot internasionale druk uit dele van GeorgiŽ onttrek het, is dit beslis net tydelik. Hulle gaan nie toelaat dat GeorgiŽ ‘n Westerse bondgenoot word wat in Rusland se pad na die Midde-Ooste staan nie. Die een wegbreek-provinsie, Suid-Ossetia, het reeds gevra dat Rusland ‘n militÍre basis in hulle gebied oprig. Verdere belangrike verwikkelings kan dus in hierdie gebied verwag word.

    Die oorlog van EsegiŽl 38-39

    Volgens EsegiŽl 38 en 39 gaan Rusland in die eindtyd in ‘n bondgenootskap met verskeie Arabiese lande ‘n verrassingsaanval op Israel doen. Dit is juis uit hierdie oogpunt belangrik om Rusland se suidwaartse militÍre opmars te beoordeel. Dit gaan dus vir hulle oor veel meer as net die inname en beheer van een klein republiek suid van hulle. Hiervoor alleen sal hulle nie hulle internasionale reputasie sů erg skaad nie. Nee, hulle het ‘n baie groter en boser doel voor oŽ, en dit is om saam met radikale Islamitiese bondgenote soos Iran en SiriŽ teen Israel op te trek.
    Iran het reeds by herhaling gedreig om Israel van die wÍreldkaart af uit te wis, omdat die Sionistiese staat as ‘n voorpos van Amerikaanse imperialisme in die Midde-Ooste gesien, en volgens Mahmoud Ahmadinejad gebruik word om verdeeldheid onder Islamitiese state te skep. Hierdie lande het al by herhaling teen Israel geveg, maar kan nie op hulle eie oorwin nie. Dit is waarom hulle nou alles probeer om Rusland se betrokkenheid te verkry. Vir Rusland is daar die aanloklike moontlikheid om ten koste van Amerika en Europa beheer oor die strategies en ekonomies belangrike Midde-Ooste te verkry. Hulle besef dat diť supermoondheid wat die Midde-Ooste beheer, ook die wÍreld van die toekoms sal beheer.
    Iran se ontwikkeling van kerntegnologie gaan vinnig voort met die intensiewe hulp van Russiese wetenskaplikes en tegnici. Die kontrak vir die verdere ontwikkeling van hulle olie- en gasvelde is ook aan ‘n groot Russiese maatskappy toegeken. Verder is dit duidelik dat Rusland die Moslems se vyandigheid teen Israel deel. Hierdie haat kom ‘n lang pad uit die tyd van die tsaars meer as ‘n eeu gelede, en dit het veral in kommunistiese Rusland hoogty gevier.
    Die verwerping van die uitverkore volk, saam met Rusland se lang geskiedenis van die vervolging van die Christendom, is die rede waarom die Here in Eseg. 38:3 en 39:2-4 sÍ dat Hy Rusland en ander vyandige volke na die berge van Israel sal laat optrek om daar met hulle in die gerig te tree. Ons is baie naby aan die vervulling van hierdie profesie. Rusland is reeds met sy eerste oefenlopie besig om suidwaarts op te ruk. Die hervatting van die Koue Oorlog gaan al hoe meer daartoe lei dat Rusland hulle nie langer aan die wÍreldmening sal steur nie. Putin se lang loopbaan in die KGB het ook aan hom baie ervaring gebied oor hoe om geheime komplotte met ewe bose bondgenote te smee ten einde sy drang na wÍreldoorheersing ten uitvoer te bring.
    Dit is die breŽr prentjie wat ons in gedagte moet hou wanneer ons na daaglikse nuusgebeure uit Rusland en die Midde-Ooste luister. Moenie die fout maak om Putin as ‘n gematigde, vryheidsliewende man te sien wat kommunisme verwerp nie. By die bekendstelling van ‘n eietydse geskiedenisboek oor Rusland sedert die Tweede WÍreldoorlog, het hy op ‘n konferensie die boek se sentiment gedeel om eer aan Josef Stalin as ‘n groot leier te bring. Hy het gesÍ dat Stalin wťl wreed was, maar nogtans ‘n baie suksesvolle leier. Die Russe moet volgens hom trots op hulle geskiedenis wees. In elk geval, het hy bygevoeg, het Amerika veel groter wreedhede met die afgooi van kernbomme op Hirosjima en Nagasaki gepleeg.
    Die wÍreld moet nie Rusland se bose rol in die geskiedenis onderskat nie, en beslis ook nie die ewe bose rol wat hulle volgens die Bybel in die eindtyd gaan speel nie. Hulle het reeds noue bande met radikale Islam gesmee, en hieruit kan niks goeds kom nie.

