Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vier vrae ivm Israel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vier vrae ivm Israel

    Vraag een.
    Hoe sou Israel se historiese vyande reageer op hulle terugkeer na die land?

    Die antwoord hierop kry ons in Eseg. 35:1-36:15

    Na die uitwissingsbeleid teen Jode in Europa tydens die tweede wreldoorlog, was daar groot simpatie teenoor die Jode. Dit is ook wat aanleiding gegee het tot die stigting van die staat Israel. Maar uit die geledere van die Arabise state was daar geen simpatie nie. Hulle het onmiddellik oorlog teen hulle verklaar. In die tyd van Israel se onheil (miskien die holocaust?) het Israel se oer-oue vyande hulle onmiddellik die swaard aanges (Eseg. 35:5). Hulle het Israel se reg op die land misken en vir hulleself voorgeneem om die land vir hulleself te vat (Eseg. 35:10). Hulle haat teen Israel neem ook die vorm van lasterlike proppaganda aan (Eseg. 35:12). Israel se vyanda het hulle deur die eeue min aan die verlate stuk land gesteur, maar toe die Jode terugkeer, het die vyand ges: "Die ewige hoogtes het vir ons 'n besitting geword" (Eseg. 36:2).

    Esegil maak dit dus duidelik dat Israel se vyande, selfs na 1878 jaar van Israel se verstrooiing en vervolging onder die nasies, nog nie hulle haat en vyandskap teen die volk afgel het nie. Hierdie lande het vier konvensionele oorlo teen Israel geveg, in 1948, 1956, 1967 en 1973. Dit is opgevolg met 'n strategie van voorturende terrorisme en vuurpylaanvalle teen hulle.

    Dit is goed om te weet dat die Bybel hierdie scenario voorspel het en dat God wel binne kort met hierdie vyande van Israel gaan afreken. Dit staan hier in Eseg. 35 wat hulle straf gaan wees en ook in Ps. 83. Lees die draad oor die oorlog van Ps. 83.

  • #2
    Hoe wonderlik is die Woord nie. Die enigste boek wat die einde van die begin af voorspel. Soos ek altyd se....as jy nie lief is vir die Jode nie, beter jy baie vinnig lief word vir hulle want jy gaan 'n ewigheid saam met hulle in die hemel spandeer. David, dan was daar nog die 2006 Libanon oorlog en onlangs die 2008 Gaza oorlog. Hy wat sy hand hef teen God se volk sal sekerlik verdelg word.

    Comment


    • #3
      Johnny
      Ek deel jou oortuiging dat God besig is om Israel op die been te bring en dat dit vir ons die heel grootste teken van die eindtyd en die wederkoms is. Geen twyfel daaroor nie. Maar daarmee saam wil ek net s dat ek nie 'n spesiale voorliefde vir 'n Jood het nie. Ek het hom lief soos mens enige verloregaande mens moet lief h. En dit is wat hulle is. Sonder Christus is hulle totaal verlore.

      Verder twyfel ek ook of ons in die hemel saam met die Jode gaan wees. Die tyd toe mens 'n gelowige en getroue Jood moes wees om gered te kon wees, is lankal verby. Vandag is dit net Christene wat hemel toe gaan en nie Jode nie. In elk geval glo ek dat as ons daar in die hemel aankom, ons Afrikanerskap, Joodse kultuur, Zoeloekultuur of wat ookal, nie meer daar gaan wees nie. Ons gaan almal net een wees in Jesus Christus. Ons sal dus nie Jode in die hemel hoef lief te h nie. En as ek dalk verkeerd is en ons kulture nog in die hemel gaan bestaan, dan is dit ook nie vir my 'n probleem nie want ons sal in elk geval een wees met almal in die hemel.

      Comment


      • #4
        Vandag is dit net Christene wat hemel toe gaan en nie Jode nie.
        David, ek stem 100% saam met jou. Ek dink wat ek se oor "Jode lief he omdat ons vir ewig saam met hulle sal wees" is dalk net metafories. Ek wil net by las by jou stellikng van "Christinne" in die hemel. Dit moet natuurlik WARE BEKEERDE chrsitinne wees. Ongelukkig dink almal vandag as hulle die naam Jesus uiter...is hy/sy 'n christin. Om vandag 'n gelowige genoem te word beteken NIE jy ken die GOD van die BYBEL nie.