  • #2
    Originally posted by David2 View Post
    Die Russe is aan die Kom!
    Prof. Johan Malan, Middelburg, 28 Aug. 2008
    Ek het baie respek vir prof Malan se mening en gebruik dit ook in my navorsing oor die Laaste Dae in die Engelse forum.

    Volgens my navorsing het die Laaste Dae (die tyd net voor Christus se Wederkoms) in die Sabbatsjaar 1987 begin.

    Die feit dat Rusland nou weer die Koue Oorlog wil hervat, gereed maak saam met Israel se Islamitiese bure om Israel te vernietig, is vir my 'n duidelike teken dat ons in die Laaste Dae lewe.

    Om oor hierdie sake te praat is nie Datumbepaling nie.

    ÖÖ but how is it that ye do not discern this time [Last Days]? (Luk 12:56)

    John Wesley's Notes:
    Luk 12:56 How do ye not discern this season - Of the Messiah's coming, distinguishable by so many surer signs.

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

    Comment


    • #3
      David

      Koning van die Noorde besig om hande te vat met die koning van die suide?

      Comment


      • #4
        Originally posted by David2 View Post
        Die wÍreld moet nie Rusland se bose rol in die geskiedenis onderskat nie, en beslis ook nie die ewe bose rol wat hulle volgens die Bybel in die eindtyd gaan speel nie. Hulle het reeds noue bande met radikale Islam gesmee, en hieruit kan niks goeds kom nie.
        Weereens 'n briljante artikel.
        Ek dink die aangehaalde stuk is baie belangrik. Eerstens, enige land wat bande met radikale Islam smee moet met groot suspisie benader word. Islam se maskertjie het afgeval, en ons sien nou vir die eerste keer in die publieke oog wat die geloof werklik behels.
        Tweedens word die invloed van kommunisme en sosialisme in ons moderne wÍreld ernstig onderskat. Kyk maar na Suid Afrika as 'n voorbeeld hiervan. Die beoogte grondhervorming kom so te sÍ reguit die "Communism for Dummies" boekie uit.

        Comment


        • #5
          Re: Die Russe is aan die kom!

          Ek wou nie 'n nuwe draad begin nie so plaas dit hier, dit pas dalk sommer goed in.
          Almal weet seker al van Rusland wat ook nou betrokke is in Sirie? En blykbaar is hulle baie meer efektief as die Amerikaners.
          Maar nou wil die Chinese ook betrokke raak....

          http://www.nowtheendbegins.com/blog/?p=36260

          Hoe pas dit in met Profesie kan dalk baie interresant wees.

          Iran werk alreeds baie nou saam met Rusland. Dan is daar ook sprake dat Israel informasie aan Rusland verskaf oor Sirie en potensiele Teroriste teikens.

          Comment


          • #6
            Re: Die Russe is aan die kom!

            Ek wil ook net vir interresantheid byvoeg dat julle dalk dieper na Rusland kyk. Dit wil voorkom of Rusland nie heeltemal so sleg is soos die weste die wÍreld laat glo hulle is nie. Ek het onlangs 'n artikel raakgelees wat verskille tussen Rusland en Amerika van 'n Christelike perspektief wys. In kort, Rusland is baie meer Christelik, en groei ook baie vinnig in 'n Christelike rigting as Amerika, waar Amerika eintlik al meer agteruitboer in daardie veld.

            Voorbeelde:
            Amerika se beleid op Aborsies teenoor die van Rusland
            Amerika grootste produsent van pornografie, Rusland verban dit.
            Rusland is baie familie en gesinsorienteerd.

            Ek het gedink dit was nogal heel interresant.
            Alhoewel China se regering glad nie geloofsgeorienteerd is nie, groei die Christendom onder sy mense ontsettend vinnig.

            Comment

            Working...
            X