        Terloops.......ek wonder of Jesus nog 'n Jood gaan wees in die hemel?

        Comment


        • #5
          Tweede vraag:
          Moes Israel in hulle land herstel wees vir die wederkoms om te kon plaasvind?

          Ja verseker. By die wederkoms sal die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem. Sonder dat die Jood weer in beheer van Jerusalem is, sou die vers geen sin maak nie (Sag. 14:4).

          Ja, verseker, want nadat God vir Hom 'n volk onder die heidene versamel het, sal Hy weer die vervalle hut van Dawid oprig (Hand. 15:14-16).

          Jesus sal net so terugkom as wat hy in die hemel opgeneem is. Op dieselfde olyfberg, dieselfde stad Jerusalem, en ook die volk wat in Jerusalem gewoon het toe Hy opgevaar het.

          Die takkie uit die stomp van Isa wat in reg en geregtigheid oor die aarde sal regeer, sal ook in daardie tyd Israel se lot verander en hulle na hulle land terugbring (Jes. 11:1-12).

          Comment


          • #6
            Hallo David.

            1. Sag 14:4 "En in di dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem l, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide."

            Dit praat van die Here wie se voete staan... Niks met Jode of 'n Joodse regering te doen nie.

            2. Hand 15:14-16 praat van die tabernakel (skn) wat weer opgerig sal word. Dit gebeur volgens Openb 21:3 (selfde woord) tydens die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is nie 'n aardse tabernakel nie.

            3. Die lokus of manier van Jesus se tweede koms s niks oor of Israel in hulle land herstel moes wees nie.

            4. Die regering van die takkie uit die stomp dui op Christus. Daar is geen aanduiding dat dit 'n aardse / politiese regering is nie, maar dui op Christus se regering tydens die nuwe hemel en aarde wanneer die wolf en die lam sal saam wei! (vers 6).

            So, David, niks persoonlik nie, maar hierdie argumente van jou is maar baie floutjies en getuig nie van grondige eksegese van die tekste wat jy aanhaal nie. Die teologie dat die Jode eers in 'n aardse regering moet herstel stam vanuit die Joodse Elite, ook 'n teologie waaraan die Farisers vasgehou het. En weereens, jy wou nog nooit hierdie vraag geantwoord het nie: Hoe onderskei jy 'n verwagting van Jode wat terug moet keer na fisiese Israel en die verwagting van 'n aardse, Joodse regering van Sionisme?
            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

            Comment


            • #7
              Pilip
              Hoe onderskei jy 'n verwagting van Jode wat terug moet keer na fisiese Israel en die verwagting van 'n aardse, Joodse regering van Sionisme?
              Ek het nie 'n idee wat jy bedoel met die vraag nie.
              1. Sag 14:4 "En in di dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem l, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide."

              Dit praat van die Here wie se voete staan... Niks met Jode of 'n Joodse regering te doen nie.
              Nee, ons verstaan van Sag. 14:4 is nie "floutjies" nie. Ek sou eerder s jou onwilligheid om in die vers in te sien waarheen en waar die wederkoms primr gaan plaasvind, is skokkend.
              2. Hand 15:14-16 praat van die tabernakel (skn) wat weer opgerig sal word. Dit gebeur volgens Openb 21:3 (selfde woord) tydens die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is nie 'n aardse tabernakel nie.
              Jou interpretasie van die vers is eenvoudig verkeerd. Niks in die konteks om die nuwe hemel te impliseer nie. Die verband met Op. 21 is totaal vergesog. Mens kan nie net semanties 'n woordjie uit 'n teks neem en die hele konteks dan gaan verbind aan 'n ander veraf vers net omdat een woordjie ook daar voorkom. Totaal roekelose eksegese.

              Wat jy eerder moes doen is om na talle OT profesi te kyk wat praat van die terugkeer en herstel van die volk en die gevolg wat dit gaan h. Soos ook hier in die vers waar die herstel gaan lei tot baie mense wat "die Here gaan soek". Ek reken stellig dit gaan in die nuwe hemel 'n bietjie te laat wees om na die Here te soek. So, nee, hierdie verse praat van 'n tyd baie lank voor die nuwe aarde en hemel aanbreek.

              Comment


              • #8
                Gaan een van jou vrae dalk wees wat van hulle verhouding teenoor God? Die laaste tyd het ek tot nuwe insigte gekom wat my bietjie laat tyifel oor die Jode, waarin ek 'n bietjie dieper wil gaan delf...

                Is hulle geloof nog sterk en suiwer in God, of is daar baie onsuiwerhede betrokke? Soos die res van die wreld? Watse invloed het dit op alles?

                Waar staan Judaisme in vandag se lewe, is dit relevant, is dit vir enige waarde vir ons Skepper? Aan watter kant van die streep staan hulle? Die kant waar hulle God se beskerming geniet, of die kant van verwoesting?

                Comment


                • #9
                  David.

                  Jy s:

                  Pilip
                  Hoe onderskei jy 'n verwagting van Jode wat terug moet keer na fisiese Israel en die verwagting van 'n aardse, Joodse regering van Sionisme?
                  Ek het nie 'n idee wat jy bedoel met die vraag nie.
                  Verstaan jy werklik nie David? Kom ek stel dit dan nog meer eenvoudig.

                  Wat is 'n verwagting van Jode wat terug moet keer na fisiese Israel en die verwagring van 'n aardse, Joodse regering ANDERS AS Sionisme?

                  Jy oortuig my beslis nie dat die rede waarom jy nie op my vrae of kommentaar punt vir punt wil reageer, omdat jy nie verstaan nie, want ek merk jy reageer nie op my kommentaar van al die verse in die vorige plasing nie (bv. Jes 11). Jy verdedig dus selektief (nie dat ek dink daar werklike meriete in jou verdedigings steek nie), net soos met meeste van my vorige plasings.

                  Jy het bv. nog nie gereageer op hierdie plasings nie, in elk geval nie naastenby op elke punt nie:

                  http://bibleforums.org/showthread.ph...26#post2269726
                  http://bibleforums.org/showthread.ph...44#post2275044
                  http://bibleforums.org/showthread.ph...45#post2275045

                  So, ek weet nie vir wie jy probeer flous nie, maar beslis nie vir my nie.




                  Wat Hand 15:16 betref, die tabernakel van Dawid kan ook dui op die kerk van Christus. Sien bv. Matthew Henry:

                  "And, when the tabernacle of David was thus rebuilt in Christ, all the rest of it was, not many years after, wholly extirpated and cut off, as was also the nation of the Jews itself, and all their genealogies were lost. The church of Christ may be called the tabernacle of David. This may sometimes be brought very low, and may seem to be in ruins, but it shall be built again, its withering interests shall revive; it is cast down, but not destroyed: even dry bones are made to live. (2.) The bringing in of the Gentiles as the effect and consequence of this"

                  Die koninkryk het reeds begin kom met Christus se eerste koms na die wreld. Sien ook Heb 8:2: "‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie." Met Christus se tweede koms gaan God sy tabernakel oprig tussen sy mense (volgens Op 21). Die tabernakel waarvan Hand 15 praat, is dus beslis nie 'n fisiese tabernakel nie.

                  Hartilike groete.
                  Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                  Comment


                  • #10
                    Hi Philip,

                    Maar waar los dit die Jode? Die feit bly egter dat die Jode wel in hulle duisende terugkeer na Jerusalem. Hulle poog wel om weer alles te herstel soos in die ou bybelse tyd, met Tempel, Tabernakel en die hele spul.

                    Volgens my is hulle poging net 'n gejaag agter wind aan, maar die hele wreld onderstuen hulle egter. En dan is daar weer die vraag van wie is nou die REGTE Jode en bestaan hulle ooit nog... 'n vraag wat niemand tot dusver regtig kon beantwoord nie... Ek het 'n vermoedde dat die oorspronklike Jode se bloedlyn regoor hierdie aarbol versprei l...

                    Word die wreld 'n rat voor die o gedraai en afgelei van die waarheid af? Ek spekuleer maar net,maar ek dink dit is goed om hierdie storie van alle kante af te bekyk..

                    Comment


                    • #11
                      Philip, jy en Dawid2 is besig om mekaar net te frustreer en onnodig al om die bos te jaag sonder om bymekaar uit te kom hier. Julle albei is reg.
                      Die Jode flok in hulle honderde na Jerusalem wat vir my glad nie logies is, behalwe dat hier grote kragte aan die werk is wat ons nie verstaan nie...
                      want hoekom sal 'n Jood jerusalem toe verhuis, om net mooi in die middel van hulle vyande te staan, so 'n klein teiken, so maklik om verwoes te word...

                      En jesus Christus is die enigste Tabernakel, wat geen mens kan vervang of verbeter op nie.

                      My vraag is nou net. Hoekom stook Christenne die Jode in hulle kwaad, veral die amerikaners(grootliks die Christenne daar), inplaas daarvan om hulle reg te help? Ek weet ons kan hulle nie regtig iets wys maak nie, maar probeer ons ooit? Daar sal wel 'n hele paar die lig sien op die einde.
                      Dit is asof hulle meer behep is daarmee om profesiee te sien vervul word as om sielle te red...

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by RR van Wyk View Post
                        Hi Philip,

                        Maar waar los dit die Jode? Die feit bly egter dat die Jode wel in hulle duisende terugkeer na Jerusalem. Hulle poog wel om weer alles te herstel soos in die ou bybelse tyd, met Tempel, Tabernakel en die hele spul.

                        Volgens my is hulle poging net 'n gejaag agter wind aan, maar die hele wreld onderstuen hulle egter. En dan is daar weer die vraag van wie is nou die REGTE Jode en bestaan hulle ooit nog... 'n vraag wat niemand tot dusver regtig kon beantwoord nie... Ek het 'n vermoedde dat die oorspronklike Jode se bloedlyn regoor hierdie aarbol versprei l...

                        Word die wreld 'n rat voor die o gedraai en afgelei van die waarheid af? Ek spekuleer maar net,maar ek dink dit is goed om hierdie storie van alle kante af te bekyk..
                        RR Van Wyk,

                        Terloops, wat is jou naam?

                        As jy kyk na vrymesselary, new age en teosofie, is die koninkryk van die duisternis inderdaad so gerat dat hulle 'n Joodse aardse heerser verwag, en dat hulle hullself beywer vir 'n soort tweede Salomo. (Dit is terloops alles in die Verborgenheid van Babilon artikel). Die interessante ding is dat die plan is ook om die kerk te mislei dat hulle dink dit is die ware messias!

                        Stel dit so, 'n Joodse, aardse messias wat alle ander godsdienste akkomodeer, d.w.s. 'n liberale Jood, is presies wat al die godsdienste (behalwe ware Christendom) verwag. En dink net hoe bly sal die Moslems wees as hy vrede met hulle ook maak.
                        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                        Comment


                        • #13
                          RR staan vir Roelof, Rudolph, maar almal noem my sommer net Rudi. Die klomp name kom van Oupa af

                          Wat jy hierbo se stem ek 100% mee saam, dit is presies hoe ek dit ook sien. Dit is net ontstellend hoefeel Christenne die Jode ondersteun, wat daartoe lei dat hulle self in die gat val...

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by RR van Wyk View Post
                            RR staan vir Roelof, Rudolph, maar almal noem my sommer net Rudi. Die klomp name kom van Oupa af

                            Wat jy hierbo se stem ek 100% mee saam, dit is presies hoe ek dit ook sien. Dit is net ontstellend hoefeel Christenne die Jode ondersteun, wat daartoe lei dat hulle self in die gat val...
                            Shoe Rudi. My point exactly.

                            Lyk my daar is darem een ou wat die lig sien!

                            Terloops, ek dink dit is waarskynlik die "strong delusion" waarvan 2 Tess 2:11 praat.
                            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                            Comment


                            • #15
                              Wel, dit het lank gevat om daardie lig te sien, en ek glo ek het nog lank nie al die lig gesien nie! Daar is ontsettend baie om te leer en dit gebeur nie alles in een dag nie, ongelukkig.

                              Daar is baie dinge waarna ek met 'n nuwe perspektief moet gaan kyk en baie dinge wat ek met behulp van die Bybel op die proef moet gaan stel... Bybelstudie hou ook nooit op nie!!

                              Comment

                              Working...
                              X